Spelling suggestions: "subject:"werk"" "subject:"erk""
101 |
”Ras, volk en nasie” en “Kerk en samelewing” as beleidstukke van die Ned. Geref. Kerk : 'n kerk-historiese studie (Afrikaans)Van der Merwe, J.M. (Johan Matthys) 27 November 2012 (has links)
Die geskiedenis van die Ned. Geref. Kerk (NGK) draai sedert 1960 om twee belangrike hoofmomente - die publikasie van twee beleid-stukke: Ras, Volk en Nasie (RVN) 1974 en Kerk en Samelewing (KES) 1986. Na afloop van die historiese Cottesloe-beraad in 1960 is die NGK met kritieke vrae rondom die rassekwessie gekonfronteer. Vir 14 jaar het die kerk via verskillende sinodes met hierdie vraagstuk geworstel voordat 'n antwoord in 1974 gereed was: Ras, Volk en Nasie en Volkereverhoudinge in die lig van die Skrif. Binne sowel as buite Suid-Afrika het die kerk hom egter vasgeloop teen geweldige kritiek op hierdie standpunt. Dit was teen 1979 duidelik dat die kerk hom in 'n doodloopstraat bevind het. Dit was egter nie alleen die kritiek op sy beleid wat die kerk weer laat dink het nie. Vanaf 1980 tot 1982 het vier belangrike gebeurtnisse plaasgevind wat soos impulse op die kerk ingewerk het. Dit was die Hervormingsdaggetuienis, die Ope Brief, die Vergadering van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke in Ottawa en die aanvaarding van 'n Belhar-belydenis deur die Ned. Geref. Sendingkerk. Hierdie gebeure het met woord en daad gehelp dat die kerk in 1982 ‘n historiese besluit kon neem, naamlik om RVN te hersien. Na vier jaar van hernude Skrifstudie en diskussie het 'n konsepverslag in 1986 voor die Algemene Sinode gedien, waar dit aanvaar is onder die titel: Kerk en Samelewing - 'n Getuienis van die Ned. Geref. Kerk. Oop kerkdeure, oop lidmaatskap, en die veroordeling van apartheid as sonde het duidelik getoon dat die kerk 'n totaal nuwe koers ingeslaan het - met tragiese gevolge! Die beroering wat binne die kerk losgebars het, het binne maande in omvang gegroei, en op 27 Junie 1987 het 'n groep lidmate van die kerk weggebreek om die Afrikaanse Protestantse Kerk te stig. Hierdie gebeure en die stigting van die Ned. Geref. Bond het die NGK by die eerste kruispad op sy nuut ingeslane weg gebring! / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2013. / Church History and Church Policy / Unrestricted
|
102 |
Die rol van die congregational kerk in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Pniel: 1915-1993Nober, Patrick January 1998 (has links)
Magister Artium - MA / Pniel is 'n landelike nedersetting geleë te Groot Drakenstein en het In besonder interessante geskiedenis. In 1843 het ene Pieter Isaac de Villiers en Paul Retief grond beskikbaar gestel in Groot Drakenstein vir die oprigting van 'n skool en 'n plek van aanbidding vir kleurlinge. Die gebied het gegrens aan die plaas Papiere Molen wat in Desember 1843 op die mark gekom het. Dié plaas is aangekoop deur 'n groep persone wat in die transportakte beskryfword as die "Directors of the Pniel Institution". Aanvanklik is Pniel geplaas onder beskerming van die "Apostolic Union" wat besonder aktiefwas onder vrygestelde slawe. Die Apostoliese Unie was 'n religieuse organisasie met breë godsdienstige beginsels wat dit in In posisie geplaas het om lidmate van protestantse kerke soos die N. G. Kerk, Metodistekerk en veral die Skotse Presbiteriaanse Kerk te akkommodeer. Die Apostoliese Unie het egter nie 'n bepaalde leer gehad nie. Pniel is bestuur deur 'n direktoraat bestaande uit drie plaaslike boere, twee lekepredikers woonagtig te Kaapstad, een predikant van die Apostoliese Unie en een predikant van die Presbiteriaanse Kerk. Pniel was dus in effek 'n sendingstasie wat ten doel gehad het om kleurlinge te voorsien van elementêre onderwys en hulle "landboukundig" op te lei ten einde hulle "bruikbare en maklik beskikbare arbeiders" vir die omliggende plase te maak. Grondbesit in Pniel tydens dié periode is gekenmerk deur die okkupasieregstelsel wat onderskeid getref het tussen grond VIr
residensiële- en tuinboudoeleindes. Verder is Pniel tot 1909 bestuur (sekulêr en godsdienstig) deur 'n superintendent, mnr J Stegmann.
Inwoners moes bydra tot die salaris van die superintendent en maandelikse huur betaal (drie pond totdat die bedrag van agtien pond klaar betaal was). Die ooreenkoms was dat, sou die bedrag van agtien pond finaal betaal wees, geen verdere maandelikse verpligtinge op die erfhouer sou rus nie. Dit was die oorspronklike verstandhouding, maar na 1856 het die betaling van een sjieling en tien pennies per maand 'n permanente voorwaarde geword. Erfhouers het egter in 1905 'n protesvergadering gehou waar besluit is dat hul voorvaders die bedrag van agtien pond klaar betaal het en dat geen verdere betaling sou geskied nie. Verder het die trustees van Pnielook regulasies ten opsigte van ordeen regering, kompensasie en die nie-nakoming van gestelde regulasies ontwerp. Die idee van die ontwikkeling van In Bestuursraad
("Management Board") is ook tydens die periode gepropageer en het later beslag gekry. Interessant van hierdie periode is die sterk beheer en sensuur deur die kerk van Pniel. Selfs uitsetting uit Pniel deur die Bestuursraad was moontlik indien sekere neergelegde voorwaardes nie
nagekom is nie. Grondbesit het egter van vroeg af ontwikkel tot 'n konflikpunt tussen kerk en gemeenskap. Sommige inwoners het daarop gewys dat hulle aanspraak op die grond het omdat hulle dit klaar betaal het, terwyl die direkteure daarop gewys het dat die okkupeerders slegs huurreg gehad het. 'n Ander konflikpunt was die bestuur van die gebied. Op 'n stadium het die inwoners 'n vergadering belê waar direkteure uit die gemeenskap verkies is. Daar is 'n beroep op die Hooggeregshof gedoen om ingevolge Wet Nr. 3 van 1873 die genomineerdes tot wettige direkteure (soos die lede van die "Management Board" genoem is) en trustees van Pniel te verklaar. In 1911 het 'n saak voor die geregshof gedien waarin oor grondbesit beslis moes word aangesien die kleurlinge daarop aangedring het dat die 18 pond vir die grond reeds betaal is. Die uitspraak van regter Hopley het bepaal dat die okkupeerders slegs huurreg het en dat die inwoners onder die Bestuursraad geressorteer het. Die hofaansoeke is geïnisieer deur Stephanus de Wet en Garnaat Cyster, wat die meerderheid
erthouers verteenwoordig het.
|
103 |
Ekonomiese geregtigheid vir almal" ,n analise van die pastorale brief van die Noord - Amerikaanse rooms Katolieke biskoppe oor die,ekonomie van die VSADamon, Malcolm Peter January 2002 (has links)
Magister Artium - MA / In 1980· het: die Noord-Amerikaanse Katolieke biskoppe 'n pastorale brief oor Marxisme laat verskyn. In gesprek met Hulpbiskop Peter Rosazza van Hartford het twee Franse priesters, klasmaats van hom, die volgende opgemerk: Hulle het gewonder, hoekom die biskoppe 'n brief uitgebring het oor Marxisme wat tog nie 'n brandende saak ("issueII) was nie. Hoekom nie 'n brief oor kapitalisme nie, was hulle vraag? (Berryman 1989:75). Dit het daartoe gelei dat Biskop Rosazza in 1980 by die biskoplike vergadering voorgestel het dat 'n pastorale brief oor
"kapitalisme" opgestel moes word. Hierdie mosie is aanvaar en het dan gelei tot die pastorale brief oor die ekonomie van die VSA geti tel, Economic Justice for All: Pastoral Let ter on Catholic Social Teaching and the U.S.Economy. 'n Vyfman biskoplike kommissie het in 1981 aan hierdie opdrag begin werk en met verloop van tyd besluit om in plaas van op die kapitalistiese sisteem te fokus, eerder die ekonomie van die VSA te ondersoek en te beoordeel. In November 1984, na wye konsultasies, besprekings en konferensies het die eerste publieke konsepdokument verskyn. Die biskoppe het dit juis laat verskyn na die uitslag van die presidensiele verkiesing tussen Reagan en MoridaLe (Berryman 1989: 113). Hulle het geredeneer dat hiermee - om dit te laat verskyn na die verkiesing - hulle sou kon verhoed dat hulle daarvan beskuldig sou kon word dat"hulle polities kant kies. Inteendeel, dit is toe juis wat gebeur het en die biskoppe is daarvan beskuldig dat hulle kies vir die Demokratiese Party teen Reagan wat die verkiesing gewen het. Die dokument het wye mediadekking geniet - nuusblaaie, sowel as die televisie - en "vi.qorou s public discussion took place around the first two public drafts of the letter (November 1984 and October 1985)11 (Berryman 1989:114). In Junie 1986 het 'n derde konsep verskyn en gedurende November 1986 "isdie finale dokument aanvaar deur die Nasionale Biskoplike vergadering en vrygestel.
