Spelling suggestions: "subject:"vineyards -- soils"" "subject:"vineyards -- coils""
1 |
Soil health and quality concept in agricultural extension and soil science : an assessment of topsoil conditions in a long term vineyard soil management trail in Robertson, South AfricaMathys, Ilse Lois 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Soil Science))--University of Stellenbosch, 2011. / Includes bibliography. / ENGLISH ABSTRACT:
The natural resource condition or health has been accepted as a valuable indicator of
sustainable land use. The assessment of soil health (quality) has become a valuable tool in
determining the sustainability of land management systems. This work aims to evaluate the
sustainability of soil management practices in agricultural extension for vineyards in
Robertson, South Africa based, on the current approach of the concept of soil health and
soil quality, as well as to briefly explore the present reservations regarding the definition of
the concept. The soil management treatments include a mechanical weed control, chemical
weed control, annual addition of straw mulch, annual cover crop and perennial cover crop.
The objective of study is to (i) identify suitable soil health (quality) indicators for vineyards in
the study area; (ii) analyze the soil health (quality) indicators for different soil management
treatments; (iii) evaluate the effect of various soil management treatments on the overall
soil functionality, by comparing measured indicators to the soil property threshold values,
for optimal vine growth; iv) establish a more consistent understanding and use of the terms
health and quality, as understood and used in the general science community, with
particular reference to the public health system. The soil physical, chemical and biological
properties which were selected as indicators of soil health (quality) based on specific criteria
similar to previous work done on the concept. The properties selected include soil texture,
gravimetric water content, bulk density, soil aeration, water aggregate stability, soil pH, EC,
available N,P,K , soil organic matter content, soil microbial biomass, potential mineralizable
nitrogen and soil respiration. The study makes use of methods of analysis previously used
for soil health and soil quality assessments, as well as soil analytical methods as accepted by
experienced soil scientist within the study area. The soil was sampled on three separate
events to depths of 0-200 mm for initial characterization of soil and 0-50 mm to compare
soil health (quality) Between tracks and In tracks of treatment plots. The values obtained for
each property were compared with the optimum for vineyards and ranked accordingly. The
treatment that resulted in the most desirable soil health (quality) was the straw mulch and
perennial cover crop treatments. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Die toestand of gesondheid van natuurlike hulpbronne is aanvaar as `n waardevolle
aanduiding van volhoubare grondgebruik. Die assessering van grond gesondheid (kwaliteit)
is 'n waardevolle hulpmiddel in die bepaling van die volhoubaarheid van grond bestuur
stelsels. Hierdie werkstuk poog om die volhoubaarheid van grond bestuurs praktyke te
evalueer vir wingerde in Robertson, Suid-Afrika wat baseer is op die huidige benadering van
grond gesondheid en kwaliteit. Die tesis dek ook die huidige onsekerhede oor die konsep en
definisies van terme wat gebruik word in die konsep. Die grond bestuur praktyke sluit in 'n
meganiese onkruidbeheer, chemiese onkruidbeheer, jaarlikse toevoeging van `n strooi
deklaag, jaarlikse en meerjarige dekgewas dekgewasse. Die doel van die studie was om (i)
die geskikte grond gesondheid (kwaliteit) indikators vir wingerde in die studie area te
identifiseer, (ii) die grond gesondheid (kwaliteit) indikators vir verskillende bogrond bestuur
praktyke te identifiseer; (iii) die effek van verskillende grond bestuur praktyke op die
algehele grond funksies te evalueer, deur dit te vergelyk met die gemete indikators vir
drempelwaardes vir optimale wingerd groei; iv) 'n meer konsekwente begrip en gebruik van
die terme “gesondheid” en “kwaliteit” vas te stel, soos dit verstaan en gebruik word in die
algemene wetenskaplike gemeenskap, met spesifieke verwysing na die openbare
gesondheidsisteem. Die grond fisiese, chemiese en biologiese eienskappe wat as indikators
van grond gesondheid (kwaliteit) geselekteer was, word gebaseer op spesifieke kriteria
soortgelyk aan dié wat in vorige werk op die konsep gedoen was. Die eienskappe wat
geselekteer is sluit in grondtekstuur, gravimetriese waterinhoud, bulk digtheid, grond
deurlugting, totalle water stabiliteit, grond pH, electriese geleiding, toeganklike N, P, K,
grond organiese materiaal inhoud, grond mikrobiese massa, potensiële mineraliseerbare
stikstof en grond respirasie. Die studie maak gebruik van analitiese metodes wat voorheen
gebruik was vir grond gesondheid en kwaliteit, sowel as die grond analitiese metodes soos
gebruik deur ervare grondkundiges binne die studie gebied. Die grondmonsters was geneem
op drie afsonderlike geleenthede oor dieptes van 0-200 mm vir die aanvanklike
karakterisering van grond en 0-50 mm, om grond gesondheid (kwaliteit) Tussen
trekkerspore en In trekkerspore van die persele te vergelyk. Die waardes verkry vir elke
eienskap was vergelyk met die optimum vir wingerde en verdeel volgens kwaliteit. Die
behandeling wat die mees optimale grond gesondheid (kwaliteit) getoon het, was die strooi
deklaag en meerjarige dekgewas behandelings.
|
2 |
Influence of soil parameters and canopy structure on root growth and distributionSerra-Stepke, Ignacio M. 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Viticulture and Oenology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Because of long-term climate changes, apparently associated with higher temperatures and
fewer rainfall events, factors such as water-use efficiency and site selection for new cultivars are
a matter of increasing importance for viticulture. Within this context, the root system is expected
to play a key role. Its relevance to grapevine functioning is due to the numerous functions in
which it is involved. In the light of this, the development of the root system is highly relevant to
the viticulturist because of the fact that grapevine growth and functioning are dependent on the
development of the root system. Differences can, therefore, be expected in terms of berry
ripening on single grapevines of the same scion for situations with differing development of root
systems, despite being grafted on the same rootstock.
