Return to search

Moeder se belewenis van die aanpassingsprobleme van die kleuter na die geboorte van 'n baba / Moeder se belewenis van die aanpassingsprobleme van die kleuter na die geboorte van 'n baba

In die konteks van hierdie studie word daar deurlopend van die manlike vorm gebruik gemaak om na die kleuter te verwys, ten einde 'n lomp stelwyse te voorkom. Die vroulike vorm sou ook daarmee veronderstel en ingesluit kon word. Die vroulike vorm word gebruik wanneer daar na die moeder verwys word. / Merkbare verandering word soms in die kleuter se gedrag, emosies en verhoudings na die geboorte van `n baba waargeneem. Die doel van die kwalitatiewe studie was om die moeder se persepsie, belewenis en hantering van hierdie aanpassingsprobleme van die kleuter te verken. Semi-gestruktureerde onderhoude is met nege moeders gevoer. Uit die studie het dit duidelik geword dat onkunde ten opsigte van die ontwikkelingsfase van die kleuter, asook die aanpassingsprobleme aanleiding tot foutiewe persepsies by die moeder gegee het. Hierdie foutiewe persepsies het `n negatiewe invloed op die moeder se belewenis en hantering van die aanpassingsprobleme gehad. Die navorser het tot die gevolgtrekking gekom dat moeders betrek moet word vir ouerleiding wanneer aanpassingsprobleme by die kleuter aangemeld word. Verskeie aanbevelings wat van waarde kan wees tydens ouerleiding aan moeders van kleuters is deur die navorser gemaak. / The birth of a sibling often results in a toddler displaying changes in behaviour, emotions
and relationships. The aim of this qualitative study was to explore the mother's
perception, experiences, as well as coping strategies of the toddler's adaptation problems,
following the birth of a sibling. Semi-structured interviews were conducted with nine
mothers. The study revealed that the mother's lack of knowledge and understanding of
the developmental phase of the toddler, as well as the adaptation problems, manifested in
misconceptions. These misconceptions affected her experiences of the adaptation
problems, as well as how she managed it. The researcher concluded that mothers should
be referred for parental guidance when adaptation problems are reported. Various
recommendations to be used within parental guidance have been made. / Social Work / M.Diac. (Spelterapie-Rigting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/2659
Date11 1900
CreatorsJoubert, Hester Mensina
ContributorsDunn, M. (Dr.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.0547 seconds