Spelling suggestions: "subject:"etheses -- line biotechnology"" "subject:"etheses -- eine biotechnology""
81 |
Interaction of water deficit, canopy modification and ripening : effect on the phenolic and colour composition of Shiraz grapes & subsequent wineVan Noordwyk, Marelize 12 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Phenolic compounds are important quality indicators of a red wine, as they can contribute to the
colour of a young red wine, colour stability during ageing as well as astringency, bitterness,
body and overall mouthfeel properties. Wine composition is commonly influenced by
winemaking and viticultural practices.
In South Africa it often happens that vines are excessively vigorous, resulting in canopies
that are too dense, which in turn could have a negative effect on the quantity and quality of the
grapes produced. Viticultural practices such as judicious canopy management and irrigation are
designed to control vine vigour and yield, thus improving fruit ripening and colour development.
Artificial shading and water deficit have been reported to have an influence on the sensory
properties of red wine as well as on the flavonoid composition. These effects are dependent on
a number of factors, however, including the season, cultivar, light intensity, and the extent and
timing of water deficit.
There is limited research on the possible interactive effects of grapevine water deficits and
canopy manipulation on grape and wine flavonoid composition in Shiraz, as well as the
relationships between berry and wine composition. We thus investigated the effect of canopy
reduction in combination with water deficit on the phenolic and colour composition of Shiraz
grapes at different levels of ripeness, and in their corresponding wines after alcoholic and
malolactic fermentation as well as after six months’ ageing. This study found that it is possible to
improve the phenolic composition of grapes and wine by shoot removal, and some of the
tendencies in the wines were also observed after the ageing period. If the shoot removal is not
performed at a very early stage, sunburn damage can occur and this will result in berries with a
lower mass and volume at harvest due to excessive exposure without the berry having adapted
to the imposed conditions.
Harvesting at different ripeness levels also affected the chemical and phenolic composition
of the grapes and resulting wines. The water deficit effect on most phenolic parameters
measured in the grapes and wine was not as prominent as that of the canopy manipulation
treatment.
This study improved our understanding of how an improvement in the canopy microclimate
of Shiraz could be reflected in the phenolic composition of wines, along with a potentially
important effect of harvesting date. On this basis it may be possible to attain a specific wine
style. Harvesting at a ripe stage, for example, could result in the production of wines with higher
colour density and astringency, while unripe grapes could result in wines with higher levels of
perceivable fresh berry attributes. In particular, canopy reduction could increase the astringency
and body of wines made from grapes subjected to water deficit. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Fenoliese verbindings is belangrike kwaliteitsparameters van rooiwyn, aangesien dit kan bydra
tot die kleur van ‘n rooiwyn, kleurstabiliteit tydens veroudering sowel as frankheid, bitterigheid
en mondgevoel. ‘n Wyn se fenoliese samestelling word algemeen bepaal deur wynmaak- en
wingerdkundige praktyke.
In Suid-Afrika gebeur dit gereeld dat wingerde uitermatig groeikragtig is, wat lei tot te digte
lower wat sodoende ‘n negatiewe effek op kwantiteit en kwaliteit van die druiwe wat
geproduseer word, het. Wingerdkundige praktyke soos oordeelkundige lowerbestuur en
besproeiing is ontwerp om wingerdstokke se groeikrag en opbrengs te beheer, en sodoende
vrugrypwording en kleurontwikkeling te verbeter.
Kunsmatige beskaduwing en waterstres is gerapporteer om ‘n invloed te hê op die
sensoriese eienskappe van rooiwyn sowel as op die flavonoïedsamestelling. Hierdie effekte is
egter afhanklik van ‘n verskeidenheid faktore, insluitende die seisoen, kultivar, ligintensiteit en
die mate en tyd van waterstres toegepas.
Daar is beperkte navorsing op die moontlike interaktiewe effekte van waterstres en
lowermanipulasie op die druif en wyn flavonoïedsamestelling in Shiraz, sowel as die
verhoudings tussen druif en wyn samestelling. Ons het dus die effekte van lowerbestuur in
kombinasie met waterstres op die fenoliese en kleursamestelling van Shiraz druiwe by
verskillende rypheidsvlakke ondersoek, asook in hul ooreenstemmende wyne na alkoholieseen
appelmelksuurfermentasie sowel as na ses maande veroudering. Hierdie studie het gevind
dat dit moontlik is om die fenoliese samestelling van druiwe en wyn deur lootverwydering te
verbeter, en sommige van die tendense is ook waargeneem in die wyn na die
verouderingsperiode. Indien lootverwydering nie toegepas word by ‘n baie vroeë stadium nie,
kan sonbrand voorkom en dit kan lei tot korrels met ‘n laer massa en volume by oes as gevolg
van oormatige blootstelling sonder dat die korrel aangepas het by die spesifieke kondisies.
Oes by verskillende rypheidsvlakke affekteer ook die chemiese en fenoliese samestelling
van die druiwe en ooreenstemmende wyne. Die waterstreseffek op meeste van die fenoliese
parameters gemeet in druiwe en wyn was nie so prominent soos dié van die lowermanipulasie
behandeling nie.
Hierdie studie het ons begrip verbeter van hoe ‘n verbetering van die lower mikroklimaat
van Shiraz gereflekteer kan word op die fenoliese samestelling van die wyn, saam met ‘n
potensiële belangrike effek van oesdatum. Op grond van hierdie basis is dit dus moontlik om ‘n
spesifieke wynstyl te verkry. Oes by ‘n ryp stadium, byvoorbeeld, kan die produksie van wyn
met ‘n hoër kleurdigtheid en frankheid tot gevolg hê, terwyl onryp druiwe wyne met hoër vlakke
van waarneembare vars bessiekenmerke tot gevolg kan hê. Verlaging van lowerdigtheid kan
veral die frankheid en mondgevoel van wyne gemaak van druiwe blootgestel aan waterstres,
verbeter.
|
82 |
Chemical and sensory profiling of dry and semi-dry South African Chenin blanc winesVan Antwerpen, Lindi 12 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Chenin blanc wine is of economic importance to South Africa and a range of diverse dry and semi-dry wines are locally produced in this genre. Currently, the use of three distinctly different style names, each aimed at providing consumers with information about the flavour of the wines, is encouraged by the South African (SA) wine industry. The styles are fresh and fruity (FF), rich and ripe unwooded (RRUW) and rich and ripe wooded (RRW). Feedback from retail sectors over the past few years, however, repeatedly suggested that the style names are perceived as confusing by SA consumers. This master study was undertaken to re-evaluate the FF, RRUW and RRW style classification, based on both the volatile fermentation-derived aroma composition and the sensory attributes of a set of wines containing all the styles under investigation.
For the purposes of chemical profiling, a set of 105 commercial Chenin blanc wines, selected to be representative of these three styles and originating from the major SA wine producing areas, were analysed by Gas Chromatography (GC) to quantify fermentation-derived volatile aroma compounds in the wines. ANOVA performed on the chemical data showed that 29 compounds represent significant differences between at least two of the 3 styles (FF, RRUW and RRW). Principal component analysis (PCA) of the volatile compounds showed a large degree differentiation between FF and RRW wine styles, however, RRUW wine styles overlapped with the other two styles. Considering vintage effects, ANOVA indicated no significant differences within FF (vintages 2009 and 2010) and RRW (vintages 2008 and 2009) styles, whereas only 2 esters and 4 terpenes showed significant differences between the three wine producing regions investigated for this purpose, Paarl/Wellington, Breede River and Stellenbosch. Volatile aroma compounds generated for Chenin blanc were included in the Winetech database consisting of the most important cultivars of South Africa. Combining the data for the volatiles for Chardonnay and Sauvignon blanc from this database and the data for Chenin blanc obtained in this study, a PCA indicated a clear separation between Chenin blanc and the other two white cultivars.
Sensory evaluation of the style classification was done by two separate sensory tests. Firstly, a sorting task was performed by wine industry experts to categorise 21 Chenin blanc wines (FF, RRUW and RRW) based on their similarity. The results showed a differentiation between FF and RRW styles, however, RRUW was mostly classified together with FF wines. This indicated a possible continuum between the three styles, as opposed to three distinct different categories, currently suggested by the style names.
The second sensory analysis test, Descriptive Sensory Analysis (DSA), was performed by a trained panel to generate sensory profiles for 42 wines. ANOVA of the flavour attribute intensities between different styles once again showed significant differences between FF and RRW, with RRUW wines forming a continuum between the FF and RRW styles. These results provide valuable information that could be used by the wine industry for labelling purposes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Chenin blanc is van ekonomiese belang vir Suid Afrika en ‘n wye reeks droë en semi-droë wyne word plaaslik geproduseer in hierdie kategorie. Tans word die gebruik van drie duidelike verskillende stylbenamings, elkeen daarop gemik om aan die verbruiker inligting te verskaf oor die geur van die wyn, deur die Suid Afrikaanse (SA) wynindustrie aangemoedig. Die style is vars en vrugtig, ryk en ryp ongehout en ryk en ryp gehout. Terugvoer van die handelssektor oor die afgelope aantal jare, het daarop gedui dat die stylbenamings tot verwarring onder SA verbruikers lei. Hierdie meestersstudie is onderneem om die stylklassifikasie, vars en vrugtig, ryk en ryp ongehout en ryk en ryp gehout, te her-evalueer op grond van die vlugtige aroma komponente wat tydens die fermentasie proses gevorm word, asook die sensoriese eienskappe van ‘n verteenwoordigende stel wyne van elk van die style wat ondersoek is.
Vir die doel van die chemiese profilering, is ‘n stel van 105 kommersiële wyne, wat geselekteer is om verteenwoordigend te wees van die drie style ondersoek en ook afkomstig is van die vernaamste SA wynproduserende streke, gebruik. Die wyne is met behulp van gas chromatografie ontleed om die vlugtige komponente wat van die fermentasie proses afkomstig is, te kwantifiseer. Die analise van variansie, het getoon dat 29 komponente statisties beduidend verskil het tussen die drie style. Hoofkomponent analise van die vlugtige komponente, het getoon dat die vars en vrugtige wyne en ryk en ryp gehoute wyne, duidelik onderskeibaar was van mekaar op grond van die vlugtige data, maar die ryk en ryp ongehoute wyne het met die ander twee style oorvleuel. In terme van oesjaar effekte, was daar geen beduidende verskille in die aroma profiele van die vars en vrugtige styl (oesjare 2009 en 2010) en ryk en ryp ongehoute styl (oesjare 2008 en 2009) nie, terwyl die konsentrasie van slegs twee esters en 4 terpene statisties beduidend verskil het tussen die wynproduserende streke Paarl/Wellington, Breederivier en Stellenbosch. Resultate van die gekwantifiseerde vlugtige komponente is in die databasis van Winetech gevoeg, waar die konsentrasies van soortgelyke komponente van die vernaamste SA wynkultivars reeds vervat is. Hoofkomponent analises van die gekombineerde resultate vir Chenin blanc, Chardonnay en Sauvignon blanc wyne, het getoon dat daar ‘n duidelike verkil tussen Chenin blanc en die ander twee wit wynkultivars was.
Die sensoriese evaluerings is uitgevoer deur van twee verskillende metodes gebruik te maak. Eerstens is 21 wyne (met al drie style verteenwoordig) deur wynindustrie eksperts gesorteer op grond van die waargenome eendersheid van die onderskeie wyne en die resultate is grafies geprojekteer. Die resultate het getoon dat daar ‘n duidelike verskil waargeneem is deur die assessors tussen die vars en vrugtige styl en ryk en ryp gehoute styl. Die ryk en ryp ongehoute wyne het in die analises meer met die vars en vrugtige style geassosieer, as die ryk en ryp gehoute wyne.
