Spelling suggestions: "subject:"polisiediens""
1 |
Die rapportering en sanksionering van polisie-brutalteit in Suid-AfrikaIngram, Renaldi January 2013 (has links)
Polisie brutaliteit bestaan al vir solank as wat die polisie self bestaan. Insidente van polisie brutaliteit kan gekenmerk word aan geweld, die misbruik van mag en marteling. Hierdie studie het ten doel om die verskeie vorme van polisie brutaliteit te identifiseer en om ondersoek in te stel na die redes vir die geweldadige optredes van polisielede teenoor die publiek. Verskeie sanksionerings prosedures, te wete: interne dissiplinêre stappe, strafregtelike vervolging van polisielede, asook sivielregtelike verrigtinge ten aansien van skadevergoeding en staatskompensasie aan slagoffers, word ondersoek. Die studie het nie net ten doel om die aard en erns van polisie brutaliteit en sanksionerings prosedures te openbaar nie, maar ook om moontlike oplossings vir die bekamping van polisie brutaliteit te vind. / Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Procedural Law / unrestricted
|
2 |
Grondwetlike polisiëring in die Suid-Afrikaanse konteks / Abraham Francois van den BergVan den Berg, Abraham Francois January 2014 (has links)
Maintaining order in the community may be considered one of the fundamental obligations of the contemporary state. It requires the policing of society in accordance with the law and therefore entails one of the most comprehensive manifestations of state power. It is aimed at protecting the state and the community against crime so that the individual member of society is not burdened with self-protection. It is, however, essential that the state engages in legitimate powers and force in order to provide stability within the community it polices.
The traditional approach to policing requires that a state authority be appointed to maintain order in the community, to apply and enforce the law and to utilise legitimate procedures to protect the community. However, through the ages it became synonymous with oppressive and politically driven state authority. This created a wedge between the state and society and resulted in a crisis in police legitimacy. Before 1994 South Africa‘s policing system was based on the national security of the state that ensured absolute state authority through oppressive political practices. The democratisation process deviated from this approach by striving for the limitation of state power and the protection of the individual by means of fundamental rights.
This democratisation process also had an impact on the policing system, which was required to transform accordingly, in order to reflect the democratic state, as well as the constitutional values, fundamental rights and legitimate state authority. The South African police therefore had to transform on both a structural and material level, but seems to have done so without the juridical basis. This re-established a crisis in legitimacy which caused society to view the police as an oppressive, corrupt and hostile state authority. It created a feeling of contempt and distrust in the police and undermined the police‘s role in society. To counter this lack in legitimacy the community reverted to a form of self-protection and took the law into their own hands, which resulted in the undermining of public order and the law in general.
This study investigates the juridical foundation of the contemporary policing system in South Africa. It studies the structural and material composition of South African policing and whether it can really be considered a constitutional policing system. It endeavours to provide juridical answers to the current concerns in the legitimacy of policing, in order to harmonise the traditional policing approach with that of the constitutional era. / PhD (Law), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
|
3 |

4 |
Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek / Gert Nicholaas van den BerghVan den Bergh, Gert Nicholaas January 1972 (has links)
Die Transvaalse polisie het sy beslag gehad in die polisiestelsel van die Kaapkolonie soos aangepas by die bepaalde, en soms ongelyksoortige, behoeftes van verskillende Voortrekkerpioniersnedersettings. Die stelsel, wat swaar geleun het op instellings wat nie ‘n direkte polisie-assosiasie gehad het nie, het geen noemenswaardige ontwikkeling deurgemaak nie en teen die begin van die sewentigerjare was die Transvaalse polisiediens so stagnant dat dit ‘n opvallende agterstand teenoor al die buurstate geopenbaar het.
Eers onder die bewind van president Burgers is die plattelandse diens, wat hoofsaaklik met Bantoes te maak gehad het, tot ‘n mate gemoderniseer. Hierdie proses het veral gewentel om die losmaking daarvan van die militêre waaraan dit voorheen om finansiële en organisatoriese gerief innig versmeld was. Ook Britse tussenregering wat wel weinig nuuts tot die groei van ‘n selfstandige polisieorganisasie kon bydra, het, soos Burgers, nuwe weë van opset en organisasie vir die herstelde Republiek ontsluit.
Die eerstes hiervan het egter dwaalweë geblyk te wees. Voortgesette geldnood, maar veral die onheilsame oorheersing van die polisiediens deur Piet Joubert, wat sy oë op die verlede
eerder as op die toekoms gerig het en op die artilleriekorps eerder as op ‘n landspolisie, was grotendeels hiervoor verantwoordelik. "Die gevolg was verkeerde beklemtoning van organisasie
en aanwending sodat nie slegs die werksaamhede nie maar die hele bestaan van die plattelandse polisieorganisasie in die weegskaal beland het en die polisie verhinder is om die rol waartoe dit in staat was in die bantoe-onluste van die tagtiger- en vroeë negentigerjare in noord-Transvaal te speel.