Root growth is influenced by several factors, among the ecological aspects. Soil parameters
have a predominant influence on root growth and distribution but also annual root production
can be altered by canopy manipulation. Due to the importance of root growth to the
aboveground development of the vine, it is critical to gain understanding of the relationship
between soil factors and root growth and distribution, and the central role that the subterranean
environment plays in the concept of terroir. This study aimed to investigate the effect of selected
soil physical and chemical parameters on root growth and distribution and to investigate
whether having very different canopies influences root growth. In order to achieve these goals,
two experiments were conducted; the first was performed in two commercial Sauvignon blanc
vineyards each grafted onto Richter 110, non-irrigated, with two treatments: undisturbed lateral
growth and complete lateral removal. The second study included the analysis of eight
commercial Sauvignon blanc vineyards grafted onto Richter 99 and Richter 110 located in the
Stellenbosch Wine of Origin District. Measurements of physical and chemical soil parameters,
root growth and distribution, canopy growth and functioning, vine water status and berry
composition were performed.
The edaphic factors appeared to be one of the most important parameters that affected root
development by changing soil water availability and possibly causing physical or chemical
limitations on root growth. From the results of this study, it is clear that severe water stress and
a pH (KCl) lower than 4.5 play a key role in the limitation of root growth. Due to the fact that
most of the soils from the Stellenbosch Wine of Origin District, especially the subsoils, are
acidic, this is a factor to consider before planting. On the other hand, the combination of
favourable edaphic conditions, such as a subsoil pH of higher than 5.0, light- to mediumtextured
subsoil and moderate water stress, allow increased growth of thin roots.
However, the effect of canopy management on root growth cannot be discounted due to its
importance in the variation of carbohydrate demand by competing sinks. This study showed that
lateral removal done from when the berries are at pea size results in an increase in the number
of thin roots (0.5-2.0 mm). The secondary leaf area represents at least the same leaf area as
the primary leaf area in all the vineyards evaluated, which reveals the relative importance of the
laterals in the total leaf area of the vine and the potential importance in terms of microclimate
and leaf area available for photosynthesis. Studies of root growth should take the vineyard
canopy architecture into account. / AFRIKAANSE OPSOMMING: As gevolg van langtermyn klimaatsveranderinge wat toegeskryf kan word aan die voorkoms van
hoër temperature en laer reënval, is faktore soos effektiwiteit van waterverbruik en
liggingseleksie vir nuwe kultivars van kardinale belang vir wingerdkunde. Binne hierdie konteks,
speel die wortelsisteem ‘n belangrike rol. Die belangrikheid hiervan vir wingerdfunksionering kan
toegeskryf word aan die talle funksies waarby dit betrokke is. Die ontwikkeling van die
wortelsisteem is dus hoogs relevant vir die wingerdkundige, omdat wingerdgroei en
funksionering afhanklik is van die ontwikkeling van die wortelsisteem. Verskille kan daarom dus
verwag word in terme van korrelrypwording op ‘n enkele wingerdstok van dieselfde onderstok
vir gevalle met verskillende ontwikkeling van die wortelsisteem, ten spyte daarvan dat dit op
dieselfde onderstok geënt is.
Wortelgroei word, onder ekologiese aspekte, deur verskillende faktore beïnvloed. Grondfaktore
het meerendeels ‘n predominante invloed op wortelgroei en -verspreiding, terwyl jaarlikse
wortelproduksie deur lowermanipulasie beïnvloed kan word. Weens die belangrikheid van
wortelgroei vir die bogrondse ontwikkeling van die wingerd, is dit krities om kennis op te doen
oor die verhouding tussen grondfaktore en wortelgroei en –verspreiding, asook die sentrale rol
wat die subterreinomgewing op die terroir-konsep speel. Die studie was daarop gemik om die
invloed van geselekteerde fisiese en chemiese parameters van grond op wortelgroei en
-verspreiding vas te stel, en ook te ondersoek of verskillende lowers wortelgroei sal beïnvloed.
Om laasgenoemde doelwitte te bereik, is twee eksperimente uitgevoer. Die eerste is uitgevoer
in ‘n kommersïele Sauvignon blanc-wingerd wat geënt is op Richter 110, sonder besproeïng en
met twee behandelings, naamlik onversteurde sêkondere lootgroei en volledige sêkondere
lootverwydering. Die tweede studie het die analise van agt kommersïele Sauvignon blancwingerde
geënt op Richter 99 en Richter 110 in die Stellenbosch Wyn van Oorsprong Distrik.
Metings van fisiese en chemiese grondfaktore, wortelgroei en -verspreiding, lowergroei en
-funksionering, plantwaterstatus en korrelsamestelling is uitgevoer.