Die tweede sensoriese metode is uitgevoer deur sensoriese paneel wat vir die doel van hierdie studie opgelei is om die geur eienskappe van 42 wyne (al drie style verteenwoordig) te profileer. Analise van statistiese beduidende verskille tussen die voorkoms van die geurkomponente en hul intensiteite vir elke styl, het weereens aangedui dat daar ‘n kontinuum bestaan tussen die style. Hierdie resultate kan van waarde vir die wynindustrie wees in besluite rakende etikettering.
|
83 |
Bioprocess monitoring and chemometric modelling of wine fermentationsGarlick, Jessica Louise 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Wine fermentation is a continuously changing biological process whereby the raw product,
grape juice is transformed into a high value product wine. In an ideal situation the fermentation
kinetics of batch fermentations should follow the same trend over time. This however is not the
case in industrial wine fermentations where significant batch-to-batch variation is present. The
time trajectories of fermentation processes are therefore often unpredictable in absolute terms.
The monitoring of substrate (sugar) and product concentrations (ethanol) as well as other
quality parameters during a wine fermentation, is therefore of extreme importance to ensure
effective control and management of wine fermentation processes. Conventional methods for
fermentation monitoring are however costly, time consuming and often unreliable. For these
reasons the modern wine industry requires rapid, reliable, non-destructive monitoring
techniques which would meet the criteria of providing critical real-time process information that
is displayed in easily interpretable graphical format, in order to ensure the highest quality and
continuous consistency throughout all the stages of a process. This research study in particular, addressed the current need for alternative fermentation
monitoring strategies that meet these criteria, by evaluating the potential use of spectroscopy as
an analytical technique for fermentation monitoring. The overall objective of this study was to
use chemometric modelling of information obtained by Fourier transform mid-infrared (FT-MIR)
and near-infrared (FT-NIR) spectroscopy, to quantitatively and qualitatively monitor both
alcoholic (AF) and malolactic fermentation (MLF) processes. Towards this objective 11 batch
fermentations elaborated with Oenococcus oeni and Lactobacillus plantarum strains in
respectively a co-inoculation and sequential inoculation scenario, were sampled and analysed
at regular time intervals with FT-MIR and FT-NIR spectroscopy and enzymatic reference
methods during 2011.
Samples were also analysed by gas chromatography flame ionisation detection (GC-FID)
and mass spectrometry (GC-MS) at two critical stages during fermentation, namely 50%
completion of MLF and 100% completion of MLF, in order to obtain a profile of the evolution of
the aroma compounds associated with each inoculation scenario.
Three clearly defined research objectives were set for this project. The first objective
involved the expansion of the existing quantitative platform for fermentation monitoring.
Towards the outcomes of this objective, partial least squares (PLS) calibration models for
prediction of malic acid and lactic acid in fermenting must and wines elaborated in our study,
were established, based on the MIR and NIR spectra. The models showed excellent predictive
abilities in independent test set validation. This outcome made a significant contribution to our
existing PLS calibration capacity, particularly towards monitoring of MLF. Quantitative data
obtained with the PLS models were also used to graphically project the rate of AF in the different batches, by non-linear fitted regression plots that easily visualised the overall patterns
of sugar and ethanol metabolism in the different fermentations.
The second research objective involved the qualitative monitoring of fermentations. This
approach used FT-MIR and FT-NIR spectra together with chemometrics to identify trends
between the different fermentation treatments. Principal component analysis (PCA) clearly
projected the time trend from the onset of fermentation, through AF and MLF. No unique
bacterial trend was however observed with spectroscopy. These results illustrate the potential
of these techniques to be used for modelling of fermentations in industrial situations, through
providing critical information about the evolution of the process. Furthermore, these techniques
provide tools for identifying problematic and deviating fermentations. A spectral conformity test
based on simple calculations of the standard deviation between the absorbance at each
recorded wavenumber in the spectra, further confirmed identification of the critical fermentation
stages. This technique by-passes the need for spectral interpretation and is a very useful
addition, particularly from the industry perspective, to the portfolio of methods established in this
study.
The third research objective adressed the need to evaluate the possibility to discriminate
between the different process stages and LAB treatments using univariate (ANOVA) and
multivariate chemometric techniques such as PCA, PLS discriminant analysis (PLS-DA) and
Soft Independent Modelling of Class Analogy (SIMCA) for possible future interpretative and
classification purposes. The exploratory tool of PCA was used to investigate the similarities and
differences between the chemical footprints of the different treatments. PCA showed clear
differentiation between the two process stages using chemical quantified data. Differentiation
between the LAB treatments was visible with PCA, showing a more prominent separation at
50% completion of MLF. Furthermore the ability of spectroscopy for potential classification was
shown using PLS-DA and SIMCA. This profiling study can be seen as a preliminary study
setting the ground work for further in-depth research into the profiling of different LAB
treatments and inoculation strategies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wyngisting is ‘n voortdurend veranderende biologiese proses waarvolgens die rou produk,
druiwesap, in ‘n produk van hoë waarde, naamlik wyn, verander word. Onder ideale
omstandighede sou die gistingskinetika van lotgistings dieselfde tendens oor tyd volg. Dit is
egter nie die geval in industriële wyngistings nie, waar noemenswaardige wisseling van lot tot
lot teenwoordig is. Die tydsbaan van gistingsprosesse is dus in baie gevalle in absolute terme
onvoorspelbaar. Die monitering van substraat- (suiker) en produkkonsentrasies (etanol), sowel
as ander kwaliteitsparameters tydens ‘n wyngisting, is van die uiterste belang om doeltreffende
beheer en bestuur van wyngistingsprosesse te verseker. Konvensionele metodes vir die
monitering van gisting is egter duur, tydrowend en ook soms onbetroubaar. Om hierdie redes
vereis die moderne wynbedryf vinnige, betroubare en nie-destruktiewe moniteringstegnieke wat
aan die kriteria sou voldoen vir die verskaffing van kritiese, intydse prosesinligting wat in ‘n
maklik interpreteerbare grafiese formaat vertoon word om die hoogste kwaliteit en voortdurende
konsekwentheid tydens al die stadia van ‘n proses te verseker. Hierdie navorsingstudie het in besonder die huidige behoefte aan alternatiewe
gistingsmoniteringstrategieë wat aan hierdie kriteria voldoen, aangespreek deur die potensiële
gebruik van spektroskopie as ‘n analitiese tegniek vir die monitering van gisting te evalueer. Die
oorhoofse doelwit van hierdie studie was die chemometriese modellering van inligting wat met
behulp van Fourier transform middel-infrarooi (FT-MIR) en naby-infrarooi (FT-NIR)
spektroskopie verkry is om die prosesse van alkoholiese en appelmelksuurgisting (AMG)
kwantitatief en kwalitatief te monitor. Ten einde hierdie doelwit te bereik, is 11 lotgistings met
Oenococcus oeni en Lactobacillus plantarum rasse uitgevoer in scenario’s van ‘n gesamentlike
inokulasie en opeenvolgende inokulasie onderskeidelik. Monsters van hierdie gistings is met
gereelde tydintervalle in 2011 geneem en analises is met FT-MIR en FT-NIR spektroskopie en
ensiematiese verwysingsmetodes gedoen.
Monsters is ook met gaschromatografiese vlam ionisasie-opsporing (GC-FID) en
massaspektrometrie (GC-MS) op twee kritiese stadia tydens gisting geanaliseer, naamlik toe
AMG 50% en 100% voltooid was, om ‘n profiel te verkry van die evolusie van die
aromaverbindings wat met elke inokulasie-scenario verband hou.
Drie duidelik gedefinieerde navorsingsdoelwitte is vir hierdie studie bepaal. Die eerste
doelwit het die uitbreiding van die bestaande kwantitatiewe platform vir gistingsmonitering
behels. Hiervoor is gedeeltelike kleinstekwadraat [partial least squares (PLS)] kalibrasiemodelle
vir die voorspelling van appelsuur en melksuur in die gistende mos en wyne in ons studie op die
basis van MIR- en NIR-spektra bepaal. Die modelle het in onafhanklike geldigheidsbepaling van
die toetsstel uitstekende voorspellingsvermoëns getoon. Hierdie uitkoms het ‘n
noemenswaardige bydrae gemaak tot ons bestaande PLS kalibrasiekapasiteit, veral om AMG
te monitor. Die kwantitatiewe data wat met die PLS-modelle verkry is, is ook gebruik om die tempo van alkoholiese gisting in die verskillende lotte grafies uit te beeld deur middel van
kromlynige passing van regressiepersele, waarmee dit maklik was om die algehele patrone van
suiker- en etanolmetabolisme in die verskillende gistings te visualiseer.
Die tweede navorsingsdoelwit het die kwalitatiewe monitering van gistings behels. Hierdie
benadering het FT-MIR en FT-NIR spektra tesame met chemometrie gebruik om tendense
tussen die verskillende gistingsbehandelings te identifiseer. Hoofkomponentanalise [principal
component analysis (PCA)] het duidelik die tydtendens vanaf die aanvang van gisting, deur
alkoholiese gisting en AMG, geprojekteer. Geen unieke bakteriese tendens is egter met
spektroskopie waargeneem nie. Hierdie uitslae illustreer die potensiaal van hierdie tegnieke om
vir die modellering van gistings in industriële situasies gebruik te word deur kritiese inligting oor
die evolusie van die proses te verskaf. Verder verskaf hierdie tegnieke gereedskap vir die
identifikasie van problematiese en afwykende gistings. ‘n Spektrale gelykvormigheidstoets
gebaseer op eenvoudige berekeninge van die standaardafwyking tussen die absorbansie by
elke aangetekende golfgetal in die spektra het ook die identifikasie van die kritiese gistingstadia
bevestig. Hierdie tegniek omloop die noodsaak vir spektrale interpretasie en is ‘n baie nuttige
byvoeging tot die portefeulje van metodes wat in hierdie studie bepaal is, veral vanuit ‘n
bedryfsperspektief.
Die derde navorsingsdoelwit het die behoefte aangespreek om tussen die verskillende
prosesstadia en melksuurbakterie-behandelings te onderskei deur gebruik te maak van
eenvariant- (ANOVA) en meervariant- chemometriese tegnieke soos PCA, PLSdiskriminantanalise
en sagte onafhanklike modellering van klasanalogie [soft independent
modelling of class analogy (SIMCA)] vir moontlike toekomstige verklarende en
klassifikasiedoeleindes. Die ondersoekende gereedskap van PCA is gebruik om ooreenkomste
en verskille tussen die chemiese voetspore van die verskillende behandelings te ondersoek.
PCA het duidelike differensiasie tussen die twee prosesstadia getoon op grond van chemies
gekwantifiseerde data. Differensiasie tussen die melksuurbakterie-behandelings was met PCA
sigbaar, met ‘n meer prominente skeiding teen 50% voltooide AMG. Verder is die vermoë van
spektroskopie vir potensiële klassifikasie met PLS-diskriminantanalise en SIMCA getoon. Die
profielsamestelling in hierdie studie kan beskou word as ‘n voorlopige studie vir verdere
diepgaande navorsing oor die profielsamestelling van verskillende melksuurbakteriebehandelings
en inokulasiestrategieë. / The National Research Foundation and Winetech
|
84 |
The impact of wine yeast strains on the aromatic profiles of Sauvignon blanc wines derived from characterized viticultural treatmentsVon Mollendorff, Anke 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Grape must is a complex medium, and during wine production numerous biochemical pathways
and metabolic reactions are taking place simultaneously to produce a specific taste and aroma.
