Return to search

Liturgiese musiek as kommunikatiewe handeling in 'n post-moderne era

Worldwide liturgical music finds itself in a crisis. Liturgical music is made the scapegoat for everything that is wrong with liturgy, whereas the problems rather derive from the worship service as a whole, the theological thinking and the cultural environment in which the worship service is performed. Stereotyped liturgical forms, a cognitive verbalism, the demand for intelligibility, the loss of the poetic form of the liturgy, the disregard for symbols and rituals, the absence of visual and other art forms in the liturgy, the influence of the popular music culture and especially the lack of a profound theological reflection with regard to the essential place of music in the liturgy, are all contributing factors that have a negative influence on liturgical music. The worship service is surrounded by a postmodern culture, aspects of which might provide positive opportunities for the liturgy. A broader notion of rationality that includes the affective, non-cognitive dimensions of being human, opens up possibilities for the aesthetic, as well as the religious experience. The recognition of symbols, images, imagination and metaphors opens up new horizons for the worship service as Gesamtkunstwerk. Anti-foundationalistic thinking demands an open canon with regard to the liturgy and liturgical song. Ecumenicity as an expression of the postmodern 'global village' renders a plurality of liturgical and musical possibilities. Aspects that might influence the reception of liturgical songs and songbooks, such as a spirit of anti-authoritarianism must be borne in mind. The liturgical training of ministers of religion, especially with regard to their aesthetic formation must be given due attention. The reflection on liturgy with regard to the role of art and music as communicative acts, based on new theological insights, must come into full swing. Liturgical music can only be fully appreciated where liturgical renewal takes form in a comprehensive way and where theologically the space is opened up for music as a form of art that has the ability to communicate symbolically, especially that which defies clearcut definition - as such being a communicative act serving the gospel. / Liturgiese musiek verkeer wereldwyd in 'n krisis. Kritiek word dikwels slegs voor die deur van die musiek gele, terwyl die probleem verband hou met die erediens as geheel, die teologiese denke en met die kulturele omstandighede waarbinne die erediens plaasvind. Geykte liturgiese vorms, 'n kognitiewe-verbalisme, die oorbeklemtoonde eis om verstaanbaarheid, 'n verlies aan die kunsgestalte van die erediens, 'n
miskenning van die simboliese waarde van rituele en handelinge, die gebrek aan visuele en ander kunsvorme, die invloed van die omringende musiekkultuur en veral die gebrek aan 'n grondige teologiese besinning ten opsigte van musiek in die erediens, bring die funksie, aard en wesenlike plek van liturgiese musiek in gedrang. Die erediens staan binne 'n ยท postmodernistiese denkkultuur waarvan sekere aspekte
positiewe moontlikhede ten opsigte van die erediens kan bied. Die breer rasionaliteitsbegrip, wat ruimte open vir die affektiewe en nie-kognitiewe dimensies van menswees, skep nuwe ruimte vir die estetiese ervaring en die rol van ervaring in die geloofsproses. Die erkenning van simbole, simboolwerelde, metafore, beelde en
verbeelding, bied nuwe moontlikhede vir die erediens as Gesamtkunstwerk. Die oog vir die heropname van die historiese en die simboliese bied ook geleentheid vir die herstel van die tradisionele lied. 'n Gees van anti-fundamentalisme vereis 'n oop kanon ten opsigte van die liturgie en die liturgiese lied. Ekumenisiteit as vorm van die postmoderne global village bied 'n pluraliteit van liturgiese en musikale moontlikhede. 'n Nie-outoritere tydsgees en die ontkenning van 'n 'kundigheidsgroep' deur die postmodernisme, moet verreken word as faktore wat 'n rol kan speel by die resepsie van liedere en gesangboeke. Die liturgiese opleiding, veral met betrekking tot die estetiese vorming van predikante, moet grondig aandag kry. Die besinning rondom die liturgie met betrekking tot die rol van kuns en musiek as kommunikatiewe handelinge
moet op grond van nuwere teologiese insigte tereg kom. Die tese van hierdie studie is dat die kerklied, oud of nuut, eers daar tereg sal kom waar van liturgiese vernuwing in die omvattende sin sprake is en waar teologies die ruimte vir musiek as kunsvorm met die vermoe tot simboliese vergestalting - as sodanig dus
kommunikatiewe handeling in diens van die Evangelia - verreken word. / Philosophy, Practical & Systematic Theology / D. Th. (Practical Theory)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17103
Date11 1900
CreatorsKloppers, Elizabeth Catharina
ContributorsPieterse, H. J. C
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format1 electronic resource (401 leaves)

Page generated in 0.0032 seconds