Dit blyk dat edafiese faktore een van die belangrikste parameters is wat wortelontwikkeling
beïnvloed deur beskikbaarheid van grondwater te verander, en wat moontlik fisiese en
chemiese beperkings op wortelgroei kan veroorsaak. Uit die resultate van die studie is dit
duidelik dat intense waterspanning en ‘n pH (KCl) laer as 4.5 ‘n belangrike rol in die beperking
van wortelgroei speel. Aangesien die meeste van die grondsoorte in die Stellenbosch Wyn van
Oorsprong Distrik, veral al die subgronde, suur is, is dit ‘n faktor wat in oorweging geneem moet
word voor aanplantings. Die kombinasie van gunstige edafiese toestande, soos ‘n subgrond
met ‘n pH hoër as 5.0, ‘n lig tot medium tekstuur en matige waterspanning, sal dus aanleiding
gee tot ‘n toename in die groei van dun wortels.
Die effek van lowerbestuur op wortelgroei kan egter nie buite rekening gelaat word nie weens
die belangrikheid daarvan in die variasie van koolhidraataanvraag deur kompeterende
vraagpunte. Hierdie studie toon dat, indien sêkondere lootverwydering tydens ertjiekorrelgrootte
toegepas is, dit aanleiding gee tot ‘n toename in die dun wortels (0.5 tot 2.0 mm). Die
sêkondere blaaroppervlakte verteenwoordig minstens dieselfde blaaroppervlakte as die primêre
blaaroppervlakte in al die wingerde wat ondersoek is, wat dui op die belangrikheid van
sêkondere lote in die totale blaaroppervlakte van die wingerd en die potensiële belangrikheid daarvan in terme van mikroklimaat en blaaroppervlakte wat vir fotosintese beskikbaar is.
Studies van wortelgroei moet lowerargitektuur in ag neem.
|
3 |
Evaluering van grondvoorbereidingspraktyke wat in die wingerdbedryf uitgevoer word in terme van geselekteerde grondfisiese eienskappeKritzinger, Daniel Jacobus 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The study was conducted in the Western Cape Province to investigate the effect of soil
preparation on selected soil physical properties. This study was necessitated by the negative
effects that high soil bulk density has on the growth and production of a vine. Soil preparation
in South Africa are applied to remove root limiting layers in the subsoil and to create a larger
soil volume for root growth. The question is whether it is always necessary because of the
destruction of macropore structure and also the high costs that is involved. The study includes
different soil forms, different depths of tillage, different tillage operations and also the change
of soil physical properties with time. Soil physical properties that was investigated include,
bulk density (cloth method), infiltration (mini disk infiltrometer and double ring
infiltrometer), shear strength (pocket vane tester), soil strength (penetrometer) and root
distribution (profile wall method).
The main finding was that the positive effects of soil preparation were still clear after 25
years. The bulk density, shear strength, penetration resistance and infiltration with the double
ring infiltrometer of the deeper soil preparation practices were considerably lower than those
of undisturbed soil. Soil preparation shallower than 60 cm recompacted more than the deeper
tillage treatments. Hydraulic conductivity with the mini disk infiltrometer yielded mixed
results. This was mainly because measurements represented hydraulic conductivity through
the whole profile and therefore can be influenced by many factors. Root distribution has
increased with depth of tillage and the effect was clear at Nietvoorbij in the deeper (> 60 cm)
soil preparation treatments. There were no significant difference between the two soil
preparation methods (delve plough and soilmix) at Kanonkop, although the effect of
secondary compaction by the soilmix was quite clear. Recompaction over a year was clear in
the 2009 and 2010 tillage treatments at Broodkraal. The methods that were used to determine
the soil physical properties have all yield good results. At all the sites the tillage treatments
generally yielded better results than the undisturbed soils. It was also clear that the longer the
time after tillage the smaller become the difference between the tillage treatments and the
undisturbed soils. Recompaction did occur and therefore soil preparation might possibly be
applied again before new vines wants to be planted. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie is in die Wes-Kaap Provinsie gedoen om die effek van grondvoorbereiding op
geselekteerde grondfisiese eienskappe te ondersoek. Hierdie studie is genoodsaak deur die
nadelige gevolge wat hoë gronddigthede op die groei en produksie van ’n wingerdstok het.
Grondvoorbereiding in Suid-Afrika word toegepas om beperkende lae in die ondergrond te
verwyder en sodoende ‘n groter grondvolume vir wortelgroei beskikbaar te stel. Die vraag is
egter of dit altyd noodsaaklik is weens die vernietiging van voorkeur vloeikanale en die hoë
kostes wat daarmee gepaard gaan. Die studie sluit verskillende grondvorms, verskillende
dieptes van bewerking en verskillende tipes bewerking in asook hoe die toestande met
verloop van tyd verander. Grondfisiese eienskappe wat ondersoek is, sluit in: bulkdigtheid
(kluitmetode), infiltrasie (“mini disk” - en dubbelring infiltrometer), skuifsterkte (skroefbladmeter),
grondsterkte (penetrometer) en wortelverspreidings (profielwand metode). Die studie
is uitgevoer by drie verskillende proeflokaliteite, nl. Nietvoorbij, Kanonkop en Broodkraal.
Die vernaamste bevindings was dat die grondvoorbereidingsbehandelings se voordelige effek
oor die langtermyn, na 25 jaar, steeds duidelik waarneembaar was. Die bulkdigtheid,
skuifsterkte, penetrasieweerstand en infiltrasie met dubbelring infiltrometer van die dieper
grondbewerkingspraktyke was aansienlik laer as die kontrole behandelings (onversteurde
grond) gewees. Die grondvoorbereidingsaksies vlakker as 60 cm het tot ʼn mate weer
herverdig. Hidrouliese geleiding met minidisk infiltrometer het baie wisselvallige resultate
opgelewer. Dit is hoofsaaklik omdat die meting die geleiding deur die hele profiel
verteenwoordig en daar baie faktore is wat dit kan beïnvloed. Die wortelverspreiding het met
diepte van grondbewerking toegeneem en die langtermyn voordelige effek was duidelik by
Nietvoorbij in die dieper (> 60 cm) grondvoorbereidingsbehandelings sigbaar. Die twee
grondvoorbereidingspraktyke (dolbewerking en “soilmix”) by Kanonkop het nie betekenisvol
van mekaar verskil nie, alhoewel die effek van sekondêre kompaksie soos veroorsaak deur die
“soilmix” implement, duidelik was. Herverdigting oor die tydperk van ’n jaar was duidelik
tussen die 2009- en 2010 bewerking by Broodkraal. Die metingsmetodes waarmee die
grondfisiese eienskappe ondersoek is, het almal goeie resultate gelewer. By al die
proeflokaliteite het die bewerkingsbehandelings oor die algemeen beter resultate as die
kontrole-behandelings (onversteur) gelewer. Hoe langer die tydperk na grondvoorbereiding
hoe kleiner was die verskil tussen die bewerkingsbehandelings en die kontrole. Herverdigting
het wel voorgekom en daarom sal grondvoorbereiding moontlik weer toegepas moet word
wanneer nuwe aanplantings gemaak word.
|
4 |
The edaphic and climatic effects on production and wine quality of Cabernet Sauvignon in the Lower Olifants River regionBruwer, Rachel Jacoba 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Viticulture and Oenology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Cabernet Sauvignon is the most planted red cultivar in South Africa and the second
most planted red cultivar in the Olifants River region. The cultivar is prone to vigorous
growth with low yields. Excessive irrigation could accentuate these cultivar
characteristics. Considering the foregoing, the aim of the study was to describe how
Cabernet Sauvignon will react to climate, soil type (texture) and irrigation within the
Lower Olifants River wine region to enable growers to make the right decisions
regarding long term as well as short term cultivation practices. This study is part of a
project carried out by the ARC Infruitec-Nietvoorbij at Stellenbosch to determine the
effects of soil type and atmospheric conditions on yield and wine quality of Cabernet
Sauvignon in different grape growing regions of South Africa. Similar studies are being
carried out in the Orange River, Stellenbosch and Swartland regions of South Africa.
The Lower Olifants River region could be divided into three climatic regions.
Furthermore, two climatic regions is evident regarding the formation of grape wine
colour and aromas. Proximity to the Atlantic Ocean would play an important role in a
cultivar establishment policy.
The variation in stem water potential (ΨS) could be related to soil water status
expressed in terms of matric potential (ΨM). In the case of sandy soils, ΨS decreased
substantially more as the ΨM decreased compared to the sandy loam soils. The reason
could be that the unsaturated hydraulic conductivity in sandy soils decreased more
rapidly as the ΨM decreased compared to the heavier soils. Thus could explain why the
grapevines in the sandy soils experienced more water stress than the ones in the sandy
loam soils at a given ΨM.
Climate had a strong influence on grapevine water status with grapevines nearer to
the ocean experiencing less water stress compared to the ones further inland. This was
especially true for grapevines in the sandy soils.
Vegetative growth and yield of grapevines in the sandy soils were more sensitive to
water deficits compared to the ones in the sandy loam soils. For deficit irrigated
grapevines in the sandy soils, vegetative growth and yield decreased by ca. 30% when
ca. 55% less water was applied from flowering to harvest. Yield reduction were ca. 15%
with no or very little influence on vegetative growth with ca. 80% reduction in water
applied from flowering to harvest for grapevines in the sandy loam soils.
The influence of soil texture on wine quality and style were evident under intensive
irrigation as well as over different climatic regions. Overall sensorial potential wine
quality of grapevines in sandy soils tended to be higher compared to the ones in the
sandy loam soils. Deficit irrigation tended to increase wine colour intensity, irrespective
of soil texture. Furthermore, deficit irrigation in sandy loam soils tended to increase wine
fullness and the berry characteristics of the wine. Berry characteristics of wines from the
sandy soils tended to be higher compared to the ones from the sandy loam soils. Too
severe water deficits in sandy soils could be detrimental to wine quality. Climate tended to have an influence on wine style of grapevines in the sandy soils with wines produced
further away from the ocean tended to have higher berry characteristics.
Irrigation management could be a powerful tool to manipulate the grapevine in
sandy soils. For grapevines the sandy loam soils in addition to regulated deficit
irrigation, additional canopy management practices could be needed to improve wine
quality. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Cabernet Sauvignon is die mees aangeplante rooidruif kultivar in die Suid-Afrikaanse
wynbedryf. In die Olifantsriver streek is dit naas Shiraz, die tweede mees aangeplante
rooidruif kultivar. Cabernet Sauvignon is bekend as ‘n groeikragtige skaamdraer. Indien
oorbesproei word, kan hierdie potensiële nadelige eienskappe nog meer na vore tree.
Die doel van die studie is om die invloed van die klimaat, grond en besproeiing op
Cabernet Sauvignon se vegetatiewe groei, produksie en wyngehalte in die Benede
Olifantsrivier streek te bepaal. Hierdie inligting kan produsente help om ingeligte kortsowel
as langtermyn besluite te maak rakende die verbouing van Cabernet Sauvignon.
Hierdie studie vorm deel van ‘n breër studie in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, gedryf
deur die Landbou Navorsingsraad (LNR) Infruitec-Nietvoorbij, Stellenbosch om die
invloed van atmosferiese toestande en grond op die produksie en wyngehalte van
Cabernet Sauvignon te bepaal. Soortgelyke projekte word uitgevoer in die Oranjerivier,
Stellenbosch en Swartland wynstreke.
