• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Kultuurstereotipering in moedertaal-taalhandboeke in Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gemeenskappe (Afrikaans)

Engelbrecht, Alta 05 October 2009 (has links)
AFRIKAANS: Die navorsingsdoel van hierdie studie is om insig te verkry in die rol van handboeke in die instandhouding en legitimering van etniese magsverhoudinge, in die besonder deur middel van die bevestiging van kulturele stereotipes onderliggend aan die nie-geformuleerde, maar effektiewe verspreiding van norme, waardes en houdings. Gegrond op die aanname dat handboeke sosiale en politieke werklikhede weerspieël, ondersoek hierdie kwalitatiewe studie die voorstellingspraktyke in Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse taalhandboeke. 'n Kritiese diskoersanaliseontwerp, ondersteun deur 'n tematiese analise en fokusgroepbesprekings, word aangewend om die visuele materiaal in een handboekreeks van elk van die drie gemeenskappe te ondersoek. Ter aanvang word die drie Dietse tale se moontlike invloed op mekaar, ook ten opsigte van diversiteit, bespreek. Die teoretiese begronding is geanker in die veld van houding-, kultuur- en visuele studies. Die kennisbasis aangaande handboekvoorstellings in die onderskeie gemeenskappe word ontgin. Die bevindinge word as indikators van die fokusgroepbesprekings in die drie tersaaklike gemeenskappe, sowel as 'n tematiese analise van die visuele voorstellings in die handboeke aangebied. Daar is in die Nederlandse en Vlaamse data stereotipering gevind. Die bevindinge toon dat die visuele materiaal in die Nederlandse data as ideologiese retoriek van die dominante wit groep dien, wat die 'ander' as problematies, arm en 'anders' voorstel. Die Vlaamse reeks toon enkele voorbeelde van kulturele uitsluiting, maar gebruik ook teensimbole om self-refleksiwiteit onder leerders aan te moedig – wat outomatiese stereotipering teenwerk. As gevolg van Afrikaans se politiese verlede oorbeklemtoon die Afrikaanse handboeke 'n utopiese ‘nuwe Suid-Afrika’ waar ras en verskil non-issues is. Geen tekens van apartheidmeestersimbole kon in die Afrikaanse handboeke gevind word nie en Afrikaans as witmanstaal is in 'n groot mate gedemitologiseer. As gevolg van die sterk hekwagtersrol wat handboekbelanghebbendes soos die onderwysdepartement en uitgewers in Suid-Afrika speel, kan die Afrikaanse handboekdata slegs in 'n geringe mate met die Nederlandse en Vlaamse data vergelyk word. Anders as wat aanvanklik vermoed is, toon hierdie studie dat taal die belangrikste, indien nie die enigste, gemene deler tussen die drie gemeenskappe is. ENGLISH: The research goal of this study was to provide insight into the role of textbooks in the maintenance and legitimization of ethnic power relations, specifically the reproduction of cultural stereotypes informing the unstated, but effective distribution of norms, values and attitudes. Based on the assumption that textbooks serve as a mirror of the social and political order, the purpose of this qualitative study is to determine the extent to which Dutch, Flemish and Afrikaans language textbook series foster cultural stereotyping of the 'other’. Data sources for the critical discourse analysis are constituted by the visual material of one textbook series from each of the three language communities. The contextualisation includes an explanation of how the three Pan Dutch languages might influence each other, and their perspectives on diversity. The conceptual framework comprises an explication of the concepts and theories on attitude, culture and visual studies. Influential issues in the literature on textbook representation, language and identity are described in the literature study. The findings are presented as indicators derived from focus group discussions in the three countries, as well as a thematic analysis of visual representation in the textbooks. Traces of stereotyping were found in the Dutch and Flemish data. The findings show that visual material in the Dutch data serves as ideological rhetoric of the dominant white group, projecting the 'other' as problematic, poor and different. The Flemish series shows indications of cultural exclusion, but incorporates counter-symbols to encourage self-reflectivity among Flemish learners, thus countering automatic stereotyping. The Afrikaans textbooks, because of their highly politicised past, over-emphasize a utopian ‘new South Africa’ where race and difference are non-issues. No signs of apartheid master symbols could be found in the Afrikaans textbooks and Afrikaans is demythologised as a 'white' language. As a result of the controlling nature of the gatekeeping function in South Africa of the education department and textbook publishers, the Afrikaans textbook-data can be compared to the Dutch and the Flemish textbook-data to a limited extent only. This study has shown that the major characteristic the three communities share is language. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2009. / Humanities Education / unrestricted
2

Rolkonflik by die werkende moeder : 'n geestesgesondheidsperspektief / Role conflict experienced by the working mother : a mental health perspective

Vosloo, Salome Erna 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel met hierdie navorsing is om vanuit 'n geestesgesondheidsperspektief ondersoek in te stel na die rolkonflik van die werkende moeder. Die literatuurdoelstellings behels dat rolgedrag verduidelik word. Veranderlikes binne die organisasie- en werksfeer asook farniliesfeer wat tot rolkonflik by die werkende moeder aanleiding gee is beskryf. Die groeisielkunde is vanuit die analitiese, humanistiese en eksistensiele paradigmas aangebied, ten einde 'n geestesgesonde persoonlikheidsprofiel te ontwikkel. Wat die operasionele doelstellings betref, is die veranderlikes wat tot rolkonflik aanleiding gee en die persoonlikheidsfunksionering van tien werkende moeders met hulle eerste kind, deur middel van 'n ongestruktureerde onderhoud, ondersoek. Die verband tussen rolkonflik en 'n geestesgesonde persoonlikheid is vasgestel, om te bepaal hoe geestesgesondheid die hantering van rolkonflik beinvloed. Die resultate dui daarop dat die werkende moeder, met die ervaring van haar rol as moeder, groei in haar persoonlikheidsfunksionering getoon het. Uit die resultate blyk dit dat dit 'n positiewe gesindheid teenoor loopbaan, min werksekuriteit vir die moeder wat in haar eie praktyk werksaam is, onbuigsame werksomstandighede, ondersteuning deur betekenisvolle ander, rolbeperking en hoë deurdringbaarheid tussen die moeder se moeder- en werkrol, temas is wat die rolkonflik wat die werkende moeder ervaar, en gevolglik haar geestesgesondheid, bei:nvloed. Die resultate dui daarop dat die werkende moeder konflik tussen haar moeder- en werkrol, rol as eggenote en eie tyd ervaar. Unieke veranderlikes wat tot rolkonflik lei in die Suid-Afrikaanse konteks, wat in die navorsing geidentifiseer is, is rolbeperking en gebrek aan werksekuriteit vir die moeder wat haar eie praktyk bedryf. Die geestesgesonde persoonlikheidsfunksionering van die werkende moeder is met die ontwikkelde persoonlikheidsprofiel vergelyk. Dit blyk dat akkurate en realistiese waarnemings van ervarings, vryheid om emosies te beleef, geloof, toekomsgerigtheid en innige interpersoonlike verhoudings die werkende moeder se geestesgesondheid positief kan beinvloed, en tot makliker hantering van rolkonflik lei. Hierteenoor blyk dit dat gebrek aan seltkennis, gebrek aan vryheid van keuse, min emosionele beheer asook onaanvaarbaarheid en onverdraagsaamheid teenoor ander, eienskappe is waar sy heelwat in haar persoonlikheidsfunksionering kan groei. Aanbevelings vir die hantering van rolkonflik deur die werkende moeder is vir die bedryfsielkundige praktyk en die werkende moeder self geformuleer, asook aanbevelings vir verdere navorsingsgeleenthede. / The aim of this research was to study the role conflict experienced by the working mother from the mental health perspective. The literature study includes a description of role behaviour as well as variables within the organisational, work and family spheres that influence role conflict. Growth psychology is presented from analytical, humanistic and existential perspectives, culminating in a profile of the mentally healthy personality. The operational aims involved an investigation of variables that influence role conflict and the personality functioning of ten working mothers who are bringing up their first child. This was conducted through unstructured interviews. This involved determining the relationship between role conflict and a mentally healthy personality, to determine how mental health facilitates coping with role conflict. The results indicate that the working mother showed growth in her personality functioning as a result of the experience of her role as mother. However, the results also indicate that a positive orientation to career, minimal job security for the mother working in her own business, inflexible working conditions, support from significant others, role restriction and high penetrability between the roles of mother and worker, are themes that influence the conflict that the working mother experiences which, in turn, influences her mental health. The working mother experiences conflict between her roles as mother, worker, spouse and individuaL Unique variables that influence role conflict in the South African context were identified, namely, role restriction and minimal job security for the mother who operates her own business. The mental personality functioning of the working mother was compared with the developed personality profile. It seems that accurate and realistic observation of experiences, freedom to express feelings, religion, future orientation and close interpersonal relationships, influence the working mother's mental health positively and lead to better coping with role conflict. In contrast she could grow in terms of the following characteristics: lack of self-knowledge, little freedom of choice, little control over emotions as well as unacceptance and intolerance of others. Recommendations were made to the industrial psychology practice and the working mother herself, on how to handle role conflict, and also regarding future research possibilities. / Industrial and Organisational Psychology / D. Comm. (Bedryfsielkunde)
3

Page generated in 0.0779 seconds