Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- educationization"" "subject:"dissertations -- education.action""
161 |
The role of industries in providing basic life-skills education to unskilled black employees in the Empangeni/Richards Bay industrial areasNcube, Thenjiwe Patricia 04 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Historically, the majority of South Africans were denied access to free, compulsory and
general education (National Multi-Plan, 1997:1). This means that many citizens did not
have access to that educational foundation necessary for further learning, quality
employment opportunities or even full and active social and political participation. Various
arguments throughout this study imply that the South African education system presented
unequal educational opportunities for most of its people. In this case, Black Education
failed to produce people with the necessary skills for our economy. To compensate these
people, the opportunities for education should be created everywhere in schools, sports
clubs, NGOs and more importantly, in workplaces because education is the key for
survival. Due to the need for economic growth and the need for skilled workers, large
numbers of adults should be provided with extensive adult education. In other words,
industries should become educational centres where employees could be equipped with
numeracy and literacy programmes which would improve production and basic life-skills
necessary to meet the demands of the economy at large.
The study sought to find out "what role the two industries play in providing basic life-skills
education to unskilled Black employees in the Empangeni/Richards Bay industrial areas".
This was an empirical survey involving the target population of unskilled Black employees
and facilitators of the adult education programmes of the lllovo Sugar Milling and
Spoornet industries. In this study two different types of questionnaires were designed and
used to ascertain the respondents' disposition towards adult education programmes. In
each industry one questionnaire was administered to the unskilled Black employees and
another to the facilitators of adult education progarmnes.
The research sample comprised of seven unskilled Black employees from lllovo, twentyfive
unskilled Black employees from Spoomet, two facilitators from Illovo and another two
facilitators from Spoornet industries. The data collected from the sample attempted to
answer the following research questions:
./ What basic day-to- day life-skills are needed by unskilled Black employees in the
industries?
./ How effective are these programmes to unskilled Black employees in the industries?
./ How accessible are these programmes to unskilled Black employees?
These questions necessitated a literature study and an empirical survey as research tools. It
has emerged from the study that adult education is seen as an agent for social change and
instrument for social development. The study seeks to assess the extent to which these programmes:
.:. Fulfil the day-to-day basic needs of unskilled Black employees, in for example, financial
management or identifying and using sources of informatiom like directories and
maps .
•:. Fulfil the literacy and numeracy needs of unskilled Black employees, in for example,
appending signatures, reading newspapers and bank forms .
•:. Cultivate good habits in the workplace such as punctuality, time management, safety
precautions and proper procedures.
The findings reveal that adult education programmes in industries were valuable and
useful to employees as they were able to transfer the skills acquired from the programme to
the real world situation. These life-skills included counting money, writing names and
letters, appending signatures, reading newspapers and safety precautions signs,
understanding road signs and making telephone calls.
The researcher concludes with a number of recommendations including the following:
~ Each industry should establish a building named a 'college' or 'centre' within its
premises where adult education programmes will be presented.
~ Each industry should have its own policy documents regarding the provision of worker
life-skills education.
~ All workers have a right to paid education and training leave. This means that skilled,
semi-skilled and unskilled workers should be entitled to four or six weeks of paid leave
per year for further education throughout their working life. / AFRIKAANSE OPSOMMING: As gevolg van die historiese en politieke ontwikkeling in Suid-Afrika is die meerderheid
van die bevolking toegang tot vrye, verpligte en algemene onderwys ontsê (National Multi-
Plan, 1997: 1). Dit het tot gevolg gehad dat die meerderheid van die bevolking dus ook
nie toegang gehad het tot verdere onderwys en gevolglik ook nie tot goeie werksgeleenthede
en dus deelname aan die maatskaplike en politieke lewe ontneem is. In hierdie navorsing
word minderwaardige onderwysgeleenthede wat aan die meeste swart mense gegee is
uitgewys. Dit het tot gevolg gehad dat swart onderwys nie die opgeleide menslike
hulpbronne kon lewer wat die ekonomie nodig gehad het nie. Ekonomiese groei is
afhanklik van opgeleide menslike hulpbronne en om dit moontlik te maak behoort
onderwysgeleenthede in groot getalle vir volwassenes geskep te word. Daarom behoort
skoolfasiliteite, sportklubs, nie-regeringsorganisasies en die werkplek benut te word om
onderwys aan die ongeletterde volwassene te gee. Dit impliseer dat nywerhede geleenthede
vir geletterdheids- en syfervaardigheidsprogramme vir hulle werkers behoort te skep sodat
hulle toegerus kan word met basiese lewensvaardighede en sodoende hulle lewenskwaliteit
en produktiwiteit verhoog kan word.