Microorganisms, specifically yeast, play a key role in the formation of metabolites formed during
alcoholic fermentation. Sauvignon blanc, a well studied grape cultivar, is known to have a
versatile range of aroma profiles ranging from “green” to “tropical”. It has been broadly stated
that a “green” Sauvignon blanc can be created in the vineyard and a “tropical” Sauvignon blanc
can be created by selecting a specific yeast strain, and that the balance between “green” and
“tropical” characters is essential for the final aroma profile. Except for grape-derived varietal
aromatic compounds such as methoxypyrazines (green), volatile thiols (tropical) and
monoterpenes (floral), yeast derived volatile compounds including esters, higher alcohols, fatty
acids and carbonyl compounds will also contribute to the final wine aroma.
The main aim of this study was to assess how viticultural treatment-derived differences in
grape must, can impact on aroma production when this grape must is fermented with different
commercial wine yeast strains. The viticulture treatment focused on light intensity modulated
through canopy treatment. Volatile aroma differences were compared for canopy and yeast
treatments, specifically focusing on the fermentation derived bouquet (esters, higher alcohols,
volatile fatty acids, carbonyl compounds and monoterpenes).
Results showed significant differences between initial must compositions, including
titratable acidity, malic acid and yeast assimilable nitrogen. The volatile aroma compounds were also significantly impacted although no noticeable effect on the overall fermentation kinetics was observed.
Depending on the yeast strain differences in volatile compounds varied. A clear vintage
effect is noticeable between volatile compounds affected by the treatments. Data generated in
2012 shows clear differences between ethyl- and acetate esters and could clearly be grouped
according to yeast strain through multivariate analysis. Sensory evaluation results could clearly be distinguished according to canopy treatment
and to a lesser degree according to yeast strain used. This indicates that although yeast has a
more prominent impact on the fermentative bouquet that develops during alcoholic fermentation
the overriding aroma is primarily derived from grape-derived metabolites which can be
manipulated by canopy treatments. None the less the difference in fermentation bouquet does
add to the complexity of the wine especially in the case of fermentation derived “tropical”
aromas including guava and passion fruit. In some cases where shaded grapes had higher
ester concentrations, the resultant wine also had higher aroma quality.
This study has contributed to a better understanding of the complex relationships between
canopy manipulation and yeast selection on aroma formation. The analysis of volatile aroma alone however is not enough to understand the final perception of wine taste and further indepth
studies of the viticultural and oenological factors is needed.
In particular, this project has focused on a single vineyard over only two vintages. The
general validity of the conclusions derived from this study therefore will require additional data
sets. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Druiwemos is ‘n komplekse medium en tydens wynbereiding is daar verskeie biochemiese weë
en metaboliese reaksies wat gelyktydig plaasvind om ‘n spesifieke smaak en aroma te
produseer. Mikro-organismes, veral gis, speel ‘n sleutelrol in die vorming van metaboliete
tydens alkoholiese gisting. Sauvignon blanc, ‘n goed bestudeerde druifkultivar, besit ‘n
veelsydige reeks aromaprofiele wat wissel van “groen” tot “tropies”. Oor die algemeen word dit
voorgehou dat ‘n “groen” Sauvignon blanc in die wingerd geskep word, terwyl ‘n “tropiese”
Sauvignon blanc geskep kan word deur ‘n spesifieke gisras te selekteer, en die balans tussen
“groen” en “tropiese” karakters is noodsaaklik vir die finale aromaprofiel. Behalwe vir
druifafgeleide kultivarafhanklike aromatiese verbindings soos metoksipirasiene (groen), vlugtige
tiole (tropies) en monoterpene (blomagtig), sal gisafgeleide vlugtige komponente, waaronder
esters, hoër alkohole, vetsure en karbonielverbindings, ook tot die finale wynaroma bydra.
Die hoofdoelwit van hierdie studie was om te bepaal hoe verskille in druiwemos wat
afkomstig is van wynkundige behandeling ‘n impak op aromaproduksie kan hê wanneer hierdie
druiwemos met verskillende kommersiële wyngisrasse gegis word. Die wynkundige behandeling
het gefokus op ligintensiteit wat deur lowerbehandeling gereguleer is. Vlugtige aromaverskille is
op grond van lower- en gisbehandelings vergelyk, met ‘n spesifieke fokus op die
gistingsafgeleide boeket (esters, hoër alkohole, vlugtige vetsure, karbonielverbindings en
monoterpene).
Die resultate het beduidende verskille getoon tussen aanvanklike mossamestellings,
waaronder titreerbare suurheid, appelsuur en gis-assimileerbare stikstof. Daar was ook ‘n
noemenswaardige impak op die vlugtige aromaverbindings, hoewel geen merkbare effek op die
algehele gistingskinetika waargeneem kon word nie.
Die verskille in vlugtige verbindings het gewissel op grond van die gisras. ‘n Duidelike
oesjaareffek was merkbaar tussen vlugtige verbindings wat deur die behandelings geaffekteer
is. Data wat in 2012 gegenereer is, toon duidelike verskille tussen etiel- en asetaatesters en kon
duidelik m.b.v. meervariantanalise volgens gisras gegroepeer word. Die resultate van die sensoriese evaluering kon duidelik volgens lowerbehandeling
onderskei word, en tot ‘n mindere mate volgens die gisras wat gebruik is. Dít dui daarop dat
hoewel gis ‘n meer prominente impak het op die gistingsboeket wat tydens alkoholiese gisting
ontwikkel, is die oorheersende aroma hoofsaaklik afgelei van druifafgeleide metaboliete wat
deur lowerbehandelings gemanipuleer kan word. Nietemin dra die verskil in gistingsboeket by
tot die kompleksiteit van die wyn, veral in die geval van gistingsafgeleide “tropiese” aromas,
insluitend koejawel en grenadella. In sommige gevalle waar beskadude druiwe hoër
esterkonsentrasies gehad het, het die gevolglike wyn ook ‘n hoër aromakwaliteit gehad.
Hierdie studie dra by tot ‘n beter begrip van die effek van die komplekse verhoudings
tussen lowermanipulasie en gisseleksie op aromavorming. ‘n Analise van vlugtige aroma alleen is egter nie voldoende om die finale persepsie van wynsmaak te begryp nie en bykomende
diepgaande studies van die wingerdkundige en wynkundige faktore word benodig.
Hierdie projek het in die besonder gefokus op ‘n enkele wingerd oor slegs twee oesjare. Die
algemene geldigheid van die afleidings wat van hierdie studie gemaak word, sal dus
bykomende datastelle vereis. / The National Research Foundation and Postgraduate Merit Bursary for financial
support
|
85 |
The effect of a creosote stockyard on the environment, vines and winesVan Zyl, Annette 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The quality of wine is largely dependent on environmental conditions and recent studies
have therefore focused on agricultural practices in terms of water, soil and biodiversity
conservation. The industry aims to create sustainable practice and to protect the natural
resources available. Sources of potential grape contamination include: vehicle pollution,
pesticides, bushfires and wood preservatives used for trellising systems. The latter have
come to the attention of the South African wine industry (e.g. creosote and Copper
Chromium Arsenate (CCA) products) as they may have consequences for the environment
and wine quality. Creosote is a known pollutant of soil and ground water and the volatile
fraction has been monitored in air. Plants may also accumulate polycyclic aromatic
hydrocarbons (PAHs), which constitute up to 85% of the mass of creosote, and of which
some have been proven carcinogenic. Because of the health risks associated with it,
creosote has therefore been restricted for use in most applications in Europe, and also in
the United States, Canada and Australia. This study focussed on the sensorial and chemical analyses of environmental and wine
samples taken from the area around the creosote stockyard to determine accumulation of
creosote-derived compounds. Environmental samples were collected and analysed at
different distances from the affected area, over two vintages. Wines were made from
grapes grown in vineyard blocks adjacent to the stockyard, to determine the effect of
distance and skin contact during alcoholic fermentation treatments on wine taint. A
sensory panel was trained for descriptive analysis to determine the intensity of the taint.
Analytical methods were developed for the analysis of volatile organic compounds (VOCs)
by gas chromatography mass spectrometry (GC-MS) and polycyclic aromatic hydrocarbons
by high performance liquid chromatography with diode array detection (HPLC-DAD).
The sensory results obtained showed white and rosé wines were perceived as clean,
whilst the red wines were associated with burnt rubber/tar taint. The perceived taint
decreased as distance from the stockyard increased. Wines made from the Cabernet
Sauvignon blocks adjacent to the stockyard also showed an increase of taint with the
increase of skin contact. Chemical data obtained showed that the taint consisted of a
complex mixture of compounds, each with its own pattern of retention within the vineyard
and wine. Only m-cresol was found above odour threshold, and only in red wines. The
synergistic effect of some compounds may lead to an increase in the perceived taint.
Berries and leaves had higher concentrations of volatile compounds than wines. Leaf
contamination varied and followed the general trend in literature where the plants with high
lipid content and exposed leaf area were the most contaminated. There may be other compounds present in creosote emissions, aside from those investigated here, with
sensory attributes related to the taint found in wines. These compounds are styrene,
indene, benzene, toluene, isoquinoline and quinoline and should be included in further
investigations.
From the PAH analysis of environmental samples and wines, it is evident that the
samples closest to the stockyard were affected the most. The contamination varied with
the depth of the soil: some of the heavier compounds were found in the samples taken from
the deeper levels, whilst nearly all other target compounds were present in the top layer of
soil. The concentrations found in the environmental samples were lower than reported in
literature. Wines had few PAHs present, but at much higher concentrations than is allowed
by EU legislation.
From this study it is evident that the stockyard had negative effects on the surrounding
environment in terms of sensory and chemical contamination. Recommendations include
area rehabilitation by means of bioremediation to protect resources and ensure sustainable
and safe production of crops. Industrial emissions should also be regulated and restricted
in agricultural areas. Furthermore the use of creosote should be revised, and prohibited for
agricultural use. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die kwaliteit van wyn is grootliks afhanklik van die omgewingstoestande. Daarom fokus
verskeie onlangse studies op landbou aktiwiteite en die invloed daarvan op die omgewing
in terme van water, grond en biodiversiteit bewaring. The wyn industrie se doelwitte sluit
volhoubare praktyke in, wat die natuurlike hulpbronne bewaar en beskerm. Druiwe kan
deur middel van die volgende bronne besoedel word: brandstof uitlaatgasse, insekdoders,
veldbrande, gifstowwe wat gebruik word vir houtperservering wat dan verder aangewend
word vir opleistelsels. Houtperservering (Koper chroom arsenaat (CCA) en kreosoot) het
veral in die laaste paar jaar onder aandag gekom in die wynbedryf van Suid-Afrika as
gevolg van die invloed daarvan op die omgewing en die uiteindelike wynkwaliteit.
Kreosoot is ‘n gekende gifstof wat verantwoordelik is vir grond en grondwater besoedeling
en wat gemonitor word in die atmosfeer. Plante akkummuleer ook poli-sikliese aromatiese
hidro-koolstowwe (PAHs), wat to 85% uitmaak van die massa van kreosoot. PAHs is
karsinogenies en dus is daar baie navorsing op die molekules reeds gedoen. Die
gesondheidsrisikos gepaardgaande met kreosoot het gelei tot die streng geregulasies tans
ingestel in Europa, die Verenigde State, Kanada en Australië.
Hierdie studie het gefokus op die sensoriese en chemiese analises van omgewings- en
wyn-monsters geneem van die omliggende area van die kreosoot palewerf om die
akkumulasie van kreosoot-afgeleide-verbindings. Omgewingsmonsters was versamel en
geanaliseer om verskillende afstande vanaf die bron van besoedeling (palewerf) te
ondersoek oor ‘n twee jaar periode. Wyne is gemaak van die druiwe wat afkomstig is van
die blok aangeplant langs die palewerf. Die wyne is ondersoek in terme van afstand vanaf
die kreosoot bron asook oenologiese invloede, dopkontak gedurende alkoholiese
fermentasie, op die kontaminasie beskryf in wyn. Die wyne is ook oor ‘n twee jaar periode
voorberei en sluit die 2011 en 2012 seisoen in. ‘n Sensoriese paneel is opgelei om die
beskrywende analises op die wyn uit te voer met die doel om die intensiteit van
kontaminasie te identifiseer. Analitiese metodes is ook ontwikkel vir die analise van vlugtige organiese verbindings(VOCs) met gas chromatografie-massa spektrometrie (GCMS)
en poli-sikliese aromaties hidro-koolstowwe (PAHs) met hoë druk vloeistof
chromatografie.
Die sensoriese resultate bekom het wit en rosé wyne as skoon laat blyk, terwyl rooi
wyne meer geassosieer was met die gebrande rubber/ teer afgeur beskrywing. Die
waargeneemde afgeur het afgeneem soos wat die afstand vanaf die palewerf toegeneem
het. Wyne gemaak van die Cabernet Sauvignon blokke langsaan die palewerf het ook ‘n
toename in die afgeur gehad met ‘n toename in dopkontak. Chemiese data bekom beeld uit dat die afgeur uit ‘n komplekse mengsel van verbindings bestaan, elk met sy eie patroon
van verspreiding en verbinding in die wingerd as ook in die wyn. Net m-kresol was gevind
bo die reuk drumpel, dit het ook net in rooi wyne voorgekom. Die sinergistiese effek van
die verbindings mag egter bydra tot die waargeneemde afgeur.
Druiwekorrels en blare het hoër konsentrasies van die vlugtige verbindings gehad as
wat gemeet is in die wyne. Blaar kontaminasie het ook baie gewissel en het ooreengestem
met die algemene tendens wat in literatuur beskryf is, naamlik dat plante met ‘n hoër lipid
inhoud en grootter blaar oppervlak die meeste gekontamineer word. Daar mag egter nog
baie ander verbindings bydra tot die waargeneemde afgeur gevind in die wyn. Spesifieke
verbindings wat wel ‘n rol kan speel in kontaminasie en wat voorkom in die vlugtige
gedeelte van kreosoot is styreen, indeen, benzeen, tolueen, isoquinoleen die vlugtige
verbindings van kreosoot. Die verbindings moet ingesluit word vir verdere studies wat
gedoen word op die kreosoot geassosieerde afgeur.
Die PAHs analise op die omgewingsmonsters en wyne het gelei tot die bevestiging dat
die naasliggende omgewing die meeste geaffekteer is. Die kontaminasie wissel in terme
van die diepte in die grond wat die gifstowwe voorkom: die swaarder molekulêre
verbindings is tot in die dieper vlakke waargeneem terwyl al die gemete verbindings in die
boonste lae teenwoordig was. Die vlakke wat waargeneem is in dié studie is egter laer as
wat voorheen in literatuur gevind is in ‘n kreosoot geaffekteerde omgewing. Wyn het PAHs
teenwoordig gehad, alhoewel slegs twee verbindings gemeet is, het dit in hoër vlakke
voorgekom as wat sekere Europese regulasies as toelaatbaar spesifiseer. Vanaf die studie resultate blyk dit, dat die palewerf se negatiewe invloed op die
omliggende omgewing beide meetbaar was in sensories en chemiese kontaminasie.
Voorstelle sluit onder andere die rehabilitasie van die omliggende omgewing deur middel
van bioremediasie in. Om sodoende die natuurlike hulpbronne in die area te bewaar asook
om volhoubare en veilige verbouing van gewasse te verseker. Industriële besoedeling en
afval moet ook gereguleer word en beperk word in landbou areas. Verder moet die gebruik
van kreosoot heroorweeg word en strenger regulasies moet in plek gestel word om aan
internastionale standaarde te voldoen. / Financial support from Winetech, Trip and UFS
|
86 |
Assessing the compatibility and aroma production of NT 202 Co-Inoculant with different wine yeasts and additivesScholtz, Marene 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The influence of malolactic fermentation (MLF) in most red and some white wines is one of
many factors that determine or influence wine quality, because it affects the flavour and sensory
profile of wine. This process is a decarboxylation process conducted by lactic acid bacteria
(LAB) such as Oenococcus, Lactobacillus, Pediococcus and Leuconostoc. Mostly
Oenococcus oeni, but recently also Lactobacillus plantarum is used in commercial starter
cultures and also the first mixed MLF starter culture (NT 202 Co-Inoculant) was commercialized
in 2011. The reason for the predominant use of O. oeni and recently L. plantarum is due to their
tolerance to the harsh wine environment.
Malolactic fermentation leads to a decrease in acidity and an increase in pH that leaves the
wine with a softer mouthfeel. Another reason to conduct MLF is the improvement of microbial
stability by the removal of malic acid as carbon source. Research focus has recently shifted to
the ability of LAB and MLF as well as the interaction of LAB with yeast to alter the wine aroma
profile via the modification and/or production of certain aroma compounds.
The main goal of this study was to assess the impact of yeast and nutrient addition on the
ability of the NT 202 Co-Inoculant to conduct MLF during co-inoculation and to evaluate the
aroma compound production in the final wine.
The first aim was to evaluate the impact of different red and white wine yeast strains on the
ability of the NT 202 Co-Inoculant to conduct MLF during co-inoculation in Chardonnay, Merlot
and Shiraz. Malolactic fermentation was unsuccessful in the Chardonnay due to a low pH, but
successful in Merlot and Shiraz. Based on the malic acid degradation ability of the NT 202 Co-
Inoculant, the yeasts were grouped into three categories: inhibitory, neutral or stimulatory
towards MLF. Co-inoculated MLF showed a clear decrease in total fermentation time while
yeast strains such as WE 372 and Exotics showed positive compatibility with the NT 202 Co-
Inoculant. The impact of the yeast-bacterial combinations on the aroma compound production in
the final wine was evaluated. Co-inoculated MLF showed positive aroma changes in the red
wines with a general increase in total esters (associated with fruity characters in wine) especially ethyl lactate and diethyl succinate that also contribute to the mouthfeel of the wine.
Production of esters, volatile fatty acids and higher alcohols seemed to depend on the yeastand
LAB strain used. The NT 202 Co-Inoculant contributed to the monoterpenes produced and
MLF led to increased concentrations of diacetyl and acetoin, which are associated with buttery
characters in wine.
The second aim of this study was to evaluate the impact of wine additives (used during coinoculation)
such as yeast- and bacterial nutrients, clarifying- and detoxifying agents on the
ability of the NT 202 Co-Inoculant to conduct MLF and to assess their impact on the aroma
compound production in the final wine. No negative or positive impact on the malic acid
degradation of the NT 202 Co-Inoculant or the resulting aroma compound production was
observed for the different wine additives used in this study.
The results generated from this study showed that the selection of yeast strains is important
as it will influence both the fermentation duration and final wine aroma. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die invloed van appelmelksuurgisting (AMG) in die meeste rooi- en witwyne is een van baie
faktore wat wynkwaliteit beïnvloed, omrede dit die geur en sensoriese profiel van wyn
beïnvloed. Hierdie proses is 'n dekarboksileringsaksie wat deur melksuurbakterieë (MSB), soos
Oenococcus, Lactobacillus, Pediococcus en Leuconostoc, uitgevoer word. Die mees algemene
bakterieë wat gebruik word, is Oenococcus oeni, maar onlangs het Lactobacillus plantarum ook
na vore getree in die gebruik van kommersiële aanvangskulture. Die eerste gemengde AMGaanvangskultuur
(NT 202 Co-Inoculant) is in 2011 gekommersialiseer. Die rede vir die
oorheersende gebruik van O. oeni en L. plantarum word toegeskryf aan hul gehardhiedsgraad
in ‘n uitdagende wynomgewing.
Appelmelksuurgisting lei tot 'n afname in die suurheidsgraad en 'n toename in die pH van
die wyn, wat 'n sagter mondgevoel tot gevolg het. Nog 'n rede waarom AMG deurgevoer word,
is om die mikrobiese stabiliteit van die wyn te verbeter deur die verwydering van appelsuur as
koolstofbron. Die navorsingsfokus het onlangs verskuif na die vermoë van MSB en AMG, sowel
as die interaksie van MSB met die gis, om die wynaromaprofiel te verander deur middel van die
verandering en/of produksie van sekere aromaverbindings.
Die hoofdoel van hierdie studie was om die impak van die gis en voedingstof te evalueer
ten opsigte van die vermoë van die NT 202 Co-Inoculant om AMG uit te voer tydens
koïnokulasie. Die produksie van aromakomponente in die finale wyn is ook geëvalueer.
Die eerste doelwit was om die impak van verskillende rooi- en witwyngisrasse te evalueer
ten opsigte van die vermoë van die NT 202 Co-Inoculant om AMG uit te voer tydens
koïnokulasie in Chardonnay, Merlot en Shiraz. Appelmelksuurgisting was onsuksesvol in die
Chardonnay weens 'n lae pH, maar suksesvol in Merlot en Shiraz. In terme van die
appelsuurafbraakvermoë van die NT 202 Co-Inoculant, is die giste in drie kategorieë gegroepeer: inhiberend, neutraal of stimulerend teenoor AMG. Ge-koïnokuleerde AMG het 'n
duidelike afname in die totale fermentasietyd getoon, terwyl gisrasse, soos WE 372 en Exotics,
‘n positiewe verenigbaarheid met die NT 202 Co-Inoculant getoon het. Die impak van die gisbakteriële
kombinasies op die aromakomponentproduksie in die finale wyn is geëvalueer. Gekoïnokuleerde
AMG het positiewe aromaveranderinge in die rooiwyne getoon met 'n algemene
toename in die totale esters (wat geassosieer word met vrugtige karakters in wyn), veral
etiellaktaat en dietielsuksinaat, wat ook bydra tot die mondgevoel van die wyn. Dit het
voorgekom dat produksie van esters, vlugtige vetsure en hoër alkohole moontlik afhanklik kan
wees van die gis- en bakteriële ras gebruik. Die NT 202 Co-Inoculant het bygedra tot die
monoterpene wat geproduseer is en AMG het gelei tot verhoogde konsentrasies van diasetiel
en asetoïen, wat geassosieer word met botteragtige karakters in wyn.
Die tweede doelwit van hierdie studie was om die impak van wyntoevoegingsmiddels (wat
tydens koïnokulasie gebruik word) bv. gis- en bakteriese voedingstowwe, verhelderingsagente, asook detoksifiserende agente, te evalueer ten opsigte van die vermoë van die NT 202 Co-
Inoculant om AMG uit te voer en om hul impak op die produksie van die aromakomponente van
die finale wyn te ontleed. Geen negatiewe of positiewe effekte is waargeneem vir die
verskillende wyntoevoegingsmiddels, wat in hierdie studie gebruik is, in terme van die
appelsuurafbraak van die NT 202 Co-Inoculant of die gevolglike produksie van
aromakomponente nie.
Hierdie studie se resultate toon dat die keuse van die gisras belangrik is, omdat dit die
fermentasietydperk, asook die finale wynaroma, beïnvloed. / Anchor Yeast, Oenobrands, The National Research Foundation and THRIP, for financial support
|
87 |
Screening, identification and characterisation of bacteriocins produced by the wine isolated LABNdlovu, Joseph Buyani 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Lactic acid bacteria (LAB) play a vital role in reducing wine acidity and also contributing to its
aroma and flavour. However, they can also be responsible for many wine spoilage problems that
compromise the quality and value of wine. While Oenococcus oeni contributes positive characteristics to
the sensory properties of wine, certain species of the genera, Lactobacillus and Pediococcus can affect the
wholesomeness of wine by producing undesirable compounds, such as biogenic amines and ethyl
carbamate.
