• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 15
  • 3
  • 2
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 30
  • 30
  • 30
  • 18
  • 8
  • 8
  • 7
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 4
  • 3
  • 3
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
11

Joseph Chamberlain and South Africa, 1895-1903

Wilde, Richard H. January 1951 (has links)
Thesis (Ph. D.)--University of Wisconsin--Madison, 1951. / Typescript. eContent provider-neutral record in process. Description based on print version record. Includes bibliographical references (leaves 552-558).
12

MICROSTROMATOLITES FROM THE 2.3 G.A. TRANSVAAL SEQUENCE, SOUTH AFRICA (STROMATOLITES, MICROFOSSIL, CHERT).

LANIER, WILLIAM PAUL. January 1984 (has links)
A unique assemblage of in situ microstromatolites, articulated intraclastic microstromatolites, and disarticulated stromatolites has been identified from drill cores of the 2.3 G.a. Transvaal Sequence, South Africa. These structures occur in organic-rich lenticular and nodular replacement black cherts which are associated with early diagenetic dolomite. Petrographic evidence indicates that the chert has formed via a primary carbonate and organic matrix--partial dolomitization--silicification paragenetic sequence; and that dolomitization and silicification were closely contemporaneous diagenetic events. Microstructures which resemble three dimensionally preserved microfossils are found in the majority of the silicified Transvaal cores. These fossil-like microstructures can be grouped broadly into three morphological types: (1) filaments, (2) ovoid or spheroidal forms, and (3) bacteria-like microstructures. Certain of the filamentous forms which are associated with pyrite mineral grains are clearly of abiological origin, and their formation can be explained in the context of sedimentary diagenesis and mineral paragenesis. The three dimensional association of the ovoid and bacteria-like microstructures to the microstromatolites is such as would be predicted from studies of modern cyanobacterial/microbial mat ecosystems. Hence, these microstructures are considered to be potential microfossils. The Transvaal microstromatolitic materials represent some of the smallest stromatolites yet described from either Proterozoic or Phanerozoic sedimentary rocks. Nearly all of the basic stromatolite growth forms (i.e. columnar, bulbous, nodular, and stratiform) are represented in the Transvaal assemblage. Thus, stromatolite diversity at the "basic growth form" level apparently did not evolve through geologic time. Physical and chemical environmental parameters probably controlled stromatolite morphogenesis only to the extent that they influenced the steady state balance of microstromatolite microbial communities. Indirect evidence suggests that the Transvaal microstromatolites grew via the precipitation of primary carbonate at some level within the structures and that a correlation exists between the degradation of primary producer organic carbon and the precipitation of a structurally supportive carbonate mineral matrix.
13

The archaeology of the stone walled settlements in the Eastern Transvaal, South Africa

