Return to search

Idioms in Biblical Hebrew : towards their identification and classification with special reference to 1 and 2 Samuel

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study seeks to identify and classify idioms in the Hebrew Bible. Based on a survey
of literature on idioms in general, and in Biblical Hebrew in particular, the necessary
conditions for idiomaticity are identified as (1) multi-word character, (2) semantic noncompositionality,
(3) unit status, (4) conventionalisation, (5) a verbal nucleus, and
(6) a content message. Restricted variability and uniqueness may also be indicative of
idiomaticity, although these are not regarded as necessary conditions. Accordingly,
idiom is defined as a conventionalised multi-word symbolic unit with a verbal nucleus
and a content message, whose global meaning is a semantic extension of the combined
meanings of its constituent elements.
These criteria were applied to 1 and 2 Samuel, and 104 idioms were identified. The
results suggest that the proposed definition is an effective aid to identifying idioms,
with certain caveats. In line with Granger and Paquot’s phraseological classification,
the multi-word character of idioms is interpreted to imply a verb plus at least one
more semantic (as opposed to grammatical) element. Semantic compositionality is
shown to be a complex concept that should be understood as the overall meaning of
an expression being an extension of the combined meanings of its individual lexical
constituents. Conventionalisation and unit status prove to be virtually impossible to
determine with certainty for expressions in the Hebrew Bible. Researchers should also
be aware that there is an inevitable degree of subjectivity involved in the application
and interpretation of the idiom characteristics proposed in this study. A preliminary semantic classification of the idioms found in 1 and 2 Samuel is
proposed, based on the lexicographical system developed by De Blois (2000) for the
Semantic Dictionary of Biblical Hebrew. The results of this study suggest that, with
some improvements and adjustments, De Blois’s framework is suitable for classifying
and representing Biblical Hebrew idioms. The greatest obstacle in using this system is
shown to be the counterintuitive names of a number of categories. A complete
alphabetical list of idioms from 1 and 2 Samuel is provided in Appendix A, together
with the relevant semantic information for each. A classification of these idioms
according to lexical semantic domains is presented and discussed in Chapter 5, while
alternative ways of arranging them (viz. by contextual semantic domains, underlying
conceptual metaphors, and terms for body parts) are provided in Appendices B to D.
This study demonstrates that idioms are semantically motivated (by conceptual
metaphor, metonymy, symbolic acts, etc.) although their meaning is semantically noncompositional.
It also indicates the need for a more systematic treatment of idioms in
Biblical Hebrew lexicons. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om idiome in die Hebreeuse Bybel te identifiseer en te klassifiseer.
Die volgende noodsaaklike voorwaardes vir idiomatisiteit is geïdentifiseer op grond
van ’n oorsig van die literatuur oor idiome in die algemeen en in Bybelse Hebreeus in
die besonder: (1) meerwoordigheid, (2) semantiese nie-komposisionaliteit, (3) eenheidstatus,
(4) konvensionalisering, (5) ’n werkwoordelike kern en (6) ’n inhoudelike boodskap.
Beperkte veranderbaarheid en uniekheid kan ook dui op idiomatisiteit, maar dit
word nie as noodsaaklike voorwaardes beskou nie. Gevolglik word idioom gedefinieer
as ’n gekonvensionaliseerde, meerwoordige simboliese eenheid met ’n werkwoordelike
kern, waarvan die geheelbetekenis ’n semantiese uitbreiding is van die gekombineerde
betekenisse van die elemente waaruit dit saamgestel is.
Die bogenoemde kriteria is in 1 en 2 Samuel toegepas, en daar is 104 idiome geïdentifiseer.
Die resultate dui daarop dat die voorgestelde definisie van idiomatisiteit, met inagneming
van sekere voorbehoude, ’n effektiewe hulpmiddel vir die indentifisering van
idiome is. In lyn met Granger en Paquot se fraseologiese klassifikasie word daar van die
veronderstelling uitgegaan dat die meerwoordigheid van idiome ’n werkwoord plus
minstens een ander semantiese (teenoor grammatikale) komponent behels. Daar word
aangetoon dat semantiese komposisionaliteit ’n komplekse begrip is en dat dit verstaan
moet word as ’n uitbreiding van die kombinasie van die betekenisse van die afsonderlike
leksikale elemente waaruit ’n uitdrukking saamgestel is, om ’n geheelbetekenis
te vorm. Om die konvensionalisering en eenheidstatus van uitdrukkings in die
Hebreeuse Bybel met sekerheid vas te stel, blyk feitlik onmoontlik te wees. Navorsers
moet ook daarvan bewus wees dat daar ’n onvermydelike mate van subjektiwiteit betrokke
is by die toepassing en verstaan van die idioomkenmerke wat in die huidige
studie voorgestel word. ’n Voorlopige semantiese klassifikasie van die idiome wat in 1 en 2 Samuel geïdentifiseer
is, word voorgestel, gebaseer op die leksikografiese sisteem wat deur De Blois
(2000) vir die Semantic Dictionary of Biblical Hebrew ontwikkel is. Die resultate van
hierdie studie doen aan die hand dat De Blois se raamwerk, met ’n paar veranderinge
en verbeteringe, geskik is vir die klassifisering en uiteensetting van idiome in Bybelse
Hebreeus. Daar word aangetoon dat die grootste hindernis om die genoemde sisteem
te gebruik, die teen-intuïtiewe benaminge van ’n aantal kategorieë is. ’n Volledige alfabetiese
lys van die idiome uit 1 en 2 Samuel, met toepaslike semantiese inligting by elk,
word in Bylae A aangebied. ’n Klassifikasie van hierdie idiome volgens leksikale semantiese
domeine word in Hoofstuk 5 voorgehou en bespreek, terwyl alternatiewe indelings
(nl. volgens kontekstuele semantiese domeine, onderliggende konsepsuele metafore
en terme vir liggaamsdele) in Bylaes B tot D aangebied word.
Hierdie studie toon aan dat idiome semanties gemotiveer word (deur konsepsuele metafore,
metonimie, simboliese handelinge ens.), alhoewel hulle betekenis niekomposisioneel
is. Die behoefte aan ’n meer sistematiese bewerking van idiome in Bybelse
Hebreeuse leksikons word ook uitgewys.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85679
Date12 1900
CreatorsVan Den Heever, Cornelius Marthinus
ContributorsVan Der Merwe, C. H. J., Wendland, E. R., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Ancient Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format342 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds