Return to search

Macrostructural and microstructural strategies to enhance reference quality of Thanodi ya Setswana

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000 / ENGLISH ABSTRACT: Ineffective treatment procedures of lexical items and inadequate information in the
macrostructure and microstructure reduce the value of the reference quality of Thanodi of
Setswana. This prompted an attempt at suggesting improvements with regard to the treatment
and information retrieval of lexical items.
This dictionary is not consistent in its use of structural marketslreference symbols to mark vital
lexicographic information and reference addresses. Homonyms are not given the comprehensive
lexicographic treatment, that would enable the user to access all relevant linguistic and semantic
information, Another shortcoming is the lack of the use of labels on some headwords in this
dictionary.
The treatment procedure given to synonyms in this dictionary fails to provide the relevant
information that the user needs. There is a lack of semantic linking among synonyms, because
of the inadequate use of cross-reference symbols and reference markers. Loan-words are not
marked to indicate their linguistic origin and to recognise them as being part of the Setswana
lexicon and conveying lexicographic information. The unavailability of usage notes as part of
the treatment of Thanodi ya Setswana, reduces the reference quality of the dictionary as a source
of linguistic information. The use of this semantic information as part of the definiens is
important to avoid unclear lemma definitions.
The treatment procedure given to certain lemmas in this dictionary, suggests that the space
saving principle is ignored. There are repeated definitions in the articles of synonymous lemmas
and this creates redundancy. It is suggested that synonymous lemmas be treated by a crossreference
depending on their usage frequency. The more frequently used lemmas should be given
full lexicographic treatment and the less frequently used lemmas be given a partial treatment.
The treatment of nouns in this dictionary also reduces its reference quality. Singular nouns are
lemmatized but plural nouns are not lemmatized, The exclusion of these plural nouns in the
macrostructure of this dictionary disadvantages an inexperienced user, especially in cases where
these plural forms are more frequently used than the singular forms. A strategy to lemmatize
both singular and plural nouns can maximise the usefulness of the dictionary.
There are sublexical lexical items that are part of the Setswana lexicon but are not lemmatized
in this dictionary. These sublexicallexical items should be lemmatized to recognise their status
as lexical items. The treatment procedure given to inflectional and deficient verbs is a cause for
concern in this dictionary. Instead of semantic information being provided, a derivation process
is shown in the dictionary's article. This poor treatment given to these lexical items, leads to other senses of the lemma being left out and not being found by the dictionary user.
The suggested strategies in the treatment of lexical items and the making available of
lexicographic information, would make this dictionary more user-friendly. With such
improvements, this dictionary would benefit the dictionary user. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die waarde en kwaliteit van Thanodi ya Setswana word verminder deur oneffektiewe
prosedures in die behandeling van leksikale items en onvoldoende informasie in die
makro- en mikrostruktuur van die woordeboek. Hierdie tesis kan beskou word as 'n
poging om verbeteringe voor te stel vir die behandeling van leksikale items en die
inwin van informasie daaromtrent.
Die woordeboek IS me konsekwent III sy gebruik van struktuurmerkers en
verwysingsimbole ten einde belangrike leksikografiese informasie en
verwysingsadresse te merk nie. Homonieme kry nie die volledige leksikografiese
behandeling wat dit vir die gebruiker moontlik sou maak om alle relevante
taalkundige en semantiese inligting te bekom nie. 'n Ander tekortkoming is die
gebrek aan etikette by sommige lemmas in hierdie woordeboek.
Die wyse waarop sinonieme in die woordeboek behandel word, is ook gebrekkig: dit
verskaf nie die relevante inligting wat die gebruiker benodig nie. Daar IS
onvoldoende inligting betreffende die semantiese verband tussen lemmas wat as
sinonieme beskou word, vanwee die onvoldoende gebruik van verwysingsimbole en -
merkers. Leenwoorde word nie gemerk ten einde hulle linguistiese oorsprong aan te
dui, en duidelik te maak dat hulle deel van die Setswana leks ikon is nie.
Daar is 'n gebrek aan aantekeninge of voorbeelde betreffende die gebruik van woorde
en dit verminder die nut van Thanodi ya Setswana as naslaanwerk en bron van
taalkundige inligting. Sulke semantiese inligting as deel van die definiens is belangrik
omdat dit onduidelike definisies help voorkom.
Die manier waarop sekere lemmas behandel word, maak dit duidelik dat die beginsel
van die ekonomiese gebruik van spasie hier geignoreer is. Definisies in die artikels
van sinonieme word telkemale herhaal, en dit lei tot oortolligheid. Daar word
voorgestel dat sinonieme liewer behandel moet word by wyse van kruisverwysings,
afhangende van hul gebruiksfrekwensie: lemmas wat meer dikwels gebruik word,
behoort 'n volle leksikografiese behandeling te kry: die wat minder dikwels gebruik
word, kan dan 'n gedeeltelike behandeling kry. Die wyse waarop selfstandige naamwoorde behandel word, verminder ook die
verwysingskwaliteit van die woordeboek. Die enkelvoudvorme van selfstandige
naamwoorde word gelemmatiseer, maar nie die meervoudvorme nie. Die weglaat van
die meervoudvorme van selfstandige naamwoorde in hierdie woordeboeke benadeel
die onervare gebruiker, veral in die lig van die feit dat sommige meervoudvorme meer
dikwels gebruik word as die enkelvoudvorme. Deur meervoudvorme sowel as
enkelvoudvorme te lemmatiseer, sal die waarde en nuttigheid van die woordeboek
verhoog word.
Voorts is daar sekere subleksikale leksikale items wat deel is van die Setswana
leksikon, maar wat nie in hierdie woordeboek gelemmatiseer word nie. Sulke
subleksikale items behoort gelemmatiseer te word, ten einde erkenning te gee aan
hulle status as leksikale items. Die behandeling van infleksie-werkwoorde en
"negatiewe" werkwoorde ("deficient verbs") in hierdie woordeboek is gebrekkig.
Instede van semantiese informasie te verskaf, word slegs die afleidingsproses
aangetoon. Die gebrekkige behandeling van hierdie leksikale items veroorsaak dat
sekere betekenisse van die lemmas weggelaat word - betekenisse wat vir die
gebruiker van die woordeboek relevant mag wees.
Indien die voorgestelde strategiee in die behandeling van die leksikale items toegepas
word, en meer leksikografiese inligting verskaf word, sal die woordeboek meer
gebruikersvriendelik word. Dit sal ook van groter nut en waarde vir die gebruiker
wees.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51822
Date12 1900
CreatorsMokone, Nickey Seroke
ContributorsGouws, R. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Afrikaans & Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format59 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0016 seconds