Chemical preservatives like sulphur dioxide (SO2) are used to prevent the growth of spoilage
micro-organisms during the winemaking process. SO2 also acts as a reducing agent and maintains the
benefits of antioxidant properties of the polyphenols of wine. However, there is a worldwide demand to
reduce SO2 levels due to the increasing health related risks and other factors.
All these considerations have increased the interest in research to look for new preservation
strategies, and LAB-produced bacteriocins seem to be a potential alternative that has been explored in the
last decade. Various types of bacteriocins have been identified and characterized. However, there are few
reports on bacteriocins produced by LAB of oenological origin or on bacteriocins present in the finished
wine.
The present study screened 155 LAB isolates from the IWBT culture collection for bacteriocin
production. The isolates originated from South African red wines undergoing spontenous malolactic
fermentation (MLF). Eight strains (5%) were identified to be producers, as evidenced by strong inhibition
zones formed against sensitive organisms on agar plates. The producers demonstrated a broad spectrum of
antimicrobial activity by inhibiting Lactobacillus spp., Leuconostoc mesenteroides, Listeria
monocytogenes and Pediococcus pentosaceus strains. Some of these bacterial genera are important in
winemaking since they are potential wine spoilage bacteria. Hence these strains and/or the bacteriocins
they produce could possibly find application in the food fermentation industry. The physiological results, biochemical tests and sugar fermentation profiles all gave the same
results for the seven isolates, which were indicative of enterococci. The identification through 16S rRNA
gene sequencing revealed that the seven tested isolates were all Enterococccus faecium. RAPD-PCR
fingerprinting gave the same profile for the seven strains confirming that they were all identical on
genetic level. Determining the molecular weight using SDS-PAGE showed the peptides to be below
4.6 kDa in size. PCR amplification of the enterocin P gene, sequencing and BLAST search results
confirmed that all eight strains contained the enterocin P gene from Ent. faecium.
The enterocin tested in this study was heat stable at 100°C (30 min), but lost 50% of its activity at
121°C (15 min). Factors such as bacteriocin production and heat resistance are among many that enable
enterococci to be dominant in fermented products such as dairy foods or meat. Therefore, enterococci
producing bacteriocins have potential applications in various foods and fermented products. The pH tests
showed enterocin to be active over a broad pH range (2-10). Enterocin activity over a wide pH range make them potentially more suitable as natural preservatives of foods and fermented products where
products are acidified or pH decreases due to natural LAB present. They also have potential applications
in oenological process where pH levels are as low as 3 and 4.
Proteolytic enzyme treatments with lysozyme, lipase, lyticase and catalase could not inhibit
enterocin activity. This indicated that their antimicrobial activity was independent of lipid or carbohydrate
moieties or hydrogen peroxide. α-Chymotrypsin and proteinase K inactivated enterocin, which indicated
that the compound was proteinaceous in nature.
Bacteriocin production tested in two of the isolates, #16.3 and 128.1, coincided with the
exponential growth phase which occurred after 6 hours of incubation at 30°C, which was an indication of
primary metabolite kinetics. The highest production of 400 AU/ml was observed after eight hours and
was maintained for several hours (46 hours) in the stationery phase. The bactericidal effect of the cell free
supernatants from #16.3 and 128.1 against the sensitive culture of Lactobacillus pentosus DSM 20314
was clearly demonstrated by complete inhibition of growth for most of the experimental period, while the
control increased exponentially throughout the experiment.
In conclusion, this study has confirmed the isolation and identification of Ent. faecium strains
from wine, a genus that is rarely found in the wine environment. Although one can speculate on the origin
of this bacterium in the wine e.g. human handling and contaminated water, these bacterial isolates
produced enterocin P which have antimicrobial action against wine-related LAB genera and therefore
have a potential role in wine spoilage control. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Melksuurbakterieë (MSB) speel ‘n belangrike rol in die redusering van die suurgehalte van wyn
en dra ook by tot die aroma en smaak daarvan. Hulle kan egter ook verantwoordelik wees vir vele
wynbederfprobleme wat die gehalte en waarde van wyn negatief beïnvloed. Hoewel Oenococcus oeni
positiewe karaktertrekke aan die sensoriese eienskappe van wyn verleen, kan sekere spesies van die
genus, Lactobacillus en Pediococcus, die heilsaamheid van wyn beïnvloed deur ongewenste verbindings,
soos biogeniese amienes en etielkarbamaat, te produseer.
Chemiese preserveermiddels, soos swaweldioksied (SO₂), word gebruik om die groei van
bederfmikro-organismes tydens die wynbereidingsproses te voorkom. SO₂ fungeer ook as ‘n
reduseermiddel en onderhou die voordele van die antioksidant eienskappe van die poli-fenole van wyn.
Daar is egter ‘n wêreldwye vraag na die redusering van SO₂-vlakke as gevolg van die toename in
gesondheidsverwante risiko’s en ander faktore.
Al hierdie oorwegings het belangstelling in die navorsing van nuwe preserveringstrategieë laat
toeneem en MSB-geproduseerde bakteriosiene lyk na ‘n potensiële alternatief wat in die laaste dekade
ondersoek word. Verskeie tipes bakteriosiene is geïdentifiseer en getipeer. Daar is egter nog weinig
gerapporteer oor bakteriosiene wat deur MSB van wynkundige oorsprong geproduseer is of oor
bakteriosiene wat in afgeronde wyn teenwoordig is.
Die huidige studie het 155 MSB isolate van die Instituut vir Wynbiotegnologie se
kultuurversameling vir bakteriosien-produsering gegradeer. Agt stamme (5%) is as produseerders
geïdentifiseer, soos gestaaf is deur sterk inhibisiesones wat teen sensitiewe organismes op agarplate
gevorm het. Die produseerders het ‘n breë spektrum van antimikrobiese aktiwiteit by inhiberende
Lactobacillus spp., Leuconostoc mesenteroides, Listeria monocytogenes en Pediococcus pentosaceus
stamme gedemonstreer. Sommige van hierdie bakteriese genera is belangrik in wynbereiding, omdat dit
potensiële wynbederfbakterieë is. Hierdie isolate en/of die bakteriosiene wat dit produseer, kan dus moontlik toepassing in die voedselfermentasiebedryf vind.
Die fisiologiese resultate, biochemiese toetse en suikerfermentasieprofiele het almal dieselfde
resultate vir die sewe isolate, wat indikatief van enterococci was, gelewer. Die identifisering deur 16S
rRNA-basispaaropeenvolging het onthul dat die sewe getoetste isolate almal Enterococccus faecium was.
RAPD-PKR-vingerafdrukke het dieselfde profiel vir die sewe rasse gelewer, wat bevestig dat die
rasse almal identies op genetiese vlak was. Deur die molekulêre gewig vas te stel deur middel van SDSPAGE,
het dit getoon dat die peptiede kleiner as 4.6 kDa in grootte is. PKR-amplifikasie van die
enterosien-P geen, die bepaling van basispaaropeenvolging en BLAST-soekresultate het bevestig dat al
agt rasse die enterosien-Pgeen van Ent. faecium bevat.
Die enterosien wat in hierdie studie getoets is, was hitte-stabiel teen 100°C (30 min), maar het
50% van sy aktiwiteit teen 121°C (15 min) verloor. Faktore soos bakteriosienproduksie en
hittebestandheid, is van die vele faktore wat enterococci in staat stel om dominant in gefermenteerde produkte, soos suiwelprodukte of vleis te wees. Enterococci wat bakteriosiene produseer het dus
potensiële toepassings in verskeie kossoorte en gefermenteerde produkte. Die pH-toetse het getoon dat
enterosien-P oor ‘n breë pH spektrum (2-10) aktief was. Enterosienaktiwiteit oor ‘n wye pH spektrum
maak dit potensieel meer geskik as natuurlike preserveermiddels vir kossoorte en gefermenteerde
produkte waar produkte versuur word of die pH afneem as gevolg van natuurlike MSB wat teenwoordig
is. Dit het ook potensiële toepassings in enologiese prosessering waar pH-vlakke so laag as 3 en 4 is.
Proteolitiese ensiembehandelings met lisosiem, lipase, litikase en katalase kon nie
enterosienaktiwiteit inhibeer nie. Daar is getoon dat hul antimikrobiese aktiwiteit onafhanklik was van
lipiede, koolhidraatdele óf waterstofperoksied. α-Chymotripsien en proteïenase-K het enterosien onaktief
gemaak, wat getoon het dat die samestelling proteïenagtig van nature is.
Bakteriosienproduksie wat in twee van die stamme #16.3 en 128.1 getoets is, het ooreengestem
met die eksponensiële groeifase wat na 6 ure van inkubasie teen 30°C plaasgevind het, en wat ‘n
aanduiding is van primêre metabolitiese kinetika. Die hoogste produksie van 400 AU/ml is na agt ure
waargeneem en is vir etlike ure (46 uur) in die stasionêre fase gehandhaaf. Die bakterie-dodende effek
van die selvrye supernatant van #16.3 en 128.1 teenoor die sensitiewe kultuur van Lactobacillus pentosus
DSM 20314 is duidelik gedemonstreer deur totale inhibisie van groei vir die grootste deel van die
eksperimentele periode, terwyl die kontrole eksponensieel deur die hele eksperiment toegeneem het.
Hierdie studie het dus die isolering en identifisering van Ent. faecium-stamme, ‘n genus wat baie
selde gevind word in ‘n wynomgewing, vanuit wyn bevestig. Alhoewel daar gespekuleer kan word oor
die oorsprong van hierdie bakterie in wyn bv. menslike hantering en besmette water, het hierdie rasse wel
enterosien geproduseer en daarom die potensiaal om ‘n rol te speel in beheer teen verskeie bederf-MSB-genera. / TIA, NRF and THRIP
|
88 |
Mode of action studies of defensin peptides from native South African Brassicaceae speciesBarkhuizen, Helmien 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Plant defensin peptides have become promising and attractive candidates to be used as
antifungal agents in agricultural biotechnology. These peptides have a broad spectrum
antifungal activity and play a vital role in the innate immune system of plants. Plant diseases
caused by fungi are a major contributor to the decrease in the quality and safety of agricultural
products. Due to the dangerous effects and negative environmental impact of pesticides, an
effective, safe, natural and durable method to control crop pathogens has therefore become one
of the major concerns in modern agriculture. Although these peptides are promising and
attractive candidates, their precise mechanism of action is to date still unknown. Several
common observations have been made. These include the antagonistic effect of cations on the
activity of plant defensins. It is of vital importance to understand the underlying mechanism of
the cation-antagonistic effect on the antifungal potency of defensin peptides in order to evaluate
the possible contribution to defence reactions against microorganisms in planta.
To this end we set out to characterize the effect of cations in the form of biological salts,
NaCl, KCl, MgCl2 and CaCl2 on the structural stability and activity in terms of growth inhibition,
morphological effects and permeabilization. In order to perform these characterization
experiments, a production method resulting in a greater yield and involving simple and rapid
purification methods was required. Heliophila coronopifolia peptides have previously been
produced in a bacterial system, however the purification methods were tedious resulting in poor
yields. Pichia pastoris was selected as production system as several other plant defensins have
been successfully produced in this eukaryotic system. Hc-AFP1 and Hc-AFP3 was successfully
produced using the Pichia production system and rendered active peptides. Hc-AFP2 and Hc-
AFP4 was, however, not produced correctly, due to a post-translational modification event
leading to the cyclization of the N-terminal glutamine to generate pyroglutamic acid. This
modification negatively influenced the activity of these peptides. An active Hc-AFP2 could be
produced by replacing the production buffer with a reduced ionic buffer.
The effect of divalent and monovalent cations on the secondary structure of Hc-AFP1 was
evaluated by circular dichroism spectroscopy. These cations induced a conformational change
in the secondary structure of Hc-AFP1, with NaCl and MgCl2 inducing a more defined secondary
structure and KCl and CaCl2 inducing a less defined secondary structure. Monovalent cations
caused a slight reduction in the growth inhibition activity of Hc-AFP1 on Botrytis cinerea,
however, characteristic hyperbranching and other morphogentic effects were still visible.
Divalent cations had a greater antagonistic effect on the activity of Hc-AFP1, completely
abolishing the growth inhibitory activity of the peptide, but the induced morphological effects on
hyphae remained present. The activity of Hc-AFP1 to permeabilize B. cinerea hyphae was not
influenced by the addition of cations, however it was in fact increased to up to 10-fold. However,
since the growth inhibition activity of Hc-AFP1 was reduced in the presence of the biological
salts indicates that permeabilization is not the sole activity responsible for growth inhibition
caused by Hc-AFP1. This peptide probably has an alternative/primary target and more complex
MOA. This is the first known report of the investigation of the influence of cations on the
structure of plant defensin peptides. It is clear that cations induce a secondary structural
conformational change in Hc-AFP1. This may be linked to the antagonism on the activity of this
peptide. This study provides significant progress towards the structure-function analysis of plant
defensins. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Plantdefensinpeptiede word beskou as belowende en aantreklike kandidate vir gebruik as
swammiddles in agribiotegnologie. Hierdie peptiede beskik oor breë spektrum antifungiese
aktiwiteit en speel ‘n essensiële rol in die ingebore immuunsisteem van plante. Plant siektes wat
deur swamme veroorsaak word dra betekenisvol by tot die afname in die kwaliteit en veiligheid
van landbouprodukte. As gevolg van die skadelike effekte en negatiewe omgewingsimpak van
plaagdoders, het effektiewe, veilige, natuurlike en duursame metodes om gewaspatogene te
beheer, van die belangrikste vraagstukke van moderne landbou geword. Alhoewel hierdie
peptiede belowende en aantreklike kandidate is vir die toepassing, is hulle presiese meganisme
van aksie tot vandag toe steeds onbekend. Verskeie algemene waarnemings is egter al
gemaak. Dit sluit die antagonistiese effek van katione op die aktiwiteit van
plantdefensinpeptiede in. Dit is kernbelangrik om die onderliggende meganisme van die
katioon-antagonistiese effek op die antifungiese effektiwiteit te verstaan om die moontlike
bydrae van die peptiede tot die verdedigingsreaksies teen mikro-organismes in planta te
evalueer.
Met die doel voor oë het ons gemik om die effek van katione, spesifiek in die vorm van die
biologiese soute NaCl, KCl, MgCl2 en CaCl2, op die strukturele stabiliteit en aktiwiteit in terme
van groei inhibisie, morfologiese effekte en permeabilisasie te karakteriseer. Om uiteindelik
hierdie karakterisasie eksperimente uit te voer was dit nodig om ‘n metode met ‘n groter
opbrengs en wat vinnige suiwering van die peptied ondersteun, te optimiseer. Heliophila
coronopifolia peptiede was voorheen in ‘n bakteriese sisteem geproduseer, maar die
suiweringsmetodes was tydsaam en het gelei tot ‘n swak opbrengs. Pichia pastoris is dus
geselekteer as die produksie sisteem aangesien verskeie ander plantdefensinpeptiede al
suksesvol geproduseer is in hierdie eukariotiese sisteem. Hc-AFP1 and Hc-AFP3 is suksesvol
vervaardig in die Pichia sisteem en het aktiewiteit getoon. Hc-AFP2 and Hc-AFP4 kon egter nie
korrek vervaardig word nie as gevolg van ‘n na-vertalingsverandering wat gelei het tot die
siklisering van die N-terminale glutamien, om piroglutamiensuur te lewer. Hierdie verandering
het die aktiwiteit van die peptied negatief beinvloed. ‘n Aktiewe Hc-AFP2 kon wel vervaardig
word deur die produksiebuffer te vervang met ‘n lae-ionise buffer.
Die effek van divalente en monovalente katione op die sekondêre struktuur van Hc-AFP1 is
ge-evalueer deur van sirkulêre dikroisme spektroskopie gebruik te maak. Hierdie katione het ‘n
vouingsverandering in die sekondêre struktuur van Hc-AFP1 geïnduseer, NaCl and MgCl2 het ‘n
meer gedefinieërde sekondêre struktuur induseer, terwyl KCl and CaCl2 ‘n minder gedefinieërde
sekondêre struktuur geinduseer het. Monovalente katione het ‘n effense vermindering in die
groei-inhibisie aktiwiteit van Hc-AFP1 op Botrytis cinerea veroorsaak, alhoewel kenmerkende
hife-oorvertakking en ander morfologiese effekte nogsteeds sigbaar was. Divalente katione het
‘n sterker antagonistiese effek gehad op die aktiwiteit van Hc-AFP1, waar dit totaal en al die
groei-inhibisie aktiwiteit van die peptied vernietig het, alhoewel die geïnduseerde morfologiese
effekte op die hiffes steeds sigbaar was . Die aktiwiteit van Hc-AFP1 om B. cinerea hyphae te
permeabiliseer is nie negatief beinvloed deur die byvoeging van katione nie, tewens dit het die
aktiwiteit tot 10-voudig verhoog. Aangesien die groei-inhibisie aktiwiteit van Hc-AFP1 nie
verminder is in die teenwoordigheid van die biologiese soute nie, dui dit aan dat permeabilisasie
nie die enigste aktiwiteit is wat die groei inhibisie veroorsaak het nie. Die peptied het dus
moontlik ‘n alternatiewe of primêre teiken en ‘n meer komplekse meganisme van aksie. Dit is
die eerste verslag wat die invloed van katione op die struktuur van plantdefensinpeptiede
ondersoek het. Dit is duidelik dat katione ‘n sekondêre strukturele vouingsverandering in Hc-AFP1 induseer. Hierdie verandering mag dalk bydra tot die antagonistiese uitwerking op die
aktiwiteit van hierdie peptied. Hierdie studie het betekensisvolle vordering gemaak met die
analise van die struktuur-funksie interaksie van plantdefensinpeptiede. / The National Research Foundation (NRF), Institute of Wine Biotechnology (IWBT),
THRIP and Winetech for financial assistance.
|
89 |
Development of infrared spectroscopic methods to assess table grape qualityDaniels, Andries Jerrick 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The two white seedless table grape cultivars, Regal Seedless and Thompson Seedless fulfil a
very important role in securing foreign income not only for the South African table grape
industry, but the South African economy as a whole. These two cultivars, however, are like so
many other white table grape cultivars, also prone to browning, especially netlike browning on
Regal Seedless and internal browning on Thompson Seedless grapes. This leads to huge
financial losses every year, since there is no established way to assess at harvest, during
storage or during packaging, whether the grapes will eventually turn brown. In other words,
there is no well-known protocol of assessing the browning risk of a particular batch of grapes
prior to export. Numerous studies have been undertaken to determine the exact cause of
browning and how it should be managed, but to date, no chemical or physical parameter has
been firmly associated with the phenomenon.
The overall aim of this study was thus to find an alternative way to deal with the problem by
investigating the potential of near infrared (NIR) spectroscopy as a fast, non-destructive
measurement technique to determine the browning potential of whole white seedless table
grapes. A secondary aim was the determination of optimal ripeness of table grapes. In this way
harvest maturity and quality indicative parameters namely total soluble solids (TSS), titratable
acidity (TA), pH, glucose and fructose, also associated with the browning phenomenon, was
quantified using models based on infrared spectra.
Three different techniques (a) Fourier transform Near Infrared (FT-NIR), (b) Fourier
transform – Mid Infrared (FT-MIR) and (c) Fourier transform – Mid Infrared Attenuated Total
Reflectance (FT-MIR ATR) spectroscopy were investigated to determine these parameters. This
was done so that a platform of different technologies would be available to the table grape
industry.
The grapes used in this study were harvested over two years (2008 and 2009) and were
sourced from two different commercial vineyards in the Hex River valley, Western Cape, South
Africa. Different crop loads (the total amount of bunches on the vines per hectare) were left for
Regal Seedless (75 000, 50 000 and 35 000) and for Thompson Seedless (75 000 and 50 000).
Three rows were used for Regal Seedless and two rows for Thompson Seedless. Each row had
six sections which each represented a repetition for each crop load. In 2008 these cultivars
were harvested early at 16°Brix, at optimum ripeness (18°Brix) and late at 20°Brix. In 2009 they
were harvested twice at the optimum ripeness level.
Berries from harvested bunches were crushed and the juice was used to determine the
reference values for the different parameters in the laboratory according to their specific
methods. The obtained juice was also scanned on the three different instruments. Different
software (OPUS 6.5 for the FT-NIR and FT-MIR ATR instruments and Unscrambler version 9.2
for the FT-MIR instrument) as well as different spectral pre-processing techniques were also
evaluated before construction of the models for all the instruments.
Partial least squares (PLS) regression was used for the construction of the different
calibration models. Different regression statistics, that included the root mean square error for
prediction (RMSEP); the coefficient of determination (R2); the residual prediction deviation
(RPD) and the bias were used to evaluate the performance of the developed calibration models.
Calibration models which are fit for screening purposes were obtained on the FT-NIR and FTMIR
ATR instruments for TSS (11.40 - 21.80°Brix) (R2 = 85.92%, RMSEP = 0.71 °Brix RPD =
2.67 and bias = 0.03°Brix), pH (2.94 - 3.9) (R2 = 85.00%, RMSEP = 0.08 RPD = 2.59 and bias =
-0.01) and TA (4.3 - 13.1 g/L), (R2 = 90.77%, RMSEP = 0.48 g/L RPD = 3.30 and bias = -0.03
g/L). Models for fructose (46.70 – 176.82 g/L) (R2 = 74.66%, RMSEP = 9.28 g/L RPD = 2.00 and
bias = 1.10 g/L) and glucose (20.36 – 386.67 g/L) (R2 = 70.71%, RMSEP = 11.10 g/L RPD = 1.87 and bias = 1.64 g/L) were obtained with the FT-NIR and FT-MIR ATR instruments that
were in some instances fit for screening purposes and in some instances unsuitable for
quantification purposes. The FT-MIR instrument gave models for all the parameters that were
not yet suitable for quantification purposes.
Combined spectral ranges used for calibration were often similar for some parameters,
namely 12 493 - 5 446.2 for TSS and pH, 6 101.9 - 5 446.2 for TSS, TA and fructose and
4 601.5 - 4 246.7 for pH and fructose on the FT-NIR instrument, 2 993.2 - 2 322.3 for pH, TA
and glucose and 1 654.3 - 649.4 for pH and glucose on the FT-MIR ATR instrument and
sometimes they were adjacent (3 996.6 - 3 661.2, 3 663.5 - 3 327.7 and 3 327.2 - 2 322.3 for
TSS and glucose, 1 988.3 - 1 652.8 and 1 654.3 - 649.4 for TSS, pH and TA. Other times they
were overlapping (1 654.3 - 649.4 and 1 318.8 - 649.4) for pH, TA and fructose on the FT-MIR
ATR instrument. This is a very good sign for transfer of this technology to a handheld device,
where adjacent and/ or overlapping wavenumbers are crucial. Instruments which have to
determine different parameters over large spectral ranges are not only impractical, because the
instrument has to be big, but because it is also very expensive.