Collett, David Phillip 14 January 2015 (has links)
No description available.
14

Die Ndzundza-Ndebele en die blankes in Transvaal, 1845-1883

Van Jaarsveld, Floris Albertus, 1922-1995 January 1986 (has links)
In 1969 het Leonard Thompson met reg beweer dat Suid-Afrikaanse historici hulle tot op hede hoofsaaklik besig gehou het met die doen en late van 'n Blanke gemeenskap wat die land sedert 1652 oorheers het. Die Swartman was die "forgotten factor" in die geskiedenis van Suider-Afrika. Waar die Swartman die onderwerp van wetenskaplike studie was, is dit aan argeoloë, linguiste, etnoloë en fisiese en sosiale antropoloë oorgelaat. Tereg het Thompson kort hierna opgemerk: "We need to know much more about the complex process by which African chiefdoms became incorporated in white controlled politics in the late nineteenth century. Only when monographs have been written on several individual cases, shall we be in a position to reach definite conclusions about the process as a whole ". Sedert hierdie uitspraak van Thompson het verskeie historici hulle op die terrein van die "forgotten factor" begewe. Omvangryke publikasies oor onder andere die Zulu, Pedi, Sotho asook die Swazi's het sedertdien die lig gesien, terwyl 'n werk oor die Tswana van Wes-Transvaal pas verskyn het. Hierteenoor het heelwat van die kleiner en minder invloedryke swart groeperinge tot op hede steeds agterweë gebly. Wat Noordoos Transvaal betref - meer spesifiek die gebied tussen die Elandsrivier, die Lebomboberg en die Krokodilrivier wat die Ohrigstadse Volksraad in 1846 van Mswati gekoop het, was daar behalwe die Pedi verskeie ander groepe aanwesig wat almal gedurende die loop van die negentiende eeu onder Blanke gesag gekom het. Hieronder het getel die Ndzundza, die Kopa, Tau, Kwena, Ntwane, Koni, Rôka, Kutswe , Pai en Pulana, waarvan die Ndzundza en Kopa die belangrikste was. Ten spyte van die feit dat daar heelwat argivale bronne oor hierdie groepe bestaan, het geen navorser dit tot op hede nog ontgin nie. Oor die onderwerping van hierdie stamme aan Blanke gesag gedurende die negentiende eeu, is daar weinig bekend. Wat die Ndzundza-geskiedenis betref, geld Thompson se opmerking nog steeds dat historici wetenskaplike studie oor die Swartes tradisioneel aan navorsers uit ander dissiplines oorgelaat het. Dit blyk duidelik uit 'n ontleding van sekondêre materiaal wat oor die Ndzundza bestaan. Verskeie studies van volkekundige aard is oor die verskillende kulturele fasette en pre-koloniale geskiedenis van die Transvaalse Ndebele, waarvan die Ndzundza deel uitmaak, gedoen. In die meeste van hierdie studies word die pre-Blanke geskiedenis van die Ndzundza as inleiding aangebied, terwyl daar in sommige gevalle ook na die historiese tydperk verwys word. Op hierdie wyse is die herkomsgeskiedenis van die Ndzundza met behulp van mondelinge tradisies redelik volledig opgeteken. As gevolg van die feit dat geen argivale bronne geraadpleeg is nie, is die volkekundige werke wat die historiese tydperk betref, deurspek met spekulasies, onjuisthede en valse aannames. Met enkele uitsonderings berus verwysings deur die enkele historici wat die Ndzundza-geskiedenis behandel, veral met betrekking tot die tydperk voor 1882, grootliks op die uitsprake van volkekundiges. Dit het meegebring dat die huidige beeld en feitelikhede omtrent die negentiende eeuse Ndzundza-geskiedenis onjuis is, veral soos dit in algemene geskiedenisse opgeteken staan. Hierteenoor het verskeie historici die Mapoch-oorlog van 1882- 1883, waartydens die Ndzundza hul onafhanklikheid verloor het, behandel. In sy biografie oor genl P. J. Joubert het J. A. Mouton die oorlog tot 'n enkele hoofstuk beperk. Vir Mouton gaan dit egter om Joubert se persoonlike aandeel en gee hy gevolglik nie veel aandag aan die belangrikste aspek van die oorlog, naamlik die oorsake, nie. H. P. van Coller het in 1941 'n MA-verhandeling die lig laat sien waarin die oorsake en verloop van die Mapoch-oorlog beskryf word. Van Coller se uiteensetting omtrent die oorsake van die oorlog is egter ontoereikend aangesien dit heelwat onjuisthede bevat, geweldig subjektief is en nie ontkom aan naïewe aannames en uitsprake nie. Die belangrikste oorsaak van die oorlog, naamlik gronddispute, word deur Van Coller geignoreer. Voorts behandel hy die oorlog as 'n gevolg van die moord op Sekhukhune, sodat die Ndzundza "toevallig" betrek word. Ander historici se verwysings na die oorlog is ook ontoereikend omdat dit in die meeste gevalle beperk bly tot enkele bladsye en paragrawe. Tot op hede is die negentiende eeuse Ndzundza-geskiedenis dus nog of onvolledig, of onjuis opgeteken. Met hierdie studie word gepoog om 'n bydrae in hierdie verband te maak. Omdat die historisiese feite omtrent die verloop van die 1882-1883 oorlog grootliks bekend is, val die klem op die tydperk daarvóór. Voorts moet dit gemeld word dat dit in hierdie studie hoofsaaklik gaan om die faktore wat die verhoudinge tussen die Ndzundza en die Blankes bepaal het, te elimineer. Ander aspekte wat ter sprake kom is onder andere die uitwerking wat die Blanke besetting van Noordoos-Transvaal op die Ndzundza gehad het, gronddispute, arbeidsaangeleenthede, Swazi- en die Pedi-deelname in die Blankes se pogings om die Ndzundza te onderwerp van die asook die uiteindelike vernietiging en verlies onafhanklikheid van die Ndzundza. Die spelwyse van sekere name en benaminge wat in hierdie verhandeling voorkom, het in sommige gevalle probleme opgelewer. Die meerderheid Ndebele name is gespel volgens die voorskrifte van die Suid-Ndebele taalraad. Waar die korrekte moderne spelling van Swartes se name nie vasgestel kon word nie, is dit in aanhalingstekens weergegee soos dit in die dokument voorkom. AIle amptelike benamings soos staatspresident of koloniale sekretaris is in die teks met 'n kleinlettertjie gespel maar in die voetnotas met 'n hoofletter. Die motivering hiervoor is die Afrikaanse gebruik om amptelike benamings binne Westerse staatsverband met 'n hoofletter te spel maar benamings in tradisionele verband soos kaptein, opperhoof of hoofman met 'n kleinlettertjie, wat myns insiens op diskriminasie neerkom. Wat die spel van die woord swart betref: Waar dit as byvoeglike naamwoord gebruik word (bv. swart kindertjies), is deurgaans van kleinletters gebruik gemaak. Hoofletters is gebruik wanneer dit as selfstandige naamwoord gebruik word, bv. Die Swartes. Die terme kaffer en meid is waar moontlik, vermy. Die aangehaalde stukke waarin dit weI voorkom, moet nie as beledigend beskou word nie maar as verteenwoordigend van die terminolgoie van 'n bepaalde tyd in die geskiedenis. Die bedoeling was geensins om enigiemand te na te kom nie. wat ter sprake kom.
15

