• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 4
  • 1
  • Tagged with
  • 10
  • 7
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Enkele aspekte van die kulturele lewe van blanke Afrikaanssprekendes aan die Witwatersrand. 'n Sosiologiese studie

Els, Johan January 1971 (has links)
No abstract available. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1971. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / unrestricted
2

Worlds Wide

Blanke, Will H, Jr. 17 May 2013 (has links)
Story of an alien who inhabits the body of middle-aged man George. Mission for Alien George is to convince a fertile, intelligent, attractive woman to move back with him to their planet to create a hybrid species. The major benefit for the woman is having the alien's elixir for her to live for thousands of years. George begins to feel human emotions for Connie, the young woman he initially picks. However, Connie is a lost drug addict who has no signs of a future. This does not appease George's alien guide. George must weigh his new human emotions with his almost eternal life with creating a new species. George is supposed to develop Connie's love to get back to his planet. But does love remain an idea aliens have studied or does George begin to feel what love feels like?
3

Kleurlingbehuising in Eersterust, Pretoria : 'n sosiologiese ontleiding met besondere verwysing na onwenslike behuisingstoetstande en die houding van die kleurlinge ten opsigte van hul behuisingsomstandighede

Van der Walt, T.J. January 1966 (has links)
No abstract available. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1966. / gm2014 / Sociology / Unrestricted
4

Ideologiese grondslae en ontwikkeling van die blanke fascistiese bewegings in Suid-Afrika, 1945-1995 (Afrikaans)

Visser, Myda Marista 02 August 2006 (has links)
Please read the abstract in the section 07 back of this document / Dissertation (MA (Cultural History))--University of Pretoria, 2007. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
5

Die effek van militêre ontplooiing op die soldaat in Kwazulu-Natal met spesifieke verwysing na die gesin

Mathee, Anél. 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Na aanleiding van die toename in tendense wat voorkom by die ontplooide soldate, byvoorbeeld aansoeke om verplasings nader aan die huis, afwesigheid sander verlof en alkoholmisbruik, het die navorser ondersoek ingestel na die effek van die ontplooiing op die soldaat en sy gesin. 'n Verkenningstudie is gekies om die probleemareas te verken. Die nominale groepstegniek is gebruik om die inligting te verkry vanaf die 16 gesinne wat deur doelbewuste seleksie gekies is. Die Die navorser het bevind dat daar wel verskeie probleme tuis ontstaan het as gevolg van die ontplooiing. Beide die blanke en Zoeloe gesinne het probleme ervaar as gevolg van die ontplooiing, alhoewel die probleme verskil het by die verskillende kulture. Verskeie aanbevelings is gemaak en sluit die samewerking van die maatskaplike werkers, kompanie bevelvoerders, eenheidsbevelvoerders om die omstandighede van die soldate in die ontplooiingsituasie, asook die van hulle gesinn, te verbeter. / M.A. (Maatskaplike Werk)
6

Die effek van militêre ontplooiing op die soldaat in Kwazulu-Natal met spesifieke verwysing na die gesin

Mathee, Anél. 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Na aanleiding van die toename in tendense wat voorkom by die ontplooide soldate, byvoorbeeld aansoeke om verplasings nader aan die huis, afwesigheid sander verlof en alkoholmisbruik, het die navorser ondersoek ingestel na die effek van die ontplooiing op die soldaat en sy gesin. 'n Verkenningstudie is gekies om die probleemareas te verken. Die nominale groepstegniek is gebruik om die inligting te verkry vanaf die 16 gesinne wat deur doelbewuste seleksie gekies is. Die Die navorser het bevind dat daar wel verskeie probleme tuis ontstaan het as gevolg van die ontplooiing. Beide die blanke en Zoeloe gesinne het probleme ervaar as gevolg van die ontplooiing, alhoewel die probleme verskil het by die verskillende kulture. Verskeie aanbevelings is gemaak en sluit die samewerking van die maatskaplike werkers, kompanie bevelvoerders, eenheidsbevelvoerders om die omstandighede van die soldate in die ontplooiingsituasie, asook die van hulle gesinn, te verbeter. / M.A. (Maatskaplike Werk)
7

Experiences of practitioners in early childhood development centres in impoverished and marginalised predominantly white communities

Knafo, Tilana 12 1900 (has links)
Poverty is a global concern and the implementation of a quality early childhood development (ECD) programme is one of the most powerful ways of breaking the poverty cycle. Although research has been done regarding ECD centres in impoverished, marginalised and predominantly black communities (informal settlements), there is little, if any, similar research regarding predominantly white settlements. The purpose of this narrative study is to explore and understand the experiences of ECD practitioners regarding their work in impoverished and marginalised predominantly white communities. I, therefore, conducted this study from a social constructivist paradigm. The participants constructed their realities based on their lived experiences and interaction with others. The experiences of the participants were also influenced by their entire ecological system – their everyday experiences in their work and lives, as well as more distal influences for example South-Africa’s socio-political dispensation and cultural influences. Consequently the study was framed within the Ecological Systems Theory of Bronfenbrenner. I collected data through narrative interviews with two participants (ECD practitioners), and through field notes from observations, documents, photographs and artefacts. From the coded data, four main themes emerged – social and personal experiences, experiences concerning place, experiences with camp leadership and experiences concerning support infrastructure. These themes will be useful to determine the kind of support that practitioners need to ensure the quality of ECD programmes to support the optimal development of the children. / Armoede is ʼn globale probleem en kwaliteit kleinkinderontwikkelingsprogramme (KKO-programme) is een van die kragtigste maniere om die armoede-siklus te verbreek. Alhoewel daar navorsing omtrent KKO-sentra in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend swart gemeenskappe (informele nedersettings) gedoen is bestaan daar min, indien enige, soortgelyke navorsing in oorwegend blanke nedersettings. Die doel van hierdie narratiewe studie is om die ervarings van KKOpraktisyns in hulle werk in verarmde en gemarginaliseerde oorwegend blanke nedersettings te ondersoek en te verstaan. Daarom het ek hierdie studie vanuit ‘n sosiaal-konstruktivistiese paradigma uitgevoer. Die deelnemers het hulle realiteite geskep gebaseer op hulle geleefde ervarings en interaksies met ander. Die ervarings van die deelnemers is ook beïnvloed deur hulle hele ekostelsel – hulle daaglikse ervarings in hulle werk en lewens, asook verwyderde stelsels van invloed soos Suid-Afrika se sosio-politieke bedeling en kulturele invloede. Gevolglik is hierdie studie geformuleer binne die Ekologiese Sisteemteorie van Bronfenbrenner as raamwerk. Ek het data versamel deur narratiewe onderhoude te voer met twee deelnemers (KKO-praktisyns), en deur veldnotas van waarnemings, dokumente, foto’s en artefakte. Uit die gekodeerde data het vier hooftemas navore gekom – sosiale en persoonlike ervarings, ervarings met betrekking tot plek, ervarings met kampleierskap en ervarings rakende ondersteuningsinfrastruktuur. Hierdie temas sal bruikbaar wees om die soort ondersteuning te bepaal wat praktisyns benodig om ʼn kwaliteit KKOprogram te verseker om sodoende die optimale ontwikkeling van die kinders te ondersteun. / Early Childhood Education / M. Ed. (Socio-Education)
8

Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal, gedurende die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans)

