• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 199
  • 83
  • 55
  • 18
  • Tagged with
  • 363
  • 363
  • 317
  • 130
  • 130
  • 112
  • 107
  • 56
  • 44
  • 34
  • 34
  • 33
  • 30
  • 29
  • 28
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
361

Exploring differentiated teaching in a Grade 4 classroom

Hamman, Liezel Dina 04 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Societies are becoming more diverse and multicultural. Therefore both in South Africa and internationally, the education system must constantly be restructured to accommodate a diversity of learners; focusing on each learner’s unique learning abilities and needs. Given the benefits of differentiated teaching for effective learning, this study aimed to explore the use of differentiated teaching strategies and procedures to improve my teaching practice. Consequently, it also aimed to explore the influence that this may have on supporting the learners’ learning by focusing on their interests, readiness levels and learning preferences. This research study was based on a social constructivist perspective that views cognition, learning and instruction as intertwined. The study was embedded within a paradigm of praxis, with an action research as research design while a qualitative research methodology was employed. Purposeful sampling was used to select nine of my grade 4 learners to act as participants for the grade 4 class. Data was collected in the form of reflective drawings, a focus-group interview and accompanied activities, and a research journal. Furthermore, the data was analysed, using a thematic analysis coding scheme, to identify and interpret significant themes. The research findings indicated that the differentiated teaching strategies and procedures enhanced my grade 4 learners’ learning as they realised their own strong points and learning potential. The teaching strategies also demonstrated the potential to facilitate the development of my learners’ knowledge of their own interests and learning preferences and allowed them the incentive to develop a sense of self efficacy. In addition to this, the research process demonstrated the ability to support me in fulfilling my role as primary supporter in the learning support network and enhance my teaching practice. The information gained from this study will be used to inform my future teaching practice. I now realise the value of employing differentiated teaching strategies and procedures into my lessons, as well as the importance of reflecting on my teaching process and considering the uniqueness of each learner in my class. Additionally, teacher training institutes may benefit from the information gained from this research study, for improving teaching practice. Findings attained from this study also have the potential to inform future cycles of action research or alternatively to be used for other research within the field. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die samelewing raak gaandeweg meer divers en multikultureel. Die onderwysstelsel, beide in Suid-Afrika en internasionaal, moet daarom voortdurend geherstruktureer word om te verseker dat die diversiteit van leerders geakkomodeer word deur te fokus op elke leerders se unieke leervermoëns en -behoeftes. Gegewe die bewese voordele van gedifferernsieërde onderrig, het hierdie navorsingstudie gepoog om die gebruik van gedifferensieerde onderrigprosedures en strategieë vir die verbetering van my onderrigpraktyk te ondersoek. Die studie was ook daarop gemik om die invloed wat gedifferensieerde onderrigprosedures op die ondersteuning van my leerders se leerproses het, na te vors deur te fokus op hulle belangstellings, gereedheidsvlakke en leervoorkeure. Hierdie navorsingstudie is gebaseer op 'n sosiaal-konstruktivistiese leerperspektief wat kognisie, leer en onderrig as geïntegreerd beskou. Die studie het van ʼn kwalitatiewe navorsingsmetodologie gebruik gemaak en is binne 'n paradigma van praksis (‘praxis’) ingebed, met aksienavorsing as navorsingsontwerp. Doelgerigte steekproefneming is gebruik om nege van my graad 4 leerders te kies om as deelnemers namens die graad 4-klas op te tree. Data is in die vorm van leerders se reflektiewe tekeninge, 'n fokusgroep-onderhoud met bygaande aktiwiteite, en 'n navorsingsjoernaal ingesamel. Verder is die data met behulp van 'n tematiese koderingskema geanaliseer om belangrike temas te identifiseer en te interpreteer. Die navorsing het aangedui dat die gedifferensieerde onderrigprosedures en strategieë wat gebruik is, my graad 4-leerders se leerproses versterk het, aangesien hulle bewus geraak het van hulle eie sterkpunte en leerpotensiaal. Die onderrigstrategieë het ook die potensiaal getoon om die leerders se bewustheid van hulle eie belangstellings en leervoorkeure te ontwikkel, en hulle is ook toegelaat om ʼn sin van bekwaamheid te ontwikkel. Benewens hierdie aspekte, het die navorsing ook getoon hoe gedifferensieerde onderrigprosedures my kan ondersteun om my rol as primêre hulpverlener in die leerondersteuningsnetwerk te vervul en my onderrigpraktyk te verbeter. Die inligting wat met die navorsing verkry is, sal in die toekoms gebruik word om my onderwyspraktyk toe te lig. Ek besef nou die waarde daarvan om gedifferensieerde onderrigprosedures in my lesse te gebruik, asook die belangrikheid van refleksie op my onderrigproses en die inagneming van die uniekheid van elke leerder in my klas. Onderwysopleidingsinstellings kan die inligting deur hierdie navorsing verkry gebruik vir die verbetering van onderwyspraktyk. Afgesien van die bogenoemde, kan die inligting ook toekomstige siklusse van aksienavorsing toelig en met vrug vir verdere navorsing in die veld gebruik word.
362