Met die navorsing is gepoog om vas te stel watter rol nywerhede in die Empangeni-
/Richardsbaai-gebied speel in die verskaffing van onderwys in basiese lewensvaardighede
aan hulle ongeskoolde swart werkers. Twee verskillende vraelyste en onderhoude is
gebruik om data in te samel by 'n steekproef van die ongeskoolde swart werkers en die
fasiliteerders van onderwysprogramme aan volwassenes by Illovo Suikermeule en Spoornet.
Daar is gepoog om die respondente se houdings ten opsigte van onderwysprogramme aan
volwassenes in dié twee nywerhede vas te stel. Die navorsinsteekproef het sewe
ongeskoolde swart werkers en twee fasiliteerders van Illovo Suikermeule en vyf-en-twintig
ongeskoolde swart werkers en twee fasiliteerders van Spoornet ingesluit.
Met behulp van die ingesamelde data van die steekproef is gepoog om die volgende vrae te
beantwoord:
- Watter basiese lewensvaardighede benodig die ongeskoolde swart werkers in hierdie
twee nywerhede?
- Watter onderwysprogramme vir volwassenes is deur die twee nywerhede daargestelom
in die onderwysbehoeftes in basiese lewensvaardighede van die ongeskoolde swart
werkers te voorsien?
Hoe toeganklik is hierdie programme vir die ongeskoolde swart werkers?
Hoe effektief is die programme vir ongeskoolde swart werkers in die twee nywerhede?
Om die vrae te probeer beantwoord was dit noodsaaklik om 'n literatuurstudie te doen, 'n
vraelysopname te onderneem en onderhoude te voer. Die doelstellings met die navorsing was om te bepaal in watter mate die onderwysprogramme vir volwassenes in die twee
nywerhede:
voorsien in die daaglikse behoeftes van ongeskoolde swart werkers byvoorbeeld om
hulle finansies te bestuur en om inligtingsbronne soos gidse en kaarte te identifiseer en
te gebruik;
voorsien in die geletterdheids - en syfervaardigheidsbehoeftes van ongeskoolde swart
werkers soos die gebruik van 'n handtekening, die lees van koerante en die invul van
bankvorms;
lei tot 'n bewuswording en 'n besef van die belangrikheid van onderwys aan
ongeskoolde swart werkers;
ongeskoolde swart werkers voorberei om akademiese ondersteuning, soos byvoorbeeld
hulpverlening met skoolwerk, aan hulle kinders te voorsien;
'n bewuswording skep van die maatskaplike, politieke, kulturele en ekonomiese
verband waarin ongeskoolde swart werkers hulle bevind. Dit sluit die verskaffing van
onderwys in basiese lewensvaardighede met betrekking tot vigs, gesinsbeplanning en
kiesersopvoeding in; en
die aankweek van goeie gewoontes in die werksituasie soos stiptelikheid. tydsbestuur,
die toepassing van veiligheidsmaatreëls in die gebruik van korrekte procedures tot
gevolg het.
Die bevindinge van die navorsing dui daarop dat onderwysprogramme aan volwassenes in
die nywerhede waardevol en nuttig vir die ongeskoolde swart werkers is aangesien dit hulle
in staat stelom die vaardighede wat hulle aangeleer het na die werklike alledaagse
lewenssituasie oor te dra. Hierdie vaardighede sluit onder andere in die tel van geld, die
skryf van hulle name en briewe, die gebruik van 'n handtekening vir die ondertekening van
dokumente, die lees van koerante en kennisgewings i.v.m. veiligheidsmaatreëls, die
verstaan van padtekens en die maak van telefoonoproepe. Dit blyk ook uit die navorsing
dat onderwysprogramme aan volwassenes as 'n werktuig van maatskaplike ontwikkeling
beskou word.
Die aanbevelings wat op grond van die bevindinge van die navorsing gemaak word, sluit
onder andere die volgende in:
Nywerhede wat groot getalle ongeskoolde swart werkers in diens het, behoort 'n beleid
ten opsigte van onderwysprogramme in basiese lewensvaardighede aan werkers te hê.
Elke nywerheid behoort fisiese fasiliteite vir die aanbieding van onderwysprogramme
aan volwassenes op die perseel te hê. Hierdie fisiese fasiliteit kan 'n "kollege" of
,,s»entrum genoem wor d.
Alle werkers behoort die reg te hê op vier tot ses weke betaalde onderwys-en
opleidingsverlof per jaar.
|
162 |
Die rol van die onderwysleier in onderwystransformasie met spesifieke verwysing na toelatingsbeleid : 'n gevallestudie van 'n gestremde leerderFerreira, Pieter 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Educational provision to all the peoples of South Africa comes with political baggage.
Educational provision in South Africa is entangled in the political system and restricted
by financial constraints.
This research report shows the fragmented history of educational provision to five groups
of learners, namely the previous four racial groupings, but also the fifth grouping, those
learners with special and/or specific educational needs.
The research report recounts the adaptation and progress of a disabled pupil in a
mainstream school. The specific needs of the learner are researched, but the part that the
educators play, who often have very little or even no knowledge of learners with special
needs, are also researched and the findings reported. The role that the support teams play
in the progress of these learners progress are researched and formulated. The part the
school manager plays and the acceptance of the responsibility by the school to provide
schooling of maximum quality for the disabled learner are weighed up against the
acceptance of the disabled learner by fellow learners of the school.
The case study is about one disabled learner in a mainstream school, and no conclusions
or recommendations are made. The story is told so that educators who are confronted
with a disabled learner will not feel threatened by the presence of such learner. They
should also not be concerned about the influence that a disabled learner could have on
learners in an ordinary class. The educators of the learner in this study however found
that they had to keep the disabled learners' specific needs in mind when they did their
planning. This was never done to the detriment of any of the other learners. These
educators rather found that all learners benefited by the inclusion of the disabled learner
at this particular school. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die voorsienmg van onderwys aan alle mense van Suid-Afrika kom met politieke
bagasie. Onderwysvoorsiening in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is verstrengel met die
politieke bestel en word deur finansiële beperkings aan bande gelê.
Hierdie werkstuk fokus op die gefragmenteerde geskiedenis van onderwysvoorsiening
aan vyf groepe leerders, naamlik die voormalige vier rassegroepe, maar ook 'n vyfde
groep, daardie leerders met spesifieke en/of spesiale onderwysbehoeftes.
Die verslag boekstaaf 'n leerder met gestremdheid se aanpassmg en vordering in 'n
hoofstroomskool. Ondersoek word ingestel na dié leerder se spesifieke
onderwysbehoeftes, en die rol wat die opvoeders speel. Dit is ongelukkig so dat
opvoeders min of selfs geen kennis het van leerders met spesiale onderwysbehoeftes nie
en hierdie probleem sal dus ook ondersoek en bespreek word. Verder word die rol wat
ondersteuningsgroepe ten opsigte van die vordering van leerders met spesiale
onderwysbehoeftes speel, ook ondersoek en bespreek. Die rol van die skoolbestuurder en
die bereidwilligheid van die skool se bestuur om skoolbywoning 'n maksimale ervaring
vir die leerder met gestremdheid te maak word teen medeleerders se ervaring en
aanvaarding van hierdie leerder opgeweeg.
Hierdie gevallestudie handeloor een leerder met gestremdheid in 'n hoofstroomskool en
geen bevindinge of aanbevelings word gemaak nie. Die verhaal word vertel sodat ander
opvoeders wat met leerders met spesiale onderwysbehoeftes gekonfronteer word, nie
onseker hoef te wees oor die invloed wat 'n leerder met gestremdheid op onderrig in 'n
klas sal hê nie. Die opvoeders van hierdie leerder het welondervind dat die leerder met
gestremdheid se onderwysbehoeftes in hulle daaglikse beplanning in ag geneem moet
word, maar dit was nooit ten koste van enige ander leerder nie. Hierdie opvoeders se
ervaring was eerder dat alle leerders voordeel getrek het uit hierdie leerder se insluiting in
hierdie betrokke skool.
|
163 |
Die ontwikkeling van die onderwys te Riversdale 1745-1871Pauw, Tinie Anna 11 1900 (has links)
Thesis (MEd) -- Stellenbosch University, 1938. / Geen opsomming vir hierdie werke
|
164 |
Inclusive education for learners with Down syndrome : the role of the educational psychologistNewmark, Rona 03 1900 (has links)
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002. / Page ii of digitised copy missing due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT: no abstract available / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bestudeer die rol wat die opvoedkundige sielkundige kan speel in
die ondersteuning van leerders met Downsindroom tydens die insluiting tot
hoofstroomonderwys. Die studie vind plaas in 'n tydperk waar postmoderne denke
en demokratisering van onderwys in Suid-Afrika te voorskyn kom. Hierdie tipe
studie is relevant. aangesien huidige beleidsdokumente klem Ie op die
demokratisering van onderwys en die transformasie na inklusiewe onderwys. Die
Universiteit van Pretoria het in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch
'n lootsprojek geinisieer waarin inklusiewe onderwys bestudeer is. Die projek het
bestaan uit 'n gevallestudie van tien leerders met Downsindroom wat gedurende
1996 in verskillende hoofstroom kleuterskole geplaas is, waartydens hulle 'n
leergereedheidsprogram gevolg het. Gedurende 1997 is die leerders in graad eenklasse
in die hoofstroom geplaas. Die leerders se agtergrond was divers ten
aansien van hul onderrig, maar die meeste van hulle was eers in spesiale skole.
