Return to search

Effek van motoriese oefening op die leerder se leervermoë in die grondslagfase in die Hazyview streek, Mpumalanga

Afrikaans text / Die doel van hierdie studie was om te bepaal wat die invloed van motoriese oefening op die leervermoë van die leerder in die grondslagfase is. Vyf en twintig leerders is ewekansig verdeel in `n eksperimentele en kontrole groep. Oor `n tydperk van vyf weke, voor die aanvang van elke leerafdeling, het die eksperimentele groep, saam met die onderwyseres, klaskamer gebaseerde motoriese oefeninge verrig terwyl die kontrole groep geen intervensie ontvang het nie. Die Copeland’s checklist for Attention Deficit Disorder vraelys is as voor- en natoets gebruik. Na die afloop van die empiriese ondersoek het die eksperimentele groep `n verbetering getoon in onoplettendheid/afleibaarheid, impulsiwiteit, ooraktiwiteit/hiperaktiwiteit, onderaktiwiteit en aandagvermoë, terwyl die kontrole groep oor dieselfde tydperk verswak het of onveranderd gebly het. Die veranderinge was egter nie statisties betekenisvol (p≤0.05) nie. Hierdie resultaat dui slegs op „n tedens dat motoriese oefening 'n positiewe effek op die leerders se leervermoë in die grondslagfase het. / Educational Studies / M. Ed. (Educational Studies)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/4860
Date11 1900
CreatorsLubbe, Nadene
ContributorsRoets, H. E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xvii, 102 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds