Spelling suggestions: "subject:"transversale rasionaliteit"" "subject:"transversale nasionaliteit""
1 |
Die stiefma, ou mites en nuwe verhale : 'n pastorale narratiewe dekonstruksieKruidenier, Carina Maretha (Retha) January 2014 (has links)
In hierdie studie word stiefma’s en die mites wat daar oor stiefma’s bestaan, ondersoek.
Dit word gedoen in die postfundamentele praktiese teologie en volgens die narratiewe
benadering. Die studie word ook gedoen in die sosiaal-konstruksionistiese paradigma.
Vier stiefma’s se unieke verhale oor stiefma-wees word weergegee. Nadat die stories
geinterpreteer is, is diskoerse vasgestel wat ‘n invloed het op die mites wat daar oor
stiefma’s bestaan. Daar word onder andere gekyk na sprokies en die oorsprong
daarvan. Daar word ook gekyk na families deur die eeue, asook na moederskap. Die
Godstaal wat die stiefma’s gebruik het, word ook ondersoek. Daar is ‘n
interdissiplinêre ondersoek gedoen aan die hand van transversale rasionaliteit. Hierdie
verhale wys onder andere op die druk wat op stiefma’s geplaas word deur die kerk en
gemeenskap om onmiddelik in die rol van ‘n ma te funksioneer en die perfekte gesin te
hê. Konflik in die nuwe gesin gee ook aanleiding tot skuldgevoelens by die stiefma.
Met hierdie studie word daar gepoog dat daar beter begrip vir stiefma’s se unieke
omstandighede en rolle sal wees. Dus ontstaan nuwe verhale, wat weer moontlikhede
vir nuwe navorsing skep. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Practical Theology / Unrestricted
|
2 |
Die ontwikkeling van diensbare leierskap in ‘n post-moderne geloofsgemeenskap : ‘n prakties-teologiese ondersoek van Suid-Afrikaanse immigrante in Brisbane, Australië (Afrikaans)Oberholzer, Gerhard J 14 June 2011 (has links)
AFRIKAANS: In hierdie studie word daar na die narratiewe van Suid-Afrikaans gebore immigrante, wat hulself in Brisbane, Australië, gevestig het, geluister. Die plaaslike konteks word in die gereformeerde gemeente van Mansfield gevind en die ontwikkeling van diensbare leierskap word beskryf as deel van die kultuur van die gemeente wat fokus op die nood van immigrante. Die navorsing vind plaas vanuit ‘n epistemologie wat uit ‘n narratiewe benadering vloei. Die post-fundamentele teologiese posisionering inkorporeer die sosiale konstruksionisme, met die doel om ‘n dieper verstaan van die narratiewe navorsing te bewerkstellig. Die praxis word as die beginpunt van navorsing in hierdie post-fundamentele prakties-teologiese studie gesien. Die gevolg is dat eerstehandse kennis opgedoen en geïnterpreteer word deurdat die verhale van mede-navorsers aangehoor en beskryf word. Die plaaslike geloofsgemeenskap in Mansfield bied in-kontekstuele ervaringe wat deur die mede-navorsers vertel word en wat deur die tradisies van interpretasie beïnvloed word. Hierdie ervaringe word deur die aanstelling van respondente vanuit verskillende vakgebiede verder geïnterpreteer en betekenis word aan die verhale gegee in ‘n inter-dissiplinêre gesprek. Die inter-dissiplinêre gesprek word vanuit die teorie van transversale rasionaliteit gestimuleer en ‘n relevante literatuurstudie komplementeer die navorsingsproses en word in die studie geïntegreer. Aan die einde van die navorsingsproses word alternatiewe interpretasies en voorstelle gemaak wat dui op die konteks groter as net die plaaslike. Die navorsingsproses word dus ontwikkel vanuit ‘n post-fundamentele teologiese posionering met die doel om die narratiewe van immigrante aan die orde te stel. Hierdie narratiewe word geïnterpreteer en ‘n dieper verstaan word ontwikkel deurdat sekere diskoerse geïdentifiseer word deur ‘n proses van dekonstruksie. Kritiese vrae word gevra en die spesifieke temas vanuit die verhale word bespreek met die doel om die werklikheid van immigrasie te beskryf soos wat die mede-navorsers dit beleef. Die taalkwessie en hoe taal aangewend word om betekenis aan verhale te gee word bespreek. Die eie interpretasies van mede-navorsers word in opvolggesprekke getoets en die verhale word hierdeur toegelaat om te ontwikkel. Die geloofstaal en die taal van die twyfel van immigrante word aangehoor ten einde hulle belewenisse van die teenwoordigheid van God in hulle lewens tydens immigrasie te verstaan. Die ontwikkeling van Diensbare Leierskap word as ‘n natuurlike uitvloeisel van die immigrasieproses bespreek. Die immigrante beleef die diensbaarheid van die leiers in die gemeente van Mansfield positief. Hierdie studie vertel die verhale van immigrante wat deur die diensbaarheid van ander, self ook die kultuur van diensbaarheid aanneem en deelneem aan omgee-aksies om ander immigrante te bedien. Die literatuur oor diensbare leierskap wys self-leierskap, leierskap in spanverband, leierskapontwikkeling en strategiese leierskap uit as kritiese areas in die ontwikkeling van diensbare leierskap. Die gevolgtrekking op hierdie studie is dat diensbare leierskap as ‘n integrale deel van gelowige immigrasie verstaan word en dat dit intensioneel deel vorm van die leierskapkultuur in ‘n immigrant-vriendelike gemeente. Die voorstel wat hieruit voortvloei is dat verskillende gemeentes en kerkverbande kan baat by die aanwending van diensbare leierskap binne die konteks van immigrasie. ENGLISH: In this study narratives of immigration are listened to and described from the local context of the Christian Reformed Church, Mansfield in Brisbane, Australia. The development of servant leadership is described as part of the culture of the congregation. The congregation focuses on the needs of immigrants as an immigrant-friendly church. The research approach in this study flows from an epistemology based on a narrative theory. The post foundational approach incorporates social constructionism as part of the process in exploring a deeper meaning of the stories told by immigrants. Within this framework of post foundational practical theology, the praxis is the starting point of research. This consists of local knowledge, described and interpreted by the co-researchers and informed by traditions of interpretation. The experiences of co-researchers are interpreted on a second level with the appointment of four interdisciplinary respondents. The respondents take part in an interdisciplinary conversation and they each contribute from their field of experience. This is done by using transversal rationality and the in-context experiences are thickened through interdisciplinary investigation. Furthermore, a study of relevant literature is introduced and added to the conversation. At the end of the research process some suggestions and alternative interpretations that point beyond the local context, are made. The research process is therefore developed from a post foundational theological positioning with the aim of describing immigration narratives and interpreting these narratives in order to facilitate a deeper knowledge and insight into the immigration process. Different discourses will be explored by asking critical questions and using a process of deconstruction. The in-context experiences of co-researchers are the primary narrative and their interpretations of experiences will be studied. The language of co-researchers and how they use language will be discussed. Their own interpretations will be used as discussion points in follow up conversations and their narratives will therefore be allowed into a process of growth. Their language, pointing to their experience of the presence of God as well as their language of doubt in the process of immigration will be listened to. Servant leadership will be discussed as an integral part of immigration for believers. The stories of the co-researchers reveal servant leadership in many different forms as part of the culture of the congregation in Mansfield. The narratives show the co-researchers becoming part of the ministry of servant leaders in the congregation. Co-researchers experience the influence of the servant leadership of others in their lives and tell stories of how their needs as immigrants are met by the servant leaders in the congregation. The literature on servant leadership points to self leadership, team leadership, leadership development and strategic leadership as relevant themes to be explored. The conclusion of this study shows servant leadership as an integral part of immigration and that an intentional focus on a culture of servanthood will benefit an immigration friendly congregation. The proposal following from this study is to engage other congregations and churches in a conversation on the effect of servant leadership within the context of immigration. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / Practical Theology / unrestricted
|
Page generated in 0.273 seconds