Return to search

Kritiese beskouing van die kontantvloeistaat as element van finansiƫle verslagdoening

Text in Afrikaans / Die primere doelstelling met hierdie studie was om 'n kritiese beskouing van die staat van
kontantvloei-inligting (hierna genoem die staat) as element van finansiele verslagdoening te
verskaf met die oog op die identifisering van moontlike leemtes, tekortkominge en nut wat
die gebruikers van die staat ondervind.
Die studie dui daarop dat alhoewel daar 'n aantal leemtes en tekortkominge in die huidige
staat is, daar wei 'n behoefte aan die kant van die gebruiker na 'n staat van kontantvloei-inligting
as deel van die finansiele state bestaan.
Die waarde van sodanige staat is deurgaans in die literatuurstudie sowel as met die
empiriese studie beklemtoon. Dit het ook in die studie na vore gekom dat die staat vir
gebruikers van groot waarde is in die evaluering van solvensie en risiko in bepaalde
ondernemings.
Die gebruikswaarde van die staat maak dit dringend noodsaaklik dat daar onverwyld aandag
aan die leemtes geskenk moet word. Verskeie aanbevelings vir 'n verbeterde staat van
kontantvloei-inligting word dan ook in hierdie studie gemaak en dit sluit 'n moontlike model
in. 'n Aantal aanbevelings rondom die praktiese aspekte van die gebruik van die staat word
ook gemaak, omdat dit die potensiaal het om 'n onmisbare hulpmiddel vir die gebruiker te
word. / The prime objective of this study was to take a critical look at the cash flow information
statement (hereinafter named the statement) as an element of financial reporting. It was
based on the experience of the users in view of identifying possible gaps, shortcomings and
benefits.
The study suggests that a definite need occurs from the users side for cash flow information
as part of the financial statements. It was also evident from the study that the statement is a
very important tool for the evaluation of solvency and risk.
The usability of the statement necessitates that attention be given to the gaps. Several
recommendations, including a possible model were made for an improvement in the
statement. A number of recommendations were also made regarding practical aspects for
the use of the statement, since it has the potential to be an indispensable tool for users. / Financial Accounting / M. Com. (Accounting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17094
Date06 1900
CreatorsKirchner, J. H. (Johannes Hendrik), 1946-
ContributorsJulyan, F. W. (Frank William), 1941-, Boot, Gerbrand, 1943-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xi, 188 leaves)

Page generated in 0.1481 seconds