Spelling suggestions: "subject:"thesociolinguistics."" "subject:"neurolinguistics.""
71 |
A grammatical analysis of the spontaneous language use of schizophrenic versus normal L2 speakers of EnglishSmit, Mathilda 12 1900 (has links)
Thesis (MA (General Linguistics))—University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: It is well-known that there is an important relationship between language and schizophrenia,
given that many of the primary symptoms of schizophrenia are language related (Cutting
1985; Wróbel 1990; Sadock & Sadock 2003; Paradis 2008). Furthermore, research has shown
that certain schizophrenic bilinguals exhibit different symptoms in their first language (L1)
than in their second language (L2) (De Zulueta 1984; De Zulueta, Gene-Cos & Grachev
2001; Paradis 2008; Southwood, Schoeman & Emsley 2009). This thesis investigates the L2
use of schizophrenic bilinguals to determine whether there are significant differences
between the types and frequency of errors made in spontaneous L2 use by schizophrenic
versus normal (i.e. non-schizophrenic) bilinguals. Four schizophrenic bilinguals and four
normal bilinguals (the control group) participated in this study. The controls were matched to
the schizophrenics in terms of age, gender, level of education, L1 (Afrikaans) and L2
(English). Informal, thirty minute interviews were conducted with each of the eight
participants, recorded on video (for the schizophrenics) or audio tape (for the controls) and
carefully transcribed. Each participant's speech sample was then analyzed grammatically by
means of Morice & Ingram's (1982) assessment tool. This analysis involved determining the
complexity of utterances (with reference to mean length of utterance, lexical density, and
number of sentence-initial and sentence-medial conjunctions) and identifying phonological,
morphological, lexical, syntactic and semantic errors. In this way a language profile was
created for each participant and the differences between the two groups (schizophrenics and
controls) were tested for statistical significance. On the basis of the results of these statistical
tests, it is argued that the locus of differences between schizophrenic and normal L2 use is
semantics, rather than any of the other aspects of grammar. The thesis concludes with a
discussion of the main findings of the study, some criticisms of the assessment tool and
suggestions for future research in this field. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Navorsing dui op 'n belangrike verhouding tussen taal en skisofrenie, aangesien baie van die
primêre simptome van skisofrenie taalverwant is (Cutting 1985; Wróbel 1990; Sadock &
Sadock 2003; Paradis 2008). Verder dui navorsing ook daarop dat sekere skisofreniese
tweetaliges verskillende simptome toon in hul eerstetaal (T1) as in hul tweedetaal (T2) (De
Zulueta 1984; De Zulueta, Gene-Cos & Grachev 2001; Paradis 2008; Southwood, Schoeman
& Emsley 2009). Hierdie tesis ondersoek die T2 gebruik van skisofreniese tweetaliges om
vas te stel of daar beduidende verskille tussen die tipe en die gereeldheid van die foute is wat
in spontane T2 gebruik deur skisofreniese teenoor normale (d.w.s nie-skisofreniese)
tweetaliges gemaak word. Vier skisofreniese tweetaliges en vier normale tweetaliges (die
kontrolegroep) het deelgeneem aan hierdie studie. Die skisofreniese groep en die
kontrolegroep is eenders in terme van ouderdom, geslag, vlak van skoolopleiding, T1
(Afrikaans) en T2 (Engels). Informele dertig-minuut lange onderhoude is gevoer met elk van
die agt deelnemers, opgeneem op video (vir die skisofrene) en op band (vir die
kontrolegroep) en noukeurig getranskribeer. Elke deelnemer se spraakdata is hierna
grammatikaal geanaliseer deur middel van Morice & Ingram se (1982)
assesseringsinstrument. Hierdie analise het die volgende ingehou: die vasstel van die
kompleksiteit van uitinge (met betrekking tot gemiddelde uitingslengte, leksikale digtheid, en
die getal van sinsinisiële en sinsinterne voegwoorde) en die identifisering van fonologiese,
morfologiese, leksikale, sintaktiese en semantiese foute. Op hierdie wyse is 'n taalprofiel vir
elke deelnemer opgestel en die verskille tussen die twee groepe (skisofreniese- en
kontrolegroep) is getoets vir statistiese beduidendheid. Op grond van die resultate van hierdie
statistiese toetse word daar geargumenteer dat semantiek, eerder as enige van die ander
aspekte van grammatika, die lokus van die belangrikste verskil tussen skisofreniese en
normale T2 gebruik is. Die tesis sluit af met 'n bespreking van die belangrikste bevindinge
van die studie, enkele kritiese opmerkings oor die assesseringsinstrument, asook voorstelle
vir verdere navorsing in hierdie veld.
|
72 |
Oordrag van sintaktiese aspekte van die eerstetaal in die tweedetaalverwerwing van XhosaLombard, Shona 03 1900 (has links)
Thesis (MA (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2009. / This thesis reports on an investigation into the possibility of first language (L1) transfer
in the initial stages of the second language (L2) acquisition of Xhosa by adolescent
beginner learners with, respectively, English and Afrikaans as their L1. Researchers in L2
acquisition are still debating about the possible transfer from learners’ L1s to their
interlanguage grammars in the initial stages of L2 acquisition. Some researchers claim
that L1 transfer does indeed occur (the Full Transfer hypothesis – see for example
Schwartz & Sprouse 1996), while others claim that L1 transfer does not occur (the No
Transfer hypothesis – see for example Clahsen & Muysken 1986). Against this
background, two tasks were designed to determine whether or not beginner learners’
performance, specifically in terms of verb placement in Xhosa, indicates that L1 transfer
occurs in the initial stages of L2 acquisition. It is argued that the results of this
investigation provide evidence in support of the Full Transfer hypothesis. Finally, the
implications of the results of this investigation for L2 teaching in a multilingual
environment are discussed.