Exploring fatalism in adolescents

Brink, Marthinus Ryk 04 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This qualitative study used an interpretive paradigm within a theoretical framework of social cognitive theory to explore fatalism within the context of the lived experiences of adolescents. A tentative assumption was made that fatalism among adolescents may be at the root of a variety of recognisable behavioural and educational problems that manifest in South African society. At the same time the study aimed to investigate how fatalism may manifest in and colour the lived experiences of adolescents, as well to investigate how fatalism possibly affects educational attainment. This study was informed by a literature review which addressed the different theoretical perspectives pertaining to the etiology of fatalism. The literature was approached from a very wide perspective, including contributions from the various disciplines in the field of social sciences including theology, philosophy, psychology and social theory. These insights were complemented by perspectives from educational psychology particularly with regard to adolescent development and learning theory. The sample of the study constituted of 164 grade 11 learners from five schools in the Western Cape. Data was collected by making use of creative strategies, focus groups and personal interviews. This study found the following: adolescent fatalism seems to emanate from the lived experiences of adolescents as a cognitive phenomenon, rooted in the deterministic beliefs of adolescents about their selves, others, as well as the physical and social environments, with behavioural, affective and psychological consequences. Adolescent fatalism colour their lived experiences by causing alienation from those experiences, oppositional behaviour and feelings of pessimism, anxiety and depression. Adolescent fatalism seems to affect educational attainment by contributing to fixed implicit theories of academic potential, low level of motivation, disengagement from the educational system and the social aspects of learning. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie kwalitatiewe studie is gedoen binne 'n interpretatiwe paradigma en vanuit die teoretiese raamwerk van die sosiaal-kognitiewe teorie ten einde fatalisme binne die lewensondervindinge van adolessente te ondersoek. 'n Tentatiewe aanname is gemaak dat fatalisme onder adolessente aan die kern van 'n verskeidenheid van herkenbare gedrags- en opvoedkundige probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing mag lê. Verder was die studie daarop gemik om ondersoek in te stel na die manifestering van fatalisme in die lewens van adolessente, hoe dit die lewensondervindinge van adolessente raak en hoe dit die bereiking van opvoedkundige doelwitte beïnvloed. Die studie is gebaseer op 'n literatuuroorsig wat die verskillende teoretiese perspektiese rakende die etiologie van fatalisme aanspreek. Die literatuuroorsig is vanuit 'n wye perspektief benader en sluit interdissiplinêre bydraes uit die veld van die sosiale wetenskappe byvoorbeeld teologie, filosofie, sielkunde en sosiale teorie. Hierdie insigte is gekombineer met perspektiewe uit die opvoedkundige sielkunde, spesifiek ten opsigte van adolessente ontwikkeling en leerteorie. Die steekproef vir die studie het uit 164 leerders uit 5 skole bestaan. Data is ingesamel deur van kreatiewe strategieë asook fokusgroep en individuele onderhoude gebruik te maak. In hierdie studie is die volgende bevindinge gemaak: adolessente fatalisme blyk uit die lewensondervindinge van adolessente te voorskyn te kom. Dit manifesteer as 'n kognitiewe fenomeen wat gewortel is in die deterministiese geloof van adolessente aangaande hulself, ander, sowel as die fisieke en sosiale omgewings, met gedrags-, affektiewe en sielkundige gevolge. Adolessente fatalisme kleur hul lewenservaringe deur hulle van daardie ervaringe te vervreem, tot weerstandige gedrag aanleiding te gee en gevoelens van pessimisme, angs en depressie te veroorsaak. Adolessente fatalisme blyk ook die bereiking van opvoedkundige doelwitte te beïnvloed deurdat dit aanleiding gee tot vaste implisiete teorieë oor akademiese potensiaal, lae vlakke van motivering meebring, onttrekking uit die opvoedkundige stelsel aan die hand werk en die sosiale aspekte van leer beïnvloed.
363

Community counsellors' experiences of trauma and resilience in a low-income community

