Return to search

Die Terapeutiese begeleiding van die kind na die dood van 'n ouer

Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / Die dood van 'n ouer he! 'n effek op die totale lewe van die kind en dompel die kind in emosionele nood wat terapeutiese begeleiding noodsaak. Na afloop van die afsterwe van 'n ouer, vind daar fisieke, emosionele, sosiale en kognitiewe veranderinge in die kind se lewe plaas waarop hy nie voorbereid is nie, en wat hy ook nie verstaan nie. Hierdie veranderinge veroorsaak dat die kind se leefwereld in so mate verander dat sy funksionering benadeel word. Daar is met hierdie studie gepoog om vas te stel watter effek die dood van 'n ouer op die kind he! en tot watter mate terapeutiese begeleiding die kind se emosionele nood kan verlig. Daar is in die studie gevind dat rou inderdaad 'n gekompliseerde proses is wat lei tot die ontstaan van talle onbeantwoorde vrae, gevoelens van magteloosheid en emosionele pyn. Kinders wat in rousmart verkeer word dikwels deur die samelewing misgekyk en kry as gevolg hiervan nie voldoende hulp nie. Di! lei tot die ontstaan van persoonlikheidsontwikkelingsprobleme, relasionele probleme en intra-psigiese probleme soos 'n swak selfbeeld, ego-verdedigingsmeganismes, persoonlike kwesbaarheid, ongunstige betekenisgewing en ongunstige belewenisse. Hierdie probleme veroorsaak dat die kind in sy selfaktualisering
gerem word en as gevolg hiervan nie sy gegewe moontlikhede verwerklik nie. Die studie het verder bewys dat die kind wat 'n ouer aan die dood afgestaan het, wel deur middel van terapeutiese begeleiding deur 'n sielkundige gehelp kan word om die verlies van 'n ouer in so 'n mate te hanteer dat die faktore wat die kind se
selfaktualisering rem, opgehef kan word. Die studie voorsien die sielkundige van riglyne ten opsigte van die proses van terapeutiese begeleiding aan die kind wat 'n ouer aan die dood afgestaan het. Riglyne word gebied ten opsigte van die hantering van die kind se onmiddellike situasie, die evaluasie van die kind-inrousmart, die vasstelling van doelstellings en doelwitte vir terapeutiese begeleiding, die selektering van terapeutiese tegnieke, die terapeutiese hulpverlening aan die kind, die hulpverlening aan die oorblywende ouer en die hulpverlening aan die onderwyser wat gemoeid is met die kind-in-rousmart. Riglyne word ook gebied ten opsigte van die terminering van terapie. / The death if a parent has an influence on the total life of a child and causes emotional trauma that necessitates therapeutic guidance. After the death of a parent, physical, emotional, social and cognitive changes occur in the child's life for which he is not prepared and that he also does not understand. These factors cause such a change in the child's life-world that his functioning is hampered. In this study it was endeavoured to determine what effect the death of a parent has on a child's life and to what extent therapeutic guidance can alleviate the child's emotional trauma. In this study it was found that mourning is indeed a complicated process that gives rise to countless unanswered questions, feelings of helplessness and emotional pain. Children suffering grief in mourning are often ignored by society and as result of this, they do not receive adequate assistance. This leads to problems concerned with the development of the personality, relational problems and intrapsychological problems such as a poor self-concept, ego defence mechanisms, personal vulnerability, negative ways of acquiring meaning and unfavourable ways of experiencing life. These problems give rise to the hampering of the child's selfactualisation and because of this he cannot realise his potential. The study has furthermore proved that the child who has lost a parent through death, can be helped by a psychologist. This can be done by means of therapeutic guidance so that the child can handle the loss of a parent to such an extent that the factors that hamper his self-actualisation can be removed. The study provides guidelines for therapeutic guidance to the child who has Jost a parent through death. Guidelines are given on handling the child's immediate situation, the evaluation of the child in mourning, the determination of aims and objectives for therapeutic guidance, the selection of therapeutic techniques, therapeutic assistance to the child, assistance to the remaining parent and assistance to the
educator who is involved with the child in mourning. Guidelines are also given for the termination of therapy. / Educational Studies / D.Ed (Clinical Psychologist)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16882
Date11 1900
CreatorsGrobler, Hermien
ContributorsRoets, H. E. (Hester Elizabeth)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 electronic resource ( 211 leaves)

Page generated in 0.0079 seconds