Return to search

Invloed van agtergrondmusiek rakende graad 6-leerders se gedragspatrone

Die afskaffing van lyfstraf in Suid-Afrikaanse skole het tot groter dissipline probleme onder leerders gelei. Onderwysers raak toenemend gefrustreerd aangesien min praktiese oplossings vir hierdie probleem bestaan. Hierdie studie bestudeer die rol wat agtergrondmusiek in die klaskamer kan speel om die leerling se konsentrasievermoë te verhoog, sy gedrag positief te verander en so die algehele dissipline in die klassituasie te verbeter.
Agtergrondmusiek vorm deel van elke kind se leefwêreld aangesien moderne tegnologie dit maklik maak om musiek oral en altyd te luister. Leerders luister ’n groot gedeelte van elke dag na musiek, ook terwyl hulle huiswerk doen. Daarom was dit nodig om die tipe agtergrondmusiek te vind wat voordelig kan wees vir die leerder in ’n klassituasie.
In hierdie studie is van praktiese aksienavorsing binne ‘n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik om die ervarings van leerders tydens die aanwending van verskillende tipes agtergrondmusiek in die klaskamer te bepaal. Uit die verband tussen die leerders se gedragspatrone en waarnemings nadat klassieke instrumentale musiek in die klaskamer gespeel is, kan bevind word dat hierdie tipe agtergrondmusiek as potensiële tegniek gebruik kan word om dissipline in die klassituasie te verbeter. The abolition of corporal punishment in South African schools led to greater discipline problems among students. Teachers are becoming increasingly frustrated as few practical solutions to this problem exist. This study examines the role that background music in the classroom can play in the child's ability to concentrate, increasing his positive behavior and so the improvement of discipline in the classroom.
Background music is part of every child's world as modern technology makes listening to music part of everyday living. Learners listen to a large portion of music every day, even while they are doing homework. Therefore it was necessary to study the influence of background music as to what extend it can benefit the student in the classroom.
This study used practical action research within a qualitative research design. From the relationship between the learner's behaviour and observations after classical instrumental music was played in the classroom, this type of background music can be used as a potential technique to improve discipline in the classroom. / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2014. / am2014 / Music / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/41515
Date January 2014
CreatorsHendriks, Marna
ContributorsVermeulen, Dorette
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeMini Dissertation
Rights© 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0026 seconds