1 |
The African Association and the growth and movement of political thought in mid-twentieth century East AfricaSanders, Ethan Randall January 2013 (has links)
No description available.
|
2 |
British Groundnut Scheme in East Africa: Labour government's dilemmaAnyonge, Nathan Jumba. January 1966 (has links)
LD2668 .T4 1966 A637 / Master of Science
|
3 |
Assessing the prospects of the New East African CommunityGurumo, Shabani Rajab 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: The three East African countries of Kenya, Tanzania and Uganda have a long
history of economic co-operation, which at one time amounted close to political
integration. Their present co-operation arrangement is known as the East African
Community (the new East African Community), but is one that remains
susceptible to failure if conscious and purposeful steps are not timely adopted to
facilitate their integration. A number of reasons have been attributed to the failure
and eventual demise of the old East African Community. These reasons include,
the unequal distribution of gains and costs amongst the partner states,
perceptions and impressions on reaching conclusions about the distribution of
those gains and costs, the heavy internal and external debt burdens that the
three countries experienced in different degrees, differing political ideologies
amongst the political leaderships of the three countries, unwillingness to cede
government authority to the Community, and the absence of sufficient
possibilities for cost reduction shifts in the industrial sector amongst the three
countries. The above meant that there was little chance for potential economies
of scale.
While the recognition of the value of past experiences forms an important aspect
of a future strategy for the Community, prevailing and anticipated circumstances
are more relevant. This study project seeks to establish the chances for the
success or failure of the new East African Community by means of an analysis of
the historical passage of East African co-operation, in particular the former official
arrangement of 1967-1977 and scrutiny of the system underlying the present
arrangement. The differences and similarities of the two systems are then
extrapolated and the likely effects that those differences and similarities will
impart upon the new East African Community are investigated. Finally, the ways and means identified as a possible easing of the shortcomings are advanced as
recommendations.
One outstanding development in the existence of the new East African
Community so far has been the pursuance to establish an East African
Federation in the shortest possible timeframe. In the new East African
Community's formative treaty the objective of achieving a political federation is
declared to be the ultimate objective. It would appear that the concept of
"shortest possible time" was partly interpreted by those mandated to explore the
possibilities as relating to the timeframe during which the existing political
leadership would still be functioning. The study has, however, concluded that the
fast tracking of the political federation is one of the possible serious threats to the
sustainability and longevity of the new East African Community. Likewise,
membership of other regional integration arrangements by the partner states of
the Community - without a concrete formally agreed common mechanism to deal
with the ensuing conflicts of interest - is considered to be a weakness. The study
recommends a number of preconditions necessary for the smooth transition to a
political federation that would not compromise the positive prospects of the
Community. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die drie Oos-Afrikalande Kenia, Tanzanië en Uganda het 'n lang geskiedenis van
ekonomiese samewerking wat op 'n stadium feitlik op politieke integrasie
neergekom het. Hulle huidige integrasiereëling staan as die Oos-
Afrikagemeenskap (die Gemeenskap) bekend, maar dit bly vatbaar vir mislukking
indien bewuste en doelgerigte stappe nie betyds gedoen word om hulle
integrasie te bevorder nie. 'n Aantal redes is aangevoer vir die mislukking en
uiteindelike verval van die ou Oos-Afrikagemeenskap. Hierdie redes sluit onder
andere in die oneweredige verspreiding van winste en kostes tussen die
vennootskapslande, persepsies en indrukke oor besluite rakende die verdeling
van genoemde winste en kostes, die kwaai binne- en buitelandse skuldlaste wat
die drie lande in wisselende mate ervaar het, verskillende politieke ideologieë
tussen die politieke leierskappe van die drie lande, 'n onwilligheid om
regeringsgesag na die Gemeenskap oor te dra en die afwesigheid van
genoegsame moontlikhede vir kosteverminderingstappe in d ie nywerheidsektor
tussen die drie lande. Die bovermelde het beteken dat daar min geleentheid vir
potensiële groot ekonomieë was.
