Return to search

Interpersoonlike verrykingsprogram vir multikulturele groepe / An interpersonal enrichment programme for multicultural groups

Summaries in Afrikaans and English / Ons bevind ons in 'n nuwe Suid-Afrika waar die klem baie sterk op die uitwissing van die
spore van die apartheidsera gele word. Die oopstelling van skole het nie daartoe bygedra
dat kinders hulle vooroordele oorboord gooi en mekaar spontaan aanvaar nie. Die
verandering in wetgewing wat 'n eksterne verandering is, het nie noodwendig tot
verandering van gesindhede gelei nie. Daar kan derhalwe tereg gevra word hoe
versoening tussen mense van verskillende kulture tot stand kan kom.
In hierdie studie is gepoog om vas te stel of 'n verrykingsprogram in groepverband
interpersoonlike vaardighede en verhoudinge van persone van uiteenlopende kulturele
agtergronde kan bevorder. Die program is onder gekontroleerde omstandighede aangebied
en die idiografiese navorsingsmetode is gebruik.
Daar is bepaal watter faktore die aard en die kwaliteit van verhoudinge tussen persone van
verskillende kulturele herkoms be'invloed. Riglyne is gestruktrueer en kriteria is
ge'identifiseer waarvolgens die program saamgestel is. Die ouderdomme van die leertinge
het tussen 15 en 21 jaar gewissel. Tydens die multikulturele groepsbelewing het die
leertinge die geleentheid gehad om persoonlike en interpersoonlike vaardighede te
ontwikkel sodat daar 'n openheid en 'n beg rip vir mekaar ontstaan het. Die interaksie met
persone afkomstig van 'n verskeidenheid oriemtasies het daartoe gelei dat raakpunte in die
diversiteit ontdek is en hulle het mekaar as individue begin erken en verstaan. Nuutgestigte verhoudings was gekenmerk deur vertroue, warmte en empatie. Deur middel van
verbeterde selfbegrip en interpersoonlike vaardighede het die verhoudings tussen
groeplede in verskeie dimensies beduidend verbeter.
Hierdie navorsing het aangetoon dat mense van uiteenlopende kulturele orientasies soos
in Suid-Afrika die geval is, deur middel van ervaringsleer in groepverband, tot grater
eenheid en verdraagsaamheid saamgesnoer kan word. / Psychology of Education / D.Ed. (Psychology of Education)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17824
Date01 1900
CreatorsVlok, Engela Susanna
ContributorsGriesel, Marthinus Jacobus, 1940-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (vi, 71 leaves) : illustrations

Page generated in 0.0023 seconds