|
73 |
Die verwerwing van grammatikale geslag in tweedetaal Duits deur leerders met Afrikaans, Engels of Italiaans as eerstetaalEllis, Carla 03 1900 (has links)
Thesis (MA (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2011. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This thesis reports on an investigation into the acquisition of grammatical gender in
second language (L2) German by learners with Afrikaans, English or Italian as their first
language (L1). The aim of the study was to determine how similarities and differences
between the L1 and L2 in terms of grammatical gender affect the acquisition of this
aspect of the target L2. Previous research has shown that the L2 acquisition of
grammatical gender is influenced by the morphological similarities and differences
between gender marking in the L1 and L2 (see, for example, Sabourin, Stowe and De
Haan 2006). Two experimental tasks were designed to determine to which extent the
grammatical gender of nouns is accurately reflected on determiners and adjectives.
Throughout, the L1 Italian group performed better than the other two groups. Since
Italian (like German) expresses grammatical gender on determiners and nouns, while
neither English nor Afrikaans does, the results indicate that the acquisition of
grammatical gender in an L2 is easier for learners whose L1 also expresses grammatical
gender. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis lewer verslag oor ’n ondersoek na die verwerwing van grammatikale geslag
in Duits as tweedetaal (T2) deur volwasse beginnerleerders met Afrikaans, Engels of
Italiaans as moedertaal (T1). Die doel van die ondersoek was om vas te stel hoe
ooreenkomste en verskille tussen die T1 en T2 in terme van grammatikale geslag die
verwerwing van hierdie betrokke aspek van die teikentaal beïnvloed. Vorige navorsing
het bevind dat die T2-verwerwing van grammatikale geslag beïnvloed word deur die
morfologiese ooreenkomste en verskille tussen geslagsmarkering in die T1 en T2 (sien
byvoorbeeld Sabourin, Stowe en De Haan 2006). Twee eksperimentele take is ontwerp
om vas te stel tot watter mate die grammatikale geslag van naamwoorde akkuraat
uitgedruk word op determineerders en adjektiewe. Die T1 Italiaanse groep het deurgaans
beter gevaar as die ander twee groepe. Aangesien Italiaans (soos Duits) grammatikale
geslag uitdruk op determineerders en adjektiewe, terwyl dit nie die geval in Engels en
Afrikaans is nie, dui die resultate daarop dat die verwerwing van grammatikale geslag in
'n T2 makliker is vir leerders wie se T1 ook grammatikale geslag uitdruk.
|
74 |
Linguistic constructions of identity in the discourse of American international students studying at Stellenbosch University : a positioning theory accountWarren, Joseph Rizal 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The number of students studying outside of their country of birth is growing rapidly. While the United States of America only sends a small number of students abroad every year, high profile institutions and individuals have argued that studying abroad has become an important developmental experience in the globalized world. This effects (and will continue to effect) countries that send students as well as those that accept such students. While it is recognised that study abroad is both a business and an educational endeavour, the relative importance accorded each facet is disputed by those working and researching in the field. Some argue that to reduce study abroad to a ‗business endeavour‘ would be to remove the quintessential benefits of the experience. Nevertheless, the field (along with all education) is moving to embrace neoliberalisation. Research into the effect of this mass movement is sparse, scarcer still is research into the actual effects on students participating in this movement. This study is an analysis of the linguistic identity construction of American students shortly after a semester abroad at Stellenbosch University. Forty seven surveys were analysed to demonstrate how the way in which students construct their identities is influenced by broader practices in the field. The research shows how identities are co-constructed and suggests that the field of study abroad needs to be critically self-reflective in order to mitigate the potential negative effects of the practices they use. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aantal studente wat buite hul land van geboorte studeer is vinnig besig om toe te neem. Alhoewel die Verenigde State van Amerika jaarliks slegs ʼn klein aantal studente oorsee stuur, beweer hoë profiel institute en individue dat ʼn buitelandse studiegeleentheid ʼn belangrike ontwikkelingsondervinding is in ʼn toenemend geglobaliseerde wêreld. Dit beïnvloed (en sal aanhou om te beïnvloed) beide die lande wat studente stuur en die lande waarnatoe die studente gestuur word. Hoewel dit algemeen erken word dat ʼn buitelandse studiegeleentheid beide ʼn besigheid en ʼn opvoedkundige aangeleentheid is, betwyfel navorsers en die wat in die praktyk werk die mate waartoe beide aspekte bydra tot die praktyke wat gebruik word. Sommige beweer dat om ʼn buitelandse studie geleentheid te reduseer tot ʼn besigheidsaangeleentheid, die ervaring van sy wesenlike voordele ontneem. Ten spyte van die kritiek word toenemend meer waarde geheg in die veld van 'buitelandse studie geleenthede' (saam met ander opvoedkundige kontekste) aan neoliberalisme. Navorsing wat die invloed van neoliberalisme op onderrigpraktyke ondersoek is raar, nog raarder is navorsing wat die effek van neoliberalisme op studente ondersoek. Hierdie studie analiseer die linguistiese identiteitskonstruksie van Amerikaanse studente kort na hul ʼn buitelandse studiegeleentheid van ʼn semester by Stellenbosch Universiteit voltooi het. Sewe en veertig opnames is geanaliseer om te demonstreer hoe die manier waarop studente hul identiteit konstrueer deur die praktyke in die veld beïnvloed word. Die studie dui aan dat identiteite saam gekonstrueer is en beveel aan dat die veld van 'buitelandse studiegeleenthede' krities en self-reflektief moet wees om potensiële negatiewe effekte van die praktyke wat gebruik word teen te werk.
