• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 524
  • 31
  • 21
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 14
  • 13
  • 11
  • 6
  • 5
  • 4
  • 3
  • Tagged with
  • 703
  • 703
  • 262
  • 210
  • 156
  • 132
  • 109
  • 98
  • 98
  • 97
  • 80
  • 79
  • 77
  • 76
  • 71
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
311

Morele ontwikkeling tydens adolessensie : 'n tussenkulturele studie

Ferns, Ilse, 1961- 11 1900 (has links)
Afrikaans text / Die vlak van morele ontwikkeling van wit A:frikaanssprekende, wit Engelssprekende, swart Sotbosprekende, swart Xhosasprekende en swart Zoeloesprekende adolessente seuns en meisies in vroee, middel- en laatadolessensie (12-19 jaar) in Suid-Afrika is afsonderlik, tussenkultureel en vir geslagsverskille asook ouderdomsverskille ondersoek. Moontlike verbande tussen genoemde groepe se vlak van morele ontwikkeling, stedelike/plattelandse woonomgewing, vlak: van identiteitsontwikkeling en lokus van kontrole-orientasie is ondersoek vir kultuur- en geslagsverskille. Wit en swart adolessente redeneer nie in dieselfde mate op die verskillende stadia van morele ontwikkeling nie en bulle openbaar oak verskillende morele ontwikkelingspatrone. Swart adolessente funksioneer betekenisvol meer as wit adolessente op laer stadia van morele redenering terwyl wit adolessente betekenisvol meer as swart adolessente op boer stadia van morele redenering funksioneer. Wit adolessente toon 'n morele ontwikkelings­ patroon ooreenkomstig Westerse waardes en norme wat ooreenstem met Kohlberg se teorie. Swart adolessente toon 'n andersoortige morele ontwikkelingpatroon wat nie ooreenstem met Kohlberg se teorie nie. Met betrekking tot die wit adolessente groep bereik meisies betekenisvolle boer stadia van morele ontwikkeling as seuns. Wat swart adolessente seuns en meisies betreis geen betekenisvolle geslagsverskille ten opsigte van vlak van morele redenering gevind nie. Morele ontwikkeling verloop ooreenkomstig ouderdom in stadia volgens 'n spesifieke patroon. Jonger adolessente funksioneer in 'n grater mate op laer stadia van morele redenering as ouer adolessente terwyl ouer adolessente meer tekens van boer stadia van morele redenering as jonger adolessente toon. Verskille in die morele ontwikkeling van adolessente seuns wat uit 'n stedelike omgewing kom en die wat op die platteland woon bet nie voorgekom nie. Stedelike adolessente meisies funksioneer in 'n grater mate as plattelandse adolessente meisies op boer vlakke van morele ontwikkeling. Ten opsigte van wit adolessente het 'n betekenisvolle verband tussen vlak van morele ontwikkeling en vlak van identiteitsontwikkeling voorgekom. By swart adolessente is sodanige verband nie gevind nie. Geen verband tussen vlak van morele ontwikkeling en lokus van kontrole-orientasie vir wit en swart adolessente in Suid-Afrika is aangetoon nie. Die bevindings is verklaar aan die hand van verskillende tipes sosialisering, sosiokulturele faktore, kultuur-historiese aspekte en adolessente se ontwikkelingkenmerke. / The level of moral development of white Afrikaans speaking, white English speaking, black Sotho speaking, black Xhosa speaking and black Zulu speaking adolescent boys and girls in early, middle and late adolescence {12-19 years) in South Africa was investigated separately, cross-culturally and with regard to gender differences and age differences. Possible relationships between level of moral development and urban/country living environments, level of identity development and locus of control orientation for the above­ mentioned groups were also investigated for cultural and gender differences. White and black adolescents do not reason to the same extent at different stages of moral development and they exhibit different moral developmental patterns. Black adolescents function significantly more than white adolescents at lower stages of moral reasoning while white adolescents function significantly more than black adolescents at higher stages of moral reasoning. White adolescents reveal a moral developmental pattern in line with Western values and norms which corresponds with Kohlberg's theory. Black adolescents reveal a different moral developmental pattern which does not correspond with Kohlberg's theory. With regard to the white adolescent group, girls reach significantly higher stages of moral development than boys. With regard to black adolescent boys and girls, no significant gender differences in level of moral reasoning were found. Moral development takes place in accordance with age in stages according to a specific pattern. Younger adolescents function more at lower moral reasoning stages than older adolescents while older adolescents display more signs of higher moral reasoning stages than younger adolescents. No differences in the moral development of adolescent boys who come from urban environments and those from country districts were found. Girls from urban environments function significantly more than girls from country districts at higher levels of moral development. A significant relationship was found between level of moral development and level of identity development for white adolesceJJtS. No such relationship was found for black adolescents. No relationship between level of moral development and locus of control orientation for white and black adolescents in South Africa was found. The findings were considered in relation to different types of socialisation, socio-cultural factors, culture-historical aspects and adolescent developmental characteristics. / Psychology / D.Litt. et Phil. (Sielkunde)
312

The Impact of race and ethnic identity on adolescents' use of coping skills

Keyser, Victoria Estelle 01 January 2005 (has links)
The purpose of this study was to compare the differences in the utilization of coping mechanisms of minority and White adolescents. By measuring the coping skills in adolescents, it sought to identify which strategies are most frequently used within the construct of race.
313

The male adoloscent's experience of belonging in his family : a Gestalt perspective

Easton, Deborah 11 1900 (has links)
This qualitative study aimed to explore the male adolescent’s sense of belonging in his family, in order to arrive at a Gestalt understanding of this concept. In order to achieve the aim, a conceptual framework was outlined focusing on concepts central to this topic, including belonging, adolescence and Gestalt theory. Semi-structured interviews were conducted with eleven adolescents in order to obtain rich data. The data collected during these interviews was subsequently analysed and several themes and categories were identified and explored by the use of a literature control. Conclusions, recommendations and a Gestalt understanding of belonging were then presented. / Play Therapy / M. Diac. (Play Therapy)
314

Aard van betekenisgewing in die identiteitsvestiging van adolessente met probleme

Warren, Madelief 10 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel van hierdie studie was om die aard van betekenisgewing in die identiteitsvestiging van adolessente met probleme, veral ten opsigte van die realiteit en by die aanleer van sekere lewensvaardighede, te ondersoek. Die ondersoek bestaan uit 'n literatuurstudie sowel as 'n eie empiriese ondersoek. Die betekenisgewingsfenomeen is vanuit 'n empiries-pedagogiese perspektief ondersoek, veral met die implikasies daarvan vir identiteitsvestiging. Die adolessent met probleme is geneig om op 'n onrealistiese wyse betekenisse aan sy verskillende relasies toe te ken. In kort bestaan die probleem daarin dat die adolessent met probleme nie oor die vermoe beskik om die eie 'self' objektief waar te neem nie. Die adolessent se gebrekkige insig en begrip van die realiteit lei dikwels tot irrasionele of onlogiese betekenisgewing. Irrasionele denkwyses veroorsaak by sommige adolessente gevoelens soos angs, vrees, emosionele opwelling, selfverwyt, minderwaardigheid en rigiditeit. Hierdie emosionele probleme manifesteer in 'n identiteitskrisis en word sigbaar in die adolessent se gedrag. Adolessente wat irrasionele betekenisse toeken en nie tot realistiese identiteitsvestiging kom nie, leef dikwels hulle probleme uit deur te steel, seksueel losbandige lewens te lei, dwelmmiddels te gebruik en selfs van die huis weg te loop. In die literatuurstudie is verder ook aandag gegee aan die volgende: • Terapievorme wat van toepassing is in die hulpverlening aan adolessente wat irrasionele betekenisse toeken, • Hulpverlening in groepsverband en • Kommunikasie in groephulpverleningsgebeure. Die empiriese ondersoek is 'n idiografiese ondersoek wat aan die hand van 'n model, volgens Dryden, wat gestruktureer en aangepas is, uitgevoer is. Die model is gebaseer op rasionele-emotiewe-terapie (RET) soos voorgestaan deur Ellis. Vyf adolessente is in die ondersoek betrek. Aan een adolessent is op individuele basis hulp verleen terwyl die ander vier adolessente groepshulpverlening ontvang het. Dit blyk uit die idiografiese ondersoek dat die model en werkswyse wat toegepas is, wel 'n bydrae kan lewer tot die wysiging van onrealistiese betekenisgewing by adolessente met probleme. Deur die hulpverlening verwerf die adolessent 'n lewensvaardigheid waardeur oorgegaan word tot realistiese betekenisgewing en -identiteitsvestiging. Uit die bevindinge van die ondersoek word enkele aanbevelings met betrekking tot verdere navorsing en praktykvoering gemaak. / The aim of the study was to investigate the nature of meaning attribution by which adolescents with problems establish their identity. The following aspects were focussed on: the reality and acquiring certain life-skills. The investigation comprises a literature study as well as an empirical investigation. An empirical-pedagogic perspective was used to examine the phenomenon of significance attribution and the implications thereof in establishing identity. The adolescent with problems tends to attribute unrealistic meaning to his various relationships. Briefly the problems exist because of the lack of ability to perceive the 'self' objectively. This inadequate perception of the adolescent with problems, causes him to attribute irrational or illogical meaning. The tendency of some adolescents, to attribute irrational meaning, causes feelings of anxiety, fear, emotional ebullition, self-blame, inferiority and rigidity. These emotional problems are manifested in an identity crisis and show in the actions of the adolescent. The adolescents, who attribute unrealistic meaning and who do not arrive at realistic self-definition, often act out their problems by stealing, living promiscuous lives, abusing drugs and absconding from home. In the study of literature the following aspects were also focussed on: • Types of therapy applicable in rendering assistance to the adolescent who attributes unrealistic meaning. • Group therapy. • Communication in group therapy events. The empirical research comprises an idiographic investigation, structured on an adapted form of Dryden's model. The model is based on rational-emotive therapy, (RET) as advocated by Ellis. five adolescents were used in this investigation. Individual therapy was given to one adolescent while the other four adolescents received group therapy. From the idiographic investigation it has become evident that the model and the procedure followed, can make a contribution to the adolescent with problems, in changing his tendency to attribute unrealistic meaning to his relationships. He can make successful use of the model as an acquired life-skill to attribute significant meaning in his efforts to arrive at a realistic self-definition. He is thus able to actualise his defined self. Based on the findings of this investigation certain recommendations, concerning further research, as well as counselling in practice, were proposed. / Psychology of Education / D. Ed. (Empiriese Opvoedkunde)
315

