Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Die siviele lasterreg word gekenmerk deur verdeeldheid aangaande bewyspligtigheid. 'n
Unieke situasie doen horn voor: weerlegbare regsvermoedens van onregmatigheid en animus
iniuriandi word opgevolg deur verskeie regsverdigingsgronde. Bykomend hiertoe stel die
Grondwet die vereiste van konstitusionele regverdiging vir beperkings op fundamentele regte.
'n Oorsig oor die regspraak in sowel die voorgrondwetlike - as na-grondwetlike bedeling, dui
op 'n versuim deur die howe om behoorlik aandag te skenk aan die bewyspligtigheidsgevolge
van die regverskynsels wat hulself in die lasterreg voordoen.
In hierdie verhandeling word bewyspligtigheid in lastersake krities ondersoek om vas te stel of
dit die reg korrek weerspieel en om 'n werkbare bewyslasformule vir lasteraksies in 'n
konstitusionele litigasie te vind. Daar word voorgestel dat die probleem opgelos word deur 'n
tweefase-benadering: Die eiser moet in die eerste fase die omvang van sy reg bewys en dat
daarop inbreuk gemaak is. In die tweede fase moet die verweerder sy regverdigingsgronde
bewys, asook dat dit konstitusioneel regverdigbaar is. / The civil law of defamation is marked by discord regarding onus of proof. A unique situation
evidences itself: rebuttable presumptions of law concerning unlawfulness and animus iniuriandi
are followed by various grounds of justification. In addition thereto the Constitution sets the
requirement of constitutional justification for limitations on fundamental rights.
An overview of case law in the pre-constitutional as well as the post-constitutional
dispensation, indicates a failure by the courts to pay proper attention to the evidentiary
consequences of the legal phenomena found in the law of defamation.
In this dissertation onus of proof in defamation cases is critically examined to ascertain whether
it reflects the law correctly and to find a workable "onus of proof" -formula for defamation
cases in a constitutional dispensation. It is suggested that the problem be solved by a two stage
approach: in the first phase, the plaintiff must prove the extent of his right and the
encroachment thereof . In the second phase the defendant must prove his grounds of
justification and show that they are constitutionally justifiable. / Constitutional, International and Indigenous Law / LL.M.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16302 |
Date | 11 1900 |
Creators | Van Heerden, Cornelia Maritha |
Contributors | Kelbrick, R. (Roshana) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (49 leaves) |
Page generated in 0.0021 seconds