Die Benede Olifantsrivier streek kan verdeel word in drie klimaatstreke op grond
van temperatuurdata. In terme van die ontwikkeling van druifkleur en aromas, kan die
streek verdeel word in twee klimaatstreke. Die afstand vanaf die Atlantiese Oseaan kan
‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van ‘n kultivarriglynplan vir die streek.
Grondwaterstatus, uitgedruk as die matrikspotensiaal (ΨM), kan aanleiding gee tot
variasie in middag blaarwaterpotensiaal (ΨS) lesings. Die ΨS van die sand gronde
verlaag vinniger soos die ΨM verlaag invergelyke met die sandleem gronde. Dit kan
moontlik wees as gevolg van die verskil in die grond onversadigde hidroliese
konduktiwiteit. Sand gronde se hidroliese konduktiwiteit verlaag vinniger soos die ΨM
verlaag, invergelyke met sandleem gronde. Dit verklaar waarom wingerde in sand
gronde by dieselfde ΨM, meer waterspanning ondervind as wingerde in sandleem
gronde.
Klimaat het ‘n invloed op die waterstatus van die wingerdstok. Wingerde nader aan
die see het minder waterspanning ondervind invergelyke met wingerde wat verder in die
binneland geleë is. Dit was veral die geval met wingerde in die sand gronde.
Vegetatiewe groei en produksie van wingerde in die sand gronde is meer sensitief
vir waterspanning as wingerde in die sandleem gronde. Tekortbesproeiing in die sand
gronde het die groei asook produksie met ongeveer 30% verlaag deur ongeveer 55%
minder water toe te dien vanaf blom tot oes. In teenstelling daarmee is die produksie
van wingerde in die sandleem gronde met ongeveer 15% verlaag met geen tot baie min
verlaging in die groeikrag. Ongeveer 80% minder water is toegedien vanaf blom tot oes.
Grondtekstuur kan wyngehalte en -styl beïnvloed ten spyte van intensiewe
besproeiing en klimaatsverskille. Sensoriese potensiële wyngehalte van wingerde in die
sand gronde was beter invergelyke met dié van die sandleem gronde. Die wyne vanaf
die sand gronde het ook geneig om oor meer bessie intensiteit te beskik as wyne vanaf
die sandleem gronde. Tekortbesproeiing neig om die wynkleur intensiteit te verhoog,
ongeag van grondtekstuur. Tekortbesproeiing in die sandleem gronde kan ook die
volheid van die wyne verbeter, asook die bessie intensiteit van die wyn verhoog. Te hoë waterspanning in die sand gronde kan wyngehalte nadelig beïnvloed. Klimaat kan ook
die wynstyl vanaf sand gronde beïnvloed met wyne verder vanaf die see wat oor meer
bessie intensiteit beskik as wyne nader aan die see.
Beheerde tekortbesproeiing kan as ‘n kragtige hulpmiddel gebruik word om
wingerde in die sand gronde te manipuleer. Vir wingerde in die sandleem gronde,
addisioneel tot beheerde tekortbesproeiing en normale loofbestuurspraktyke, kan ekstra
loofbestuurspraktyke bv. die verwydering van sylootlote, dalk nodig wees om
wyngehalte te verbeter.
|
5 |
Effect of climate and soil water status on Cabernet Sauvignon (Vitis vinifera L.) grapevines in the Swartland region with special reference to sugar loading and anthocyanin biosynthesisMehmel, Tara Olivia, Van Heerden, Tara Olivia 23 November 2010 (has links)
Thesis (MScAgric (Viticulture and Oenology))--University of Stellenbosach, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Cabernet Sauvignon, the most planted red wine cultivar in South Africa, is prone to vigorous
growth with low yields. The aim of the study was to describe how Cabernet Sauvignon
grapevines react to climate and irrigation within the Swartland region. Such knowledge would
assist growers in decisions regarding long term as well as short term cultivation practices. This
study was part of a larger project carried out by the Infruitec-Nietvoorbij institute of the
Agricultural Research Council at Stellenbosch to determine effects of soil type and climate on
yield and wine quality of Cabernet Sauvignon. The larger project was carried out in selected
grape growing regions, i.e. Stellenbosch, Swartland, Lower Olifants River and Lower Orange
River.
Due to the proximity to the Atlantic Ocean, the study area in the Swartland region could
be divided into two climatic regions for viticulture. Grapevines near Philadelphia closer to the
ocean experienced less water constraints compared to those further inland near Wellington.
Variation in stem water potential could also be related to soil water matric potential. Climate
tended to have a more pronounced effect on the grapevine response to water constraints
further inland than closer to the ocean. Vegetative growth, berry size and yield depended on
water constraints experienced by the grapevines. In the warmer climate, severe constraints
reduced yield.
In the warmer climate, grapes started to ripen earlier than those in the cooler climate.
Sugar concentration (mg/mL) was highest where grapevines experienced moderate water
constraints. These seemingly balanced grapevines had the highest sugar accumulation,
probably due to optimum photosynthesis and carbohydrate utilization. Low water constraints
increased vegetative growth which could have been a sink for sugar loading. In addition to
sugar loading, degree Balling (°B) increases could also have been due to a concentration effect
where water constraints reduced berry volume. Therefore, °B is probably not a representative
indicator of grapevine functioning.
Anthocyanin biosynthesis, as quantified on a per berry basis, showed that sugar and
anthocyanin could be co-regulated, with anthocyanin biosynthesis reaching a plateau when the
sugar content per berry reached 200 mg/mL to 220 mg/mL. At véraison, the most intense grape
colour occurred where grapevines experienced moderate water constraints, i.e. single drip line
at Wellington and no irrigation at Philadelphia. However, at harvest grapes from the cooler
climate tended to have more intense colour and higher phenolics, indicating that lower
temperatures favoured anthocyanin biosynthesis. These results supported earlier findings that
grapevine water status influences berry volume and dynamics of berry ripening.
Water constraints tended to increase sensorial wine colour intensity, as well as wine
fullness. Moderate water constraints at both localities resulted in the best sensorial wine quality.
Yet there were indications that too severe water constraints could be detrimental to wine quality. Irrigation can be used to manipulate grapevine growth in warmer climates, but might be less
effective in cooler climates. In warmer climates, moderate water constraints required to achieve
balanced grapevine functioning can be obtained with single drip irrigation, but this might not be
the case in cooler climates. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Cabernet Sauvignon, die mees aangeplante rooiwynkultivar in Suid-Afrika, is geneig tot kragtige
groei met lae opbrengste. Die doelwit van hierdie studie was om te beskryf hoe Cabernet
Sauvignon-wingerdstokke reageer op klimaat en besproeiing in die Swartland-streek. Hierdie
kennis sal kwekers help wanneer hulle besluite moet neem oor langtermyn sowel as korttermyn
verbouingspraktyke. Hierdie studie was deel van ‘n groter projek deur die Infruitec-Nietvoorbij
Instituut van die Landbounavorsingsraad op Stellenbosch om die effekte van grondtipe en
klimaat op die opbrengs en wynkwaliteit van Cabernet Sauvignon te bepaal. Die groter projek is
in geselekteerde wingerdverbouingstreke uitgevoer, nl. Stellenbosch, Swartland, Benede
Olifantsrivier en Benede Oranjerivier.
As gevolg van die nabyheid daarvan aan die Atlantiese Oseaan kon die studiegebied in
die Swartland-streek in twee klimaatstreke vir wingerdbou verdeel word. Wingerdstokke by
Philadelphia, wat nader aan die oseaan is, het minder waterstremming ervaar as dié verder
binnelands naby Wellington. Veranderinge in stamwaterpotensiaal hou moontlik ook verband
met die grondwater- matrikspotensiaal. Klimaat het ‘n groter effek op die reaksie van die
wingerdstok op waterstremming verder binnelands as nader aan die oseaan. Vegetatiewe groei,
korrelgrootte en opbrengs was afhanklik van die waterstremminge wat deur die wingerdstokke
ervaar is. In die warmer klimaat het die ernstige stremminge opbrengs verminder.
In die warmer klimaat begin druiwe vroeër ryp word as in die koeler klimaat.
Suikerkonsentrasie (mg/ml) was die hoogste waar wingerde matige waterstremming ervaar het.
Hierdie skynbaar gebalanseerde wingerdstokke het die hoogste suikerakkumulasie vertoon,
moontlik as gevolg van optimum fotosintese en koolhidraatverbruik. Lae waterstremming het
vegetatiewe groei verhoog, wat ook ‘n vraagpunt vir suikerlading kon wees. Benewens
suikerlading kon verhogings in grade Balling (°B) ook moontlik aan ‘n konsentrasie-effek
toegeskryf word in terme waarvan waterstremming die korrelvolume verminder het. °B is dus
moontlik nie ‘n verteenwoordigende indikator van wingerdstokfunksionering nie.
Antosianienbiosintese, soos gekwantifiseer op ‘n per-korrel basis, het getoon dat suiker
en antosianien saam gereguleer kon word, en dat antosianienbiosintese ‘n plato bereik het
wanneer die suikerinhoud per korrel 200 mg/mL tot 220 mg/mL was. By deurslaan het die mees
intense druifkleur voorgekom waar die wingerdstokke matige waterstremming ervaar het, d.w.s.
enkel druplyn op Wellington en geen besproeiing op Philadelphia. Teen oes was die druiwe in
die koeler klimate egter geneig om meer intense kleur en meer fenole te bevat, wat aandui dat
laer temperature antosianienbiosintese bevoordeel. Hierdie resultate ondersteun vroeër
bevindings dat die waterstatus van die wingerdstok ‘n invloed op korrelvolume en die dinamika
van korrelrypwording het.
Waterstremming neig om die sensoriese wynkleurintensiteit te verhoog, asook die
volheid van die wyn. Matige waterstremming op beide liggings het aanleiding gegee tot die beste sensoriese wynkwaliteit. Tog was daar aanduidings dat waterstremming wat te straf was,
nadelig kon wees vir wynkwaliteit. Besproeiing kan gebruik word om wingerdgroei in warmer
klimate te manipuleer, maar is moontlik minder effektief in koeler klimate. In warmer klimate kan
die matige waterstremming wat benodig is vir gebalanseerde wingerdstokfunksionering, verkry
word deur enkel drupbesproeiing, maar dit is moontlik nie die geval in koeler klimate nie.
|
6 |
Identification of terroirs in the Robertson valley for Chardonnay and Shiraz : a focus on soil and rootsErazo-Lynch, Leonardo 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Viticulture and Oenology))--University of Stellenbosch, 2011. / Includes bibliography. / ABSTRACT: The grapevine must constantly find a balance between two continually changing environments,
the rhizosphere (i.e. soil) and the troposphere (i.e. macroclimate). The adaptations are
extremely complex because they encompass complicated and interrelated processes that are
not yet fully understood.