Teenagers interviewing problems

Giliomee, Yolandé. January 2000 (has links)
Thesis (M. Th.)--University of South Africa, 2000.
316

Verliesverwerking na ontvalling : 'n psigo-ontwikkelingsprogram vir adolessente

De Villiers, Reniette Hofmeyr 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Universiteit van Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Most researchers agree that for a child the death of a parent constitutes a psychological risk. Some of these children might experience the first onset of psychiatric disorder (depression, anxiety or substance use disorder) prior to age 20, with a peak age of occurrence at 18. Within the South African context children are more and more confronted with parental death due to the upsurge of violence, the increase in HIV, aids and tuberculoses, as well as many fatal traffic accidents. The need for psychological support of these children within the school system was brought to the attention of the researcher by concerned surviving parents. Society tends to expect an early (often premature) return of survivors to the activities of everyday life. The adult or child thus often finds him-/herself isolated in grief. In family context on the other hand, the single parent has to deal with the personal loss of a spouse, the children's loss of a parent and often also the grandparents' loss of a child. Furthermore, roles within the family have to be reallocated so as to accommodate the lost person's functions. The surviving parent is therefore often not adequately available for the child who, having had his/her personal world and belief system shattered, does not always understand the consequences of death, primarily due to cognitive immaturity. They may react with anxiety, irrational beliefs and suppression, thus blocking a healthier course of grief. The aim of this study was to design and implement a psycho-educational grief resolution program and to investigate the effect thereof on the mood states, coping skills and self-concepts of 17 urban adolescents who had experienced parental death. Using the General Systems Theory as metatheory and the Intervention Designand- Development research methodology (Thomas & Rothman, 1994), a model of adolescent grief resolution was devised which served as basis for the design of the program. The participants were requested to reappraise personal resolution of grief tasks and were introduced to cognitive restructuring (for example the relinquishment of suppression and the disputing of irrational beliefs). With a clearer understanding and the skills to control emotions and behaviour, they were encouraged to attribute (now with hindsight) meaning to the experience of having lost a loved one, and to incorporate the event into a personal narrative. Statistical analyses of test-retest results indicated, amongst others, that adolescents tend to prematurely avow acceptance of the loss; that the experimental group demonstrated less fatigue-inertia after attending the program than the control group; and that a high risk group, comprised of members of both the experimental and control groups, showed more depression during the re-test situation. The last finding indicates that a high risk group should rather receive psychotherapy than participate in a psychoeducational program which is not primarily of a psychotherapeutic nature. On the other hand taking part in the program caused those adolescents to become aware of their need for psychotherapy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die meeste navorsers is dit eens dat die dood van 'n ouer vir die kind sielkundige risiko's inhou. Sommige van dié kinders mag voor die ouderdom van 20 jaar (met die grootste aantal teen 18 jaar) psigiatriese probleme soos depressie, angs of middelmisbruik vertoon. Suid-Afrikaanse kinders word tans toenemend aan ouersterfte blootgestel weens die toename in geweld, die Hl-virus, vigs, tuberkulose en verkeersongelukke. Agtergeblewe ouers het die behoefte aan sielkundige ondersteuning van dié kinders binne skoolverband onder die aandag van die navorser gebring. Dit blyk dat die gemeenskap 'n vroeë (dikwels voortydige) terugkeer van die treurende na die gewone daaglikse aktiwiteite verlang. Die treurende beleef hom-/haarself dus dikwels as alleen in smart. In gesinsverband word daar verder hoë eise aan die enkelouer gestel, soos om die verlies van 'n huweliksmaat te verwerk, om kinders wat 'n ouer verloor het, en moontlik ook grootouers wat 'n kind verloor het, te ondersteun. Verder moet die rolle binne die gesin herverdeel word om ook die oorledene se funksies te vervul. Die beskikbaarheid van die agtergeblewe ouer is dus ingekort, en die kind wie se leefwêreld en oortuigings aan flarde is, het weens veral kognitiewe onrypheid, selde begrip vir die nagevolge van sterwensverlies. Hulle mag reageer met angs, irrasionele denke en onttrekking wat die rouproses kan inhibeer. Die doel van die studie was die ontwerp en toepassing van 'n verliesverwerkingsprogram Cn psigo-ontwikkelingsprogram) en die bepaling van die programeffek op die gemoedstoestand, streshanteringsvaardighede en selfkonsep van 17 stedelike adolessente met ouerverlies. Met die Algemene Sisteemteorie as metateorie en die Intervensie-Ontwerp-en-Ontwikkelingsnavorsingsparadigma (Thomas & Rothman, 1994) kon 'n adolessente verliesverwerkingsmodel saamgestel word wat gedien het as basis vir die ontwerp van die program. Die deelnemers kon die eie verwerking van routake herbeoordeel en kognitiewe herstrukturering waar nodig toepas (onder meer deur die opheffing van onderdrukte gedagtes en die betwisting van irrasionele aannames). Met beter begrip vir die eie situasie en beheer oor emosie en gedrag kon ook betekenisgewing (terugskouend oor die verliesgebeure) volg en kon die ervaring geïnkorporeer word in 'n persoonlike lewensverhaal. Statistiese ontleding van die toets-hertoetsresultate het onder meer daarop gedui dat adolessente neig om voortydig aanvaarding van die verlies aan te dui; dat die eksperimentele groep, vergeleke met die kontrolegroep, minder vermoeid-lusteloos was na programdeelname; en dat hoë risikodeelnemers uit beide die eksperimentele en kontrolegroepe met die na-toetsing meer depressief voorgekom het. Laasgenoemde bevinding dui daarop dat die hoë risikogroep eerder op psigoterapie aangewese was. Diegene uit die hoë risikogroep wat wel aan die program deelgeneem het, het nogtans bewus geword van die behoefte aan sodanige terapie en dit daadwerklik opgevolg.
317

