Return to search

Die geskiedenis van die Kaapse Burgermag-Mediese eenhede, 1889-1939

Thesis (MA (History))--University of Stellenbosch, 1988. / Die doel met hierdie studie is tweeledig. Eerstens word gepoog om die
Kaapse burgermag-mediese eenhede se rol binne die verdedigingstelsels waarvan
hulle op sekere stadia van hul bestaan deel was te ondersoek, hetsy as
deel van die Kaapse Koloniale Magte vir die tydperk 1889 - 1913 of as deel
van die burgermag-element van die Unieverdedigingsmag, 1913 - 1939. Tweedens
word hierdie eenhede se ontwikkelingsgang nagegaan : van die stigting
van die Volunteer Medical Staff Corps (VMSC) in 1889 af tot met die uitbreek
van die Tweede Wêreldoorlog in 1939. As 'n titel vir hierdie onderwerp is besluit op Die Geskiedenis van die
Kaapse Burgermag-mediese eenhede, 1889 - 1939. Die rede daarvoor is dat
dit die hele tydperk onder bespreking volledig omskryf die aanloop tot
die stigting van die VMSC, sy stigting in 1889, sy rol as 'n vrywilligereenheid,
sy omskakeling na twee burgermag-mediese eenhede in 1913 asook hul
rol en ontwikkeling in daardie verband tot met die uitbreek van die Tweede
Wêreldoorlog in 1939. Aangesien hierdie tydperk van vyftig jaar 'n duidelike
beeld rakende hierdie eenhede se rol en ontwikkeling gee, het die
keuse daarom geval op 1889 en 1939 as onderskeidelik die begin- en einddatum
vir hierdie onderwerp. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 het daar in die Kaapprovinsie
twee burgermag-mediese eenhede binne die Unieverdedigingsmag gefunksioneer,
naamlik 2 Veldambulans en 3 Veldambulans. Beide kan egter hul
ontstaansgeskiedenis terugvoer na 21 Oktober 1889, toe. soos hierbo aangedui,
die VMSC as die eerste selfstandige mediese eenheid in die Kaapkolonie
gestig is. Met sy stigting het die eenheid uit twee kompanies bestaan. te
wete A-kompanie en B-kompanie wat onderskeidelik in King William's Town en
Kaapstad gesetel was. Daarna het die VMSC by twee verdere geleenthede
naamsveranderinge ondergaan. In 1889 is sy naam na die Cape Medical Staff
Corps (CMSC) verander en van 1903 af het dit as die Cape Medical Corps
(CMC) bekend gestaan. Met die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige
Diens (SAGD) in 1913, is die twee kompanies in twee afsonderlike
burgermag-mediese eenhede omgeskakel en in die SAGD opgeneem. Dit het
eweneens 'n naamsverandering tot gevolg gehad. A-kompanie sou voortaan as
1 Berede Brigade Veldambulans (1 BBVA) bekend staan terwy1 B-kompanie tot
No. 1 Kompanie herdoop is. tn 1935 het die twee eenhede weer eens 'n naamsverandering ondergaan toe 1 BBVA tot 2 Veldambulans en No. 1 Kompanie
tot 3 Veldambulans herdoop is.
Die doel van hierdie studie in ag genome, word die rol en ontwikkeling van
hierdie eenhede oor die tydperk van vyftig jaar bespreek. In die eerste
hoofstuk word daar, as inleiding, kortliks verwys na die onderskeie militê
re organisasies in die Kaapkolonie gedurende die neëntiende eeu waarvan
die vrywilliger-mag een was. Daar het egter 'n behoefte bestaan aan voldoende
mediese steun vir sy lede waaruit voortgevloei het die stigting van
die St John's Ambulance Association en die ambulansafdeling van die King
William's Town Volunteer Artillery om hierdie leemte te vul. Vervolgens
word gekonsentreer op die stigtingsproses van die VMSC in 1889 asook die
groei en ontwikkeling van die eenheid in die jare onmiddellik daarna...

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/2904
Date12 1900
CreatorsBasson, Nicolaas Francois
ContributorsVan Zyl, D. J., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.002 seconds