Republiek Lydenburg, 1856-1860

Du Plessis, Tjaart Andries January 1931 (has links)
Text in Afrikaans / History / M.A. (Geskiedenis)
16

The Wesleyan Methodist Church in the Transvaal, 1823-1902 / The Methodist Church in the Transvaal during the 19th Century

Veysie, Donald Clifford January 1971 (has links)
From Preface: A preliminary survey of the history of the Wesleyan Methodist Church in the Transvaal revealed that the period of the early missions, before the formation of the Transvaal and Swaziland District, required research into the documents of other Districts for the purpose of writing a detailed history. It was therefore decided to confine research to the Documents of the Transvaal and Swaziland District and to write introductory chapters on the period of the early missions. The detailed research for this dissertation begins, therefore, with the creation of the Transvaal and Swaziland District in 1880. The natural point at which to finish appeared, at first, to be the beginning of the Second Transvaal War of Independence, but further research indicated that it would be more useful to conclude with the end of the war in 1902.
17

The conflict between Mphephu and the South African Republic, 1895-1899

Nemudzivhadi, Mphaya Henry 12 1900 (has links)
From the available sources, it is now evident that by the end of the thirteenth century, the Vhavenda has already established themselves in Venda and that the Vhasenzi and Vhalemba subjugated them towards the turn of the seventeenth century and that after the disappearance of Thohoyandou, they spread throughout the country. The arrival of the Voortrekkers under Louis Tregardt coincided with civil strife following the death of a chief. The Boers were cordially received but after ramabulana's death, Makhado who had been assisted by them to gain control of the nation, turned against them and compelled them to evacuate Schoemansdal in 1867. The involvement of the Boers in matters of succession became habitual. The weaker aspirants as a rule fled to the Boers for military assistance, and ultimately they found themselves confronted by the legitimate heir, Mphephu. Mphephu's stubborn resistance and refusal to pay taxation was viewed as calculated defiance of the authority of the Republic. The protection offered to Maemu and Sinthumule created the impression that the Boers were furthering their cause. This period of history which led to minunderstanding and friction between the opposing parties has, in my opinion not been adequately handled by earlier writers who maintained that refusal to pay taxation, to allow a census to be taken and to receive the Local Commision, were the major causes of conflict. I have tried to show that these secondary factors brought to light by earlier writers were only contributory to the main cause - the problem of succession which in itself created an atmosphere of discontent which ultimately led to hostilities. The Boer expedition of 1898 appeared to Vhavenda to be an escalation of the civil war for supremacy between Mphephu and Sinthumule. Against this background, they felt compelled to defy General P.J. Joubert and to take up arms against him. The Boer forces, with their military skill and their Black allies, drove Mphephu from Luatame with little resistance. His fligh to Mirondoni where he hoped to be assisted by the gods and the expected arrival of the British South African Police led to further loss of life. Had he crossed the Vhembe immediately after the burning of Luatame on 16 November 1898, many people would have survived and few would have been taken prisoner. The failure of the British South African Police to arrive compelled Mphephu to cross into Rhodesia on 21 December 1898, where he was given a location at Vhuxwa and he stayed there until the end of the Anglo-Boer War in 1902. The attempts by the Boers to have Sinthumule proclaimed as Chief in the place of Mphephu, failed to materialize, as the people would not acknowledge him. After the war the town of Louis Trichard was established and Venda was opened to White settlement. Mphephu returned and he as well as Kutama and Sinthumule were given locations. Thus, this study deals with he origin, the course and results of the Mphephu War. / History / M.A. (History)
18