|
75 |
The relationship between the language learning strategy use and language proficiency of Vietnamese-speaking learners of English as a foreign languageKotze, Henno 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Research into the variables which affect second language (L2) learning has shown varying results. The
relationship between one of these factors, language learning strategies (LLSs), and language
proficiency has been studied extensively in the English as a second language (ESL) setting, often with
inconclusive results. Other variables which have been shown to influence the type and frequency of
LLS use include gender and length of exposure to the L2. There has however been a dearth of studies
focusing on the relationship between LLSs and these variables, including language proficiency, in the
English as a foreign language (EFL) context, and especially in East-Asian and South-East Asian tertiary
settings. Against this backdrop, this study sets out to investigate the relationship between the LLSs
and language proficiency of Vietnamese-speaking EFL learners in Vietnam in an attempt to add to the
body of literature in this field.
This study begins by discussing various prominent classification systems of LLSs and provides a
definition which will be used in this investigation. This is followed by a discussion of the existing LLS
literature, focusing on the variables to be tested, and LLS research in the Asian setting. To test
whether there is a significant relationship between the participants’ LLS use and their language
proficiency, and also whether gender and length and type of exposure to the L2 influenced their LLS
use, data was collected quantitatively. Firstly, data was gathered on the students’ type and frequency
of LLS use by means of a commonly implemented self-report questionnaire, the Strategy Inventory
for Language Learning (SILL) and on their language proficiency by means of their course assessment
results. A background questionnaire was used to collect information on the other variables to be
tested. The participants were found to be medium to high frequency LLS users overall, with their
reported use of certain LLS categories contradicting the general stereotype that Asian students are
passive and rote learners. No significant correlations were found between frequency of LLS use and
language proficiency. Furthermore, no significant difference was found between the reported
frequency and type of LLS use of female and male participants, nor any correlation between
additional exposure to English outside of high school and LLS use. These results are then discussed in
the socio-cultural context of Vietnamese-speaking learners in a tertiary EFL setting, followed by
conclusions drawn from these results, and suggestions for future research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Navorsing rakende die faktore wat die verwerwing van ’n tweede taal (T2) beïnvloed, het verskillende
resultate opgelewer oor die afgelope paar dekades. Die verhouding tussen een van hierdie faktore,
naamlik taalleerstrategieë (TLSe), en taalvaardigheid is reeds uitvoerig ondersoek in die konteks van
Engels as tweedetaal (ET2), dikwels met onbesliste resultate. Ander faktore wat volgens navorsing
ook ’n invloed blyk te hê op die tipe en gereeldheid van TLS-gebruik, sluit in geslag, sowel as lengte
van blootstelling aan die T2. Daar is egter ’n tekort aan studies wat fokus op die verhouding tussen
TLSe en hierdie veranderlikes, insluitend taalvaardigheid, in die konteks van Engels as vreemdetaal
(EVT), spesifiek in Oos-Asiese en Suid-Oos-Asiese tersiêre instansies. Teen hierdie agtergrond het
hierdie studie ten doel om die verhouding tussen die TLS-gebruik en taalvaardigheid van Viëtnameessprekende
EVT-leerders in Viëtnam te ondersoek, ten einde by te dra tot die literatuur in hierdie veld.
Hierdie studie begin met ‘n bespreking van verskeie prominente TLS-klassifikasiesisteme en die
uiteensetting van die definisie van “TLS” wat in hierdie ondersoek gebruik sal word. Daarna volg ’n
bespreking van die bestaande TLS-literatuur. Ten einde te toets of daar ’n beduidende verhouding is
tussen die deelnemers se TLS-gebruik en hulle taalvaardigheid, en ook of geslag en die lengte en tipe
blootstelling aan die T2 die deelnemers se TLS-gebruik beïnvloed, is kwantitatiewe data ingesamel.
Data rakende die tipe en gereeldheid van die deelnemers se TLS-gebruik is deur middel van ’n wyd
geïmplementeerde self-rapporteringsvraelys, naamlik die sogenaamde “Strategy Inventory for
Language Learning” (SILL), ingesamel. Die deelnemers se kursusassesseringsresultate is
geïnterpreteer as ‘n aanduiding van hulle taalvaardigheid. Die gerapporteerde gebruik van sekere
TLS-kategorieë weerspreek die algemene stereotipe dat Asiese studente passiewe leerders is wat
staatmaak op blote memorisering. Geen beduidende korrelasies is gevind tussen taalvaardigheid en
die gereeldheid waarmee TLSe gebruik word nie. Verder is geen beduidende verskille gevind tussen
die gerapporteerde gereeldheid of tipe TLS-gebruik van manlike teenoor vroulike deelnemers nie.
Daar is ook geen beduidende korrelasie gevind tussen TLS-gebruik en addisionele blootstelling aan
Engels wat deelnemers gedurende hulle hoërskooljare buite skoolverband ontvang het nie. Hierdie
resultate word geïnterpreteer en bespreek met inagname van die sosiokulturele konteks van
Viëtnamees-sprekende leerders in ’n tersiêre EVT-omgewing. Daarna word gevolgtrekkings gemaak
op grond van die resultate, en voorstelle vir verdere navorsing gebied.
|
76 |
Media language representations of xenophobic attitudes in university settings : a critical discourse analysis of Western Cape campus newspapersWessels, Morne 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on aspects of linguistic communication, specifically in campus media
discourse, where portrayals of minority groups, such as African foreigners, affect the
attitudes of readers and shape public ideology regarding these minority groups. The research
examines published items in two Western Cape campus newspapers that topicalise Africa or
African foreigners in South Africa. These items, which were published over a three year
period from 2007 to 2009, are critically analysed, in order to evaluate the way in which
Africa and Africans, specifically Africans in South Africa, are represented, to determine
whether such representations make use of xenophobic language, and to gauge the potential
effects on the attitudes of student readers with regards to foreign Africans living and studying
in South Africa.
The aim of this thesis is to examine the possible (re)enforcement of xenophobic attitudes in
the campus news media by analysing how Africa/foreign Africans are portrayed in South
Africa's campus press against the background of the current xenophobic situation in South
Africa. This is accomplished by making use of Critical Discourse Analysis (CDA),
specifically the theoretical frameworks of van Dijk (1991) and Fairclough (1995; 1998),
which allow for critical analysis on multiple levels of discourse. While the results of the
media analysis illustrate a difference in coverage between the two campus newspapers, the
overall impression is that campus press does indeed influence the attitudes of readers, more
often than not, to the detriment of oppressed minority groups. Coverage of Africa/Africans in
South Africa in the two campus publications indicated a slight growth in empathy towards the
plight of Africa/African foreigners over the three year study period. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op aspekte van kommunikasie, veral binne kampusmedia-diskoers, waar
die uitbeelding van minderheidsgroepe, soos buitelanders vanuit Afrika, 'n invloed uitoefen
op die houdings van lesers en die vorming van openbare ideologieë ten opsigte van hierdie
minderheidsgroepe. Dié navorsing ondersoek gepubliseerde items in twee Wes-Kaapse
kampuskoerante wat handel oor Afrika of buitelanders vanuit Afrika wat in Suid-Afrika
woon. Hierdie items, wat oor 'n tydperk van drie jaar (2007-2009) gepubliseer is, is krities
ontleed ten einde te evalueer hoe Afrika en Afrikane, veral buitelanders in Suid-Afrika,
uitgebeeld word, om te bepaal of sodanige uitbeeldings gebruik maak van xenofobiese taal en
om die moontlike gevolge hiervan op die houdings van die studentelesers met betrekking tot
buitelandse Afrikane wat in Suid-Afrika woon, te bestudeer en te meet.
Die doel van hierdie tesis is om die moontlike afdwinging van xenofobiese houdings in die
kampus-nuusmedia/kampusnuusmedia te ondersoek deur die ontleding van hoe Afrika /
buitelandse Afrikane in Suid-Afrika se kampuspers uitgebeeld word teen die agtergrond van
die huidige xenofobiese situasie in Suid-Afrika. Dit word bereik deur gebruik te maak van
Kritiese Diskoersanalise ("Critical Discourse Analysis"; CDA), spesifiek die teoretiese
raamwerke van van Dijk (1991) en Fairclough (1995, 1998), wat ruimte laat vir 'n kritiese
analise op verskeie vlakke van diskoers. Terwyl die resultate van die media-analise 'n verskil
in dekking tussen die twee kampuskoerante illustreer, is die algehele indruk dat die
kampuspers wel die houdings van die lesers beïnvloed, en in die reël tot nadeel van
onderdrukte minderheidsgroepe. Mediadekking van Afrika / Afrikane in Suid-Afrika in die
twee kampuspublikasies toon 'n effense groei in empatie teenoor die lot van Afrika /
buitelandse Afrikane oor die drie jaar studietydperk.
|
77 |
An analysis of requests produced by second language speakers of English and how these requests are received by English first language speakersGanchi, Fatima 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: During the course of my work as Communications lecturer at a multicultural university, I have noticed differences in the manners in which Sesotho-speaking and Afrikaans-speaking students make the same requests to me while speaking English. There exists a possibility that these second language (L2) requests could be deemed inappropriate and/or unintelligible by first language (L1) speakers of English. It is possible that miscommunication may result when requests by one culture group is judged as inappropriate and/or unintelligible by another. The aims of my study were to investigate (i) whether there are indeed differences in the manners in which L1 Sesotho and L1 Afrikaans speakers make requests when speaking English and (ii) how the differences in the (a) politeness, (b) formalness, (c) appropriateness, (d) grammaticality and (e) intelligibility of these requests made by the above-mentioned two groups manifest, as judged by L1 speakers of English.
In terms of research methodology, I elicited requests in English from two culturally and linguistically different groups of students (17 L1 Afrikaans and 17 L1 Sesotho) by means of a written scenario completion task. One scenario involved a high imposition situation and the other a low imposition. The requests made by the two groups were then analysed using the Cross Cultural Speech Act Realisation Project (CCSARP) framework of Blum-Kulka, House and Kasper (1989a). Each request was also judged by eight L1 English speakers. Data analysis showed that there are indeed differences in the way in which Afrikaans- and Sesotho-speaking people put forth English requests. In terms of CCSARP categories, the Sesotho speakers used more alerters and more politeness markers than the Afrikaans speakers did. Sesotho and Afrikaans speakers also differed in their responses to high and low imposition situations – for example, Sesotho speakers used more grounders in the low imposition request than in the high imposition request, whereas Afrikaans speakers’ requests showed the reverse pattern. In terms of ratings received by L1 speakers, although Sesotho speakers’ requests were judged as more polite, Afrikaans speakers’ requests were judged as more appropriate and grammatically correct.
