Return to search

Die rol van 'n pastorale berader in 'n gemeentediensjaarspan

Text in Afrikaans / Hierdie navorsing handel oor die pastorale begeleiding van 'n gemeentediensjaarspan deur 'n pastorale berader. Die studie is kwalitatief van aard en vind plaas binne die diskoers van praktiese teologie. Die pastoraal-narratiewe metodologie wat aangewend is
in die begeleidingsproses, en die narratiewe mikrokaarte van onderskeidelik not-knowing, deursigtigheid, ekstemalisering, dekonstruksie, her-skrywe, rituele, die vermyding van 'n taal van tekortkoming, briewe, re-membering, metafore, die skep van 'n gehoor, vraagstelling en reflektering word bespreek. De Jongh van Arkel se onderskeidings vir die pastoraat word indringend bespreek. Besondere aandag word geskenk aan die vierde onderskeiding wat hy byvoeg, naamlik pastorale terapie. Die navorsing is gerig op almal
wat betrokke is by die opleiding en begeleiding van diensjaarspanne, asook op gemeentes wat diensjaarspanne huisves. Voorstelle vir die toekomstige opleiding en begeleiding van diensjaarspanne word gemaak. / This research deals with the pastoral accompaniment (by a pastoral counsellor) of a congregational team that does a service year for Christ. The study is of a qualitative nature and takes place within the discourse of practical theology. The pastoral-narrative methodology that is used in the counselling process, and the narrative micro maps of notknowing, transparency, externalisation, deconstruction, re-authoring, rituals, the avoidance of a language of shortcoming, letters, re-membering, metaphors, the creation of an audience, questioning and reflection, are discussed. De Jongh van Arkel's distinctions for the pastorate are discussed in detail. Special attention is paid to the fourth
distinction that he makes, namely pastoral therapy. The research is directed towards everyone who is involved in the training and accompaniment of teams that do a service year for Christ, as well as congregations who host teams that do a year of service. Suggestions for future training and accompaniment of such teams are made. / Theology / M. Th.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18093
Date11 1900
CreatorsBiggs, Johanna Wilhelmina Margareta
ContributorsRoux, J. P., Theron, Jacques Petrus Johan
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (192 leaves)

Page generated in 0.0016 seconds