Return to search

Die invloed van prestasiewaardes op organisasieverbintenis van werknemers in die motornywerheid

Summaries in English and Afrikaans / Text in Afrikaans / Die doel van hierdie verkennende studie was om ondersoek in te stel na die prestasiewaardes
onderliggend aan Affektiewe, Kontinulteits- en Normatiewe organisasieverbintenis van
werknemers binne die motorywerheid in Suid-Afrika. 'n Steekproef van 113 werknemers is uit
verskillende motorhandelaars geselekteer. Daarna is ondersoek ingestel na watter
prestasiewaardes betekenisvolle voorspellers van organisasieverbintenis is. Daar is bevind dat
die prestasiewaardes mededinging en materiele welvaart betekenisvolle voorspellers van affektiewe
organisasieverbintenis is, en dat die prestasiewaardes materiele welvaart en strewe na
uitmuntendheid betekenisvolle voorspellers van kontinuiteitsorganisasieverbintenis is, maar dat
geeneen van die prestasiewaardes wat huidig wereldwyd erken word, betekenisvolle
voorspellers van normatiewe organisasieverbintenis in die motomywerheid is nie. Dit het
verreikende irnplikasies vir die Suid-Afrikaanse motorhandelaar. Hierbenewens is dit ook
duidelik uit die navorsingsresultate dat die prestasiewaardes mededinging, materiele welvaart en
strewe na uitmuntendheid hulself daartoe leen om op 'n geintegreerde wyse deur bestuur van
motorhandelaars aangewend te word ten einde hul kumulatiewe invloed op organisasieverbintenis
optimaal te kan benut. / The objective of this exploratory study was to investigate the performance values subjacent
to affective, continuity and normative organisation commitment of employees in the motor industry
in South Africa. A sample of 113 employees was selected from different dealerships.
Thereafter an investigation was done to establish which performance values were meaningful
predictors of organisation commitment. It was found that the performance values competition and
material gain were meaningful predictors of affective organisation commitment, and the performance
values material gain and excellence were meaningful predictors of continuity organisation
commitment, but that none of the performance values which are contemporarily recognised world-wide
were meaningful predictors of normative organisation commitment. This has far-reaching
implications for South African motor dealers. It was also apparent from the results that the
performance values competition, material gain and excellence can be utilized in an integrated way
by management of motor dealers in order to ensure optimal utilization of their cumulative impact on
organisation commitment. / Industrial psychology / M.Com. (Industrial Psychology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18006
Date11 1900
CreatorsDiedericks, Phillippus Cornelius
ContributorsWatkins, M.L.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageEnglish
Format1 online resource (vi, 100 leaves)

Page generated in 0.0023 seconds