The findings have implications for curriculum design: By being mindful of the workings of intercultural verbal and nonverbal communication and by acknowledging that people from different cultural backgrounds bring to a conversation certain culturally inherited factors which influence them and the interlocutors, I can use the results of this study to better inform the different L1 groups in my classes how to change their requesting behaviour so as to make requests that are judged by L1 English speakers as being appropriate. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tydens my werk as Kommunikasie-dosent aan ‘n multikulturele universiteit het ek verskille opgelet in die manier waarop Sesotho-sprekende en Afrikaanssprekende studente dieselfde versoeke aan my rig wanneer hulle Engels praat. Die moontlikheid bestaan dat hierdie tweedetaal- (T2) versoeke as ontoepaslik en/of onverstaanbaar beskou kan word deur eerstetaal- (T1) sprekers van Engels. Dit is moontlik dat miskommunikasie kan ontstaan wanneer versoeke deur een kultuurgroep as ontoepaslik en/of onverstaanbaar beoordeel word deur ‘n ander kultuurgroep. Die doelstellings van my studie was om die volgende te ondersoek: (i) of daar inderdaad verskille bestaan in die manier waarop T1 Sesotho- en T1 Afrikaanssprekendes versoeke in Engels rig en (ii) hoe verskille in die (a) hoflikheid, (b) formeelheid, (c) toepaslikheid, (d) grammatikaliteit en (e) verstaanbaarheid van hierdie versoeke deur bogenoemde twee groepe manifesteer, soos beoordeel deur T1-sprekers van Engels.
In terme van navorsingsmetodologie het ek versoeke in Engels van twee kultureel en talig verskillende groepe studente (17 T1 Afrikaans en 17 T1 Sesotho) ontlok deur gebruik te maak van ‘n geskrewe scenario-voltooiingstaak. Een scenario het ‘n versoek met ‘n hoë afdwingingsvlak (imposition) behels en die ander met ‘n lae afdwingingsvlak. Die versoeke gerig deur die twee groepe is toe geanaliseer deur gebruik te maak van die sogenaamde Cross Cultural Speech Act Realisation Project (CCSARP)-raamwerk van Blum-Kulka, House en Kasper (1989a). Elke versoek is ook deur agt T1-sprekers van Engels beoordeel.
Data-analise het aangedui dat daar wel verskille is in die manier waarop Afrikaans- en Sesotho-sprekendes versoeke in Engels rig. In terme van CCSARP-kategorieë het die Sesotho-sprekendes meer attentmakers (alerters) en meer hoflikheidsmerkers as die Afrikaanssprekendes gebruik. Sesotho- en Afrikaanssprekendes het ook verskil in hul reaksie op hoë en lae imposisie-situasies – Sesotho-sprekendes het meer redeverskaffers (grounders) in die lae afdwingingsversoek as in die hoë afdwingingsversoek gebruik terwyl Afrikaanssprekendes die teenoorgestelde gedoen het. Alhoewel die Sesotho-sprekendes se versoeke as meer hoflik beskou is deur die T1-sprekende beoordelaars, is Afrikaanssprekendes se versoeke as meer toepaslik en grammatikaal korrek beskou.
Die bevindinge het implikasies vir kurrikulum-ontwerp: Deur bewus te bly van die aard van interkulturele verbale en nie-verbale kommunikasie en deur te erken dat persone van verskillende kulturele agtergronde sekere kultuur-inherente faktore na ‘n gesprek toe bring wat hulle en hulle gespreksgenote beïnvloed, kan ek die resultate van hierdie studie gebruik om die verskillende T1-groepe in my klasse beter in te lig hoe om hul versoekgedrag aan te pas om versoeke te kan rig wat as toepaslik beskou word deur T1-sprekers van Engels.
|
78 |
An investigation of discriminatory language used in communicating with South Africans born in Tanzania and ZambiaMtonjeni, Thembinkosi 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this paper was to investigate the language used in communicating with South Africans born in Zambia and Tanzania during the years of "the struggle" and now repatriated – the returnees. From 1991 the children of the freedom fighters that migrated into exile in the 1960s to avoid the apartheid rule, returned. Some settled with their children in Khayelitsha near Cape Town, but they have found it difficult to fit in. The surge of foreign nationals from Africa who subsequently encountered xenophobic attitudes and allegations of corruption, drug smuggling, contributing to unemployment of South African born citizens and being carriers of HIV/AIDS has contributed to the returnees "new struggle" for integration and adaption as they often share common ancestry, linguistic and physical attributes with foreign nationals. They are denigrated as "amakwerekwere", "my friendoh" or "amagweja". This has happened despite them learning the local indigenous language, isiXhosa.
Since the study is phenomenological, a qualitative research was appropriate. In data-collection, interviews were arranged with the returnees in their homes. Critical Discourse Analysis, sociological and historical accounts and sociolinguistic research revealed complex socio-cultural issues of the Xhosa world, which may have complicated the returnees‘ integration experience. The returnees seem to be leading a secluded solitary life as if exiled at home. The study found that in exile the returnees were at times tagged as outsiders, as "wakimbizi", "the Mandelas", "amagorila".
On arriving home in the country of their exiled parents, they were again, painfully and unjustifiably, subjected to discrimination and marginalisation. The Xhosa speakers who form the majority of those formerly disenfranchised and marginalised in the Western Cape, and who were expected to be the hosts if not guardians of the returnees, seem not to understand and appreciate the role of the newcomers. That they were instrumental in the mobilisation of objections worldwide against apartheid, racism and human injustice seems to be forgotten. Rather than using their power and heritage to end xenophobia and ensure returnees are part of the future South African social fabric, they are found to be hostile and discriminatory. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die taal wat gebruik word in kommunikasie met Suid-Afrikaners wat tydens die jare van die vryheidstryd in Zambie and Tanzanie gebore is en nou gerepatrieer is, te ondersoek. Vanaf 1991 het die kinders van persone wat in die 1960s geemigreer het om aan vervolging van die Apartheidsregering te ontsnap, teruggekeer na Suid Afrika. Party het hulle met hul kinders in Khayalitsha naby Kaapstad gevestig, maar hulle vind dit moeilik om in te pas. Die vloedgolf vreemde burgers van Afrika het uiteindelik in sekere omgewings xenofobiese vervolging beleef met verwyte van korrupsie, dwelmsmokkelary, besetting van skaars arbeidsplekke ten koste van Suid Afrikaaners, en verspreiding van HIV/VIGS. Dit het bygedra tot die teruggekeerdes se nuwe stryd om integrasie wat nie noodwendig makliker gemaak is deur kwessies soos gemeenskaplike herkoms met die plaaslike bevolking nie, en ook nie deur ongewone talige en fisiese eienskappe wat die gevolg is van die jare van bannelingskap nie. Die nuwe inkomelinge word beskryf as "amakwerekwere", "my friendoh" of "amagweja". Hierdie soort distansiëring vind plaas ten spyte van die feit dat hulle die plaaslike inheemse taal, isiXhosa, aangeleer het.
Aangesien die studie fenomenologies is, is kwalitatiewe navorsing as die gepaste benadering gekies. Data-insameling is gedoen dmv onderhoude met die teruggekeerdes in hul huise. Kritiese Diskoers Analiese, sosiologiese en geskiedkundige verhale en sosiolinguistiese navorsing het getoon dat komplekse, sosio-kulturele kwessies van die Xhosagemeenskap waarskynlik die terggekeerdes se integrasie-ervaring gekleur het. Dit lyk asof die teruggekeerdes ‘n afgesonderde lewe lei, asof hulle bannelinge in hulle eie land is. Die studie het getoon dat die teruggekeerdes tevore ook dikwels as buitestaanders geidentifiseer is terwyl hulle buite Suid-afrika gewoon het, en toe ook geïsoleer is met skeldname soos "wakimbizi", "the Mandelas', "amagorila". Met hulle tuiskoms in die land van hul banneling ouers is kinders wat in die buiteland gebore is weer op dikwels pynlike wyse onregverdelik blootgestel aan diskriminasie en marginalisering. Xhosasprekendes het getel onder die meerderheid van dié wat voorheen in die Weskaap van die stemreg ontneem is, en die verwagting was dat hulle gashere, indien nie die bewaarders van hierdie bannelinge sou wees nie. Dit blyk uit die studie dat hulle nie die rol van die nuwelinge verstaan of ondersteun nie. Dit blyk verder dat plaaslikes intussen vergeet het dat die uitgewekenes destyds instrumenteel was in die mobilisering van wêreldwye protes teen apartheid, rasisme en sosiale onreg. Eerder as om hul mag en erfenis te gebuik om xenofobie te beeindig en om te verseker dat die bannelinge deel van die toekoms van Suid Afrika is, word gevind dat hulle vyandiggesind en diskriminerend is.
|
79 |
Aviation English in South African airspaceCoertze, Salome 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: A lack of English proficiency and failure to use standard phraseology played a role in
two of the world’s largest aviation disasters in South Germany and Tenerife,
respectively. As a result, the crucial role of effective pilot-ATC (air traffic controller)
communication came under scrutiny and measures were put in place to ensure that
aviation safety is not jeopardised by language-related problems. For example, the
International Civil Aviation Organisation (ICAO) implemented English language
proficiency standards and testing. The study reported in this thesis investigated the
use of Aviation English and standard phraseology, which is used in radiotelephony
communication by the operational aviation community. Aviation English consists of a
range of operationally-relevant language functions and dialogue management, e.g.
orders, requests, and offers to act; a blend of formulaic standard phraseology and
plain or everyday speech if and when a non-routine situation occurs. Data on pilots’
and ATCs’ perceptions of the role of language in air traffic communication, their
perspectives on English as lingua franca in aviation, and English language
proficiency standards and testing were collected by means of a questionnaire. The
respondents included full-time professional pilots (domestic and international flights),
part-time professional pilots and pilots who fly for leisure, and ATCs in Air Traffic
Navigation Service units that handle domestic and/or international flights. Recordings
of on-site air traffic communication from two airport towers were obtained and were
used to study the use of Aviation English and standard phraseology in pilot-ATC
communication in South Africa. The results indicated that the majority of pilots and
ATCs believe that language-related problems can cause fatal accidents and serious
incidents. Pilots and ATCs in South Africa do experience threatening and potentially
hazardous situations as a result of communication problems, however, they are
confident that communication problems are resolved quickly and successfully in order to avoid accidents. The analysis of the voice recordings correlated with the
pilots’ and ATCs’ perceptions that in spite of communication problems (languagerelated
and non-language-related) occurring in South African airspace, pilots and
ATCs have strategies in place to resolve them effectively and they are also able to
use plain English to negotiate understanding and meaning. The majority of the
respondents indicated that they agree that English should be used as the lingua franca in aviation around the world and they regard the English language proficiency
of South African pilots and ATCs as satisfactory. The majority support ICAO’s
English language proficiency standards and testing. The recordings presented a
small percentage of transmissions with read-back/hear-back errors, but a substantial
number of instances of radio distortions and background noise which interfered with
the intelligibility of the transmissions, correlated with the results of the questionnaire.
A small percentage of transmissions contained deviations from Aviation English and
standard phraseology and/or the use of plain English. The researcher is of the
opinion that this initial investigation into Aviation English serves to indicate some
avenues for fruitful linguistic investigations into Aviation English and pilot-ATC
communication in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ontoereikende taalvaardigheid in Engels en nalating om standaard frases te gebruik,
het bygedra tot twee van die ernstigste vliegongelukke in lugvaartgeskiedenis,
naamlik in Suid-Duitsland en Tenerife, onderskeidelik. As gevolg van die ongelukke,
het die kritieke rol van effektiewe kommunikasie tussen vlieëniers en
lugverkeerleiers onder die loep gekom, en maatreëls is ingestel om te verseker dat
lugvaartveiligheid nie deur taalverwante probleme benadeel word nie. Die
Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (IBLO) het byvoorbeeld, onder andere,
taalvaardigheidsstandaarde en -toetsing vir vlieëniers en lugverkeerleiers ingestel.
Die studie in hierdie tesis ondersoek die gebruik van Lugvaart-Engels (“Aviation
English”) en standaard frases wat in radiokommunikasie deur die operasionele
lugvaartgemeenskap gebruik word. Lugvaart-Engels bestaan uit ’n reeks
operasioneel-toepaslike taalfunksies en gespreksbestuurmiddels, bv. instruksies,
versoeke en ander handelinge; ’n mengsel van formele standaard frases en
alledaagse Engels vir gevalle waar buitengewone of nie-roetine situasies hulle
voordoen. ’n Vraelys is gebruik om inligting oor vlieëniers en lugverkeerleiers se
sienings van die rol van taal in lugverkeerleiding in te samel, asook sienings oor die
gebruik van Engels as lingua franca in lugverkeer en die IBLO se
taalvaardigheidsstandaarde en toetsing vir vlieëniers en lugverkeerleiers. Die
deelnemers sluit vlieëniers (voltyds en deeltyds, asook private en beroepsvlieëniers)
in en lugverkeerleiers in lugverkeernavigasie-eenhede wat binnelandse en
internasionale verkeer hanteer. Lewendige opnames wat van twee lughawetorings
bekom is, is gebruik om taalverwante en ander kommunikasieprobleme tussen
vlieëniers en lugverkeerleiers te ondersoek. Die resultate dui daarop dat die
meerderheid vlieëniers en lugverkeerleiers van mening is dat taalverwante probleme
tot noodlottige ongelukke en ernstige insidente kan lei. Daar is verder deur die
deelnemers bevestig dat hulle dikwels in gevaarlike situasies beland waar kommunikasieprobleme tot die gevaar bygedra het, maar hulle is van mening dat
kommunikasieprobleme in die Suid-Afrikaanse lugruim tydig en effektief opgelos
word om ongelukke te vermy. Die opnames het met die bevindings van die vraelys
ooreengestem en het aangedui dat, ten spyte van kommunikasieprobleme
(taalverwant en nie-taalverwant) in die Suid-Afrikaanse lugruim, vlieëniers en lugverkeerleiers oor die vermoë beskik om sodanige probleme vinnig en suksesvol
op te los. Dit het ook aan die lig gekom dat vlieëniers en lugverkeerleiers in Suid-
Afrika daartoe in staat is om in alledaagse Engels te kommunikeer om enige
onduidelikheid of buitengewone versoeke en instruksies te hanteer. Die meeste van
die deelnemers meen dat vlieëniers en lugverkeerleiers in Suid-Afrika se
taalvaardigheid in Engels bevredigend is en taalvaardigheidstandaarde en -toetsing
word sterk ondersteun. Die lewendige opnames het ’n klein persentasie
terugleesfoute bevat, maar ’n groot aantal gevalle van radiosteurings en
agtergrondgeraas het met die hoorbaarheid en verstaanbaarheid van die
kommunikasie ingemeng, wat met die resultate van die vraelys ooreengestem het. ’n
Klein persentasie van die uitsendings het afwykings van Lugvaart-Engels en
standaard frases en/of die gebruik van alledaagse Engels bevat. Die navorser is van
mening dat hierdie studie die weg baan vir potensiële navorsing binne linguistiek ten
opsigte van Lugvaart-Engels en die kommunikasie tussen vlieëniers en
lugverkeerleiers in Suid-Afrika.
|
80 |
Frequency and function of codeswitching among German-English bilingual preschool children in Cape TownTerveen, Insa Christine 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The study reported on in this thesis focuses on six English-German bilingual preschool children in Cape Town. The thesis is interested in understanding the relation between codeswitching (the frequency, type and function thereof) in bilingual children and the duration of exposure that they have had to each of their languages.
During the course of my training as a teacher, I have noticed differences in the codeswitching behaviour of different bilingual children. Most children seemed to switch between their two languages effortlessly. However, some children seemed to switch between codes more often than others, which may be a consequence of the duration of language exposure. It is therefore possible that bilingual children with different language backgrounds show differences in the frequency, type and function of their codeswitching behaviour.