Die verband tussen gesinsorg en interpersoonlike skemas in adolessensie

De Wet, Cecilia 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: An increasing number of children in South Africa are deprived of adequate parental care. Factors exacerbating the situation are the deaths of parents due to HIV/AIDS and contextual stressors like poverty and violence. Children removed from family care in accordance with stipulations of the Act on Child Care, were all exposed to factors of inadequate care like a lack of basic means of existence and/or physical, emotional or spiritual neglect or sexual abuse. The current thesis tried to determine to what extend these factors influence the social development of children. Theories of psychosocial development have shown that optimal social development starts with securing a strong positive and reciprocal emotional bond with the primary caregiver. This is the basis of personal security and interpersonal trust upon which further developmental elements like a positive self image, autonomy, pro-social behaviour, emotional well-being, moral values, the ability to find solutions to problems, self control and expectations about the future, will be based. Schema theory has confirmed the importance of positive developmental experiences in establishing positive expectations about social interaction. Negative developmental experiences will lead to dysfunctional schemas and selective processing of information. This will negatively influence emotional well-being, the ability to solve interpersonal problems and realistically assessing the self and others. Dysfunctional interpersonal patterns, inappropriate social behaviour and a less positive expectation of the future, will follow. Patterns of parental care are still important in adolescence and influence body image, sexual identity, academic achievement, career aspirations, values, autonomy and emotional well-being. Negative patterns of parenting, like loveless over-control and child abuse, lead to dysfunctional interpersonal expectations. Residential care increases the risk of diffused bonding, unless sufficient preventive measures are put in place. In the current thesis ten elements of interpersonal schemas were identified according to the above theories. Statistical comparisons of the elements were done using two groups of adolescents. Adolescents in the first group were removed from parental care in accordance with the Act on Child Care, while adolescents in the second group experienced continuous and adequate parental care. The results supported all of the hyphotheses, with a measure of ambivalence about autonomy. Psychosocial history was proved to be a measurable discriminating factor in adolescent interpersonal schemas. Sex proved to be a further discriminating factor in some elements. Girls were influenced most by the presence or lack of family security. In a second section, current programmes for social empowerment in use in children's homes, were evaluated according to the above results. Indications were given about possible adaptations and additions to therapeutic and skills programmes, the role of substitute families and character traits of staff that may help in limiting the risks of residential care. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Toenemende getal kinders in Suid-Afrika ontbeer deurlopende en toereikende gesinsorg. Faktore wat hiertoe bydra, is ouersterftes weens MIVNIGS en kontekstuele stressors soos armoede en geweld. Kinders wat uit gesinsorg verwyder word weens die bepalings van die Wet op Kindersorg, was almal blootgestel aan faktore van ontoereikende sorg soos gebrekkige bestaansmiddele en/of fisieke, emosionele of geestelike verwaarlosing of seksuele misbruik. Hierdie proefskrif het probeer vasstel in watter mate dié faktore die sosiale ontwikkeling van kinders beïnvloed. Teorieë omtrent psigososiale ontwikkeling toon aan dat optimale sosiale ontwikkeling begin by die vestiging van 'n sterk positiewe en wederkerige emosionele band met 'n primêre bindingsfiguur. Dit vorm die basis van persoonlike sekuriteit en interpersoonlike vertroue, waarop ontwikkelingselemente soos 'n positiewe selfsiening, outonomie, pro-sosialiteit, emosionele welstand, morele waardes, probleemoplossingsvaardighede, selfbeheer en toekomsverwagting gebaseer is. Skema-teorie bevestig die belang van positiewe ontwikkelings-ervarings in die daarstel van positiewe verwagtings omtrent sosiale interaksie. Negatiewe ontwikkelings-ervarings lei tot disfunksionele skemas, waarin inligting selektief verwerk word. Dit het 'n negatiewe uitwerking op emosionele welstand, die vaardigheid om interpersoonlike probleme op te los en realisties oor die self en ander te oordeel. Die gevolg is patrone van interpersoonlike wanaanpassing, ontoepaslike sosiale optrede en 'n minder positiewe toekomsverwagting. In adolessensie speelouerskapspatrone steeds 'n rol ten opsigte van liggaamsbeeld, geslagsidentiteit, akademiese prestasie, beroepsideale, waardes, outonome optrede en emosionele welstand. Negatiewe ouerskapspatrone, soos oormatige en liefdelose beheer en kindermishandeling, lei tot disfunksionele interpersoonlike verwagtings. Residensiële sorg verhoog die risiko vir diffuse bindingsgedrag, tensy doeltreffende voorsorgmaatreëls daargestel word. In die proefskrif is tien elemente van interpersoonlike skemas aan die hand van die teoretiese uiteensetting geïdentifiseer. 'n Statistiese vergelyking ten opsigte van die elemente is gedoen met twee groepe adolessente. Die eerste groep is weens wetlike bepalings uit ouersorg verwyder, terwyl die tweede groep deurlopende en toereikende ouersorg ervaar het. Die resultate het al die hipoteses ondersteun, met 'n mate van ambivalensie omtrent outonomie. Psigososiale geskiedenis was dus 'n meetbare onderskeidingsfaktor ten opsigte van interpersoonlike skemas in adolessensie. Geslag was 'n verdere meetbare faktor by sommige elemente. Dogters was die meeste beïnvloed deur die teenwoordigheid van óf gebrek aan gesinsekuriteit. In 'n tweede afdeling, is die bestaande programme van sosiale bemagtiging in kinderhuise geëvalueer in die lig van bogenoemde resultate. Aanbevelings is gedoen oor die aanpassing en uitbouing van terapeutiese en vaardigheidprogramme, die rol van substituut-gesinne en die eienskappe van personeel wat kan bydra om die risiko's van inrigtingsorg te verminder.
318

