Return to search

The availability of historical data in wine cellars to construct a quantitative life cycle model

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / Some digitised pages may appear illegible due to the condition of the original hard copy / ENGLISH ABSTRACT: What are the definite goals that organisations should strive for in modern-day business?
How do we create sustainable competitive advantage in the world of business today?
The ideal situation for an organisation is one in which it has important competitive
advantages that are sustainable over time. This however is not as easy as a few years
ago and the competition is more intense in basically every industry and business sector
than it has ever been in the past. The last remaining source of truly sustainable
competitive advantage lies in the unique ways in which each organisation structures its
work and motivates its people to achieve clearly articulated strategic objectives -
strategy is a company's formula for winning.
An organisational life cycle model could be defined as a model that identifies a number
of discreet stages that a firm goes through as it develops over time, following a growth
strategy. Furthermore, the analysis of organisational life cycles, push us to ask new
questions about organisations and lead us to take serious the proposition that history
and prehistory powerfully shape organisations here and now. It also causes us to rethink
the relationship between theory and methods.
Despite some arguments on the relevancy of organisational life cycles, or the problems
that may exist in the acceptance of organisational life cycle models, there is a strong
belief that not only individual organisations, but industries as a whole may benefit from
the identification of a valid organisational life cycle model, based on their business. The
stages of an organisation's life cycle are predictable and repetitive, therefore enabling
management to take proactive preventative measures, enabling them to deal with future
problems earlier or avoid them altogether. It is thus evident that, if the life cycle of an
organisation can be predicted, it is a right step towards creating a learning organisation,
in turn, enhancing the possibility to achieve a higher level of success sooner in its life
cycle. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wat is die doelwitte waarna 'n organisasie in die hedendaagse besigheidswêreld moet
streef? Hoe ontwikkel ons vandag volhoubare kompeterende voordele in die
besigheidswêreld?
Die ideale situasie vir 'n organisasie is een waarin hy belangrike kompeterende voordele
het wat oor tyd volgehou kan word. Dit is egter nie so maklik soos 'n paar jaar gelede
nie en die kompetisie is meer intens in feitlik elke industrie en besigheids-sektor van die
mark as ooit te vore. Die laaste oorblywende bron van ware volhoubare kompeterende
voordeel, lê in die unieke manier waarop elke organisasie sy werk struktureer en die
wyse waarop hy sy mense motiveer om duidelike uiteengesette strategiese doelwitte te
bereik - strategie is 'n organisasie se formule vir oorwining.
'n Organisasie se lewensiklusmodel kan gedefiniëer word as 'n model waarvolgens 'n
aantal diskrete stadiums, waardeur 'n firma beweeg soos hy oor tyd ontwikkel, indien 'n
groeistrategie gevolg word, geïdentifiseer kan word. Verder forseer die analisering van
organisasie-lewensiklusse ons om nuwe vrae te vra oor organisasies en skep dit die
bewustheid dat die verlede sowel as die toekoms 'n groot rol speel in hoe 'n organisasie
vandag daar uitsien. Ook dwing organisasie-lewensiklusse ons om die verhouding
tussen teorie en metodes te heroorweeg.
Afgesien van sommige redenasies oor die relevansie van organisasie-lewensiklusse, of
die probleme wat mag bestaan in die aanvaarding van organisasie-lewensiklus modelle,
is daar 'n sterk vertroue dat nie alleenlik individuele organisasies nie, maar industrieë as
'n geheel, kan baat vind by die identifisering van 'n relevante organisasie
lewensiklusmodel, gebaseer op hul besondere tipe besigheid. Die stadiums van 'n
organisasie se lewensiklus is voorspelbaar en repeterend, en skep dus vir die bestuur
van 'n organisasie die geleentheid om proaktiewe maatreëls daar te stel, wat hulle dan
in staat stel om toekomstige probleme vroeër te identifiseer of totaal te vermy. Dit is dus
duidelik dat, indien die lewensiklus van 'n organisasie voorspel kan word, dit 'n stap in die regte rigting is om 'n dinamiese maatskappy daar te stel, wat op sy beurt dan hoër
vlakke van sukses vroeër in sy lewensiklus behoort te bereik.
In 'n poging om 'n relevante lewensiklusmodel vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf daar te
stel, is die eerste vraag om jouself af te vra, "Beskik Suid-Afrikaanse wynkelders oor die
historiese inligting benodig om 'n kwantitatiewe lewensiklusmodel saam te stel?"
Hoewel nie altyd in die verlangde formaat nie, blyk dit uit die opname dat 'n hoë
persentasie historiese data aangaande produksie-syfers (91%), bemarking-syfers
(78%), finansiële-syfers (91%) en struktuur (81%) by wynkelders beskikbaar is. Die
beskikbaarheid van bruikbare inligting, ouer as tien jaar, is: 65% vir produksie- syfers,
39% vir bemarking- syfers, 56% vir finansiële syfers en 57% vir strukture by wynkelders.
lndien die behoefte ooit sou ontstaan om hierdie informasie te versamel, word daar
voorgestel dat die vraelys (Byvoegsel B) gebruik word, gevolg deur 'n onderhoud
gebaseer op die raamwerk soos aangedui in dieselfde byvoegsel. Die
verantwoordelikheid om die vraelys te voltooi moet op die uitvoerder van die studie val.
Dit moet egter in gedagte gehou word dat die informasie nie dikwels beskikbaar sal
wees vir die periode van tyd soos deur die vraelys verlang word nie. Tydens die periode
van insameling van inligting sal die persoon bereid moet wees om ten minste 'n paar
dae by elk van die kelders deur te bring. Realisties gesproke kan 'n paar dae, in
sommige van die gevalle, selfs weke word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49706
Date12 1900
CreatorsLochner, Johan G.
ContributorsLoubser, S. S., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format85 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds