Return to search

Ouderdom en geslag as veranderlikes in die salutogenese paradigma / Age and gender as variables in the salutogenesis paradigm

Text in Afrikaans / Hierdie navorsing handel oor ouderdom en geslag as veranderlikes in die salutogenese paradigma. Die salutogenese paradigma het sy ontstaan en ontwikkeling aan verskeie navorsingsperspektiewe te danke. Daar is reeds op internasionale gebied breedvoerig navorsing oor hierdie paradigma gedoen. In die Suid-Afrika is die navorsing van Strumpfer en Wissing goed bekend. In hierdie navorsing is daar deur middel van faktorontleding gepoog om die onderliggende dimensies van die konstrukte gevoel van koherensie en geharde persoonlikheid bloot te le. Daar is onderskeidelik twee duidelike faktore vir beide konstrukte bepaal. Die faktore op die Lewensorientasievraelys (OLQ) het noue ooreenstemming getoon met die komponente betekenisvolheid en
hanteerbaarheid (OLQ1 ), en verstaanbaarheid (OLQ2) soos deur Antonovsky (1987) bespreek. Die faktore op die "Personal Views Survey" (PVS) het ooreenstemming getoon met die komponente verbintenis en beheer (PVS1) en uitdaging (PVS2), soos deur Kobasa (1979) daargestel. Hierdie navorsingsresultate toon verder dat ouderdom wel die mate van gevoel van koherensie wat 'n individu mag ervaar, kan be"invloed. Alhoewel geslag in 'n mindere mate 'n invloed op die mate van gevoel van koherensie getoon het, behoort geslag (in perspektief van die totale steekproef beskou) nie 'n bepalende invloed uit te oefen nie. In terme van die mate van geharde
persoonlikheid wat 'n individu mag ervaar, het ouderdom en geslag geen invloed getoon nie. Daar is ook geen interaksie-effek tussen ouderdom en geslag en die onderskeie konstrukte vasgestel nie. / This research project deals with age and gender as variables in the salutogenesis paradigm. The salutogenesis paradigm owes its origin and development to various research projects. Research in the international field
has already been done on this paradigm on a wide sphere. The research of Strumpfer and Wissing is well known in South Africa. In this area of research an attempt is made through the analysis of factors to expose the underlying dimensions of the construct sense of coherence and the construct hardy personality. Two certain factors for both constructs have been indicated. The factors influencing the Orientation to Life Questionnaire indicated a close resemblance with the components of meaningfulness and manageability (OLQ1), and comprehensibility (OLQ2), discussed by Antonovsky (1987). The factors of the Personal Views Survey (PVS) demonstrated a similarity with the components commitment and control (PVS 1) and challenge (PVS2), as stated
by Kobasa (1979). The results of this research demonstrates that age may well influence the measure of the sense of coherence which an individual may experience. Although gender indicated a minor measure of influence on the degree of sense of coherence, gender should not (in perspective of this research findings) have
a deciding influence. Age and gender indicated no deciding influence in the measure of hardy personality experienced by an individual. Age and gender did not manifest any interaction in the various constructs. / Industrial and Organisational Psychology / M. Com. (Bedryfsielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16491
Date11 1900
CreatorsWilmans, Luna Jean
ContributorsCilliers, Frans
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (ix, 125 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds