Return to search

Die geskiedenis van die Stellenbosch Hospitaal (1942-2001)

Die Queen Victoria Gedenkhospitaal van Stellenbosch, wat sedert 1904 die
Stellenbosse gemeenskap bedien het, het as gevolg van 'n groeien~e
inwonergetal geleidelik 'n gebrek aan ruimte ondervind. Daarom is daar
gedurende die 1930's pogings aangewend vir die oprigting van 'n groter
hospitaal. Hierdie pogings is uiteindelik met sukses bekroon en in 1944 het
die Stellenbosch Hospitaal sy deure geopen.
Spoedig na die opening van die hospitaal is verskeie probleme, soos
byvoorbeeld 'n tekort aan beddens en 'n behoefte aan meer moderne
mediese toerusting, ondervind. Die Hospitaalraad het deur voortdurende
verto~ tot die Kaapse Provinsiale Administrasie en met die finansi~le steun
van die Stellenbosse gemeenskap daarin geslaag om belangrike moderne
algemene en mediese toerusting aan te koop.
Die Stellenbosch Hospitaal, in samewerking met die Cloetesville
Gemeenskaps Gesondheidsentrum, wat onder die beheer van die hospitaal
staan, se belangrikste doelwit was, en is, om die beste moontlike diens aan
die gemeenskap te lewer. Daarom het die Hospitaalraad met verloop van tyd
'n omvattende gemeenskaps gesondheidsprogram ontwikkel.
Sedert die dae van die Queen Victoria Gedenkhospitaal het die Stellenbosse
gemeenskap 'n aktiewe rol in die lewering van noodsaaklike hospitaaldienste
gespee!. As gevolg van die betrokkenheid en die finansi~le bydraes van die
gemeenskap kon die Hospitaalraad noodsaaklike uitbreidings, soos 'n
kraamsaal en 'n verpleegsterstehuis finansier. Omdat die gemeenskap besef
het dat dit nie net die staat se verantwoordelikheid was om
gesondheidsdienste te lewer nie, is die Aksie Stellenbosch Hospitaal, die
gemeenskapsarm van die hospitaal, in 1988 gestig. Hierdie Aksie
Stellenbosch Hospitaal speel dus in 'n tydperk waar staatsfondse beperk is, 'n
belangrike rol om die Stellenbosch Hospitaal doeltreffend te laat funksioneer
en om steeds hoe standaarde met betrekking tot gesondheidsorg te
handhaaf.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1935
Date03 1900
CreatorsBaderoen, Tougeda
ContributorsVenter, C., Visser, W. P., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0025 seconds