Return to search

Benutting van onderrigtegnieke in maatskaplikewerksupervisie aan voorgraadse studente

Text in Afrikaans / OPSOMMING

`n Verkennende en beskrywende studie is onderneem om wetenskaplike gefundeerde riglyne ten opsigte van die benutting van onderrigtegnieke vir praktykopleiers beskikbaar te stel vir maatskaplikewerksupervisie aan voorgraadse studente. Om supervisie effektief te kan aanwend, moet praktykopleiers van onderrigtegnieke kennis dra en dit kan aanwend.

Die literatuurstudie fokus op die onderrigfunksie van supervisie en `n klassifikasie en beskrywing van onderrigtegnieke wat binne die supervisieproses aangewend kan word.

Al twee-en-twintig supervisors/praktykopleiers wat betrokke is by gesinsorgorganisa-
sies in die Metropool- en Bolandstreek, Wes-Kaap is betrek. `n Gestruktureerde vraelys is as data-insamelingsmetode benut. Die bevindinge en resultate toon aan dat voortgesette opleiding deur middel van informele opleidingstrategieë van praktykopleiers noodsaaklik is, om hul kennis ten opsigte van die onderrigfunksie van supervisie uit te brei asook die benutting van onderrigtegnieke aan te moedig. Verdere navorsing kan fokus op die benutting van onderrigtegnieke uit die Gestalt- of ander benaderings tydens supervisie.

SUMMARY

An exploratory and descriptive study was undertaken to provide scientifically based guidelines regarding educational techniques used by practical trainers when providing social work supervision to undergraduate students. To apply supervision effectively, practical trainers must have knowledge of educational techniques and be able to apply these.

The literature study focuses on the educational function of supervision and provides a classification and description of educational techniques that can be applied within the supervision process.

The sample included twenty-two supervisors/practical trainers at family welfare organisations in the Metropolitan and Boland regions, Western Cape. A structured questionnaire was used to gather data. The findings and results show that continuing education through informal training strategies by practical trainers is essential to expand their knowledge of the educational function of supervision and to encourage the use of educational techniques. Further research should focus on educational techniques from the Gestalt approach or other approaches. / Social work / M.Diac.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/2264
Date31 March 2006
CreatorsFell, Granda Desiré Jacqueline
ContributorsMalherbe, B. R.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (x, 128 leaves)

Page generated in 0.002 seconds