• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 7
  • 2
  • Tagged with
  • 15
  • 15
  • 9
  • 9
  • 6
  • 6
  • 5
  • 5
  • 5
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Praktykbenadering tot geloofsvorming vanuit die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie : 'n prakties-teologiese dialoog / Siegfried Werner Louw

Louw, Siegfried Werner January 2014 (has links)
Die onderwerp van hierdie studie handel oor geloofsvorming. Die transversale model vir transdissiplinêre (cross-disciplinary) dialoog, ontwikkel deur Wentzel van Huyssteen, word in hierdie studie benut om ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming te ontwikkel. Dialoog tussen die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie word ontgin om die insigte wat daaruit na vore kom, binne ʼn praktykbenadering te ontwikkel. Osmer se prakties-teologiese model is gebruik om die dialoog binne ʼn raamwerk van vier fases uit te voer: die deskriptiewe, interpretatiewe, normatiewe en pragmatiese take. Die deskriptiewe taak behels ʼn beskrywing van Groome se benadering tot geloofsvorming. Sy Gedeelde Christelike Praksis benadering, wat deur vyf bewegings gaan, word uiteengesit ook bespreek. Gestaltteoretiese perspektiewe word gebruik om die interpretatiewe taak te hanteer. Die filosofiese wortels van Gestaltteorie word verken, asook spesifieke Gestaltteoretiese konsepte, sodat die wyse waarop verandering en groei by die mens plaasvind, verklaar kan word. Die wyse waarop geloofsvorming by die mens plaasvind, met spesifieke fokus op integrasie en assimilasie, word uiteengesit. Gestaltteorie se paradoksale teorie van verandering en die kontaksiklus word benut om te verklaar op watter wyse integrasie en assimilasie tydens geloofvorming by die mens plaasvind. Die transversale dialoog word tydens die normatiewe taak voortgesit deur die insigte vanuit die deskriptiewe en interpretatiewe take met mekaar in verband te bring. Die konteks van missionale ekklesiologie, waarbinne die navorser homself bevind, word ook in die dialoog verreken. Deur die proses word ses bepaalde riglyne geïdentifiseer vir die praktyk van geloofsvorming. Tydens die pragmatiese taak word die bevindinge vanuit die voorafgaande fases verwerk om ʼn praktykbenadering tot geloofsvorming saam te stel. Die betrokke praktykbenadering word sodanig aangebied dat dit binne ʼn verskeidenheid van kontekste van waarde kan wees. / PhD (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Die stiefma, ou mites en nuwe verhale : 'n pastorale narratiewe dekonstruksie

Kruidenier, Carina Maretha (Retha) January 2014 (has links)
In hierdie studie word stiefma’s en die mites wat daar oor stiefma’s bestaan, ondersoek. Dit word gedoen in die postfundamentele praktiese teologie en volgens die narratiewe benadering. Die studie word ook gedoen in die sosiaal-konstruksionistiese paradigma. Vier stiefma’s se unieke verhale oor stiefma-wees word weergegee. Nadat die stories geinterpreteer is, is diskoerse vasgestel wat ‘n invloed het op die mites wat daar oor stiefma’s bestaan. Daar word onder andere gekyk na sprokies en die oorsprong daarvan. Daar word ook gekyk na families deur die eeue, asook na moederskap. Die Godstaal wat die stiefma’s gebruik het, word ook ondersoek. Daar is ‘n interdissiplinêre ondersoek gedoen aan die hand van transversale rasionaliteit. Hierdie verhale wys onder andere op die druk wat op stiefma’s geplaas word deur die kerk en gemeenskap om onmiddelik in die rol van ‘n ma te funksioneer en die perfekte gesin te hê. Konflik in die nuwe gesin gee ook aanleiding tot skuldgevoelens by die stiefma. Met hierdie studie word daar gepoog dat daar beter begrip vir stiefma’s se unieke omstandighede en rolle sal wees. Dus ontstaan nuwe verhale, wat weer moontlikhede vir nuwe navorsing skep. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Practical Theology / Unrestricted
4

‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektief

Ackermann, Theunis C. January 2017 (has links)
Hierdie studie fokus op hoe persone wat van dwelms afhanklik is of was, hulle identiteit sien. Daar is ’n bekende diskoers wat sê: “Een keer ’n verslaafde, altyd ’n verslaafde.” Hierdie diskoers impliseer dat afhanklikheid deel van ’n persoon se identiteit word. In my studie poog ek om hierdie diskoers te dekonstrueer. Die AA (Alkoholiste Anoniem) se twaalf-stap-program word bestudeer. In hulle eerste stap word daar van persone wat van ’n chemiese stof afhanklik is, verwag om te erken dat hy/sy ’n afhanklike is. Hierdie erkenning van die AA se eerste stap, het ’n direkte invloed op persone wat van dwelms afhanklik is of was. Saam met die medenavorsers, word daar gepoog om ’n alternatiewe manier te vind om na afhanklikheid en identiteit te kyk. Hiermee saam speel die Christendom en ’n persoon se Godsbegrip ’n groot rol. Die Christendom het verskillende sieninge oor afhanklikheid en sonde. Hierdie studie poog nie om die sondebegrip van die Nuwe Testament te bestudeer nie, aangesien hierdie nie ’n Nuwe-Testamentiese studie is nie. Hoe God en die medenavorsers sonde verstaan, speel ’n rol in die begrip van hulle identiteit. Die narratiewe benadering maak van metafore gebruik. Hierdie studie gebruik die metafoor van ’n draak. Aanvanklik is dit ’n gevreesde draak wat persone wat afhanklik van dwelms is of was, wil verslind en ’n direkte impak het op hulle identiteit. ‘n Nuwe metafoor het ontwikkel. Die animasiefilm, “How to train your dragon,” is as vertrekpunt gebruik om ’n nuwe metafoor te ontwikkel waar die draak steeds gevaarlik is, maar getem kan word. Deur sekere aanpassings te maak, kan persone wat afhanklik is of was van dwelms, die draak beheer. Hierdie nuwe metafoor gee ook ’n nuwe identiteit aan die persoon wat afhanklik is of was van dwelms. Afhanklikheid word nie meer as deel van ’n persoon se identiteit beskou nie aangesien die hantering van die draak ’n nuwe perspektief in die lewe van hierdie persoon gee. In my studie maak ek van kwalitatiewe navorsing gebruik en beweeg ek vanuit die oogpunt van ’n postfundamentele Praktiese Teologiese benadering. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2017. / Practical Theology / PhD / Unrestricted
5

Sosiale konstruksionisme as ’n pastoraal-terapeutiese benadering (Afrikaans)

Scholtz, Eric 25 May 2005 (has links)
The postmodern context in which the church currently performs its duties, necessitates a reconsidering of its pastoral practice. This venture is undertaken by introducing the social constructionist paradigm as a thought form for therapeutic and pastoral approaches. The social constructionist perspective proposes a non-referential, non-descriptive and communicational view of language. Language does not mirror the world, but we create the world we know and inhabit through joint communicative action. This constructionist view of language has radical implications for the way we practice therapy and pastoral care. It invites a move away from expert knowledge, professional diagnosis, essentialist thinking and therapeutic master narratives. It encourages a not-knowing position, multiple descriptions of the reality experienced as the problem, a narrative understanding of identity and the development of local meaning in the therapeutic conversation. If the above mentioned implications of social constructionist thought for pastoral practice are taken seriously, the following question emerges: What is the role of the Bible in a pastoral approach which aligns itself with social constructionist commitments? Does this sacred text allow the pastor to hold a not-knowing position and the development of local meaning in conversation? The question is addressed by explicating the Protestant Orthodox view of Scripture as authorative, perspicuous, sufficient and dependable. This view of Scripture is critiqued by reviewing the complex and challenging developments in modern literary criticism, which give rise to generating alternative descriptions of the status and identity of the text we Christians call ‘The Bible’. These alternative descriptions result in a postfoundationalist view of the Bible. In conclusion a set of values for pastoral therapy, as informed by social constructionism, is formulated. A focus group joins the venture by reflecting on the values. The final chapter is a rumination on therapeutic narratives and context. / Thesis (DD (Practical Theology))--University of Pretoria, 2006. / Practical Theology / unrestricted
6

Praxis pietatis as dieptedimensie van kommunikatiewe geloofshandelinge

Pienaar, Jan Adriaan 04 1900 (has links)
In hierdie studie word gepoog om 'n spiritualiteit te omskryf wat as die intensie en motivering vir kommunikatiewe geloofshandelinge kan dien. Die handelingswetenskaplike benadering in die Praktiese Teologie word kortliks beskryf. Daar word aangetoon dat handelinge nie net eksistensiele gedrag is nie; handelinge het 'n onderliggende spiritualiteit as intensie en motivering. Verskillende perspektiewe op spiritualiteit word ondersoek. Die terme praxis pietatis word gekies om spiritualiteit te beskryf. Die skepping-herskepping tema word gebruik om 'n teologiese basis van praxis pietatis te omskryf. Die praxis is kommunikatiewe geloofshandelinge wat as intensionele konkretisering van die imperatief moontlik gemaak is deur die indikatief van God se openbaring van Homself aan die mens. Deur die pietatis word die werklikheid van God se verlossing as eksistensiele kennis, deur die geloofsinoefening van die gelowige as nuwe mens - met die hoop op die opstanding - integrerend in die daaglikse lewe toegepas. / This study intends to describe a spirituality that can function as intention and motivation for communicative faith acts. The operational scientific approach to Practical Theology is discussed briefly. It is shown that acts are not only existential behaviour but has an underlying spirituality as intention and motivation. Different perspectives on spirituality are explored and the term praxis pietatis is chosen describe spirituality. The creation-recreation theme is used to define a theological basis for praxis pietatis. The praxis is intentional communicative acts that stem from the imperative. It is made possible by the indicative of the self-revelation of God to mankind. The redemption of God as existential knowledge is made possible by the exercising of faith by the new man. Through the pietatis this knowledge is integrated into the daily life - with the eye upon the resurrection. / Philosophy, Practical & Systematic Theology / M. Th. (Praktiese Teologie)
7

Dekonstruksie van die teologiese diskoers liefde

Pretorius, Hendrik Erasmus Sterrenberg 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die Wetenskap filosofiese en prakties teologiese posisionering word deur 'n postmoderne benadering bepaal. Met die doel van die studie naamlik, dekonstruksie van die teologiese diskoers, liefde, in die oog, volg 'n blik op kwalitatiewe navorsing. Sosiale konstruksie diskoers word as epistemologiese vertrekpunt bespreek. Metodologies het die keuse op 'n narratiewe benadering geval. Voortvloeiend hieruit volg die gebruik van metafore, eksternalisering en dekonstruksie van die gesprekke. Die doel van die studie vereis ook bestudering van verskeie sienings oor liefde. Die literatuurstudie word bespreek onder die volgende metafore, naamlik algemene sienings, 'n historiese oorsig en teologiese sienings. Die relevansie van die gekose inligting word weerspieel in die gesprekke. Met behulp van veelvuldige reflekterende gesprekke word saam met gesinne gekonstrueer aan 'n nuwe verstaan van liefde. / Both the Scientific Philosophical and the practical theological positioning are determined by a postmodemistic approach. Keeping in mind the aim of this study, namely the deconstruction of the theological discourse, iove, a view on qualitative research is given. A review of social construction discourse as epistemological starting point is given. Methodologically a narrative approach was used. Emanating from this follows the use of metaphors, externalization and deconstruction of the interviews. The aim of this study also demands the study of various views on love. The study is arranged under the following metaphors, namely general views, a historic review and theological views. The relevance of the chosen information is reflected in the interviews, and new understanding of love is constructed in collaboration with the families. / M.Th.(Practical theology)
8

Praxis pietatis as dieptedimensie van kommunikatiewe geloofshandelinge

Pienaar, Jan Adriaan 04 1900 (has links)
In hierdie studie word gepoog om 'n spiritualiteit te omskryf wat as die intensie en motivering vir kommunikatiewe geloofshandelinge kan dien. Die handelingswetenskaplike benadering in die Praktiese Teologie word kortliks beskryf. Daar word aangetoon dat handelinge nie net eksistensiele gedrag is nie; handelinge het 'n onderliggende spiritualiteit as intensie en motivering. Verskillende perspektiewe op spiritualiteit word ondersoek. Die terme praxis pietatis word gekies om spiritualiteit te beskryf. Die skepping-herskepping tema word gebruik om 'n teologiese basis van praxis pietatis te omskryf. Die praxis is kommunikatiewe geloofshandelinge wat as intensionele konkretisering van die imperatief moontlik gemaak is deur die indikatief van God se openbaring van Homself aan die mens. Deur die pietatis word die werklikheid van God se verlossing as eksistensiele kennis, deur die geloofsinoefening van die gelowige as nuwe mens - met die hoop op die opstanding - integrerend in die daaglikse lewe toegepas. / This study intends to describe a spirituality that can function as intention and motivation for communicative faith acts. The operational scientific approach to Practical Theology is discussed briefly. It is shown that acts are not only existential behaviour but has an underlying spirituality as intention and motivation. Different perspectives on spirituality are explored and the term praxis pietatis is chosen describe spirituality. The creation-recreation theme is used to define a theological basis for praxis pietatis. The praxis is intentional communicative acts that stem from the imperative. It is made possible by the indicative of the self-revelation of God to mankind. The redemption of God as existential knowledge is made possible by the exercising of faith by the new man. Through the pietatis this knowledge is integrated into the daily life - with the eye upon the resurrection. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. (Praktiese Teologie)
9

Dekonstruksie van die teologiese diskoers liefde

Pretorius, Hendrik Erasmus Sterrenberg 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die Wetenskap filosofiese en prakties teologiese posisionering word deur 'n postmoderne benadering bepaal. Met die doel van die studie naamlik, dekonstruksie van die teologiese diskoers, liefde, in die oog, volg 'n blik op kwalitatiewe navorsing. Sosiale konstruksie diskoers word as epistemologiese vertrekpunt bespreek. Metodologies het die keuse op 'n narratiewe benadering geval. Voortvloeiend hieruit volg die gebruik van metafore, eksternalisering en dekonstruksie van die gesprekke. Die doel van die studie vereis ook bestudering van verskeie sienings oor liefde. Die literatuurstudie word bespreek onder die volgende metafore, naamlik algemene sienings, 'n historiese oorsig en teologiese sienings. Die relevansie van die gekose inligting word weerspieel in die gesprekke. Met behulp van veelvuldige reflekterende gesprekke word saam met gesinne gekonstrueer aan 'n nuwe verstaan van liefde. / Both the Scientific Philosophical and the practical theological positioning are determined by a postmodemistic approach. Keeping in mind the aim of this study, namely the deconstruction of the theological discourse, iove, a view on qualitative research is given. A review of social construction discourse as epistemological starting point is given. Methodologically a narrative approach was used. Emanating from this follows the use of metaphors, externalization and deconstruction of the interviews. The aim of this study also demands the study of various views on love. The study is arranged under the following metaphors, namely general views, a historic review and theological views. The relevance of the chosen information is reflected in the interviews, and new understanding of love is constructed in collaboration with the families. / M.Th.(Practical theology)
10

Kreatiewe prediking : kreatiwiteit in diens van die Heilige Gees in die ingewing van die preek (Afrikaans)

Botha, Johan Stephanus 09 June 2011 (has links)
This study deals with creative preaching through exploring pneumatology and creativity as prime ingredients for creative preaching. The researcher sees the problem of preaching in terms of the limited resources for proclaiming the very old message of the gospel of Jesus Christ in a fast changing world. Preaching in the reformed tradition is based primarily upon the Bible and the tradition of the church. The researcher suspects that, given the limitations of the age of the source, the preacher runs the risk of boring the congregation, who regularly attends sermons, by becoming irrelevant to their living conditions through having to repeat the same basic message. The researcher suspects that the preacher may run out of ideas and ways of bringing a relevant message in a fresh way, week after week, and begin to employ all kinds of tricks and gimmicks in order to stay relevant. Creative preaching is suggested as answer to this dilemma. Creative preaching is studied within the frame of creativity in service of the Holy Spirit. The study strives to explore the field of creativity from a homiletical perspective and bring the results into a pneumatological context by means of a hermeneutical method, with the aim of designing a basic theory for creative preaching. The first part of the study comprises a literature study of the fields of pneumatology and creativity. Pneumatology is explored in terms of the biblical roots of the use and meaning of the terms rûah, pneuma and paracletos, as well as a brief theological exploration. A pneumatology for preaching includes the Spirit as carrier of the Word and inspirer of the preacher and listener, within the context of the congregation as dedicated space for the working of the Spirit. The second part of the literature study deals with creativity as a human capacity that can be learnt and developed. Creativity is a deliberate dynamic activity that produces new, unexpected and meaningful results through creative observation, creative thinking and creative insight. Empirical research was conducted amongst preachers in the Dutch Reformed Church to ascertain their understanding of creative preaching and their experience of the workings of the Holy Spirit and creativity, in the process of producing a sermon. The research found that preachers understood the Holy Spirit as a vital part of the preaching process. Preachers experience the activity of the Spirit in their normal daily routines as ministers. Preachers do not regard themselves as creative people although they apply principles of creativity primarily in producing visual material for sermons as an additive. The Research found a need for the concept of creative preaching. Creative preaching is developed and described as a process in which the preacher, with the guidance of the Holy Spirit, employs creative methods like observation, association, imagination and creative thinking in the whole process of sermon creation, from choice of Scripture to the presentation of the sermon. The sermon is structured in such a way as not only to be creative but also stimulating the creativity of the listeners. Creative preaching is stimulating preaching based on scripture, imagination and the inspiration of the Holy Spirit. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2011. / Practical Theology / unrestricted

Page generated in 0.0679 seconds