Alhoewel die erkenning van die waarde van ervarings uit die verlede 'n
belangrike aspek van 'n toekomstige strategie vir die Gemeenskap uitmaak, is
heersende en verwagte omstandighede meer relevant. Hierdie studieprojek poog
om by wyse van 'n analise van die historiese verloop van samewerking in Oos-
Afrika en in die besonder van die vorige amptelike reëling tussen 1967 tot 1977
en 'n ondersoek van die stelsel wat die huidige reëling onderlê, vas te stel wat
die kanse is op die sukses of mislukking van die nuwe Oos-Afrikagemeenskap.
Die verskille en ooreenkomste tussen die twee stelsels word dan geëkstrapoleer en die verwagte gevolge wat daardie verskille en ooreenkomste op die nuwe
Oos-Afrikagemeenskap gaan uitoefen, word ondersoek. Laastens word die
middele wat geïdentifiseer is as 'n moontlike verligting van die tekortkominge, as
aanbevelings voorgehou.
Een van die opvallende ontwikkelings in die nuwe Oos-Afrikagemeenskap is die
nastrewing van die doel om 'n Oos-Afrikafederasie binne die kortste moontlike
tyd tot stand te bring. In die Gemeenskap se stigtingsooreenkoms is
gekonstateer dat die uiteindelike doelwit die bereiking van 'n politieke federasie
is. Dit wil voorkom asof die konsep "die kortste moontlike tyd" gedeeltelik só
geïnterpreteer is dat dit na die tydsraamwerk verwys waartydens die huidige
politieke leierskap steeds die leisels sou hou. Die studie het egter tot die
gevolgtrekking gekom dat die vinnige pas vir die totstandkoming van die politieke
federasie een van die moontlike ernstige bedreigings vir die volhoubaarheid en
langdurige voortbestaan van die nuwe Oos-Afrikagemeenskap is. Op soortgelyke
wyse word lidstate van die Gemeenskap se lidmaatskap van ander
streeksreëlings - sonder die bestaan van 'n konkrete formeelooreengekome
gesamentlike meganisme om aandag te skenk aan voortspruitende
belangekonflikte - as 'n swakheid beskou. Die studie beveel 'n aantal
voorwaardes aan wat noodsaaklik is vir die gladde oorgang na 'n politieke
federasie wat nie die positiewe vooruitsigte van die Gemeenskap in die gedrang
sal bring nie.
|
4 |
East Africa’s growing power : challenging Egypt’s hydropolitical position on the NileHanke, Nora 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This case study on East Africa analyses the impact of changing power relations over the last
decade on Egypt’s hydro-hegemony on the Nile River Basin. Covering one-tenth of Africa’s
landmass and providing resources for the 340 million people and countless species, the Nile is
exemplary of Africa’s geographic, cultural and ecological diversity, as well as its political
complexity. Eleven riparian states lie in its basin area and compete for dwindling water
resources as demand rises in a highly asymmetrical power relationship between upstream and
downstream states.
Egypt, although geographically disadvantaged due to its downstream position, has established
hydro-hegemony by combining material capabilities, legal and institutional mechanisms, as
well as knowledge production. Its relative wealth is contingent upon the supply of Nile water,
as it makes up 95% of Egypt’s freshwater. Egypt has legally secured its claim through the
1959 Treaty on the Full Utilisation of the Nile Waters which divides the Nile water flow
between Egypt and Sudan. Egypt further established consolidated control by using its
downstream position in the World Bank to de facto veto upstream hydro-electric power
projects throughout the 1990s. In contrast, the East African Community Partner States only started to lay claim to the water
over the last decade due to its history of colonialism, proxy wars and political instability. In
2002, the EAC decided to manage the Lake Victoria Basin jointly. Paired with growing
stability and economic growth in the region, this management has attracted Chinese
investment in hydro-electric power projects, notably dams, giving East Africa financial
independence from both the World Bank and Egypt to build hydro-infrastructure projects.