Psychological well-being, religiousness, and spirituality in the lives of adolescents from intact and divorced families

Victor, Karin 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Adolescence is a difficult life stage to navigate, and having to face a significant life crisis, such as the divorce of one’s parents, intensifies the already heavy burden of adolescence. Divorce, moreover, may have lasting detrimental ramifications for the individual. As a result, the individual seeks mechanisms and ways of coping with life’s stressors. Adaptive coping mechanisms, such as religiousness and spirituality, have positive effects on the individual, especially with regard to his/her psychological well-being (Wills, Yaeger, & Sandy, 2003). Against this background, the present study investigated the psychological well-being, religiousness and spirituality of adolescents from intact families and adolescents from divorced families. The aim was to determine whether there were differences in psychological well-being, religiousness and spirituality between these two groups of adolescents, and also to explore qualitatively how adolescents from divorced families utilise their religiousness and spirituality to cope with the divorce of their parents. The life span theory (Newman & Newman, 2009), pillars of psychological well-being (Ryff, 1989), faith development theory (Fowler, 1981) and Bronfenbrenner’s bio-ecological theory (1979) all contributed to the theoretical framework for this study. A mixed-methods research design was employed. The Ryff Psychological Well-Being scale (Ryff, 1989) was used to measure psychological well-being, and the Assessment of Spiritual and Religious Sentiments scale (Piedmont, 2005) was used to measure religiousness and spirituality. An open-ended question was utilised to explore significant life crises that the participants had faced, whether the participants believed that their religiousness and/or spirituality aided them during the crisis, and how they employed their religiousness and/or spirituality to cope with the significant life crisis. A total of ninety adolescents aged between 15 and 18 years from three schools in the Helderberg basin in the Western Cape participated in this study. The results show that there were some significant differences between genders with regard to specific dimensions of psychological well-being, religiousness and spirituality. These dimensions were personal growth, religiosity, prayer fulfilment and universality, and females tended to score higher on all of these dimensions. There were no significant differences with regard to type of household (intact or divorced) on psychological well-being, religiousness or spirituality. The qualitative results show that religiousness is a definite coping mechanism that participants use to navigate the crisis of divorce. This thesis contributes to research on adolescents, religiousness and spirituality, and the effects of divorce. Recommendations are made for future research into religiousness and spirituality. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Adolessensie is ‘n moeilike lewensfase om te navigeer, en om ‘n groot lewenskrisis, soos die egskeiding van jou ouers, die hoof te bied, vergroot die reeds swaar las van adolessensie. Egskeiding kan ook blywende en nadelige gevolge vir die individu inhou. Gevolglik poog die individu om meganismes en maniere te soek om die bykomende lewenstressors te hanteer. Gesonde hanteringsmeganismes, soos godsdienstigheid en spiritualiteit, het ‘n positiewe uitwerking op die individu, veral met betrekking tot sy/haar sielkundige welstand (Wills, Yaeger, & Sandy, 2003). Na aanleiding hiervan is hierdie tesis gerig op die ondersoek van verskille in sielkundige welstand, godsdienstigheid en spiritualiteit in adolessente uit getroude gesinne en adolessente uit geskeide gesinne. Hierdie tesis is daarop gemik om te bepaal of daar verskille in sielkundige welstand, godsdienstigheid en spiritualiteit is tussen hierdie twee groepe adolessente, en ook om kwalitatief te bepaal presies hoe adolessente uit geskeide gesinne hulle godsdienstigheid en spiritualiteit gebruik om die egskeiding van hulle ouers te hanteer. Die lewenspanteorie (Newman & Newman, 2009), pilare van sielkundige welstand (Ryff, 1989), faith development theory (Fowler, 1981) en Bronfenbrenner se bio-ekologiese teorie (1979) is as teoretiese raamwerke vir hierdie navorsing gebruik. ‘n Gemengde metode navorsingsontwerp is gebruik. Sielkundige welstand is met die Ryff Psychological Well-Being skaal (Ryff, 1989) gemeet, terwyl godsdienstigheid en spiritualiteit met die Assessment of Spiritual and Religious Sentiments (Piedmont, 2005) skaal gemeet is. 'n Oopeinde-vraag is ontwerp om die groot lewenskrisisse te verken wat die deelnemers ervaar het, om uit te vind of die deelnemers glo dat hulle godsdienstigheid en/of spiritualiteit hulle tydens die krisis gehelp het, en hoe hulle hul godsdienstigheid en/of spiritualiteit tydens die verwerking van die groot lewenskrisis gebruik het. ‘n Totaal van negentig adolessente tussen die ouderdomme van 15 en 18 jaar van drie skole in die Helderbergkom in die Wes-Kaap het aan hierdie navorsing deelgeneem. Die resultate het getoon dat daar 'n paar beduidende verskille tussen geslagte is met betrekking tot die spesifieke dimensies van sielkundige welstand, godsdienstigheid en spiritualiteit. Hierdie dimensies was persoonlike groei, religiositeit gebedsvervulling en universaliteit. Vroulike deelnemers was geneig om hoër tellings te behaal vir al vier hierdie dimensies. Daar was geen beduidende verskille met betrekking tot die tipe huishouding (getroud of geskei) op sielkundige welstand, godsdienstigheid of spiritualiteit nie. Die kwalitatiewe resultate het getoon dat godsdienstigheid 'n definitiewe behartigingsmeganisme is wat deelnemers gebruik om die krisis van hulle ouers se egskeiding te hanteer. Hierdie tesis dra by tot navorsing oor adolessente, godsdienstigheid en spiritualiteit, en die gevolge van egskeiding. Aanbevelings word gemaak vir toekomstige navorsing oor godsdienstigheid en spiritualiteit.
319

Identiteitsontwikkeling tydens adolessensie : 'n opvoedkundig-sielkundige studie

Ackermann, Chris (Christiaan Johannes),1948- 12 1900 (has links)
Dissertation (DEd) -- Stellenbosch University, 1993. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This study examined the process of identity development in secondary school adolescents. Identity formation can be regarded as a central developmental task during adolescence. Psychological maturity and a functional personality depend on the effective solution of the identity crisis. The process of identity formation is, however, complicated by various trends in modern society. This is particularly true for South Africa in its present transitional phase. This study was undertaken due to various research deficiencies, and because a thorough knowledge of the process of identity formation during adolescence is of vital importance for educators on all levels. Based on an extensive literature study the concepts identity and identity development are described, and research findings on identity development during adolescence are reviewed. The focus of the empirical investigation is on four selected domains of identity development, namely future career, religion, friendships and dating. Two objective questionnaires, the Ackermann Identity status Inventory (AISI) (which was designed by the researcher) and the Dellas Identity Status Inventory (DISI), and a semi-structured interview were used to determine the identity status of adolescents. A third questionnaire was administered in order to determine adolescents r evaluation of the importance of various identity domains. The research group included all the standard 7 and 10 pupils (N - 1152) from 6 Afrikaans medium secondary schools in the Southwestern Cape. From this group a stratified sample of 96 pupils was taken for the interview. When selecting the research groups three variables were taken into account, namely sex, age, and residential area. Some of the most important findings include the following: Adolescents manifest different patterns of identity development in different domains. Identity development should therefore be investigated separately in different domains. There are significant differences in the identity status of standard 7 and standard 10 pupils. Only minor differences in identity status development exist between the sexes. No significant differences in identity status were found between rural and urban adolescents. Regarding the religious domain the research group had a strong tendency towards identity foreclosure. This finding has important implications for religious educators. various implications for education were pointed out. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die proses van identiteitsontwikkeling by skoolgaande adolessente is in hierdie studie ondersoek. Die verwerwing van 'n eie identiteit kan as 'n sentrale ontwikkelingstaak tydens adolessensie beskou word. Die effektiewe hantering van die identiteitskrisis is 'n voorwaarde vir die verwerwing van psigologiese volwassenheid en vir positiewe persoonlikheidsfunksionering. Verskeie tendense in die hedendaagse samelewing kompliseer die proses van identiteitsontwikkeling. Dit geld Suid-Afrika in besonder, aangesien die land tans in 'n transformasieproses verkeer wat verskeie lewensterreine raak. 