The conflict between Mphephu and the South African Republic, 1895-1899

Nemudzivhadi, Mphaya Henry 12 1900 (has links)
From the available sources, it is now evident that by the end of the thirteenth century, the Vhavenda has already established themselves in Venda and that the Vhasenzi and Vhalemba subjugated them towards the turn of the seventeenth century and that after the disappearance of Thohoyandou, they spread throughout the country. The arrival of the Voortrekkers under Louis Tregardt coincided with civil strife following the death of a chief. The Boers were cordially received but after ramabulana's death, Makhado who had been assisted by them to gain control of the nation, turned against them and compelled them to evacuate Schoemansdal in 1867. The involvement of the Boers in matters of succession became habitual. The weaker aspirants as a rule fled to the Boers for military assistance, and ultimately they found themselves confronted by the legitimate heir, Mphephu. Mphephu's stubborn resistance and refusal to pay taxation was viewed as calculated defiance of the authority of the Republic. The protection offered to Maemu and Sinthumule created the impression that the Boers were furthering their cause. This period of history which led to minunderstanding and friction between the opposing parties has, in my opinion not been adequately handled by earlier writers who maintained that refusal to pay taxation, to allow a census to be taken and to receive the Local Commision, were the major causes of conflict. I have tried to show that these secondary factors brought to light by earlier writers were only contributory to the main cause - the problem of succession which in itself created an atmosphere of discontent which ultimately led to hostilities. The Boer expedition of 1898 appeared to Vhavenda to be an escalation of the civil war for supremacy between Mphephu and Sinthumule. Against this background, they felt compelled to defy General P.J. Joubert and to take up arms against him. The Boer forces, with their military skill and their Black allies, drove Mphephu from Luatame with little resistance. His fligh to Mirondoni where he hoped to be assisted by the gods and the expected arrival of the British South African Police led to further loss of life. Had he crossed the Vhembe immediately after the burning of Luatame on 16 November 1898, many people would have survived and few would have been taken prisoner. The failure of the British South African Police to arrive compelled Mphephu to cross into Rhodesia on 21 December 1898, where he was given a location at Vhuxwa and he stayed there until the end of the Anglo-Boer War in 1902. The attempts by the Boers to have Sinthumule proclaimed as Chief in the place of Mphephu, failed to materialize, as the people would not acknowledge him. After the war the town of Louis Trichard was established and Venda was opened to White settlement. Mphephu returned and he as well as Kutama and Sinthumule were given locations. Thus, this study deals with he origin, the course and results of the Mphephu War. / History / M.A. (History)
19

'n Vergelyking tussen Colin Rae en Christoph Sonntag se weergawes van die Boer-Hananwa-oorlog van 1894 (Afrikaans)

Kriel, Lize 19 October 2005 (has links)
Please read the abstract (Summary) in the section 07back of this document The published edition of this thesis is also available in English: Kriel, Lize. The 'Malaboch' books : Kgalusi in the 'civilization of the written word' Stuttgart, Germany : Franz Steiner Verlag, 2009. (Missionsgeschichtliches Archiv; Bd 13) / Thesis (DPhil (History))--University of Pretoria, 2005. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
20

Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek / Gert Nicholaas van den Bergh

Van den Bergh, Gert Nicholaas January 1972 (has links)
Die Transvaalse polisie het sy beslag gehad in die polisiestelsel van die Kaapkolonie soos aangepas by die bepaalde, en soms ongelyksoortige, behoeftes van verskillende Voortrekkerpioniersnedersettings. Die stelsel, wat swaar geleun het op instellings wat nie ‘n direkte polisie-assosiasie gehad het nie, het geen noemenswaardige ontwikkeling deurgemaak nie en teen die begin van die sewentigerjare was die Transvaalse polisiediens so stagnant dat dit ‘n opvallende agterstand teenoor al die buurstate geopenbaar het. Eers onder die bewind van president Burgers is die plattelandse diens, wat hoofsaaklik met Bantoes te maak gehad het, tot ‘n mate gemoderniseer. Hierdie proses het veral gewentel om die losmaking daarvan van die militêre waaraan dit voorheen om finansiële en organisatoriese gerief innig versmeld was. Ook Britse tussenregering wat wel weinig nuuts tot die groei van ‘n selfstandige polisieorganisasie kon bydra, het, soos Burgers, nuwe weë van opset en organisasie vir die herstelde Republiek ontsluit. Die eerstes hiervan het egter dwaalweë geblyk te wees. Voortgesette geldnood, maar veral die onheilsame oorheersing van die polisiediens deur Piet Joubert, wat sy oë op die verlede eerder as op die toekoms gerig het en op die artilleriekorps eerder as op ‘n landspolisie, was grotendeels hiervoor verantwoordelik. "Die gevolg was verkeerde beklemtoning van organisasie en aanwending sodat nie slegs die werksaamhede nie maar die hele bestaan van die plattelandse polisieorganisasie in die weegskaal beland het en die polisie verhinder is om die rol waartoe dit in staat was in die bantoe-onluste van die tagtiger- en vroeë negentigerjare in noord-Transvaal te speel. Die enigste konstante faktor in die polisiediens was die rol wat die veldkornette en later die bantoekommissarisse in die kleine gespeel het. Op die dorpe het die gemoedelike ontwikkeling hoofsaaklik gewentel om die vasstelling van beheer wat dikwels meer gebieders as polisie tot gevolg gehad het. In pas met die grondwetlike woelinge van die jare vyftig en sestig, het die vraagstuk ‘n vinnige maar ook verwarrende tydperk deurgemaak totdat die leisels uiteindelik in die hande van die staatsprokureur beland het. Deur sy professionele kennis, wetshandhawingsfunksie en toegang tot die regering het hy gesorg vir ‘n gestadigde maar volgehoue groei en meer doeltreffende aanwending van die dorpspolisiediens. Die vernaamste ontplooiing volg na die ontdekking van goud. In die verband was die ontwikkeling van delwerye in die noorde, ooste en weste voor die op die Witwatersrand ‘n seën in so verre hulle as leerskool gedien het vir die probleme met wetshandhawing onder elemente wat aan die Transvaalse samelewing vreemd en selfs vyandig was. Hoewel die basiese wetgewing en polisieorganisasie in die verband dus reeds bestaan het met die aanvang van die ongeëwenaarde toeloop van Uitlanders na Johannesburg, het ‘n legio van ander probleme spoedig ontstaan en met verloop van tyd vererger. ‘n Belangrike interne probleem, wat soos so vele ander gespruit het uit die onversadigbare vraagstuk na genoegsame getalle polisie, was die sistematisering van administrasie, bevel en beheer. Met organiese probleme van hierdie aard kon die stadige meulens van die wetgewende en uitvoerende gesag nie tred hou nie. Dit was deels omdat die staat nag te onvolwasse was en die probleem te omvattend, maar ook deels omdat die staat nie geneë was om die Johannesburgers se probleme op te los nie en deels omdat die Johannesburgers verkies het om hulle probleme nie deur die republikeinse regering opgelos te kry nie. Hierdeur is aan die Johannesburgse polisiediens ‘n verdere dimensie verleen waardeur dit gevaar geloop het om tot 'n pion in ‘n diplomatieke skaakspel tussen die staatsowerhede en die Uitlanders gereduseer te word. Die houding van die Uitlanders teenoor Boereinstellings in die algemeen vorm trouens die vernaamste eksterne faktor wat die polisiediens geslyp het. Beginnende met die Jameson-inval het die polisiediens ‘n spil geword waarom politieke wrywing tussen Pretoria, Johannesburg en Londen gewentel het en die bedrewenheid en integriteit of andersins van die republikeinse geregsdienaar het ‘n belangrike bestanddeel geword van die hekseketel waaruit die Tweede Vryheidsoorlog gevloei het. Aan die ander kant het Johannesburg ‘n vername bydrae gelewer tot die wasdom van die polisiediens. Ten opsigte van aanwending het dit die speurdiens gebaar. Organisatoriese prosesse van rasionalisasie onder die beheer van die kommissaris van polisie en bewegings om aan die diens ‘n professionele gestalte te verleen deur opleiding, verbeterde kommissariaat administrasie en die uitstryking van die vraagstuk van bevel en beheer deur die byvoeging van 'n aparte regskundige element – die administratiewe buro, en die kodifikasie van instruksies, kom pas na die stimulus van die Jameson-inval tot bevrugting. Maar veral het die unieke eise wat Johannesburg gestel het die polisiediens op ‘n peil van doeltreffendheid gedwing waarvoor Uitlander- en ook ander kritici in die spannende dae voor die Tweede Vryheidsoorlog blind was, maar waarop die klein Republiek trots kon wees. Soos die polisiediens op die dorpe het die plattelandse diens ook sy finale beslaggewing aan die inval te danke. Maar die tradisie van gebondenheid aan die krygsdiens en bantoeadministrasie het verhoed dat die diens algehele selfstandigheid verwerf het terwyl slegs in die onlusgeteisterde streke, van die noordelike Transvaal sprake was van afdoende polisiesterkte en dit ‘n skamele twee jaar voor die einde. Ook ten opsigte van die plattelandse polisiediens het Britse belange ‘n botsing met die Republiek gebolwerk om die Bunu-kwessie. Vir die laaste stormagtige ontwikkelingsfase van die polisiediens was nie slegs Jameson en Uitlanderkritiek verantwoordelik nie maar ook die onvermoeide ywer van ‘n aantal, meesal jong, amptenare. Aan die “stompkant” neem persone soos staatsprokureurs Esselen en Smuts ‘n ereplek in terwyl aan die aksiekant in Johannesburg dit Krause, Pietersen, De Beer, Schutte, Van Dam en selfs Trimble en op die platteland eers Dahl en toe Du Toit was. Daarenteen het die polisiekommissarisse ‘n opvallend beperkte bydrae gelewer. Die laaste paar jaar van die Republiek se bestaan het verdere uitbreiding van polisiepligte meegebring wat gewentel het om die staatsveiligheid en die Z.A.R.P's algaande voorberei het vir die militêre rol wat die oorlog vir hulle sou meebring. Die belangrikste hiervan, ewe-eens ‘n nasleep van die kruispaaie wat die Jameson-inval in die polisiewese meegebring het, was die geheime diens waarvan die plek in die Republiek se militêre voorbereidings nog nie ten volle bepaal is nie. Tydens die oorlog self is die gereelde polisie as die Republiek se enigste opgeleide berede infanterie, op ‘n vroeë stadium vir krygsdiens aangewend om op die gevegsfront die stryd teen Imperialisme op ander wyse voort te sit as wat dit reeds vir meer as tien jaar in die strate van Johannesburg gedoen het. Anders as by Dalmanutha waar die Johannesburgse Z.A.R.P.'s met aansienlike roem omhul hul laaste opdrag uitgevoer het, het die raap en skraap amateurpolisie waarmee hulle op die tuisfront vervang moes word, aan ‘n gestadiger en roemloser einde gekom sodat die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in die opsig nie op ‘n hoër noot afgesluit het as waarmee dit begin het nie. Ook het die Republikeinse polisiediens geen nalatenskap gehad nie. Die beswaddering van die diens in Britse kringe het die herlewing daarvan na die Oorlog - volgens tydgenote se latere opmerkings, minstens gedeeltelik ten nadele - verhoed. / Proefskrif--PU vir CHO, 1971

Page generated in 0.0767 seconds