Benjamin, Arlene 04 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Violence is considered a global mental health problem. The rate of violence in South Africa is amongst the highest in the world and much of this violence is disproportionately skewed towards the poorer and historically disadvantaged communities. Low-income communities continue to bear the brunt of historical legacies of violence which are perpetuated through current ongoing cycles of interpersonal and community violence. While much has been documented about trauma and resilience in environments where the violence or traumatic event has ceased, there is a dearth of literature conceptualising trauma and resilience in contexts where the violence persists. Furthermore, even fewer studies have captured how trauma and resilience are conceptualised from the perspectives of the voices who experience this violence daily. The social constructionist framework of this study aims to contribute to the knowledge of how trauma and resilience is constructed by those who experience ongoing violence, and whether resilience and healing does occur in an environment of continuous traumatic stress. The voices of the participants of the study provide an additional perspective from that of community-based counsellors. Their dual experience of living and working in a violent community gives a rich insight into the relationship between trauma and resilience. The study is located in Hanover Park, a low-income community, notorious for its high levels of community violence. The participants are community-based counsellors who volunteer at Organisation X, a community-based ecological intervention that has been developed in response to addressing the cyclical impacts of ongoing violence and continuous trauma. The research design is a purposive in-depth case study of eighteen counsellors, investigating the narratives of their lives within its real-life context. Follow-up focus groups held with the counsellors were guided by ideas and practices of narrative theory. The narratives were analysed using thematic content and experience-centred form analysis. Multi-level themes related to trauma and resilience were constructed by the participants. It was revealed that the trauma effects related to systemic ongoing violence are viewed as maladaptive features of negative resilience. At the same time positive resilience which promotes healing, empowerment and transformation is possible despite negative and violent environments. The perspectives of community counsellors which offer critically important insight into their experience of the context of violence, and the complex interconnecting of individual, interpersonal and social aspects of trauma and healing in disadvantaged communities, could also inform future evidence-based interventions, provide alternate paradigms within which mental health professionals could position themselves to engage in issues of social justice and psychosocial health. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Geweld word wêreldwyd as 'n geestesgesondheidsprobleem beskou. Die voorkoms van geweld in Suid-Afrika, is tans een van die hoogstes in die wêreld en die meeste van hierdie geweld neig om veral die armer en histories benadeelde gemeenskappe negatief te raak. Gemeenskappe in die laer inkomstegroepe is dus die mense wat die spit afbyt, omdat hierdie historiese nalatenskap van geweld deur die huidige voortdurende kringloop van interpersoonlike en gemeenskapsgeweld voortleef. Alhoewel daar alreeds baie dokumentêre bewyse bestaan oor trauma en veerkragtigheid in omgewings waar geweld of traumatiese gebeure beëindig is, is daar 'n gebrek aan literatuur wat trauma en veerkragtigheid vasvang waar geweld die orde van die dag is. Daar is verder nog minder studies wat vaslê hoe trauma en veerkragtigheid uit die oogpunt van die betrokkenes wat geweld daagliks ervaar, gekonseptualiseer word. Die sosiale konstruksionisme raamwerk van hierdie studie beoog om 'n bydrae te lewer oor hoe , indien wel, trauma en genesing beleef word deur diegene wat voortdurende geweld ervaar in 'n omgewing waar aanhoudende traumatiese stres voorkom. Die deelnemers aan hierdie studie verskaf 'n addisionele perspektief van die van gemeenskapsberaders. Hul tweeledige ervaring van leef en werk in 'n gewelddadige gemeenskap verskaf 'n dieper insig in die verhouding tussen trauma en veerkragtigheid. Die buurt waar die studie gedoen is, is Hanover-park - 'n lae inkomste gemeenskap wat berug is vir hoe vlakke van gemeenskapsgeweld. Die deelnemers is beraders uit die gemeenskap wat vrywillige werk doen by Organisasie X - 'n gemeenskapsgebaseerde ekologiese intervensie wat ontwikkel is om die sikliese impak van voortdurende geweld en trauma te verminder. Die navorsingstudie is 'n doelgerigte diepgaande gevallestudie van agtien beraders wat hul lewensverhale binne die werklike konteks ondersoek. Die beraders het die opvolg fokus-groepe gelei deur idees en die narratiewe teorie in die praktyk toe te pas. Die vertellings is geanaliseer deur gebruik te maak van die tematiese inhoud en 'n ervarings-gesentreerde analitiese formaat. Veelvlakkige temas wat verband hou met trauma en veerkragtigheid is deur die deelnemers saamgestel. Dit het aan die lig gebring dat die effek van trauma wat verband hou met voortdurende sistemiese geweld geag word as wanaangepaste kenmerke van negatiewe veerkragtigheid. Terselfdertyd is die positiewe veerkragtigheid wat genesing, bemagtiging en verandering evorder moontlik, ten spyte van negatiewe en gewelddadige omgewings. Die vooruitsigte van die gemeenskapsberaders wat belangrike en kritiese insig in hul ervarings binne geweldsverband bied, die ingewikkelde verbondenheid van die indiwiduele, interpersoonlike en sosiale aspekte van trauma en genesing in benadeelde gemeenskappe kan insiggewend wees vir toekomstige ingryping. Dit kan alternatiewe modelle voorsien waarvolgens beroepslui in die geestesgesondheidveld hulself kan inrig om kwessies van sosiale geregtigheid en psigo-sosiale gesondheids-toestande aan te spreek.

Page generated in 0.1527 seconds