Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Nobody can deny the need which prevails among black South Africans of gaining
access to land. In South Africa, just like elsewhere, the land issue plays an equally
important role to economic and political issues. However, the land issue is much
more emotional, and has the potential to unleash forces which could impact
negatively on the economy and the political situation.
Bearing this in mind, the ANC-government placed the issue of land reform on the
national agenda after assuming power in 1994. Within the broad framework of the
program provision is made for previously disadvantaged people to be given access
to agricultural land. However, the focus on new entrants to the agricultural sector
diverts the attention somewhat from the fact that there are people and groupings
who were also disadvantaged under apartheid, but who have had a degree of
access to land.
This study focuses on the 23 so-called Rural Areas which are scattered over four
provinces (Western Cape, Northern Cape, Eastern Cape and the Free State) and
which are administered in terms of the Rural Areas Act, Act 9 of 1987. Since the
study is no more than an overview, a synopsis is given of contributing factors
which relate to the origins of each of the areas. Of importance is the role which
was played by missionary societies and others in establishing these communities.
The mam focus of the study is the manner in which the Rural Areas were
administered. Reference is made to relevant legislation since 1909, and
specifically to Act 9 of 1987. The importance thereof lies in the fact that the
existence and continued application of the Act has particular constitutional
implications. Furthermore, the Minster of Land Affairs, who is responsible for the
implementation of the land reform program, is the (unwilling) trustee of these areas. Apart from the fact that trusteeship recalls paternalism of years gone by, the
South African reality also necessitated reflection on the existence of Act 9.
The rest of the study discusses the consultation process undertaken by the
department of Land Affairs with the communities concerned, and the writing of
legislation to replace Act 9. The Transformation of Certain Rural Areas Act, Act
94 of 1998, will replace Act 9 when certain conditions mentioned therein, have
been met. The Act will end trusteeship and ensure that the communities receive
ownership of their land. This will be a movement towards the ideal of the land
reform process of giving access to land to all inhabitants of the country. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Niemand kan die behoefte aan toegang tot grond ontken wat onder swart Suid-
Afrikaners heers nie. Nes elders, speel die grondkwessie in Suid-Afrika 'n ewe
belangrike rol as ekonomiese en politieke kwessies. Die grondkwessie is egter baie
meer emosioneel, met die potensiaal om kragte los te laat wat nadelig op die
ekonomie en politiek kan inwerk.
Gedagtig hieraan het die ANC-regering na bewindsaanvaarding in 1994
grondhervorming op die nasionale agenda geplaas deur 'n
grondhervormingsprogram van stapel te stuur. Binne die breë raamwerk van die
program is onder andere ruimte geskep vir die verlening van toegang tot
landbougrond aan voorheen benadeeldes. Dié klem op "nuwe toetreders" tot
landbou trek egter 'n mens se aandag af van die feit dat daar ander persone en
groeperinge bestaan wat ook deur apartheid benadeel is, maar wat wel 'n mate van
toegang tot grond gehad het.
Hiedie studie fokus op die 23 sogenaamde Landelike Gebiede wat oor vier
provinsies (Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat) van die land versprei
is, en wat ingevolge die Wet op Landelike Gebiede, Wet 9 van 1987,
geadministreer word. Weens die oorsigtelike aard van die studie word slegs 'n
sinopsis gegee van bydraende faktore wat relevant is tot die spesifieke
ontstaansgeskiedenis van elk van die gebiede. Veral van belang hier is die rol wat
sendinggenootskappe en andere gespeel het in die totstandkoming van
gemeenskappe.
Daar word in hoofsaak gekyk na die manier waarop die Landelike Gebiede met
verloop van tyd geadministreer is. Hier word verwys na die relevante wetgewing
sedert 1909, met spesifieke verwysing na Wet 9 van 1987. Die belang hiervan lê in die feit dat die voortbestaan en voortgesette toepassing van die Wet bepaalde
grondwetlike implikasies inhou. Daarmee saam die feit dat die Minister van
Grondsake, wat verantwoordelik IS vir die implementering van die
grondhervormingsprogram, die (onwillige) trustee is van die Landelike Gebiede.
Benewens die feit dat trusteeskap sterk herinner aan die paternalisme van die
verlede, het die nuwe Suid-Afrikaanse werklikheid vereis dat herbesin word oor
die voortbestaan van Wet 9.
Die res van die studie bespreek die konsultasieproses van die departement van
Grondsake met die betrokke gemeenskappe, en die skryf van wetgewing om Wet 9
te vervang. Die Wet op die Transformasie van Sekere Landelike Gebiede, Wet 94
van 1998 sal Wet 9 vervang wanneer aan sekere vereistes voldoen word. Die Wet
het ten doelom trusteeskap te beëindig en te verseker dat die betrokke
gemeenskappe seggenskap oor hul grond verkry. Sodoende sal nader beweeg word
aan die ideaal van die grondhervormingsproses, naamlik die verskaffing van vrye
toegang tot grond aan alle inwoners van die land.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52207 |
Date | 12 1900 |
Creators | Boonzaaier, Igor Quinton |
Contributors | Kapp, P. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of History. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 99 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0038 seconds