|
104 |
Zwischen Beharrung und Veränderung : die Nederduitse Gereformeerde Kerk im Umbruchsprozess Südafrikas (1990 - 1999) /Gensicke, Matthias. January 2007 (has links)
Univ., Diss.--Hamburg, 2006. / Literaturverz. S. 332 - 348.
|
105 |
Die Doleansiekerkreg en die kerkreg en kerkregering van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerke en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika /Plaatjies, Mary-Anne. January 2009 (has links)
Thesis (Ph.D.(Kerkgeskiedenis en Kerkreg))--Universiteit van Pretoria, 2009. / Includes bibliographical references (leaves i-xxviii).
|
106 |
De jeugddienst zijn geschiedenis, principe en opzet = The young people's service : its history, principles and arrangement = Der Jugendgottesdienst : Geschichte, Prinzip und Einrichtung /Beerekamp, Jan Wouterus. January 1952 (has links)
Thesis (Th. D.)--Rijksuniversiteit te Utrecht, 1952. / Summaries in English and German. "Stellingen": [3 p.] inserted. Includes bibliographical references and index.
|
107 |
“To stand where God stands”: the mission praxis of the Melodi ya Tshwane congregationTshibalo, Azwindini Ernest 01 1900 (has links)
This research aims to investigate the understanding, attitudes and application of Article 4 of the Belhar Confession by Melodi ya Tshwane (MyT). The aim specifically outlines the current mission praxis of MyT and its missionary activities, the church’s missionary calling in line with Article 4 of Belhar , evaluate the extent to which Article 4 of Belhar is applied, and to propose missionary praxis for MyT . The research findings include: participants have a narrow understanding of missions; conducting outreach activities in the form of charity. Some gaps identified include: lack of understanding of God as the missionary God, and a narrow interpretation of justice. Guiding principles on being missional include: missions should be Christ-centred, relational, collaborative, transformational, and lived out in word and deed. Proposed mission praxis consider the following approaches: the church as an institution, as a living organism and the church’s corporate service, and missional consciousness. / Christian Spirituality, Church History and Missiology / M. Th. (Missiology)
|
108 |
Liturgievorming in 'n veranderende konteksBester, Hendrik Gideon 06 1900 (has links)
The forming of liturgy in the Dutch Reformed Church is in a crisis. The current context demands new liturgies in order to facilitate meaningful communication between God and His children. The problem is that no healthy practice of liturgy forming exists and more decay than change takes place. Therefore, the need exists for a workable theory for liturgy forming which can be used in the forming of a justified liturgy. In this study a theory and liturgies are worked out which takes the liturgy forming through the centuries into account. The theory, which is known as the three resources theory, is a dynamic theory in which the energy resources are placed in interaction with one another in order to form new liturgies. The three energy resources are the Bible, the tradition and the context. These three resources are focused on an eschatological focus point in the future. The Bible as energy resource especially has authority since it contains the worship style and example of Jesus Christ. The tradition exists of the narrative off liturgy forming through the centuries. The tradition offers a treasure of examples, which can be used for liturgy forming in the current context. The current context forms an integral part of the liturgy forming process. The post-modernism, the remains of the modernism, globalisation, the transformation process in South Africa and the modem developments in the human sciences are all forces which influence the liturgy forming process indirectly. These energy circles are placed in interaction with one another, new justified liturgies are formed which makes meaningful communication between God and His children possible. The investigation on liturgy forming in 13 various congregations in England and South Africa indicated that, where one or more of the energy resources is neglected, responsible energy forming does not take place. The current context requires that modem liturgy should emphasize symbols, emotion and dialogue. More love should also be shown during services. / Die liturgievorming van die Ned Geref Kerk is in 'n krisis. Die huidige konteks stel nuwe eise aan die liturgie wat vra vir nuwe liturgiee om die kommunikasie tussen God en Sy kinders sinvol en betekenisvol te fasiliteer. Die probleem is dat daar nie 'n gesonde praktyk van liturgievorming bestaan nie en dat meer verval as verandering plaasvind. Daar is dus 'n behoefte aan 'n werkbare teorie vir liturgievorming wat gebruik kan word in die vorming van verantwoorde liturgie. In hierdie studie word 'n teorie en liturgiee uitgewerk wat die werkende energiebronne in liturgievorming deur die eeue in ag neem. Die teorie, wat bekendstaan as die driebronneteorie, is 'n dinamiese teorie waarin die energiebronne in wisselwerking met mekaar geplaas word vir die vorming van nuwe liturgiee. Die drie energiebronne is die Skrif, die tradisie en die konteks. Hierdie drie bronne word gefokus op 'n eskatologiese fokuspunt in die toekoms. Die Skrif as energiebron is veral gesagdraend omdat dit die aanbiddingstyl en voorbeeld van Jesus Christus bevat. Die tradisie bestaan uit die verhaal van die liturgievorming deur die eeue waar die drie energiebronne telkens in wisselwerking met mekaar was. Die tradisie bied 'n skatkis van voorbeelde waaruit geleen kan word vir liturgievorming in die huidige konteks. Die huidige konteks is 'n integrale deel van die liturgievormingsproses. Die Postmodemisme, die reste van die Modemisme, globalisering, die oorgangsituasie in Suid-Afrika en hedendaagse ontwikkelinge in die menswetenskappe is almal kragte wat indirek inwerk op die liturgievormingsproses. Slegs wanneer die energiesirkels in wisselwerking met mekaar geplaas word, word verantwoordelik nuwe liturgiee gevorm wat sinvolle kommunikasie tussen God en sy kinders bewerkstellig. Die ondersoek na die liturgievorming in 12 verskillende gemeentes in Engeland en Suid-Afrika het aan die lig gebring dat waar een of meer van die energiebronne verwaarloos word, verantwoordelike vorming nie plaasvind nie. Die huidige konteks vra dat byderwetse liturgie meer klem op simbole, emosie en dialogiese kommunikasie sal plaas. Liturgie sal ook moeite moet doen om meer liefde oor te dra in die eredienste. Ter wille van die fasilitering van 'n dieper spiritualiteit kan die liturgie van die Ned Geref Kerk spesifieke liturgiese elemente en -houdings gaan leen by antler spiritualiteite en so sy eie liturgie verbreed. Dit bly 'n haalbare uitdaging om voortdurend verantwoordelik liturgie te vorm indien die Skrif, die tradisie en die konteks as energiebronne in wisselwerking met mekaar geraadpleeg word en gefokus word op die eskatologiese. / D.Th. (Practical Theology)
|
109 |

110 |
Met woord en daad in diens van God : die diakonaat van die NG Kerk in postapartheid Suid-AfrikaVan Der Merwe, William Charles 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Over the past two decades the Dutch Reformed Church, a typical mainline church in South
Africa, encountered radical challenges, as was the case with many similar churches
worldwide. The DR Church had to face global societal shifts such as the emergence of
postmodernism, the intensifying of secularisation and the growing impact of globalisation
on the religious community. In addition, the members of the DR Church were exposed to
radical challenges due to the dismantling of the apartheid system in South Africa.
This dismantling was a particularly traumatic experience for the DR Church, seeing that
this church did not only support the apartheid regime, but also legitimized it on theological
grounds. It is therefore understandable that the publishing of the document Kerk en
Samelewing (“Church and Society”) in 1986, which first signalled the rejection of apartheid
in the DR Church, evoked a major reaction, not only among the church membership,
but also within the ranks of white Afrikaners as social group.
With the dawn of the post-apartheid era in South Africa in 1994, the issue of the church's
relevance was already on the agenda of the ecumenical church. In recent times suddenly
this theme also became critical to the church in South Africa and especially to the DR
Church. The present study proposes that a missional diaconal ministry which focuses on the society as a whole will provide a modus to the DR Church by which it can function as a
relevant church within the South African society.
The rationale of this investigation is a follows: The DR Church is currently (2014) not in a
position to impact significantly on the societal needs of South African citizens. The reason
is that this church's current ministry of compassion is still based on an ecclesiocentric and
specialist approach, which was typical of the Corpus Christianum. As a result, a new,
unique praxis is needed for the diaconal ministry of this church.
The present study argues that missional theology provides a new paradigm according to
which an applicable missional diaconal praxis can be developed for the DR Church. Such
a unique diaconal praxis can only develop when it is guided by a spirituality that leads to a
diaconal attitude and sensitivity towards the poor and destitute. This diaconal spirituality,
in turn, is activated and fed by a missional theology that builds on the triune God as origin,
basis and final purpose of the diaconal ministry as such. Furthermore in this study it is
shown that the concept of missio Dei implies that the diaconal ministry forms an integral
part of God’s mission and is thus not an isolated church ministry besides other ministries.