This thesis aims to investigate (i) the amount of codeswitching that is employed by bilingual children with different language backgrounds, (ii) the type of codeswitching that bilingual children employ and (iii) the function of the use of codeswitching by these children.
The participants of the study were 5- and 6-year-olds who attend the German preschool in Cape Town, which is a predominantly German-speaking institution. Children who attend the school have a range of different proficiency levels in German and in English; they have acquired the two languages either simultaneously or successively.
The language background, namely the duration of language exposure to both languages, was analysed with the help of parental questionnaires. In addition, the children themselves were asked to visually represent a biographic image of their language proficiency and their language preferences by colouring in a basic outline of a human body. By means of this analysis, the participants were categorised according to their type of bilingual acquisition and the input they receive at home and in other environments. In order to investigate whether children of different language types show differences in the frequency, type and function of their codeswitching behaviour, codeswitching behaviour in both formal and informal settings were audio recorded. The recordings were transcribed and annotated for frequency of switches. All instances of codeswitching found in the data were then classified based on the differentiation between intersentential codeswitching and intrasentential (including intraword) codeswitching.
The qualitative analysis of the data was carried out in terms of Poplack‟s (1980) grammatical constraints. The codeswitches that were found in the data were further analysed according to the function of their use. The findings of the analysis were then categorised in relation to the type of bilingual exposure of the individual participants.
The results have shown that there is indeed a difference in the codeswitching behaviour of children with different language backgrounds. Participants who have had less German input switched more often to their dominant language, namely English, than participants who have been exposed to equal input in both languages or those who speak German as mother tongue. Data analysis further showed that successive bilinguals not only switch more frequently but also make use of codeswitching (rather than other discourse strategies) in order to fill lexical gaps. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie waaroor daar in hierdie tesis verslag gelewer word, fokus op ses Engels-Duits tweetalige voorskoolse kinders in Kaapstad. In die tesis wou daar vasgestel word wat die verhouding is tussen kodewisseling (die frekwensie, tipe en funksie daarvan) in tweetalige kinders en die duur van die blootstelling wat hulle aan elk van hulle tale gehad het.
Tydens my onderwysopleiding het ek opgelet dat daar verskille bestaan in die kodewisselingsgedrag van verskillende tweetalige kinders. Die meeste kinders blyk moeiteloos tussen hul twee tale te wissel. Sommige kinders blyk egter meer dikwels as ander tussen die tale te wissel, wat „n gevolg mag wees van die duur van taalblootstelling. Dit is daarom moontlik dat tweetalige kinders van verskillende taalagtergronde verskille toon in die frekwensie, tipe en funksie van hul kodewisselingsgedrag.
Die doel van die tesis was om die volgende te ondersoek: (i) die hoeveelheid kodewisseling wat deur tweetalige kinders van verskillende taalagtergronde gebruik word, (ii) die tipe kodewisseling waarvan deelnemers gebruik maak, en (iii) die funksie van die gebruik van kodewisseling deur hierdie kinders.
Die deelnemers aan die studie was 5- en 6-jariges wat 'n Duitse kleuterskool in Kaapstad bygewoon het. Die skool is 'n oorwegend Duitssprekende instelling. Kinders wat die skool bywoon, toon 'n wye reeks vaardigheidsvlakke in Duits en in Engels; hulle het die twee tale óf gelyktydig óf opeenvolgend verwerf.
Die taalagtergrond, naamlik die duur van blootstelling aan beide tale, is met behulp van 'n ouervraelys geanaliseer. Die kinders self is gevra om 'n biografiese beeld van hulle taalvaardighede en taalvoorkeure visueel voor te stel deur die buitelyne van 'n menslike liggaam in te kleur. Deur hierdie analise is deelnemers geklassifiseer volgens die tipe tweetalige verwerwing en die toevoer wat hulle tuis en in ander omgewings ontvang het. Om vas te stel of kinders van verskillende taalverwerwingstipes verskille toon in die frekwensie, tipe en funksie van hul kodewisselingsgedrag, is daar klankopnames gemaak van kodewisselingsgedrag in beide formele en informele situasies. Die opnames is getranskribeer en geannoteer vir frekwensie van wisselings. Alle gevalle van kodewisseling wat in die data aangetref is, is dan geklassifiseer op grond van die onderskeid tussen intersentensiële kodewisseling en intrasentensiële (en intrawoord-) kodewisseling.
Die kwalitatiewe analise van die data is uitgevoer in terme van Poplack (1980) se grammatikale beperkinge. Die kodewisselings wat in die data gevind is, is verder geanaliseer volgens die funksie van hul gebruik. Die bevindinge van die analise is toe vergelyk met die tipe tweetalige blootstelling van die individuele deelnemers.
Die resultate het getoon dat daar inderdaad 'n verskil in die kodewisselingsgedrag van kinders met verskillende taalblootstellingsagtergronde is. Deelnemers wat minder Duitse toevoer gehad het, het meer dikwels na hul dominante taal (naamlik Engels) gewissel as deelnemers wat ewe veel blootstelling aan albei tale ontvang het of Duits as moedertaal praat. Data-analise het verder aangetoon dat opeenvolgende tweetaliges nie net meer dikwels kodewissel nie maar ook gebruik maak van kodewisseling (eerder as van 'n ander diskoersstrategie) om leksikale gapings te vul.
|
Page generated in 0.0577 seconds