Return to search

'n Beplannings- en beheermodel vir welsynsorganisasies / A planning and control model for welfare organisations

Text in Afrikaans / Die doel van die ondersoek was om 'n beplannings- en beheermodel
te ontwikkel en beskikbaar te stel vir benutting deur
welsynsorganisasies. Die ondersoek is onderneem binne die konteks
van die ontwikkelingsnavorsings- en benuttingsparadigma.
Die proses van die ontwikkelingsnavorsingsparadigma verloop
volgens 'n analise-, ontwerp-, ontwikkelings-, evaluerings-,
benuttings- en verspreidingsfase. Elke fase het ondersoeker in
staat gestel om op sistematiese wyse te werk te gaan om 'n
beplannings- en beheermodel te ontwerp en om gevolgtrekkings en
aanbevelings in die verband te maak. In die analisefase wat 'n
teoretiese beskrywing van beplanning en beheer as bestuursfunksies
behels het, was dit duidelik dat daar nie 'n beplannings- en
beheermodel bestaan wat op welsynsorganisasies van toepassing
gemaak kon word nie. Bestaande beplannings- en beheermodelle
is ontleed en sleutelkonsepte is ge1dentif iseer met betrekking tot
beplanning en beheer as bestuurfunksies. Aan die hand van die
sleutelkonsepte is 'n empiriese ondersoek na die stand van
beplanning en beheer by agt welsynsorganisasies gedoen. Agt
kantoorhoofde, 16 supervisors en 32 maatskaplike werkers was met
behulp van 'n onderhoudskedule by die navorsing betrek.
Hierdie empiriese ondersoek en die literatuurstudie bet die
ondersoeker in staat gestel om in die ontwerpfase 'n beplanningsen
Leheermodel te ontwerp wat op welsynsorganisasies van
toepassing gemaak kan word. 'n Beplannings- en beheermodel is
iii
ontwerp wat voorsiening maak vir die uitvoering van take op 'n
strategiese-, bestuurs- en operasionele beplannings- en
beheervlak. Die model maak voorsiening vir die betrokkenheid van
al die personeellede van 'n organisasie in die beplannings- en
beheerproses.
Die model is vir 'n periode van agt maande by een
welsynsorganisasie geYmplementeer en geevalueer. Daar is tot die
slotsom gekom dat die beplanning- en beheermodel wel deur
welsynsorganisasies benut kan word. Die waarde van die model le
daarin dat die gebruik daarvan 'n welsynsorganisasie in staat stel
om sy eie strategiese, bestuurs- en operasionele beplannings en
beheerplan te kan saamstel. Di t sal 'n welsynsorganisasie in
staat stel om proaktief op interne sowel as eksterne
omgewingsveranderings te reageer / Social Work / D. Phil. (Maatskaplike werk)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17615
Date06 1900
CreatorsReynolds, Coenraad Christoffel
ContributorsVan Biljon, R. C. W. (Rachel Catharina Wilhelmina), 1941-, Pelser, Gert Petrus Jacobus
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans, Afrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xvi, 387 leaves)

Page generated in 0.0024 seconds