• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Bemagtigingsprogram vir personeel en afgetrede vrywilligers van dienssentrums vir bejaardes / Susanna Maria Jansen van Rensburg

Jansen van Rensburg, Susanna Maria January 2011 (has links)
Die oorhoofse doelstelling van die navorsing is om behoeftebepalings onder personeel van dienssentrums vir bejaardes sowel as afgetrede vrywilligers te doen ten einde ’n effektiewe bemagtigingsprogram vir beide groepe te kan saamstel. Daar is vasgestel wat die effektiefste kenmerke van ’n personeellid van ’n dienssentrum is. Die studie beoog verder om ’n bemagtigingsprogram vir beide personeel en afgetrede vrywilligers te ontwikkel, aan te bied en te evalueer ten einde afgetrede vrywilligers meer sinvol en effektief tot voordeel van beide die organisasie en ouer persoon self te benut. Die proefskrif bestaan uit vyf afdelings: AFDELING A: Hierdie afdeling bevat onder meer die probleemstelling, navorsingsvrae, navorsingsdoelstelling en doelwitte, die sentraal teoretiese stelling, teoretiese benadering, maatskaplike groepwerk, tydperk van ondersoek, navorsingsmetodologie, beperkings van die studie, omskrywing van begrippe en die keuse en struktuur van die navorsingsverslag. Ten einde die doelstelling te kon bereik, is die volgende doelwitte nagestreef: Doelwit 1 Om ’n behoeftebepaling onder personeel van dienssentrums vir bejaardes te doen ten einde vas te stel of hulle van afgetrede vrywilligers se dienste gebruik maak en watter stremmings hulle ervaar ten opsigte van die benutting van vrywilligers. Doelwit 2 Om ’n behoeftebepaling onder afgetrede vrywilligers betrokke by dienssentrums vir bejaardes te doen ten einde vas te stel wat hulle verwagtinge van die dienssentrum en sy personeel is. Doelwit 3 Om vas te stel hoe die profiel van personeellede lyk wat met die afgetrede vrywilligers werk. bladsyiv Doelwit 4 Om ’n bemagtigingsprogram vir personeel van dienssentrums vir bejaardes te ontwikkel en toe te pas ten einde personeel meer kennis oor afgetrede vrywilligers te gee en met vaardighede toe te rus sodat hulle meer effektief met vrywilligers kan werk. Doelwit 5 Om ’n bemagtigingsprogram vir afgetrede vrywilligers van dienssentrums vir bejaardes te ontwikkel en aan te bied ten einde hulle in te skakel by die dienssentrum waar hulle met volle oorgawe effektief kan funksioneer. Doelwit 6 Om die bemagtigingsprogramme na afloop van die aanbieding daarvan te evalueer ten einde vas te stel of die ontwikkelde bemagtigingsprogramme vir personeel en afgetrede vrywilligers positiewe groei en vordering by die groepe meegebring het ten einde die programme bekend te kan stel aan al die dienssentrums. AFDELING B: Afdeling B bevat die ses artikels waarin verslag gelewer is oor die uitkomste van die navorsing. Artikel 1 het betrekking op die manier waarop die personeel van dienssentrums die afgetrede vrywilligers benut. Artikel 2 handel oor afgetrede vrywilligers se verwagtinge van die dienssentrum en sy personeel. Artikel 3 bevat die profiel van personeel wat met afgetrede vrywilligers werk. Artikel 4 dek die inhoud van ’n bemagtigingsprogram vir personeel wat met afgetrede vrywilligers werk. Artikel 5 behels die inhoud van ’n bemagti–gingsprogram vir afgetrede vrywilligers. Artikel 6 behandel die evaluering van die bemagti–gingsprogramme vir personeel en afgetrede vrywilligers betrokke by ’n dienssentrum vir bejaardes. AFDELING C: Hierdie afdeling is die samevatting van die vernaamste bevindings en gevolgtrekkings ten opsigte van die ondersoek in die geheel. Daarbenewens is aanbevelings gedoen en die bydra van die ondersoek uitgelig. AFDELING D: Die bylaes tot die navorsingsverslag, byvoorbeeld die verskillende meet–instrumente en vraelyste word hier vervat. A FDELING E: Hierdie afdeling sluit die proefskrif af met ’n samevattende bibliografie. / Thesis (Ph.D. (Social Work))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
2

3

Pastorale handelinge met en vir die tagtig plus ouer persoon / Pastoral actions with and for the eighty plus older person

Labuschagne, Jean 05 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie navorsing vorm deel van die kerk se roeping tot barmhartigheid en fokus op daardie aspek van die bediening wat gemoeid is met die welsyn van die tagtig plus ouer persoon in die besonder. ʼn Kwalitatiewe studie binne ‘n prakties-teologiese raamwerk is deur middel van in-diepte onderhoude onder die tagtig plus ouer persone, geestelike leiers en verpleegspersoneel betrokke by bejaardesorg, in Mosselbaai gedoen. Die bou van verhoudings, die voer van ‘n sinvolle en menswaardige bestaan, om verstaan te word en onvoorwaardelik aanvaar te word, het duidelik uit die resultate na vore gekom. Dié navorsing noop die gemeente om nuut te dink oor die verouderingsproses en hoe ‘n holistiese benadering tot bejaardesorg empatiese pastorale ondersteuning tot gevolg kan hê waar die afgetrede deur middel van bemagtigingsprogramme die nodige vaardighede ontvang om hulle verder instaat te stel om mekaar in ‘n omgeeverhouding te versorg. / This research forms part of the Church's call for compassion and focus on that aspect of the ministry that is concerned with the welfare of the eighty plus elderly in particular. A qualitative study within a practical theological framework through in-depth interviews among the eighty plus elderly, religious leaders and nursing staff involved in eldercare, were conducted in Mossel Bay. Building relationships, conducting a meaningful and dignified existence, to be understood and unconditionally accepted, clearly emerged from the results. This research compels the congregation to rethink the aging process and how a holistic approach to eldercare can result in empathic pastoral support where the retired through empowerment programs receive the necessary skills to develop their ability to care for each other. Key terms: / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Th. (Pastorale Terapie)

Page generated in 0.0394 seconds