It is further argued in the present study that a multi-dimensional missional-diaconal
practice should be developed for congregations and the various structures within the DR
Church. To facilitate the conceptualisation and operationalisation of a missional diaconal
ministry in this church, the study proposes that a specific research focus, namely
“Missional-diaconal Studies” should be developed for the South African environment.
For this purpose a research and teaching institution should be established to provide in
such needs of the church. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die NG Kerk, ’n tipiese hoofstroomkerk in Suid-Afrika, het die afgelope 20 jaar – soos vele
ander kerke wêreldwyd – voor ingrypende uitdagings te staan gekom. Hierdie kerk moes
globale samelewingsverskuiwings verwerk, soos die opkoms van postmodernisme,
’n verskerping in sekularisasie en die impak van globalisering op die geloofsgemeenskap.
Daarbenewens is die NG Kerklidmate blootgestel aan ingrypende veranderings wat gevolg
het op die aftakeling van die apartheidstelsel in Suid-Afrika.
Hierdie aftakeling was veral traumaties vir die NG Kerk omdat hierdie kerk nie slegs
apartheid ondersteun het nie, maar dit ook op teologiese gronde verdedig het. Dit is
gevolglik begryplik dat die verskyning van die dokument Kerk en Samelewing (1986),
waarin die eerste tekens van ’n wegbeweeg van die apartheidsideologie in die NG Kerk
sigbaar word, hewige reaksie ontlok het – tussen die kerklidmate, maar ook in die blanke
Afrikaners as samelewingsgroep.
Met die aanbreek van die postapartheid-era in Suid-Afrika in 1994 was die vraag na die
relevansie van die kerk reeds wêreldwyd op kerklike agendas. Skielik het hierdie vraag
nou ook vir die kerk in Suid-Afrika, en veral die NG Kerk, ’n kernsaak geword. In hierdie
studie word voorgestel dat ’n missionaal-diakonale bediening wat op die samelewing in
geheel fokus, ’n moontlike modus vir die NG Kerk kan verskaf om vir die Suid-Afrikaanse
samelewing relevant te funksioneer.
Die rasionaal van die ondersoek behels die volgende: As gevolg van die historiese
ontwikkeling van die NG Kerk se diens van barmhartigheid, veral die verbondenheid aan ʼn
volksteologie en nasionalisme die afgelope paar dekades, kan hierdie kerk binne die
postapartheid-era tans (2014) nie werklik ʼn verskil aan die nood in die samelewing maak
nie. Die bestaande barmhartigheidsbediening van hierdie kerk is steeds gebaseer op ʼn model
wat nog spruit uit ʼn ekklesiosentriese en spesialisbenadering wat eie is aan die Corpus
Christianum. Gevolglik is ʼn nuwe, eiesoortige praxis vir hierdie kerk se diakonaat nodig. In die huidige studie word betoog dat die missionale teologie ʼn nuwe paradigma voorsien
waarvolgens ʼn toepaslike missionaal-diakonale praxis vir die NG Kerk ontwikkel kan word.
So ʼn eiesoortige diakonale praxis kan egter slegs ontwikkel wanneer dit gerig word deur ’n
spiritualiteit wat lei tot ’n diakonale gesindheid en houding teenoor die armes en
noodlydendes. Hierdie diakonale spiritualiteit word aangewakker en gevoed deur ’n missionale teologie wat bou op God Drie-enig as oorsprong, basis en einddoel van die
diakonaat. Verder word in hierdie studie aangetoon dat die missio Dei juis veronderstel dat
die diakonaat ʼn wesenlike deel uitmaak van God se sending en gevolglik nie ʼn losstaande
bediening van die kerk benewens ander bedienings is nie.
In die studie word verder betoog dat ʼn multidimensionele missionaal-diakonale praktyk vir
gemeentes en die onderskeie kerkverbande binne die NG Kerk ontwikkel behoort te word.
Om die konseptualisering en operasionalisering van ʼn missionale diakonaat in hierdie kerk
te bevorder word in die studie aanbeveel dat ’n navorsingsfokus, naamlik “Missionaaldiakonale
Studie”, vir die Suid-Afrikaanse konteks ontwikkel word. Hiervoor behoort ʼn
navorsings- en opleidingsinstelling in die lewe geroep te word om aan sodanige kerklike
behoeftes te voldoen.
|
Page generated in 0.0454 seconds