Text in Afrikaans / Hierdie navorsing vorm deel van die kerk se roeping tot barmhartigheid en fokus op daardie aspek van die bediening wat gemoeid is met die welsyn van die tagtig plus ouer persoon in die besonder. ʼn Kwalitatiewe studie binne ‘n prakties-teologiese raamwerk is deur middel van in-diepte onderhoude onder die tagtig plus ouer persone, geestelike leiers en verpleegspersoneel betrokke by bejaardesorg, in Mosselbaai gedoen. Die bou van verhoudings, die voer van ‘n sinvolle en menswaardige bestaan, om verstaan te word en onvoorwaardelik aanvaar te word, het duidelik uit die resultate na vore gekom. Dié navorsing noop die gemeente om nuut te dink oor die verouderingsproses en hoe ‘n holistiese benadering tot bejaardesorg empatiese pastorale ondersteuning tot gevolg kan hê waar die afgetrede deur middel van bemagtigingsprogramme die nodige vaardighede ontvang om hulle verder instaat te stel om mekaar in ‘n omgeeverhouding te versorg. / This research forms part of the Church's call for compassion and focus on that aspect of the ministry that is concerned with the welfare of the eighty plus elderly in particular. A qualitative study within a practical theological framework through in-depth interviews among the eighty plus elderly, religious leaders and nursing staff involved in eldercare, were conducted in Mossel Bay. Building relationships, conducting a meaningful and dignified existence, to be understood and unconditionally accepted, clearly emerged from the results. This research compels the congregation to rethink the aging process and how a holistic approach to eldercare can result in empathic pastoral support where the retired through empowerment programs receive the necessary skills to develop their ability to care for each other.
Key terms: / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Th. (Pastorale Terapie)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/21710 |
Date | 05 1900 |
Creators | Labuschagne, Jean |
Contributors | Buffel, O. A. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xiv, 194 leaves) |
Page generated in 0.0025 seconds