Pretorius, Willem Jacobus 01 July 2008 (has links)
Op 23 Junie 1900 het die Britse troepe Heidelberg beset. Die rustige bestaan het vir spanning onder die burgerlikes en agterdog teenoor die Britse militêre owerheid plek gemaak. Inwoners soos ds. A.J. Louw, wat geweier het om die Eed van Neutraliteit te teken, is onverwyld uit die dorp verban. Vroue soos Issie Kriegler en Cassie O’Reilly, wat met hulle uitgesprokenheid die gramskap van die Britte ontketen het, is saam met hulle gesinne na die konsentrasiekamp by Merebank in Natal gestuur. Aangesien die beëindiging van die oorlog vir die Britse owerheid belangrik was, het distrikskommissaris J.M. Vallentin Heidelbergse wapenneerlêers gebruik om die burgers tot oorgawe te oorreed en voorstelle vir die bereiking van vrede aan die hand te doen. As deel van die verskroeide aarde-beleid is Boerevroue en kinders wat sonder heenkome was, na die blanke konsentrasiekamp op Heidelberg geneem, waar hulle getalle mettertyd tot ongeveer 2 000 aangegroei het. Die Heidelbergse kampowerhede het die aankomelinge van tente voorsien terwyl higiëniese maatreëls en mediese dienste vir liggaamlike welsyn ingestel is. Siektes het uitgebreek. Die pogings van die Britse medici om die sterftesyfer met Westerse medikasie en voorskrifte vir beter voeding aan kinders te verlaag, het allesbehalwe seepglad verloop onder meer vanweë die Boerevroue se wantroue in hulle. Voor die Anglo-Boereoorlog was die gemeentelike lewe besonder aktief. Met die Britse oorname het eredienste, bediening van die doop en katkisasie in die susterskerke op Heidelberg op 'n gereelde grondslag voortgegaan. Godsdiensoefening in die konsentrasiekamp is ook nie agterweë gelaat nie. Fasiliteite is vir die gemeentelike aktiwiteite van die drie susterskerke beskikbaar gestel. Ook het die Britse kerke op Heidelberg, die St. Ninian’s Anglican Church en die Wesleyan Methodist Church, ‘n bloeitydperk beleef, terwyl die Berlynse Sendinggenootskap sy werksaamhede gestaak het. Teen 1902 is die kampinwoners toegelaat om dienste in hulle gemeentes op die dorp by te woon. Onderwys het met die Britse besetting ‘n nuwe tydvak betree. Die kampskool het saam met die skoolgeldheffende skole en die “free schools” op die dorp daartoe bygedra om die grondslag vir ‘n Britse onderwysstelsel in Transvaal te lê. Ingevoerde Britse onderwysers het nuwe wêrelde vir die kampkinders ontsluit, wat hulle tot verdere intellektuele ontwikkeling sou aanspoor. Die kampskole, waarby ook volwassenes gebaat het, was ‘n ligpunt in die bestaan van die konsentrasiekampe. Tot onlangs was min oor die swart konsentrasiekampe in die Heidelbergdistrik bekend. Toestande in hierdie kampe het na hulle oorname deur die Departement van Naturellevlugtelinge in Junie 1901 verbeter. Swartes is deur die leër en privaat huishoudings in diens geneem. Sommige was selfversorgend deurdat hulle mielies en ander gewasse produseer het. Die swart kamp op Heidelberg se sterftesyfer was laag. Dit is waarskynlik aan die goeie werk van die mediese offisier, ene Stewart, te danke. Hervestiging van blanke en swart kampinwoners het na afloop van die oorlog in Mei 1902 gevolg. Met Britse hulp en danksy rantsoene wat aan hulle uitgereik is, kon hulle huiswaarts keer. Dit blyk dat Heidelberg se blanke konsentrasiekamp relatief goed bestuur is en vanweë sy lae sterftesyfer onder die beter kampe tel. / Thesis (DPhil (History))--University of Pretoria, 2008. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
9

Narratiewe pastorale fasilitering wanneer geloofsvrae lei tot vervreemding

Van den Berg, Mariëtha. 11 1900 (has links)
M.Th. (Practical Theology)
10

Narratiewe pastorale fasilitering wanneer geloofsvrae lei tot vervreemding

Van den Berg, Mariëtha. 11 1900 (has links)
M.Th. (Practical Theology)

Page generated in 0.0628 seconds