Another advantage of implementing especially FT-NIR spectroscopy as a fast, accurate and
inexpensive technique for determining harvest maturity and quality parameters is because no
sample preparation is necessary and very little waste (few single berries tested) is produced.
This is a pre-requisite which is highly recommended in the green era that we are currently living
in and will do so for aeons to come. A platform of technologies has now been made available
through this study for the determination of the respective parameters in future table grape
samples by just taking their spectra on one of the instruments. Indeed something that has not
been possible or available for the South African table grape industry before. Berries for the browning experiments were scanned on a FT-NIR instrument immediately
after harvest (before cold storage) and again after cold storage. Before cold storage they were
scanned on each side of the berry and after cold storage they were scanned twice on a brown
spot if browning was present and twice on a clear spot, irrespective of whether browning was
present or not. Inspection of the berries for the incidence of browning after cold storage
revealed that Regal Seedless had a higher incidence of browning (68% in 2008 and 66% in
2009) than Thompson Seedless (21% in 2008 and 25% in 2009). Regal Seedless was also
more prone to external browning, specifically netlike browning, whereas Thompson Seedless
was more prone to internal browning, despite the different phenotypes of browning that were
present on both.
Principal component analysis (PCA) done on the spectra obtained before and after cold
storage revealed that NIR can capture the changes related to cold storage with the first principal
components explaining almost 100% of the variation in the spectra. Classification models also
build using PCA was based on spectra of berries that remained clear before and after cold
storage and those that turned brown after cold storage. Classification models of berries based
on spectra obtained after cold storage (browning present) had a better total accuracy (94% for
training- and 87% for test datasets), than the classification models based on spectra obtained
before cold storage (79% for training- and 64% for test datasets). The implication of this is that
the current models will be able to classify berries in terms of those which have turned brown
already and those that remained clear better after cold storage than before cold storage, which
is the critical stage where we want to actually know whether the berries will turn brown or not.
The potential, however, to use NIR spectroscopy to detect browning before harvest already on
white seedless grapes is still present, since all these models were built using the whole NIR
spectrum. No variable selection was thus done and all the different browning phenotypes were
also used together. Further analysis of the data will thus be based on using variable selection techniques like particle swarm optimization (PSO) to select certain wavelengths strongly
associated with the browning phenomenon and only on the main types of browning (netlike on
Regal Seedless and internal browning on Thompson Seedless). This study has major
implications for the table grape industry, since it is the first time that the possibility to predict
browning with other methods than visual inspection, especially before cold storage, is shown. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die twee wit pitlose tafeldruif kultivars, Regal Seedless en Thompson Seedless onderskeidelik,
speel 'n baie belangrike rol in die verkryging van buitelandse inkomste, nie net vir die Suid-
Afrikaanse tafeldruif industrie nie, maar ook vir die Suid-Afrikaanse ekonomie as 'n geheel.
Hierdie twee kultivars is egter, soos baie ander wit kultivars, ook geneig tot verbruining. Dit is
veral netagtige verbruining op Regal Seedless en interne verbruining op Thompson Seedless
wat pertinent is. Hierdie belangrike kwaliteitsprobleme lei jaarliks tot groot finansiële verliese,
aangesien daar huidiglik geen gevestigde prosedure is om voor oes, tydens opberging of
tydens verpakking te bepaal of die druiwe uiteindelik gaan verbruin nie. Met ander woorde, daar
is geen gevestigde protokol vir die beoordeling van die verbruinings risiko van 'n bepaalde
groep druiwe voor dit uitgevoer word nie. Talle studies is alreeds onderneem om vas te stel wat
die presiese oorsaak van hierdie verskynsel is en hoe dit bestuur moet word, maar geen enkele
aspek wat bestudeer is kon tot op hede, herhaaldelik ge-assosieer word met die presiese
oorsaak van verbruining nie.
Die oorkoepelende doel van hierdie studie was dus om 'n alternatiewe manier te kry om
hierdie probleem aan te spreek. ‘n Ondersoek na die potensiaal van naby infrarooi (NIR)
spektroskopie as 'n vinnige en nie-vernietigende metings tegniek om die verbruinings potensiaal
van ‘n wit pitlose tafeldruifkorrel wat nog heel is te bepaal, is onderneem. 'n Sekondêre doel
was om die bepaling van optimale rypheid van tafeldruiwe te onderosek. Op hierdie manier is
oesrypheid, en die kwaliteitsfaktore, naamlik totale oplosbare vastestowwe (TOVS), titreerbare
suur (TS), pH, glukose en fruktose, wat ook gekoppel word aan die voorkoms van verbruining,
deur middel van infrarooi (IR) spektroskopie modelle gekwantifiseer. Drie verskillende infrarooi
metodes naamlik (a) die Fourier transform naby infrarooi (FT-NIR), (b) Fourier transform - Mid
Infrarooi (FT-MIR) en (c) Fourier transform - Mid Infrarooi Verswakte Totale Refleksie (FT-MIR
VTR) spektroskopie is gebruik om die aspekte te bepaal. Dis gedoen sodat 'n platform van
tegnologie beskikbaar sou wees vir die tafeldruif industrie. Die druiwe wat in hierdie studie gebruik is, is oor twee jaar (2008 en 2009) en van twee
verskillende kommersiële wingerde in die Hexriviervallei, Wes-Kaap, Suid-Afrika ge-oes.
Verskillende oesladings (die totale aantal trosse op die wingerdstokke per hektaar) is vir Regal
Seedless (75 000, 50 000 en 35 000) en Thompson Seedless (75 000 en 50 000) gelaat. Daar
is drie rye gebruik Regal Seedless en twee vir Thompson Seedless. Elke ry het ses vakkies
gehad wat dan verteenwoordigend was van ‘n herhaling vir elke oeslading. In 2008 is hierdie
kultivars by vroeë rypwording (16°Brix), by optimale rypheid (18°Brix) en by laat rypheid
(20°Brix) geoes. In 2009 is dit twee keer by die optimale rypheidsgraad geoes. Vir die bepaling
van oesrypheid, en die kwaliteitsapekte is verskillende sagteware (OPUS 6.5 op die FT-NIR en
FT-MIR VTR instrumente en Unscrambler weergawe 9.2 vir die FT-MIR instrument) sowel as
verskillende spektrale voor-verwerking tegnieke ëvalueer voor die konstruksie van die kalibrasie
modelle op die verskillende instrumente.
Parsiële kleinste kwadraat (PKK) regressie is gebruik vir die opstel van kalibrasiemodelle
vir die bepaling van laasgenoemde aspekte. Verskillende statistieke gegewens is gebruik om
die kalibrasie modelle te evalueer, naamlik die bepalingskoëffisiënt (R2), die vierkantswortelgemiddelde-
kwadraat fout vir voorspelling (VGKV), relatiewe voorspellingsafwyking (RVA) en
sydigheid. Kalibrasie modelle wat geskik is vir keuring is verkry op die FT-NIR en FT-MIR VTR
instrumente vir TOVS (11.40 – 21.80°Brix) (R2 = 85.92%, VGKV = 0.71°Brix, RVA = 2.67 en
sydigheid = 0.03°Brix), pH (2.94 – 3.9) (R2 = 85.00%, VGKV = 0.08 g/L, RVA = 2.59 en
sydigheid = -0.01 g/L), en TS (4.3 – 13.1 g/L), (R2 = 90.77%, VGKV = 0.48 g/L RVA = 3.30 en
sydigheid = -0.03 g/L). Modelle vir fruktose (46.70-176.82 g/L) (R2 = 74.66%, VGKV = 9.28 g/L
RVA = 2.00 en sydigheid = 1.10 g/L) en glukose (20.36 – 386.67 g/L) (R2 = 70.71%, VGKV = 11.10 g/L RVA = 1.87 en sydigheid = 1.64 g/L) is verkry met die FT-NIR en FT-MIR VTR
instrumente wat in sommige gevalle gepas was vir keuringsdoeleindes en in sommige gevalle
nie geskik was vir kwantifiserings doeleindes nie. Die FT-MIR-instrument het modelle vir al die
aspekte gegee wat nog nie vir kwantifiserings doeleindes of vir keuringsdoeleindes geskik was
nie.
Gekombineerde spektrale reekse is gebruik vir die kalibrasies wat dikwels soortgelyk was
vir sommige aspekte naamlik 12 493 - 5 446.2 vir TOVS en pH, 6 101.9 - 5 446,2 vir TOVS, TS
en fruktose en 4 601.5 - 4 246.7 vir pH en fruktose op die FT-NIR instrument, 2 993.2 - 2 322.3
vir pH, TA en glukose en 1 654.3 – 649.4 vir pH en glukose op die FT-MIR VTR instrument.
Andersyds, was dit aangrensend (3 996.6 - 3 661.2, 3 663.5 - 3 327.7 en 3 327.2 - 2 322.3) vir
TOVS en glukose, 1 988.3 - 1 652.8, 1 654.3 – 649.4 vir TOVS, pH en TS en ander tye was dit
weer oorvleuelend 1 654.3 – 649.4 en 1 318.8 – 649.4 vir pH, TS en fruktose op die FT-MIR
VTR instrument. Dit is 'n baie goeie teken vir die oordrag van hierdie tegnologie na ‘n
handgedraagde instrument, waar aanliggende en/of oorvleuelende golfnommers noodsaaklik is.
Instrumente wat verskillende aspekte oor groot spektrale reekse moet bepaal is nie net
onprakties, omdat die instrument groot moet wees nie, maar dit is ook baie duur.
Nog 'n voordeel van die implementering van veral FT-NIR spektroskopie as 'n vinnige,
akkurate en goedkoop tegniek vir die bepaling van oesrypheid, en die kwaliteit aspekte van
druiwe is omdat daar geen monster voorbereiding nodig is nie en baie min afval (paar enkele
korrels word gemonster) geproduseer word. 'n Voorvereiste wat sterk aanbeveel kom in die
groen era waarin ons tans leef en nog vir eeue van nou af gaan doen. ‘n Platform van
tegnologie is nou beskikbaar gestel deur middel van hierdie studie vir die bepaling van die
onderskeie aspekte in toekomstige tafeldruif monsters deur net op een van die instrumente
hulle spektra te neem. Inderdaad iets wat nie voorheen moontlik of beskikbaar was vir die Suid-
Afrikaanse tafeldruif industrie nie. Korrels vir die verbruiningseksperimente is geskandeer direk na oes (voor koelopberging)
en weer na koelopberging. Dit was voor koelopberging op elke kant van die korrel skandeer en
na koelopberging was dit twee maal skandeer op 'n bruin vlek indien verbruining teenwoordig
was en twee keer op 'n helder plek, ongeag of verbruining teenwoordig was of nie. Inspeksie
van die korrels vir die voorkoms van verbruining na koelopberging het aan die lig gebring dat
Regal Seedless 'n hoër voorkoms van verbruining (68% in 2008 en 66% in 2009) as Thompson
Seedless (21% in 2008 en 25% in 2009) gehad het. Regal Seedless was ook meer geneig om
eksterne verbruining, spesifiek netagtige verbruining te vertoon, terwyl Thompson Seedless
meer geneig was om interne verbruining te vertoon, ten spyte van die verskillende fenotipes van
verbruining wat teenwoordig was op beide kultivars.
