1 |
Skoolbesluitneming: Pogings van in skoolhoof tot verandering. in trologie van aksienavorsingsprojekteJantjies, David Christian January 1994 (has links)
Magister Educationis - MEd / Hierdie studie handeloor die aanwending van 'n trilogie van aksienavorsingsprojekte in 'n skool wat daartoe gelei het dat 'n outokratiese bestuurstyl in 'n koëperatiewe skoolbestuurstelsel verander is. Gegee die feit dat skoolbesluitneming grotendeels in die persoon van die skoolhoof gesentreer was, is daadwerklike pogings aangewend om alle betrokkenes in die besluitnemingsproses by Betel Skool vir Epileptici , Kuilsrivier, te betrek. Hierdie pogings het daartoe gelei dat die skoolhoof, personeellede, die Raad van Bestuur en die ouergemeenskap gesamentlike bestuurders van die skool geword het. Die gevolglike koëperatiewe skoolbestuur en gesamentlike verantwoordelikheid vir besluitneming het duidelik in veral die betrokkenheid van bestaande personeellede in die aanstelling van nuwe personeellede by die skool gemanifesteer. Waar hierdie verantwoordelikheid voorheen slegs op die skouers van die skoolhoof en die Raad van Bestuur gerus het, is personeellede met behulp van aksienavorsing in hierdie benoemingsproses betrek en vind geen aanstelling van personeellede tans plaas sonder die insette van die huidige personeel nie. Hierdie tesis beskryf voorts hoe die skool 'n eis van die Departement van Onderwys en Kultuur (Raad van Verteenwoordigers) gehanteer het dat dertien onderwysers geïdentifiseer moet word wat op 7 Augustus 1991 aan 'n protesoptog deelgeneem het. Dié opdrag is geïgnoreer en die Departement is met 'n georkestreerde teenreaksie van die skoolhoof, die personeel en die Raad van Bestuur gekonfronteer. Aksienavorsing is weer eens aangewend om hierdie intimiderende en hooghandige opdrag van die Onderwysdepartement wat die potensiaal gehad het om die dertien onderwysers te isoleer en aan die moontlikheid van ernstige dissiplinêre stappe bloot te stel, ter syde gestel te kry Hierdie werk toon dat dit moontlik is om met behulp van aksienavorsing, fundamentele veranderings in die bestuur van In skool aan te bring, te help met die demokratisering van besluitnemingsprosesse,
die verskillende betrokkenes by die skool te bemagtig en nuwe betekenis te gee aan wat in die kantoor en klaskamers van die skool plaasvind.
|
2 |
Intimidation as a factor in the liberation struggle in South Africa with special reference to Bela Bela (Warmbaths) : an anthropological perspectiveVan Niekerk, Letitia 07 1900 (has links)
INTIMIDATION AS A FACTOR IN THE LIBERATION STRUGGLE OF
SOUTH AFRICA WITH SPECIAL REFERENCE TO BELA BELA
(WARMBATHS): AN ANTHROPOLOGICAL PERSPECTIVE
The cultural revitalisation or adjustment model of Anthony Wallace provides a basis for
interpreting religious, political and other revitalisation movements. This study focuses on
political revitalisation movements. Participation in the activities of revitalisation movements does
not always occur voluntarily. Leaders of such movements apply techniques and methods of
intimidation enforcing change and participation. In South Africa, political revitalisation was
inter alia brought about by the ANC as political liberation movement who used methods of
violent and non-violent intimidation to force people, regardless of their ethnic affiliation, to
support the movement and enforce political change. The ANC inter alia used charactersitic
cultural phenomena and components of Bantu-speakers as resources for intimidation to ensure
unanimity, participation and ultimately to achieve political liberation. Cultural components that
were exploited included communality, group solidarity, administration of justice, songs and
dances. / INTIMIDASIE AS 'N FAKTOR IN DIE VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA
MET SPESIALE VERWYSING NA BELA BELA (WARMBAD): 'N
ANTROPOLOGIESE PERSPEK.TIEF
Kulturele vernuwmg ts 'n universele verskynsel. Anthony Wallace se model van kulturele
vernuwing of -aanpassing bied 'n raamwerk vir die verduideliking en interpretasie van die fases
waardeur kulturele vernuwingsbewegings van 'n godsdienstige, politieke of ander aard ontwikkel.
In hierdie studie word daar uitsluitlik gefokus op vernuwingsbewegings van 'n politieke aard.
Aangesien deelname aan die aktiwiteite van kulturele vernuwings- en aanpassingsbewegings nie
noodwendig vrywillig geskied nie, het leiers van hierdie bewegings gebruik gemaak van tegnieke
en metodes van intimidasie om deelname en vernuwing op die massas af te dwing. In SuidAfrika
is politieke vernuwing onder andere teweeggebring deur die ANC as politieke
bevrydingsbeweging. Die ANC het gebruik gemaak van gewelddadige (harde of direkte) sowel
as nie-geweldadige (sagte of indirekte) intimidasie om mense, ongeag hulle etniese aanhorigheid,
te dwing om die beweging se oogmerke aktief te ondersteun om politieke verandering te weeg te
bring. As dee! van die strategie om deur intimidasie mense tot deelname aan massa-aksies soos
optogte, betogings en massa-vergaderings te dwing, het die ANC gebruik gemaak van bepaalde
kultuur verskynsels en -komponente wat eie is aan die lewensbeskouinge en lewenswyse van
Bantoe-sprekendes.
Kultuurkomponente wat suksesvol benut is deur die leiers en lede van bevrydingsbewegings
omvat, onder andere verskynsels soos kommunaliteit, groep solidariteit, die regspraak, liedere en
danse. Hierdie kultuurkomponente en verskynsels is verander en aangepas om ten eerste eenheid
en deelname te bewerkstellig en te verseker en uiteindelik om die hoofdoelwit van politieke
bevryding te bereik. / Anthropology and Archaeology / M.A. (Anthropology)
|
3 |

Page generated in 0.0576 seconds