'n Grondige kennis van die proses van identiteitsontwikkeling by adolessente is van kardinale belang vir primêre en sekondêre opvoeders. In die lig van bestaande leemtes in navorsing op hierdie terrein is die studie onderneem. Teen die agtergrond van 'n omvattende literatuurstudie is die aard en wese van identiteit en identiteitsontwikkeling beskryf en 'n oorsig is gegee van bestaande navorsingsbevindinge oor identiteitsontwikkeling tydens adolessensie. Die empiriese ondersoek is gerig op vier geselekteerde domeine van identiteitsontwikkeling , naamlik beroep, godsdiens, vriendskappe en uitgaan (Engels: dating). Met die oog op die bepa ing van die status van adolessente se identiteitsontwikkeling is twee objektiewe vraelyste, naamlik die Ackermann Identiteitstatusvraelys (AISV) en die Dellas Identity status Inventory (DISI), en 'n gestruktureerde onderhoud gebruik. Die AISV is vir die doel van die ondersoek deur die ondersoeker ontwerp. 'n Derde vraelys is afgeneem ten einde adolessente se belewing van die belangrikheid van verskeie identiteitsdomeine te bepaal. Die ondersoekgroep het bestaan uit die standerd 7- en standerd 10-1eerlinge (N = 1152) van ses Afrikaansmedium sekondêre skole. Uit die groep is 'n gestratifiseerde steekproef van 96 leerlinge vir die onderhoud getrek. Gelyke verteenwoordiging van drie veranderlikes is met die trekking van die steekproewe in ag gensem, naamlik ouderdom, geslag en nedersettingsgebied. Van die belangrikste bevindinge wat uit die ondersoek geblyk het, is die volgende: Adolessente toon verskillende patrone van identiteitsontwikkeling in verskillende domeine. Dit is daarom belangrik dat identiteitsontwikkeling in terme van afsonderlike domeine ondersoek word. Beduidende verskille in identiteitstatusontwikkeling kom tussen adolessente in st 7 en st. 10 voor. slegs enkele verskille in identiteitstatusontwikkeling kern tussen die twee geslagte voor. Daar is nie 'n beduidende verskil tussen stedelike en plattelandse adolessente se identiteitstatusontwikkeling nie. In die domein van godsdiens is 'n neiging tot vroeë identiteitsluiting gevind. Dit hou belangrike implikasies vir opvoeders en ander betrokke instellings in. Belangrike opvoedkundige implikasies van die ondersoekbevindinge is aangedui.
320

Die rol en persoon van die fasiliteerder van 'n christelike tienergespreksgroep

Van der Merwe, Elizabeth, Van der Merwe, Lize January 2001 (has links)
Thesis (MEdPsych) -- University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study addresses the role and person of the facilitator of a Christian teen discussion group. From the literature study it is evident that there are specific requirements concerning the role and person of the facilitator of a teen discussion group. These requirements and definitions should only serve as guidelines for the success of a teen discussion group The empirical study investigated the role and person of the facilitator of a teen discussion group. According to the results it seems that the most important characteristics of a facilitator, according to the teen discussion groups, are that of warmth as a person, caring and insight and that he must be a role model. The study also showed that the role and person of a facilitator of a teen discussion group to a great extent contributes to the success of these groups. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is die rol en persoon van die fasiliteerder van n Christelike tienergespreksgroep ondersoek Uit die literatuurstudie blyk dit dat daar baie spesifieke vereistes bestaan wat betref die rol en persoon van die fasiliteerder van "n tienergespreksgroep. Hierdie vereistes en definisies behoort egter net as riglyne te dien vir die sukses van' n tienergespreksgroep. In die ernpmese ondersoek IS die rol en persoon van die fasiliteerder van "n tienergespreksgroep verken. Volgens die resultate blyk dit dat die belangrikste eienskappe van 'n fasiliteerder, volgens die groeplede, is dat hy "n omgee-persoon moet wees wat oor insig beskik, warmte oordra en "n rolmodel moet wees Die ondersoek het verder getoon dat die rol en persoon van die fasiliteerder van' n tienergespreksgroep grootliks bydra tot die sukses van hierdie groepe.

Page generated in 0.0832 seconds