In terms of water-use behaviour, differences between cultivars have been described in the
literature. In this study, the water status and stomatal conductance of four cultivars (Shiraz,
Grenache, Pinot noir and Chardonnay) grafted onto R99 were studied. Diurnal cycles of water
status and stomatal conductance, from 07:00 to 19:00, were followed for a single day at the end
of the 2009 season. The results showed that, at the end of the season, Shiraz was subjected to
water stress conditions, losing leaves and showing symptoms of berry shrivelling. The other
three cultivars had a much better canopy status and no symptoms of berry shrivelling were
observed. Based on the canopy observations and a comparison of the curves of stem water
potential (Ψs) and stomatal conductance (gs), it seems that Pinot noir and Chardonnay are
closer to the water-use behaviour of Grenache noir, which is known as a “pessimistic” cultivar,
than to Shiraz, which is an “optimistic” cultivar.
A study of four plots each of Chardonnay/101.14 Mgt and Shiraz/101.14 Mgt was carried out in
eight commercial vineyards in the Robertson region in order to investigate the relationship
between soil and root morphology, and the influence thereof on canopy development and berry
growth. These plots had different soil types. Important soil properties are reported to limit root
growth, individually or as a combination of restrictions. It was found that the size of the root
system of 101.14 Mgt is defined by soil physical and chemical properties. The roots of 101.14
Mgt under irrigation can grow to a depth of 100 cm or beyond if the soil physical and chemical
properties allow it.
Because the soil properties define the root system and the water storage/drainage, they greatly
influence the plant water status, even under irrigation. In an arid zone like Robertson, irrigation
is an important management tool. The balance between canopy growth before véraison and the
ability of the root-soil system to maintain that canopy size during the ripening process is crucial
in an area with a high evaporative demand. In this regard, not all the soil properties-root system
combinations showed satisfactory performance in maintaining the canopy functioning, which
affected berry sugar loading and berry volume.
In another study that is presented, forty soil profiles were characterised in the Robertson valley.
The root systems were considered as a product of the soil properties, and thus the morphology
of the root systems was used as a starting point to group soils together. The importance of soil
depth has been described well, thus the root systems were first classified according to rooting
depth – into shallow and deep root systems. The deep root systems were then subdivided,
creating two subgroups of high root density and low root density. The two extreme groups (i.e.
shallow roots, and deep roots with high root density) have particularly different soil properties.
The soil characteristics found in these extremes are represented up to certain point by families
of the South African soil taxonomy, mainly due to the restrictive function of the B horizon. This
restrictive function is related to soil properties that are taken into consideration in the South
African soil classification and that are important for grapevine root growth, as well as the
thickness of the described horizons and the physical and chemical differences between the
horizons.
Soil properties have an important influence on root morphology. Due to the fundamental role
played by the root system in the overall plant functioning, soil properties are of critical
importance. In an arid area, the low water pressure in the atmosphere and the high temperature
greatly affect the plant water status. The soil-root system combination plays an important role in
the ability of the root system to supply the plant with water during times of high evaporative
demand. Different cultivars will react differently due to differences in transpiration control. The
maintenance of an adequate water status will have an immense influence on canopy
development and maintenance, and on normal and steady berry ripening. In this study it was
found that not all the soil-root combinations can fulfil this satisfactorily. Thus, the grapevine
balance determined by the combination of the soil-root-canopy complex and the influence of
management techniques is extremely important for the favouring of a good canopy:root system
ratio, a functional canopy throughout the season and a steady berry ripening curve.
|
7 |
Exploiting soil and terrain heterogeneity : an investigation into vigour and physiology of grapevines on and off "heuweltjies‟ in the Western Cape, South AfricaBekker, Stefanus Johannes 03 1900 (has links)
Thesis (MScAgric (Soil Science))--University of Stellenbosch, 2011. / Includes bibliography. / ENGLISH ABSTRACT: The topic of landscape heterogeneity has captured the imagination of ecologists and agriculturists alike and has been extensively investigated in this dissertation. Heuweltjies are landscape features putatively created by the termite Microhodotermes viator through their burrowing and nest-building activities. They have been closely examined in the natural veld of the Western Cape in the recent past and are the focus of many ecological studies. However, the effect of heuweltjies in cultivated landscapes (e.g. vineyards, orchards and wheat lands) remains unexplored. This study contributes significantly to our understanding of soil modifications associated with heuweltjies, as well as the physiology of vines growing on and off heuweltjies and wine made from these vines. It was hypothesized that heuweltjies occurring in cultivated areas can significantly affect crop yield and quality, thereby establishing itself as a potentially important role player in the agricultural economy of the Western Cape. This study was conducted in two climatic regions of the Western Cape, Stellenbosch (Mediterranean climate, Cabernet Sauvignon) and Robertson (semi-arid climate, Shiraz) to better understand how differences in heuweltjie characteristics correspond to differences in rainfall and temperature. In both study areas, heuweltjie soils were compared to non-heuweltjie soils with respect to physical and chemical. Grapevines associated with these heuweltjies were also compared to those growing on the adjacent, non-heuweltjie soils to determine any variation in vine vigour, physiology, phenology, berry characteristics and wine quality. Through the use of ANOVA's and Fisher's LSD posthoc tests to indicate statistical significance in soil and grapevine characteristics, it was apparent that heuweltjies induce substantial changes in soil and vine properties. Significant differences in the water content exist between the soils of the heuweltjies and non-heuweltjie areas. Heuweltjie soils exhibited higher values in comparison to the non-heuweltjie soils in the Stellenbosch study area, with opposite results in Robertson. Heuweltjie soils also displayed higher exchangeable calcium and magnesium and higher total carbon and total nitrogen values than non-heuweltjie soils in both study areas. Differences in physiology were more subtle, but vine vigour was severely altered on the heuweltjie-associated vines, exhibiting excessive vegetative growth in Stellenbosch, leading to variations in berry characteristics on and off the heuweltjies. Again, the opposite was observed for Robertson. Lower sugar and alcohol percentages and higher titratable as well as malic acid concentrations were observed in the wines emanating from the heuweltjies in Stellenbosch. Sensory analyses proved significant, as lower astringency and alcohol burn were detected in the Cabernet Sauvignon heuweltjie wines than the non-heuweltjie wines in the Stellenbosch study area. Chemical differences in the wines from the Robertson study are were insignificant. However, a significantly lower fruitiness was observed in the Shiraz heuweltjie-wines when compared to the non-heuweltjie wines. Differences in soil water content between heuweltjies and its adjacent soils was the most influential factor in this study, and affected all of the soil-grapevine interactions to a large extent. Further research need to be conducted to better understand and clarify the reasons behind these variations, as well as possible effects of global warming on heuweltjie functioning in different climatic regions of the Western Cape. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die onderwerp van landskap heterogeniteit het die verbeelding van beide ekoloë en landboukundiges aangegryp en is op `n omvangryke wyse ondersoek in hierdie tesis. Heuweltjies is landskap eienskappe geskep deur die uitgrawe en nesbou aktiwiteite van die termiet Microhodotermes viator. Heuweltjies in die natuurlike veld is intensief bestudeer in die onlangse verlede en is die fokus van `n verskeidenheid ekologiese studies. In bewerkte landskappe (bv. wingerde, vrugteboorde en koringlande) is daar egter `n groot tekort aan navorsing oor die invloed van heuweltjies. Hierdie studie dra grotendeels by tot ons begrip van heuweltjie-geassosieërde grondverandering, asook die fisiologie van wingerd wat groei op en af van heuweltjies, sowel as die wyn afkomstig van hierdie wingerdstokke. Hipoteties sal heuweltjies in bewerkte areas die gewasopbrengs asook –kwaliteit betekenisvol beïnvloed en word so dus gevestig as `n potensieël belangrike rolspeler in die landbou-ekonomie van die Wes-Kaap. Die studie was onderneem in twee klimaatstreke van die Wes-Kaap, Stellenbosch (Mediterreënse klimaat, Cabernet Sauvignon) en Robertson (semi-ariede klimaat, Shiraz) om vas te stel hoe verskille in heuweltjie eienskappe ooreenstem met verksille in reënval en temperatuur. In beide studie areas is heuweltjie gronde met nie-heuweltjie gronde vergelyk met betrekking tot fisiese en chemiese eienskappe. Wingerdstokke geassosieër met heuweltjies is ook vergelyk met dié wat heuweltjies omring om enige variasie in groeikrag, fisiologie, fenologie, druifkorrel eienskappe en wynkwaliteit te bepaal. Deur gebruik te maak van ANOVA's en Fisher se LSD posthoc toetse om statistiese betekenisvolheid in grond- en wingerdeienskappe aan te dui, was dit duidelik dat heuweltjies wesenlike veranderinge in dié eienskappe teweegbring. Betekenisvolle verskille heers in die waterinhoud tussen die heuweltjie en nie-heuweltjie gronde. Heuweltjie gronde het hoër waardes getoon in vergelyking met die nie-heuweltjie gronde in die Stellenbosch studie area, met teenoorgestelde bevindings in Robertson. Heuweltjie gronde het ook `n hoër konsentrasie uitruilbare kalsium en magenesium, en totale koolstof en stikstof in vergelyking met nie-heuweltjie gronde. Verskille in fisiologie was baie meer subtiel, maar wingerd groeikrag was beduidend verskillend op die heuweltjie-geasossieërde wingerdstokke, met oormatige vegetatiewe groei in Stellenbosch wat lei tot `n verskil in druifkorrel eienskappe op en af van die heuweltjie. Weereens is die teenoorgestelde waargeneem in Robertson. Laer suiker en alkohol persentasies, asook hoër titreerbare - en appelsuur konsentrasies was te bespeur in die wyne afkomstig van die heuweltjies in Stellenbosch. Sensoriese analise het betekenisvolle verskille bewys, met `n laer vrankheid en alkohol-brand sensasie waargeneem vir die Cabernet Sauvignon heuweltjie wyne as die nie-heuweltjie wyne in die Stellenbosch studie area. Chemiese verskille in die wyne vanaf Robertson was onbeduidend. Sensoriese analise het egter anders bewys, met `n betekenisvolle laer vrugtigheid te bespeur in die nie-heuweltjie wyne as die heuweltjie wyne in die Robertson studie area. Verskille in die grondwaterinhoud tussen heuweltjies en omringende gronde was die mees invloedryke faktor in hierdie studie en beïnvloed tot `n groot mate al die grond-wingerdstok interaksies. Verdere navorsing is nodig om helderheid te verskaf agter die redes vir hierdie variasies, sowel as moontlike gevolge van aardverwarming op funksionering van heuweltjies in verskillende klimaatstreke van die Wes-Kaap.
|
Page generated in 0.1804 seconds