Return to search

Riglyne vir die ontwikkeling van 'n afstandsonderrigstelsel as 'n vorm van geindividualiseerde opleiding in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Text in Afrikaans / OPSOMMING: In 'n transformerende samelewing waar die klem is op die realisering van
die individu se potensiaal en erkenning van alle vaardighede teen 'n Nasionale Kwalifikasie
Raamwerk, verkeer ook die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in 'n staat van verandering.
Die diverse menslike hulpbron - burgerlikes en 'n uniformdraende komponent van
ge'integreerde magte - vereis opleiding om effektiewe verdediging aan Suid-A:frika en sy
inwoners te bied. Nie net die permanente komponent moet die nodige vaardighede ontwikkel
nie, maar ook die Deeltydse Mag ('n totaal van meer as 140 000 lede). Hierdie
opleidingsbehoefte en die krimpende begroting, noop die Weermag om koste-effektiewe
menslike hulpbronontwikkelingstrategiee toe te pas. Afstandsonderrig, met veral die nuwe
interaktiewe karakter daarvan, kan 'n lewensvatbare strategie wees.
'n Vraelystudie na die stand van afstandsonderrig in die Weermag het getoon dat
afstandsonderrig reeds op beperkte skaal bedryf word, maar met leemtes in die leermateriaal
en 'n gebrek aan noodsaaklike ondersteuning van die bevelstruktuur. Die skep van
leerbevorderlike leermateriaal met 'n interaktiewe karakter, soos dit in resente literatuur
beskryfword en in algemene afstandsonderrig sigbaar is, kan 'n effektiewe didaktiese
leeroordragstelsel vorm. Van die verskeidenheid nuwe mediategnologiee wat tans in die
makro-afstandsonderrigomgewing benut word, kan veral rekenaargebaseerde opleiding en
oplyn-opleiding in die Weermag aangewend word. Gedrukte materiaal sal steeds die basis
vorm en kan aangevul word met interaktiewe televisie-uitsendings - wat tydens 'n
loodsaanbieding aan Weermaglede oorweldigend positief ervaar is, om wisselwerking tussen
die instrukteur en die leerder, en die leerders onderling te verhoog.
vu
'n Afstandsonderrigmodel, gerig op die spesifieke situasie van 'n organisasie soos die
Weermag wat self verantwoordelik is vir die ontwikkeling van sy menslike hulpbron, is
ontwerp as hoofriglyn vir die ontwikkeling van 'n afstandsonderrigstelsel. Dit beklemtoon die
basiese opleidingskomponente van die leerder, die instrukteur en die leermateriaal wat gesien
moet word binne die spesifieke omgewing waarbinne hulle funksioneer. Die essensiele rol van
die beleidmakende komponent is ook bespreek, aangesien die afstandsonderrigstelsel slegs
suksesvol bedryf kan word as daar beleid gepromulgeer is wat die afstandsonderrigstelsel
bemagtig. Ontwikkelingsriglyne en implementerinsgriglyne vir 'n afstandsonderrigstelsel in die
Weermag sluit ook 'n voorgestelde ontwikkelingsprogram van die
afstandsonderriginstrukteurs in. / Summary : In a transforming society where the emphasis is on realizing the potential of the
individual and accrediting all competencies against a National Qualifications Framework, the
South African National Defence Force is also in a state of change. The diverse human
resources demand training in order to effectively defend South Africa and its inhabitants.
Competency development is needed by both the permanent component and the Part-time
Force. This training requirement and the shrinking budget impel the Defence Force to apply
cost-effective human resource development strategies. Distance learning, especially with its
new interactive nature, can be a viable strategy.
A questionnaire study of the status of distance learning in the Defence Force showed that it is
already practised on a limited scale, but with deficiencies in the learning material and a lack of
support from the command structure. The creation of interactive learning materials that
enhance learning as described in current literature and found in general distance learning
practice, can form an effective didactical learning transfer system. Of the various media
technologies presently utilised in the macro-distance learning environment, computer-based
training and on-line training can be applied in the Defence Force. Printed materials forms the
basis and can be supplemented with interactive television broadcasts - which were
overwhelmingly positively accepted by Defence Force members during a pilot presentation. -
to improve the interaction between the instructor and learner and between learners.
A distance learning model focussed on the specific situation of an organisation such as the
Defence Force, which is responsible for the development of its own human resources, was
designed as main guideline for the development of a distance learning system. It emphasizes
the basic components of the learner, the instructor and the learning material that have to be
seen within the specific environment in which they operate. The essential role of the policy
making component is discussed, since a distance learning system can only be applied
successfully if there is promulgated policy to empower the distance learning system.
Development and implementation guidelines for a distance learning system in the Defence
Force also include a suggested development program for distance learning instructors. / Didactics / D. Ed. (Didactics)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17811
Date11 1900
CreatorsViljoen, Annémarie
ContributorsDe Munnik, E. O. (Evert O.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (1 v.)

Page generated in 0.0027 seconds