• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die vorming van ’n eietydse ampsbegrip : Jesus se oproep tot dissipelskap (Afrikaans)

Jones, Robert Johannes 23 October 2010 (has links)
AFRIKAANS: Hierdie studie het ten doel gehad om die ampsbegrip van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) te meet aan die “amp” of te wel bedieninge in die Nuwe Testament, en meer spesifiek Jesus se oproep tot dissipelskap in Markus 8:34. Daar is aangetoon dat die historiese Jesus steeds relevant is vir kerklike teologie in die opsig dat daar ʼn saaklike kontinuïteit bestaan tussen die historiese Jesus en die kerk van vandag. Die slotsom waartoe gekom is, is dat daar in Jesus se oproep tot dissipelskap in Markus 8:34 ʼn implisiete ampsbegrip teenwoordig is, waarvan diensbaarheid op grond van selfverloëning, kruis opneem en navolging, die essensie vorm. Omdat die kerk bestaan uit ʼn groep gelowiges en daar in die kerk ook leiding gegee moet word, is ook aandag gegee aan leierskap en die vorming van kleingroepe soos gesien vanuit die sosiale wetenskappe. As verdere rede hiervoor kan aangevoer word dat groepvorming een van die belangrikste eienskappe is van institusionalisering. Die resultate van hierdie gedeelte is toegepas op die beweging rondom Jesus ten einde te sien hoe charisma en institusionalisering daarvan in die beweging rondom Jesus gefunksioneer het. Verder is ook gekyk na groepsdinamiek in die beweging rondom Jesus op grond van die funksionering van charisma in hierdie groep. Vervolgens is daar gewys op die rol wat institusionalisering van charisma gespeel het in die Pauliniese-, deutero-Pauliniese- en Pastorale Briewe. Kontinuïteit tussen die vroeë kerk en die Jesussaak is ook onder die soeklig geplaas. Omdat die ampsbegrip van die NHKA onder andere baie sterk steun op die denke van die reformatore soos Calvyn, is Calvyn se ampsbegrip asook die invloed van ander Reformatore se denke op dié van Calvyn, aan die orde gestel. Opsommend is ʼn paar slotopmerkings gemaak oor die ampsbegrip van die NHKA soos verwoord in sy Kerkorde en bevestigingsformuliere. Die gedagte is dat hierdie opmerkings vir die NHKA as riglyn kan dien vir die vorming van ʼn eietydse ampsbegrip. Die opsommende opmerkings word gemaak op grond van die resultate van die studie van Jesus se oproep tot dissipelskap ten einde te verseker dat die NHKA sy dienswerk doen in ooreenstemming met die Woord van God. Hierdie dienswerk word verrig in ʼn wêreld wat ver verwyderd is van dié waarin Jesus geleef en gedien het. ENGLISH: This study aims to examine the Netherdutch Reformed Church of Africa’s (NHKA) understanding of church office and measure it by “office” or ministries in the New Testament, and specifically by Jesus’ calling to discipleship in Mark 8:34. The relevance of the historical Jesus for contemporary church theology is indicated by the “essential” (Sache) continuity that exists between the historical Jesus and the church today. The study concludes that there is an implicit understanding of office present in Jesus’ calling to discipleship in Mark 8:34. The essence of this calling is servitude based on self denial, the taking up one’s cross and the following of Jesus. Because the church consists of a group of believers, who needs guidance, a part of the study focuses on leadership and the forming of small groups as described by social sciences. Another reason why this focus is important is that group forming is an essential characteristic of institutionalization. The results of this part of the study are applied to the movement around Jesus, the purpose of which is to study the functioning of charisma and institutionalization in this movement. Attention is also given to the group dynamic in the movement based on the functioning of charisma. Subsequently the role of institutionalization in the Pauline-, deutero-Pauline- and Pastoral Epistles are shown. The continuity between the early church and the Jesus cause is examined as well. The NHKA bases it’s understanding of church office to a large extent on the thoughts of reformers like Calvin. Therefore Calvin’s understanding of church office, as well as the influence that other reformers’ thoughts had on Calvin, is examined. Consequently a few remarks are made on the NHKA’s understanding of church office, as described in the NHKA church ordinance and the formulary for the confirmation of office-bearers. The aim is for these remarks to serve as a guideline for the NHKA to form a contemporary understanding of church office. The concluding remarks are derived from the results of the study on Jesus’ calling to discipleship, with the aim of assuring that the NHKA serves and works in correspondence to the Word of God. This serving is done in a world very different from the one in which Jesus lived and served. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / New Testament Studies / unrestricted
2

