Return to search

Die rol van die onderwyser ten opsigte van die aanmelding van seksuele misbruik / Janine Delport

Kinders bring ‘n groot gedeelte van hul tyd by die skool deur. Onderwysers is die
enigste ander persone behalwe die gesin wat op ‘n daaglikse basis kontak het met
kinders. Onderwysers kan ‘n groot invloed uitoefen op kinders. Indien kinders
probleme ervaar by die huis, kan hulle moontlik ‘n onderwyser daarvan vertel.
Kinders kan moontlik seksuele misbruik bekend maak aan onderwysers. Indien
kinders nie seksuele misbruik bekend maak nie, toon hulle egter soms simptome wat
as indikatore kan dien dat hulle seksueel misbruik word. Onderwysers moet egter
oor die nodige kennisbasis beskik om hierdie indikatore te kan identifiseer. Indien
kinders seksuele misbruik bekend maak, moet onderwysers weet hoe om te reageer
op hierdie bekendmaking.
Onderwysers het ‘n wetlike verpligting om seksuele misbruik aan te meld by die
polisie. Om dit aan te meld, moet onderwysers egter kennis dra van hul wetlike
verpligting en van die gevolge indien hulle dit nie sou aanmeld nie. Indien ‘n kind
seksuele misbruik bekend maak, behoort daar ‘n prosedure in plek te wees by skole
om die aanmelding van seksuele misbruik te fasiliteer.
Die doelstelling van die navorsing was om die rol van die onderwyser ten opsigte van
die aanmelding van seksuele misbruik te ondersoek. Daar is van die opname prosedure gebruik gemaak om kwalitatiewe data te bekom. ‘n Nie–waarskynlikheidssteekproef
en meer spesifiek ‘n toevallige steekproef is getrek en agt deelnemers is in
‘n hoofonde rsoek betrek, waar ‘n self–gestruktureerde onderhoudskedule gebruik is
om die kennisbasis van onderwysers van seksuele misbruik vas te stel. Hierdie
onderhoudskedule is gedurende persoonlike onderhoude gebruik met die agt
deelnemers.
Dit is vanuit die bevindinge duidelik dat die kennisbasis van onderwysers ten opsigte
van seksuele misbruik beperk is. Onderwysers weet nie hoe om die bekendmaking
van seksuele misbruik te hanteer nie. Indien kinders seksuele misbruik bekend maak,
is daar nie prosedures in plek om die aanmelding van seksuele misbruik te fasiliteer
nie. Onderwysers benodig meer opleiding om seksuele misbruik te hanteer, sodat
hulle beter toegerus kan word om die aanmeldings van seksuele misbruik te verwys. / Thesis (M.A. (MW Forensic))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/4818
Date January 2010
CreatorsDelport, Janine
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0017 seconds