Die enigste konstante faktor in die polisiediens was die rol wat die veldkornette en later die bantoekommissarisse in die kleine gespeel het.
Op die dorpe het die gemoedelike ontwikkeling hoofsaaklik gewentel om die vasstelling van beheer wat dikwels meer gebieders as polisie tot gevolg gehad het. In pas met die grondwetlike woelinge van die jare vyftig en sestig, het die vraagstuk ‘n vinnige maar ook verwarrende tydperk deurgemaak totdat die leisels uiteindelik in die hande van die staatsprokureur beland het. Deur sy professionele kennis, wetshandhawingsfunksie en toegang tot die regering het hy gesorg vir ‘n gestadigde
maar volgehoue groei en meer doeltreffende aanwending van die dorpspolisiediens.
Die vernaamste ontplooiing volg na die ontdekking van goud.
In die verband was die ontwikkeling van delwerye in die noorde, ooste en weste voor die op die Witwatersrand ‘n seën in so verre hulle as leerskool gedien het vir die probleme met wetshandhawing onder elemente wat aan die Transvaalse samelewing vreemd en selfs vyandig was. Hoewel die basiese wetgewing en polisieorganisasie in die verband dus reeds bestaan het met die aanvang van die ongeëwenaarde toeloop van Uitlanders na Johannesburg, het ‘n legio van ander probleme spoedig ontstaan en met verloop van tyd vererger.
‘n Belangrike interne probleem, wat soos so vele ander gespruit het uit die onversadigbare vraagstuk na genoegsame getalle polisie, was die sistematisering van administrasie, bevel en beheer. Met organiese probleme van hierdie aard kon die stadige meulens van die wetgewende en uitvoerende gesag nie tred hou nie. Dit was deels omdat die staat nag te onvolwasse was en die probleem te omvattend, maar ook deels omdat die staat nie geneë was om die Johannesburgers se probleme op te los nie en deels omdat die Johannesburgers verkies het om hulle probleme nie deur die republikeinse regering opgelos te kry nie.
Hierdeur is aan die Johannesburgse polisiediens ‘n verdere dimensie verleen waardeur dit gevaar geloop het om tot 'n pion in ‘n diplomatieke skaakspel tussen die staatsowerhede en die
Uitlanders gereduseer te word. Die houding van die Uitlanders teenoor Boereinstellings in die algemeen vorm trouens die vernaamste eksterne faktor wat die polisiediens geslyp het. Beginnende met die Jameson-inval het die polisiediens ‘n spil geword waarom politieke wrywing tussen Pretoria, Johannesburg en Londen gewentel het en die bedrewenheid en integriteit of andersins van die republikeinse geregsdienaar het ‘n belangrike bestanddeel geword
van die hekseketel waaruit die Tweede Vryheidsoorlog gevloei het.
Aan die ander kant het Johannesburg ‘n vername bydrae gelewer tot die wasdom van die polisiediens. Ten opsigte van aanwending het dit die speurdiens gebaar. Organisatoriese
prosesse van rasionalisasie onder die beheer van die kommissaris van polisie en bewegings om aan die diens ‘n professionele gestalte te verleen deur opleiding, verbeterde kommissariaat
administrasie en die uitstryking van die vraagstuk van bevel en beheer deur die byvoeging van 'n aparte regskundige element – die administratiewe buro, en die kodifikasie van instruksies, kom pas na die stimulus van die Jameson-inval tot bevrugting. Maar veral het die unieke eise wat Johannesburg gestel het die polisiediens op ‘n peil van doeltreffendheid gedwing waarvoor Uitlander- en ook ander kritici in die spannende dae voor die Tweede Vryheidsoorlog blind was, maar waarop die klein Republiek trots kon wees.
Soos die polisiediens op die dorpe het die plattelandse diens ook sy finale beslaggewing aan die inval te danke. Maar die tradisie van gebondenheid aan die krygsdiens en bantoeadministrasie het verhoed dat die diens algehele selfstandigheid verwerf het terwyl slegs in die onlusgeteisterde streke, van die noordelike Transvaal sprake was van afdoende polisiesterkte en dit ‘n skamele twee jaar voor die einde.
Ook ten opsigte van die plattelandse polisiediens het Britse belange ‘n botsing met die Republiek gebolwerk om die Bunu-kwessie.
Vir die laaste stormagtige ontwikkelingsfase van die polisiediens was nie slegs Jameson en Uitlanderkritiek verantwoordelik nie maar ook die onvermoeide ywer van ‘n aantal, meesal jong, amptenare. Aan die “stompkant” neem persone soos staatsprokureurs Esselen en Smuts ‘n ereplek in terwyl aan die aksiekant in Johannesburg dit Krause, Pietersen, De Beer, Schutte, Van Dam en selfs Trimble en op die platteland eers Dahl en toe Du Toit was. Daarenteen het die polisiekommissarisse ‘n opvallend beperkte bydrae gelewer.
Die laaste paar jaar van die Republiek se bestaan het verdere uitbreiding van polisiepligte meegebring wat gewentel het om die staatsveiligheid en die Z.A.R.P's algaande voorberei
het vir die militêre rol wat die oorlog vir hulle sou meebring. Die belangrikste hiervan, ewe-eens ‘n nasleep van die kruispaaie wat die Jameson-inval in die polisiewese meegebring het, was die geheime diens waarvan die plek in die Republiek se militêre voorbereidings nog nie ten volle bepaal is nie.
Tydens die oorlog self is die gereelde polisie as die Republiek se enigste opgeleide berede infanterie, op ‘n vroeë stadium vir krygsdiens aangewend om op die gevegsfront die stryd teen Imperialisme op ander wyse voort te sit as wat dit reeds vir meer as tien jaar in die strate van Johannesburg gedoen het. Anders as by Dalmanutha waar die Johannesburgse Z.A.R.P.'s met aansienlike roem omhul hul laaste opdrag uitgevoer het, het die raap en skraap amateurpolisie waarmee hulle op die tuisfront vervang moes word, aan ‘n gestadiger en roemloser einde gekom sodat die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in die opsig nie op ‘n hoër noot afgesluit het as waarmee dit begin het nie.
Ook het die Republikeinse polisiediens geen nalatenskap gehad nie. Die beswaddering van die diens in Britse kringe het die herlewing daarvan na die Oorlog - volgens tydgenote se latere opmerkings, minstens gedeeltelik ten nadele - verhoed. / Proefskrif--PU vir CHO, 1971
|
5 |

6 |
Revealing the emotion lexicon of the Setswana language within the South African Police Service / Christelle FourieFourie, Christelle January 2010 (has links)
Anthropologists claim that people in a variety of human societies differ enormously in how they experience, express and understand emotion (Kalat & Shiota, 2007). Research on emotions, around the world, has become increasingly popular during the past few decades. Emotion is involved in the mainstream of topics in psychology, be it about antecedents, emotional expressions and responses, or about the dimensions underlying the large emotion lexicon (Shaver, Schwartz, Kirson, & O’Connor, 1987).
While the study of emotion is of universal interest, emotions are of special interest for South-Africa. By studying the emotion lexicon of the Setswana culture, an evidence-based intervention program could be implemented by the SAPS, which will be relevant and practical to address emotional needs and support for South African Police members to express their emotions more accurately. This will help to ensure a healthy, productive and motivated police service which is an important contributor to the society (Van der Doef & Maes, 1999). South Africa, a multi-cultural country, with its eleven official languages, makes an exceptional country for studying emotion as presented in different cultures.
The main objective of this study was to investigate emotion and culture in accordance with a literature study, and to identify the different emotion words within the Setswana language group and determine the prototypical emotion words as well as the cognitive structure (different dimensions) of emotion concepts.
A survey design with convenience sampling was used to achieve the research objectives in a series of three phases (studies). The study population for the first (N=154) and third (N=140) phases consisted of entry level police applicants (students) from the South African Police Services. The study population (N=51) of the second phase consisted of Setswana language experts. Free Listing questionnaires, Prototypicality questionnaires and Similarity rating questionnaires were administered. Statistical methods and procedures (Multidimensional Scaling and Descriptive Statistics) were used and Cronbach alpha coefficients were calculated to analyse the results.
Results of the Free Listing task gave a strong indication that basic emotion concepts of joy, sorrow and love readily came to mind in the Setswana group. Most prototypical concepts listed by the Setswana-speaking group were those of: “lela” (cry), “rata” (like), “go tenega” (fed up), “kgalefo” (warning), “lerato” (love), “boitumelo” (joy), “go utlusiswa botloko” (being hurt), “kwata” (anger), “amego maikutlo” (affection), “itumeletse” (elation), “botlhoko” (disappointment) and “itumela” (happiness).
In order to determine the cognitive structure of emotion concepts, a multi-dimensional scaling was performed. A five-factorial solution was created with dimensions of Pleasantness, Yearning, Arousal, and Potency with the last dimension, “Go amega maikutlo”, being unique to the Setswana group.
Suggestions were made concerning future studies on the emotion lexicon. / Thesis (M.Com. (Industrial Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2010
|
7 |

Page generated in 1.2226 seconds