Kerklike leierskap vanuit 'n Pinksterperspektief

Atterbury, Vincent Edward 30 November 2002 (has links)
Text in Afrikaans / In this dissertation, different aspects of aChurch leadership" are examined from a Pentecostal perspective. The framework is composed of literature compiled over the past twenty years. Especially the relationship between Church Leadership and the working of the Holy Spirit comes under the searchlight. The Theological theory underlying the Church Leadership exponents as well that of the Pentecostal movement are developed and critically evaluated. The Pentecostal ideal is that church leadership will function as leadership within a church context under the guidance and "working of the Holy Spirit The Pentecostal movement emphasises that the working of the Holy Spirit is the criticalfactor determining the effectiveness of the church. In the literature en Church leadership, the main focus is placed on the key role of church leadership with specific reference to the functional aspects and skills that church leaders need to be effective. The implication of both the aforementioned points are discussed and compared as well as the possible implications for both are indicated. Systematic theological issues concerning the role of persons in specific offices in different church traditions are avoided. It is stated that in the literature on Church Leadership more emphasis should be placed in the Working of the Holy Spirit as the critical factor in church leadership. It is clear that there is not enough emphasis on the working of the Holy Spirit if taken into account the importance thereof for the church as a whole. An approach to church leadership as "spiritual leadership" could assist in future research on this matter. In chapter one the framework of this study is explained. Chapter two reflects on the development of the Pentecostal perspective and chapter three on the Church leadership perspective. The different topics, similarities, critical reflections, evaluations and recommendations are presented in the last chapter. / In hierdie proefskrif word daar vanuit 'n Pinksterperspektief 'n ondersoek gedoen na kerkleierskap. Die raamwerk is literatuur wat in die afgelope twintig jaar oor hierdie onderwerp na vore gekom het. Veral die verband wat aangebied word tussen kerkleierskap en die werking van die Heilige Gees, kom onder die soeklig. Die teologiese teoriee onderliggend aan die standpunte van die kerkleierskap-eksponente sowel as die van die Pinksterbeweging word ontwikkel en krities beoordeel. Die Pinksterideaal is dat kerkleierskap gekenmerk sal word as leierskap wat funksioneer onder die Ieiding en werking van die Heilige Gees. Die Pinksterbeweging beklemtoon dat die werking van die Heilige Gees die deurslaggewende faktor is vir die effektiewe werking en ontwikkeling van die kerk. In die literatuur oor kerkleierskap word daarenteen hoofsaaklik klem geplaas op die sleutelrol van kerkleierskap met spesifieke verwysing na die funksionele aspekte en vaardighede wat kerkleiers benodig met die oog op die uitbouing van die kerk. Die implikasies van beide beklemtoninge word ontwikkel en met mekaar vergelyk en moontlike implikasies vir beide word aangetoon. Sistematies-teologiese vraagstukke rakende die rot van persona in bepaalde ampte in verskillende kerklike tradisies word vermy. Dit word beredeneer dat daar in die literatuur oar die onderhawige onderwerp meer klem geplaas behoort te word op die werking van die Heilige Gees as die deurslaggewende faktor vir suksesvolle kerkleierskap. Dit is duidelik dat daar nie genoegsaam gefokus word op die werking van die Heilige Gees nie ten spyte van die belangrikheid daarvan vir die kerklike praktyk in geheel. Die moontlikheid om kerkleierskap eerder te omskryf en te benader as "geestelike leierskap” bied moontlikhede ten opsigte van toekomstige navorsing op die gebied. In hoofstuk een worrd die raamwerk waarbinne die studie ontwikkel uiteengesit. Hoofstuk twee bied die basis waarbinne die Pinksterstandpunt ontwikkel het terwyl hoofstuk drie die onderwerp vanuit 'n kerkleierskapsperspektief benader. Klemverskille, ooreenkomste, kritiese besprekings, evaluering en aanbevelings word in die laaste hoofstuk aangebied. / Practical Theology / D.Th. (Practical Theology)
3