East African states use the influx of Chinese investments to increase their respective defence
budgets while Egypt’s military spending, as a share of GDP, has been decreasing over the last
decade. Under the Nyerere Doctrine, East African states refuse to honour the 1959 Treaty and
have asked for re-negotiation. The first step was taken in 2011, when six upstream states
under EAC leadership signed the Cooperative Framework Agreement paving the way for renegotiation,
in the face of Egypt’s explicit refusal.
Domestic factors in Egypt, coupled with East Africa’s growing self-confidence, are slowly
changing the power relations in the Nile basin. Using the London Water Research Group’s
Hydro-Hegemony framework in a triangular diachronic single-case study research design, this
study traces the processes of counter-hegemony and hydropolitical power shifts. Understanding these political processes is the first step towards the sustainable distribution of
the Nile water resources on the basin level. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie gevallestudie oor Oos-Afrika ontleed die impak van veranderende magsverhoudinge
op Egipte se beheer oor die loop van die Nylwater gedurende die laaste dekade.
Die Nyl, wat vloei oor een tiende van die landmassa van Afrika en lewensmiddele verskaf aan
die 340 miljoen mense en ontelbare spesies wat daar ´n bestaan voer, dien as voorbeeld vir
Afrika se geografiese, kulturele en ekologiese diversiteit sowel as die politieke kompleksiteit
daarvan. Elf oewerstate lê in die Nylopvanggebied en wedywer vir waterbronne wat afneem,
terwyl die aanvraag styg in ‘n hoogs asimmetriese magsverhouding tussen die lande wat
stroomop en stroomaf geleë is.
Alhoewel Egipte geografies benadeel is deur stroomaf geleë te wees, het die land
hidrohegemonie verkry deur middel van sy materiële vermoëns, wets- en institutêre
meganismes, en kennisproduksie. Die relatiewe rykdom van Egipte is afhanklik van die
beskikbaarheid van Nylwater, wat 95% van die land se varswater verskaf. Egipte het sy
aanspraak daarop wetlik vasgelê deur middel van die 1959 Verdrag oor die Volle Gebruik van
die Nylwater, wat die Nyl se vloei verdeel tussen Egipte en die Soedan. Gedurende die 1990s
het die land sy beheer verder versterk deur sy stroomafposisie by die Wêreldbank te gebruik
om hidroelktriesekragprojekte stroomop de facto te veto. As gevolg van ‘n geskiedenis van kolonialisme en politieke onrus, het die lidstate van die
Oos-Afrikaanse Gemeenskap (OAG) egter eers gedurende die laaste dekade begin om die
Nylwater te eis. In 2002 het die OAG besluit om die Victoriameer-opvanggebied gesamentlik
te beheer. Hierdie beheer, saam met toenemende bestendigheid en ekonomiese groei in die
gebied, het aanleiding gegee tot Chinese beleggings in hidroelektriesekragprojekte, veral
damme, sodat Oos-Afrika finansiële onafhanklikheid verkry het van beide die Wêreldbank en
Egipte om sy eie hidro-infrastuktuurprojekte te bou. Terwyl die Oos-Afrikaanse lande die
invloei van Chinese beleggings gebruik om hulle onderskeie verdedigingsbegrotings te
vergroot, het Egipte se militêre uitgawes afgeneem as ‘n deel van die BBP oor die laaste
dekade. Die Oos-Afrikaanse lande beroep hulle op die Nyerere Dokrine deur te weier om die
1959 Verdrag na te kom, en het versoek dat dit heronderhandel word. Die eerste treë is in
2011, geneem toe ses stroomoplande onder die leierskap van die OAG die Koöperatiewe
Raamwerk Verdrag onderteken het, wat die pad voorberei vir heronderhandeling ten spyte
van Egipte se onomwonde weiering daartoe.
|
Page generated in 0.0285 seconds