Hoofkomponente analise (HKA) is op die spektra gedoen voor en na koelopberging en
naby infrarooi spektroskopie het aan die lig gebring dat die veranderinge wat verband hou met
koelopberging met die eerste hoofkomponent (HK) verduidelik kan word met byna 100% van
die variasie in die spektra wat daarin vasgevang is. Klassifikasiemodelle is ook deur die gebruik
van HKA gebou en was gebaseer op die spektra van korrels wat vekry is voor en na
koelopberging asook die wat verkry is nadat korrels verbruin het na koelopberging.
Klassifikasiemodelle van korrels wat gebaseer was op spektra na koelopberging (verbruining
teenwoordig) het 'n beter algehele akkuraatheid (94% vir opleidingsdata en 87% vir toetsdata),
getoon as die klassifikasiemodelle wat gebaseer was op spektra van korrels voor koelopberging
(79% vir opleidings data en 64% vir toetsdata). Die implikasie hiervan is dat die huidige modelle
in staat sal wees om korrels beter te klassifiseer in terme van diegene wat alreeds verbruin het
en die wat nie verbruin het na koelopberging as daardie voor koelopberging, wat juis die kritieke
stadium is waar ons wil weet of die korrels wel gaan verbruin of nie. Daar is wel potensiaal wat verder ontgin kan word, aangesien al hierdie modelle gebou is deur gebruik te maak van die
hele NIR spektrum. Geen veranderlike seleksie is dus gedoen nie en al die verskillende
verbruiningsfenotipes is ook saam gebruik in die opstel van die modelle. Verdere analise van
die data sal dus gebaseer word op die gebruik van veranderlike seleksie tegnieke soos deeltjie
swerm optimisasie (DSO) wat sekere golflengtes kies wat sterk verband hou met die verbruining
verskynsel en slegs die belangrikste tipes van verbruining (netagtig op Regal Seedless en
interne verbruining op Thompson Seedless) sal gebruik word. Hierdie studie het 'n baie
belangrike implikasie vir die tafeldruifbedryf, want dit is die eerste keer dat die moontlikheid om
verbruining te voorspel met ander metodes as visuele inspeksie, veral voor koelopberging,
getoon word. / The Postharvest and Innovation Programme, for financing this study
|
90 |
A case study of source-sink relationships using shoot girdling and berry classification (Vitis vinifera L. cv. Cabernet Sauvignon)Joubert, Chandre 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The relationships between leaf and fruit represent a fundamental concept in perennial plants. This concept allows to understand and to manage, with regard to farming, the balance of a vine, which is important in terms of fruit quality (i.e. fruit composition), mainly when it comes to producing wines of different categories and styles. The understanding of vine structure, physiology and vine functioning ultimately allows for appropriate recommendations to be given with regard to farming procedures. These include the adaptation of the canopy architecture to achieve a certain yield per vine, the determination of an appropriate fruit microclimate as well as the prediction of harvest dates. One of the central notions of vine balance involves the relationship between the source and the sink organs. The definition of source-sink relationships incorporates several concepts, including the ability of a source tissue to produce carbohydrates through photosynthesis, the transport of these carbohydrates to various plant organs-tissues via appropriate transport channels, and the assimilation and storage of the carbohydrates in the sink organs. In past years, a number of simple ratios have been created to incorporate the relationship between source and sink organs and thereby define vine balance in order to aid in practical management decisions (choice of a training system, irrigation, canopy manipulation etc.). However, vine functioning is very complex and cannot be defined accurately by simple, static ratios. More integrated and dynamic physiological indicators of vine balance and functioning are needed in order to understand the complex communication between organs and ultimately improve on farming practices. In order to achieve this, a better grasp of source-sink relationships, including the signalisation between organs and the functioning of the transport tissues is required. A two year experiment was proposed to study the interaction between source and sink organs using a combination of both primary shoot girdling methods and berry classification according to size. Girdling removes the bark and phloem tissue, thereby interrupting carbon import as well as water flow to the bunch to a certain degree. The aim of the study was to demonstrate the complexity of vine functioning by investigating the dynamics of berry sugar and water accumulation (used as physiological indicators) and the influence thereof on berry fresh mass evolution. Furthermore, the use of berry sugar loading was proposed as an improved physiological indicator of vine balance as it is directly linked to source and sink functioning. Sugar production and the dynamics of berry sugar accumulation rely on photosynthesis which in turn is dependent on stomatal conductance and therefore also incorporates the effects of external abiotic factors (temperature, light and water). It furthermore gives a direct indication of sink functioning as it shows the progressive accumulation of sugar throughout the ripening period and the possible consequences on berry volume evolution. A primary shoot which bore two bunches was used to represent a biological replicate. The lower bunches were girdled above and below in order to completely isolate them from any carbohydrate import. These bunches, along with the upper ungirdled bunches and two control bunches from another shoot were sampled. The berries from these bunches were classified according to diameter, thereby providing the unique opportunity to study berries of the same volume/size. Measurements were done to determine the fresh and dry masses of the sampled berries, as well as to analyse the concomitant sugar concentrations.
It was found that girdling clearly had an effect on berry sugar dynamics and the method was improved in the second year of the trial. Girdling in interaction with berry classification according to diameter demonstrated that berries from the same size could have different sugar concentrations. It further showed that, to a certain degree, a relationship exists between the first rapid phase of sugar accumulation and the post véraison increase in berry fresh mass, until the plateau of fruit sugar accumulation, which generally occurs around a sugar concentration of 20 Brix. Additionally, and more importantly, it was found that vine functioning and the balance between the source and the sink organs may be controlled to a certain degree. There is a strong degree of compensation within a vine which results from signalling between and within organs. When taking the results of this study into consideration, it becomes clear that the classical ratios used to quantify the complex relationships between the fruit and the leaves may not be completely adequate to do so. The current way of looking at source-sink relationships and thereby determining whether a vine is balanced or not is over-simplified and there are numerous limitations involved in this approach. The vine is far more complex and various aspects must be taken into consideration before any claims can be made concerning source-sink relationships and consequently leaf to fruit balance. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die verhoudings tussen blaar en vrug verteenwoordig ‘n fundamentele konsep in meerjarige plante. Begrip van hierdie konsep maak dit moontlik om in boerdery die balans van ‘n wingerdstok te verstaan en bestuur. Hierdie wingerdbalans is belangrik in terme van vrugkwaliteit (d.w.s. vrugsamestelling), hoofsaaklik met betrekking tot die produksie van wyne van verskillende kategorieë en style. Begrip van die wingerdstok se struktuur, fisiologie en funksionering maak dit moontlik om gepaste aanbevelings te maak rakende boerdery prosedures. Dit sluit in die aanpassing van die lower argitektuur om ‘n sekere opbrengs per wingerdstok te verkry, die vasstel van ‘n geskikte vrug mikroklimaat asook die voorspelling van oesdatums. Een van die sentrale denkwyses rondom wingerdstok funksionering behels die die bron-vragpunt verhouding. Die definisie van bron-vragpunt verhoudings inkorporeer verskeie konsepte, insluitende die vermoë van ‘n bronweefsel om koolhidrate te produseer deur fotosintese, die vervoer van hierdie koolhidrate na verskeie plantorgaan weefsels via die gepaste vervoerkanale asook die opname en berging van hierdie koolhidrate in die vragpunt organe. In die verlede is ‘n aantal eenvoudige verhoudings geskep om die verband tussen die bron en vragpunt organe te beskryf en sodoende die wingerdstokbalans te definieer met die doel om ondersteuning te bied in praktiese bestuursbesluite (die keuse van opleistelsel, besproeiing, lowermanipulasie, ens.). Wingerdstok funksionering is egter baie kompleks en kan nie akkuraat gedefinieer word deur eenvoudige, statiese verhoudings nie. Meer geïntegreerde en dinamiese fisiologiese aanwysers van wingerdstokbalans en funksionering is nodig om die komplekse kommunikasie tussen organe te verstaan en uiteindelik boerdery praktyke te verbeter. Om dit te bereik is ‘n beter begrip van bron-vragpunt verhoudings asook die seinoordrag tussen organe en die werking van die vervoerweefsels nodig. ‘n Twee jaar lange eksperiment is voorgestel om die interaksie tussen bron- en benuttingsorgane te ondersoek deur gebruik te maak van beide die primêre loot ringelering metode en korrel klassifikasie volgens grootte. Ringelering verwyder die bas en floëem weefsel en onderbreek sodoende koolstof invoer sowel as watertoevoer na die tros tot ‘n sekere mate. Die doel van die studie was om die kompleksiteit van wingerdstok funksionering aan te toon deur die dinamika van suiker en water akkumulasie in die korrel te ondersoek asook die invloed daarvan op korrel vars massa ontwikkeling. Verder is die gebruik van korrel suikerlading voorgestel as ‘n beter fisiologiese aanduiding van wingerdstok funksionering aangesien dit direk geassosieer is met bron-vragpunt funksionering. Suikerproduksie en die dinamika van suiker akkumulasie in die korrel berus op fotosintese wat weer afhanklik is van stomatale geleiding en daarom ook die effek van eksterne abiotiese faktore (temperatuur, lig en water) inkorporeer. Dit gee verder ‘n direkte aanduiding van die funksionering van die vragpunt organe omdat dit die progressiewe akkumulasie van suiker gedurende die rypwordingsperiode aantoon, asook die moontlike gevolge op korrelvolume ontwikkeling.
‘n Primêre loot wat twee trosse dra is gebruik om ‘n biologiese herhaling te verteenwoordig. Die laer trosse is bo en onder geringeleer om hulle heeltemal te isoleer van enige koolhidraat invoer. Hierdie trosse, tesame met boonste ongeringeleerde trosse en twee kontrole trosse vanaf ‘n ander loot is gemonster. Die korrels van hierdie trosse is geklassifiseer volgens hulle deursnee, om sodoende die unieke moontlikheid daar te stel om korrels van dieselfde volume/ grootte te bestudeer. Metings is gedoen om die vars en droë massas van die gemonsterde korrels te bepaal, asook om die gepaardgaande suikerkonsentrasies te analiseer.
Daar is gevind dat ringelering duidelik ‘n effek gehad het op korrelsuiker dinamika en die metode is verbeter in die tweede jaar van die proef. Ringelering in wisselwerking met korrel klassifikasie volgens korrel deursnee het aangetoon dat korrels met dieselfde grootte verskillende suikerkonsentrasies kon hê. Dit het verder aangedui dat daar, tot ‘n sekere mate, ‘n verhouding bestaan tussen die vinnige fase van suiker akkumulasie en die na-véraison toename in korrel vars massa, totdat die plato in suiker akkumulasie bereik word, gewoonlik rondom ‘n suikerkonsentrasie van 20 Brix. Daarbenewens, en van groter belang, is gevind dat wingerdstok funksionering en die balans tussen die bron en vragpunt organe onder ‘n mate van beheer is. Daar is ‘n sterk mate van kompensasie binne ‘n wingerdstok wat die gevolg is van seinoordrag tussen en binne organe in die wingerdstok. Wanneer die resultate van hierdie studie in aanmerking geneem word, word dit duidelik dat die klassieke verhoudings, wat gebruik word om wingerdstok funksionering en balans mee te bepaal, moontlik nie beduidend betekenisvol is nie. Die wyse waarop bron-vragpunt verhoudings tans beskou word is, tot ‘n mate, ‘n oorvereenvoudiging en daar is heelwat beperkinge betrokke by hierdie benadering. Die wingerd is baie meer kompleks en verskeie aspekte moet in aanmerking geneem word voordat enige bewering gemaak kan word rakende bron-vragpunt verhoudings. / The University of Stellenbosch and Winetech for financial support
|
Page generated in 0.119 seconds