Kerklike leierskap vanuit 'n Pinksterperspektief

Atterbury, Vincent Edward 30 November 2002 (has links)
Text in Afrikaans / In this dissertation, different aspects of aChurch leadership" are examined from a Pentecostal perspective. The framework is composed of literature compiled over the past twenty years. Especially the relationship between Church Leadership and the working of the Holy Spirit comes under the searchlight. The Theological theory underlying the Church Leadership exponents as well that of the Pentecostal movement are developed and critically evaluated. The Pentecostal ideal is that church leadership will function as leadership within a church context under the guidance and "working of the Holy Spirit The Pentecostal movement emphasises that the working of the Holy Spirit is the criticalfactor determining the effectiveness of the church. In the literature en Church leadership, the main focus is placed on the key role of church leadership with specific reference to the functional aspects and skills that church leaders need to be effective. The implication of both the aforementioned points are discussed and compared as well as the possible implications for both are indicated. Systematic theological issues concerning the role of persons in specific offices in different church traditions are avoided. It is stated that in the literature on Church Leadership more emphasis should be placed in the Working of the Holy Spirit as the critical factor in church leadership. It is clear that there is not enough emphasis on the working of the Holy Spirit if taken into account the importance thereof for the church as a whole. An approach to church leadership as "spiritual leadership" could assist in future research on this matter. In chapter one the framework of this study is explained. Chapter two reflects on the development of the Pentecostal perspective and chapter three on the Church leadership perspective. The different topics, similarities, critical reflections, evaluations and recommendations are presented in the last chapter. / In hierdie proefskrif word daar vanuit 'n Pinksterperspektief 'n ondersoek gedoen na kerkleierskap. Die raamwerk is literatuur wat in die afgelope twintig jaar oor hierdie onderwerp na vore gekom het. Veral die verband wat aangebied word tussen kerkleierskap en die werking van die Heilige Gees, kom onder die soeklig. Die teologiese teoriee onderliggend aan die standpunte van die kerkleierskap-eksponente sowel as die van die Pinksterbeweging word ontwikkel en krities beoordeel. Die Pinksterideaal is dat kerkleierskap gekenmerk sal word as leierskap wat funksioneer onder die Ieiding en werking van die Heilige Gees. Die Pinksterbeweging beklemtoon dat die werking van die Heilige Gees die deurslaggewende faktor is vir die effektiewe werking en ontwikkeling van die kerk. In die literatuur oor kerkleierskap word daarenteen hoofsaaklik klem geplaas op die sleutelrol van kerkleierskap met spesifieke verwysing na die funksionele aspekte en vaardighede wat kerkleiers benodig met die oog op die uitbouing van die kerk. Die implikasies van beide beklemtoninge word ontwikkel en met mekaar vergelyk en moontlike implikasies vir beide word aangetoon. Sistematies-teologiese vraagstukke rakende die rot van persona in bepaalde ampte in verskillende kerklike tradisies word vermy. Dit word beredeneer dat daar in die literatuur oar die onderhawige onderwerp meer klem geplaas behoort te word op die werking van die Heilige Gees as die deurslaggewende faktor vir suksesvolle kerkleierskap. Dit is duidelik dat daar nie genoegsaam gefokus word op die werking van die Heilige Gees nie ten spyte van die belangrikheid daarvan vir die kerklike praktyk in geheel. Die moontlikheid om kerkleierskap eerder te omskryf en te benader as "geestelike leierskap” bied moontlikhede ten opsigte van toekomstige navorsing op die gebied. In hoofstuk een worrd die raamwerk waarbinne die studie ontwikkel uiteengesit. Hoofstuk twee bied die basis waarbinne die Pinksterstandpunt ontwikkel het terwyl hoofstuk drie die onderwerp vanuit 'n kerkleierskapsperspektief benader. Klemverskille, ooreenkomste, kritiese besprekings, evaluering en aanbevelings word in die laaste hoofstuk aangebied. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D.Th. (Practical Theology)

Page generated in 0.1546 seconds