• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 9
  • 7
  • 7
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die kerklike lewe van die Afrikaners in Argentinië, 1903-1915 / F.R.P De Bruyn

De Bruyn, Frans Roelf Petrus January 1974 (has links)
Nêrens anders in my lewe het ek die hand van die Here so duidelik bemerk soos in die studie wat ek onderneem het nie. In 1969 het ek n beroep na die Gereformeerde gemeente Zastron in die Suidoos-Vrystaat aanvaar. Op daardie stadium het die gemeente bestaan uit 99 belydende lidmate, versprei oor 6 distrikte. Spoedig na my intrek in die nuwe gemeente het daar n daling in die lidmatetal voorgekom sodat die voortbestaan van die gemeente in gedrang gekom het. En so het ek na een jaar en vier maande se bearbeiding aldaar weer van Zastron vertrek. Maar daar moes ek in aanraking kom met die gesin Olivier wat in 1948 uit Argentinië na Suid-Afrika teruggekeer het. Op hierdie stadium was ek reeds besig met nagraadse studie met kerkgeskiedenis as hoofvak. Ek moes n onderwerp vind waaroor ek ʼn verhandeling moes skryf. Dit was hier in Zastron, rondom die “asados” wat ek saam met die gesin geniet het, wat dit my te binne geskiet het: "Maar wat van die kerkgeskiedenis van die Afrikaners in Argentinië? Dit is n terrein wat nog nooit vantevore deur iemand gedek is nie”. My opgewondenheid was groot. Dit was soos die ontdekking van 'n ryk diamantmyn, en sonder veel inspanning kon ek reeds die een na die ander diamant na buite bring waarin die volmaaktheid van God se raad ook t.o.v. Sy kerk in Argentinië geblyk het. / Thesis (MTh)--PU vir CHO.
2

3

Aspekte van gereformeerde spiritualiteit in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (1850 - 1950) 'n kerkhistoriese studie (Afrikaans)

Fourie, Carl Krige 04 March 2013 (has links)
Sedert die vestiging van die kerk aan die suidpunt van Afrika, het die gereformeerde godsdiens 'n belangrike deel uitgemaak van die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis. Deur die toedoen van predikante soos ds. Andrew Murray, het 'n nuwe evangeliese bewuswording posgevat wat mense laat vra het na wedergeboorte, bekering en heiligmaking. 'n Ernstige soeke na die werking van die Heilige Gees het, na baie gebed, uitgeloop op die bekende herlewings laat in die vorige eeu. Hierdie opwekkings het 'n aptyt gewek vir die ongewone en daarmee saam het 'n ontevredenheid geheers oor die swak geestelike toestand in die Ned.Geref.Kerk. In pogings wat aangewend is om te voldoen aan die geestelike behoefte van lidmate en om die onbekeerdes te bereik, het die Ned.Geref.Kerk met spesiale evangelieprediking begin. Intussen kom meer as een beweging, hoofsaaklik weens buitelandse invloede, die Kerk binne. Die vernaamste doelwit van hierdie bewegings was om op verskeie vlakke van die samelewing die boodskap van bekering en heiligmaking te bevorder. Hoewel sekere predikante en lidmate kon getuig van 'n besliste bekeringsmoment in hulle lewe, was dit nie verteenwoordigend van die res van die kerklike publiek nie. Enkeles het ook 'n definitiewe heiligmakingsondervinding voorgestaan. Hierdie verwikkelinge het die besef laat ontstaan dat Metodistiese invloede in 'n baie groot mate die Kerk begin infiltreer het en daarom is enige poging ter bevordering van wedergeboorte, bekering en heiligmaking met agterdog bejeen. Terselfdertyd het, deur die invloed van dr. Abraham Kuyper, 'n oplewing van Calvinisme ontstaan wat verdere druk geplaas het op die evangelies-bevindelike stroom in die land. Beskuldigings van Metodistiese geesdrywery, gevoelvolle prediking en allerlei vorme van opsweping moes aangehoor word. Om die situasie te vererger, word twee predikante van hul gemeenteverpligtinge losgemaak en hou as sogenaamde Los predikante konferensies landwyd. Saam met die invloed van die A.E.B. word die kloof tussen Calvinisme en Metodisme groter. Met die stigting van Die Nuwe Protestantse Kerk (Evangelies-Gereformeerde Kerk) in 1944 onder die Ieiding van dr. D.J.J. de Vos, skaar die ondersteuners van die Los predikante en die A.E.B. hulle by hom. Intussen kristalliseer 'n verskeidenheid leerstellige standpunte in die Ned.Geref.Kerk uit wat wissel van 'n strenge verbondsteologie (waarin wedergeboorte latent plaasvind) tot 'n meer Metodisties-gekleurde interpretasie van die heilsweg waar wedergeboorte neerkom op 'n bewustelike ondervinding. By laasgenoemde groep het heiligmaking sterk geneig in die rigting van perfeksionisme. Die oorsprong van hierdie groep kan teruggevoer word na sekere teoloë wat rondom die eeuwending aktief betrokke was, asook na die invloed van buitelandse evangeliesgesindes. Die verbondsteoloë daarenteen, wou getrou aan hul Nederlandse erfenis nie afsien van die suiwer Calvinistiese leer nie. In die Ned.Geref.Kerk het hierdie twee strominge in 'n groot mate saamgewerk sonder dat die Metodistiese invloede die Kerk leerstellig van die spoor laat afwyk het. Die evangeliese invloed, met die praktiese beoefening van wedergeboorte, bekering en heiligmaking kon ook verder bydra tot die verdieping van gereformeerde spiritualiteit in die Ned.Geref.Kerk. Die slotsom waartoe die kandidaat kom is dat gereformeerde spiritualiteit in die Ned.Geref.Kerk grootliks hand aan hand loop met die evangeliese inslag in hierdie Kerk en dat die term "Metodisme" dikwels verkeerdelik aan hierdie groepering gekoppel is. ENGLISH: Since the founding of the church at the southern tip of Africa, reformed religion played an important part in the history of the church in the South African context. Through the contribution of the ministers like dr. Andrew Murray, a new evangelical awakening arose which inspired people to enquire about rebirth, conversion and sanctification. An earnest search after the work of the Holy Spirit resulted after much prayer, in the well-known revival towards the latter part of the previous century. These conversions awakened the appetite for the unusual and, with that, a dissatisfaction about the spiritual well-being of the church reigned. By attempting to comply with the spiritual need of members as well as trying to reach the heathens, the Dutch Reformed Church began a special evangelical preaching programme. In the meantime more than one movement, mostly as a result of international influence, infiltrated the church. The prime object of these movements were to promote the message of salvation and sanctification. Although some ministers and members could testify to a decisive moment of rebirth in their lives, this was not representative of the rest of the churchgoing public. Individuals claimed a definite experience of sanctification. These developments allowed for the relations that the Methodist influence, to a large extend, were beginning to infiltrate the church and thus any attempt to promote the concepts of rebirth, conversion and sanctification were treated with suspicion. Simultaneously, through the influence of dr. Abraham Kuyper, resurgence of Calvinism began which placed further pressure on the Evangelicals in the country. Accusation of Methodist practices, emotional preaching and various forms of incitement had to be heard. To worsen the situation, two ministers were relieved of their ministerial duties and held, as so-called "Loose ministers" country-wide conferences. The influence of the A.E.B. contributed to the rift between Calvinism and the Methodists widening. With the founding of the New Protestant Church (Evangelical Reformed Church) in 1944 under the auspices of dr. D.J.J. de Vos, the supporters of the "Loose ministers" and the A.E.B. rallied to his support. In the meantime a variety of doctrinal viewpoints crystalised in the Dutch Reformed Church. These vary from a strictly covenant theology (wherein rebirth is latently present) to a more Methodist inclined interpretation of the root to salvation where rebirth is interpreted as a concious experience. With the latter salvation was strongly inclined towards perfectionism. The origin of the group can be attributed to various theologians who were active at the turn of the century, as well as the influence of international evangelists. In contrast the covenant theologians did not want to waive from their pure Calvinism. In the Dutch Reformed Church these two streams worked together to a large extend, without the Methodist influences deviating them from their tracts. The evangelical influence, with the practical practise of rebirth, conversion and sanctification can further contribute to the deepening of the spirituality of the Dutch Reformed Church. The final conclusion reached is that reformed spirituality in the Dutch Reformed Church can to a large extent be related to its evangelical inclination and that the exponents of this trent were falsely accused of Methodism. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 1997. / Church History and Church Policy / unrestricted
4

History as a rhetorical instrument in Tertullian's Ad Nationes : a critical investigation / Beate Britz

Britz, Beate January 2011 (has links)
This study traced Tertullian’s utilisation of history (or historical material) as a rhetorical instrument in one of his earliest works, the Ad Nationes. An in-depth analysis of the book identified this as a fundamental trajectory in the argument of Tertullian. The study casts a new perspective on the written work of this renowned Christian apologist and theologian. His use of history particularly to substantiate his arguments was compared with the contemporary primary sources, in order to assess the integrity or accuracy of his historical data. The prevailing rhetoric, as e.g. outlined by Quintilian, valued the message and intention of a text higher than the historical accuracy of the account. The same Quintilian, however, emphasized that historical accuracy would guarantee the message and intention of a text. The research concluded that Tertullian, who enjoyed a classical education and was therefore well acquainted with the rules of rhetoric, did pay sufficient attention to Quintilian’s insistence on historical accuracy in his utilisation of history. Tertullian was well aware of the significance of historical accuracy. On occasion he rightly criticised Tacitus (the famous historian) for historical inaccuracies in his work. In his Apologeticus (in which much of the Ad Nationes was reworked) he corrected some historical data. In the Ad Nationes he wrote a brilliant paragraph on the origin of rumours (fama) and also expressed his appreciation for careful investigation (in court procedures) in order to ascertain the truth (veritas) accurately. In the rhetorical utilisation of historical material, accurate historical knowledge did not play a crucial role. Of paramount importance was the intention and purpose of the immediate argument. / Thesis (MA (Latin))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012
5

Atmosfeer in die erediens : 'n liturgiese studie / F.W. Leuschner

Leuschner, Friedrich Wilhelm January 2004 (has links)
Thesis (Ph.D. (Liturgics))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2005.
6

Atmosfeer in die erediens : 'n liturgiese studie / Friedrich Wilhelm Leuschner

Leuschner, Friedrich Wilhelm January 2004 (has links)
Chapter 1 emphasizes the central position that the worship service occupies in the life of the believer, but then the whole person of the believer. The atmosphere is therefore vital. This is researched in part 2 by an exegetical study of 1 Corinthians 1-14, as well as the rest of Scripture. The variations through history are also studied. The atmosphere in the worship service should be such that the worshipper meets God with the necessary awe and respect. The service must also create an atmosphere of love, warmth, friendliness, and joy. All present must be invited and made welcome by the service. The atmosphere must further encourage and create room for everybody to participate and use their specific gifts. It can therefore change from service to service and within a single service. Important instruments in the atmosphere are the liturgical space, symbols, rituals, physical movement, gestures, music, song and the senses. Part 3 studies the contribution of adjacent sciences, like the theory of communication, cognitive science, symbolism, music, architecture and multimedia. These sciences support the principles of part 2 and give important perspectives for the practical application thereof. The situation in practice is studied by empirical research. The atmosphere is clearly not sufficiently integrated in the worship service. Although some elements are present, they are purely coincidental. A specific aimed strategy is lacking. Part 4 tries to bridge the gap between the base theory (part 2) and the practice (part 3) by suggesting practical guidelines. Because every congregation is in a unique context, a model is given to realize the principles. The image of the 'house of God is used to summarize and explain the principles. The final conclusion is that atmosphere plays a vital role in the worship service. In practice very little is made hereof. If the Atmosphere in the worship service is adjusted to what it should (and can!) be, the worship service will come closer to the purpose for which it is there and will it become even more of a meeting of the total person with the totality of God and with the totality of the fellow believer and the world. / Thesis (Ph.D. (Liturgics))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2005.
7

8

9

Die lewe en werk van ds Kálmán Papp II (geb 1924), met verwysing na die Hongaarse agtergrond, die Nederlandse periode en die Suid-Afrikaanse periode (Afrikaans)

Papp, Kalman Diederik 07 June 2011 (has links)
AFRIKAANS: Hierdie studie is onderneem om 'n biografie daar te stel van dominee Kálmán Papp II, predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (sedert 1951) en stamvader van die familie Papp in Suid-Afrika. Daar sal uiteraard ook gekyk word na sy teologiese posisie as predikant en verkondiger van die Evangelie van die Here, Jesus Christus. Die studie val uiteen in vier hoofstukke. Die eerste hoofstuk skets die agtergronde waaruit Papp afkomstig is. Die geskiedenis, land en taal van die Hongaarse volk kom eerste aan die orde, vervolgens die geskiedenis van die Christendom en die geskiedenis en etos van die Hervormde Kerk van Hongarye, en laastens Papp se genealogiese agtergrond. Die tweede hoofstuk van hierdie studie beskryf Papp se kinder- en studentejare in Hongarye (1924-1946): sy geboorte en opwindende kleuter- en laerskooljare in Mándok, sy vaderlose hoërskooljare aan die Lévai Jószef Hervormde Gimnasium in Miskolc, sy bedrywige studentejare aan die Graaf Tissza István Universiteit in Debrecen, sy aangrypende ervarings tydens die Tweede Wêreldoorlog, en sy vertrek na Nederland vir nagraadse studie. In die derde hoofstuk word Papp se verblyf in Nederland en sy studie van bykans twee jaar (1947-1949) aan die Universiteit van Utrecht beskryf, asook sy noodgedwonge emigrasie na Suid-Afrika. Papp se interessante lewensverloop in Suid-Afrika (1949-2008) word in die laaste hoofstuk van hierdie studie, wat uit ses afdelings bestaan, beskryf. Sy aankoms en vestiging in Suid-Afrika, studentetyd aan die Univer-siteit van Pretoria, toelating tot die evangeliebediening, afloswerk as proponent en huweliksbevestiging word in die eerste vier afdelings beskryf. Die vyfde afdeling beskryf Papp se voltydse bedieningstyd van veertig jaar in die gemeente Krugersdorp (1951-1991). Hierdie afdeling beslaan die grootste gedeelte van hierdie studie en is onderverdeel in vier afdelings wat elk 'n periode van ongeveer een dekade dek. Die eerste onderafdeling dek onder andere sy ontvangs in die gemeente, die kort maar aangename tydperk van sy eerste medeleraarskap, sy eerste publikasies en openbare optredes, die vreugdevolle geboorte van sy vyf kinders, die afstigting van die gemeentes Magaliesburg in 1953 en Krugersdorp-Oos in 1954, sy toegewyde betrokkenheid by die sinodale aktiwiteite van die kerk, onbaatsugtige hulpverlening aan en bediening van die Hongaarse vlugtelinge van 1956, lojale lidmaatskap van en betrokkenheid by die Paardekraal Feeskommissie, die ywerige bevordering van ekumeniese bande en die sewentigste verjaardagviering van die gemeente Krugersdorp. Die tweede onderafdeling beskryf Papp se deernisvolle betrokken-heid by die Jac van Belkum Kinderhuis te Krugersdorp, die periode van 'n ongelukkige tweede medeleraarskap, die noodgedwonge afstigting van 'n derde gemeente (Krugersdorp-Noord), sy sterk en entoesiastiese leiding met die oprigting van 'n nuwe pastorie en inrigting van 'n kerksaal, en die vreugdevolle viering van die gemeente Krugersdorp se 75ste bestaansjaar. In die derde onderafdeling word Papp se intensiewe betrokkenheid in die gemeenskap van Krugersdorp, by name by die Sterkfontein Hospitaal en Laerskool Burgershoop, en sy geesdriftige bearbeiding van die gemeente Outjo in die destydse Suidwes-Afrika onder andere beskryf, asook die viering van sy 25ste ampsjubileum, en die legitimasie en ordening van sy twee predikanteseuns en skoondogter. Die vierde onderafdeling dek onder andere die geboorte van Papp se eerste kleinkinders, sy aktiewe betrokkenheid by die 1983 Bybelfees en die ontvangs van verskeie familielede, gaste en besoekers uit die buiteland. Verskeie hoogtepunte in Papp se lewe word ook in hierdie onderafdeling beskrywe - sy amnestie, die eeufees van die gemeente Krugersdorp, wat met sy emeritaat saamgeval het, en die verskyning van Papp se gedenkalbum oor die geskiedenis van die gemeente Krugersdorp. Verskeie terugslae in Papp se lewe word ook in hierdie afdeling beskryf - die persoonlike probleme en egskeidings van sy kinders en die dood van verskeie familielede en vriende. Die laaste afdeling van hierdie studie beskryf Papp se aftreejare (1992-2008) - sewentien jare waarin verskeie hoogtepunte en terugslae mekaar voortdurend afgewissel het. Onder die hoogtepunte tel Papp se prominente deelname aan die Paardekraal Geloftefees, die erkenning van sy dienswerk aan die gemeenskap van Krugersdorp, die hertoelating van sy oudste seun en skoondogter as predikante, drie reise na Hongarye, die viering van sy tagtigste verjaardag, goue bruilof en 50ste ampsjubileum, en die toekenning van 'n ereprofessoraat. Onder die terugslae tel verskeie operasies en die tragiese dood van sy derde seun. Die studie word afgesluit met 'n samevattende teologiese evaluasie en ‘n waarderende beskrywing van Papp se sonderlinge gawes en unieke persoonlikheid. ENGLISH: The purpose of this study has been to compile a biography of the Reverend Kálmán Papp II, minister of the Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (since 1951) and progenitor of the Papp family in South Africa. Naturally his theological position as minister and preacher of the gospel of the Lord, Jesus Christ, will be looked at. The study consists of four chapters. In the first chapter, which deals with Papp's historical backgrounds, the history, land and language of the Hungarian nation, the history and ethos of the Reformed Church of Hungary, and the history of Papp's forefathers, with specific reference to the ministers of religion, are dealt with briefly. In more detail, the second chapter describes Papp's childhood and student years in Hungary (1924-1946): his exciting toddler and primary school years in Mándok, his fatherless high school years at the Lévai Jószef Gymnasium in Miskolc, his bustling student years at the Count Tissza István University of Debrecen, his gripping experiences during World War II, and his departure to the Netherlands for post graduate study. Papp's residence in the Netherlands, his two years at the University of Utrecht (1947-1949) and his hasty emigration to South Africa, are dealt with in chapter three. In the last chapter of this study, which consists of six sections, Papp’s interesting course of life in South Africa (1949-2008) is described. His arrival and settling in South Africa, student years at the University of Pretoria, admission to the ministry, temporary service as a candidate minister, and his marriage, are described in the first four sections. The fifth section deals with Papp's ministry of forty uninterrupted years in the Krugersdorp congregation of the Nederduitsch Hervormde Kerk (1951-1991). This section forms the main part of this study and is subdivided into four subsections, each covering a period of approximately one decade. The first subsection covers Papp's reception in the congregation, the short but fulfilling period of his first joint ministry, his first publications and public appearances, the birth of his children, the formation of two new congregations (Magaliesburg in 1953 and Krugersdorp-Oos in 1954), his dedicated involvement in synodical activities of the church, unselfish assistance and support to the Hungarian refugees of 1956, the loyalty portrayed in his involvement in the cultural life of Krugersdorp, his diligent promotion of ecumenical relations and his part in the seventieth anniversary of the Krugersdorp congregation. The second subsection describes Papp's sympathetic involvement with the Jac van Belkum orphanage in Krugersdorp, the period of an unhappy second joint ministry in the congregation, the compelled forming in 1964 of a third new congregation (Krugersdorp-Noord) Papp's strong and enthusiastic guidance in the building of a new parsonage and the transformation of an old abattoir into a church hall, as well as the celebration of the seventy-fifth anniversary of his congregation. In the third subsection Papp's intense involvement in the community life of Krugersdorp, more specifically with the Sterkfontein Psychiatric Hospital and Burgershoop Primary School, and his zealous work in the church's Outjo congregation in the former South West Africa are dealt with. Then there are also referred to the celebration of his twenty-fifth year in the ministry and the ordination of two of his sons and his daughter in law. The fourth subsection covers the birth of Papp's first grandchildren, his active involvement in the Bible Festival of 1983, and the reception and accommodation of various family members, guests and visitors from abroad. Several high lights of his life are also described in this section: his amnesty, the centenary celebrations of his congregation, which coincided with his retirement, and the publication of his album on the history of the Krugersdorp congregation. However, several set backs in Papp's life are also described in this section - the personal problems of his children, the failure of the marriages of both of his sons in ministry and the passing away of various family members and friends. The last section of this study describes Papp's seventeen years after retirement (1992-2008) - years in which several high lights and set backs occurred. Amongst the high lights were Papp's prominent part in the Day of the Covenant celebrations at Paardekraal, the acknowledgement of his service to the community of Krugersdorp, the re-admission of his eldest son and daughter in law into the ministry, three trips to Hungary, the celebration of his eightieth birthday, his fiftieth wedding anniversary and his fiftieth year in office as a church minister, and last but not the least, the conferment of a honorary professorate. Amongst the set backs were several illnesses and surgeries, and worst of all, the tragic death of his third son. The study concludes with a summarized theological evaluation and an appreciative description of Papp's exceptional gifts and unique personality. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / Church History and Church Policy / unrestricted

Page generated in 0.0468 seconds