Die doel van die studie was om die leerders, ouers en onderwysers te ondersteun
en verdere ondersteuning in a trans-disslplinere span te koordineer. Die
waarneming en temas wat in hierdie studie na yore gekom het, beklemtoon dat
diagnose, evaluasie en terapeutiese ondersteuning binne 'n ekosistemiese
raamwerk belangrik is vir leerders met Downsindroom wat in die hoofstroom
geplaas word. Die konsep van holistiese gesondheidsontwikkeling word
beklemtoon in die transformasie van onderwys in Suid-Afrika. Opvoedkundige
sielkundiges moet hulself dus ook strategies posisioneer. Gedurende die studie is
die volgende rolle vir die opvoedkundige sielkundige ge"identifiseer: psigoterapeut,
assessor/evalueerder, fasiliteerder, navorser/reflektiewe praktisyn, vakspesialis,
konsultant, bestuurder en administratiewe rol en laastens die rol van
ontwikkelingsfasiliteerder. Dit is ook belangrik dat die opvoedkundige sielkundige
die rol as fasiliteerder van geestesgesondheid vertolk.
|
165 |
An exploration of male identity construction amongst primary school boysBenjamin, Gaynor 12 1900 (has links)
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The social construction of masculinity is a complex process, one which cannot be divorced from the immediate environment and culture of boys. The aim of this study was to understand the construction of male identity in young primary school boys, who grew up in a context where few positive male role models might be, and where society might play a bigger role in shaping their identities. I focused on boys between the ages of ten and thirteen. The participants were from a poor socio-economic coloured community in the Western Cape and were purposively selected. A qualitative research methodology was used and data was selected by means of semi-structured interviews, focus-group interviews, collages and photographs.
The findings showed that the type of masculinity these boys aspire to is admirable. However, they are caught within a context where there is a lack of physical space, an absence of facilities, a high unemployment rate and are surrounded by community disorganisation. The boys are confronted with many male examples in their community who are not providing for their families, and they see substances such as alcohol and drugs being abused daily by adult members of their community. Despite a constant presence of a mother, there is a lack of meaningful relationships with their fathers. They cannot easily identify positive role models within their community and do not have the ability to search for such traits in others.
The themes arising from the data presented a contrast between the experiences of the participants and the kind of men they seek to be. There are very few men in their community who could help them to achieve their ideals and who could provide them with guidance or support. In the absence of suitable male role models to emulate, these boys are likely to comply with a model of masculinity that demonstrates dominance and power through violence and abuse. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sosiale konstruksie van manlikheid is 'n komplekse proses, een wat nie van die onmiddellike omgewing en kultuur van die seuns geskei kan word nie. Die doel van hierdie studie was om die konstruksie van manlike identiteit in jong laerskoolseuns, wat grootgeword het in 'n konteks waar min positiewe manlike rolmodelle kan wees, en waar die gemeenskap 'n groter rol kan speel in die vorming van hul identiteit, te verstaan. Ek fokus op seuns tussen die ouderdomme van tien en dertien jaar oud. Die deelnemers was van 'n lae - sosio-ekonomiese bruin gemeenskap in die Wes-Kaap en is doelbewus gekies. ‘n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie is gebruik en data is deur middel van semi- gestruktureerde onderhoude, fokusgroep-onderhoude, collages en fotos ingesamel.
Die bevindinge het getoon dat die tipe manlikheid wat hierdie seuns nastreef, prysenswaardig is. Hulle is egter vasgevang in 'n konteks gekenmerk deur 'n gebrek aan fisiese ruimte, 'n afwesigheid van fasiliteite, 'n hoë werkloosheidsyfer en gemeenskaplike wanorde. Die seuns word gekonfronteer met baie voorbeelde van mans in hul gemeenskap wat nie voorsiening maak vir hul families nie, en hulle world op 'n daaglikse basis bloogestel aan volwassenes wat alkohol en dwelms misbruik. Hoewel daar 'n konstante teenwoordigheid van 'n ma is, is daar is 'n gebrek aan 'n sinvolle verhouding met hul vaders. Hulle kan nie maklik positiewe rolmodelle identifiseer binne hul gemeenskap nie, en het nie die vermoë om te soek vir soortgelyke eienskappe in ander nie.
Die temas wat voortgespruit het uit die data was in kontras met die ervarings van die deelnemers en die tipe man waarna hulle streef om te wees. Daar is geen mans in hul gemeenskap wat hulle kan help om hul ideale te bereik en wat hulle kan voorsien met leiding of ondersteuning nie. In die afwesigheid van geskikte manlike rolmodelle om na te boots, kan hierdie seuns geneig wees om 'n model van manlikheid wat oorheersing en mag deur geweld en mishandeling na te streef.
|
166 |
Die ervarings van pleegouers met kinders met fetale alkohol spektrum-versteuringMichaels, Lluwellyn Ashley 12 1900 (has links)
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken to explore the challenges that foster parents experience when a child with Fetal Alcohol Spectrum Disorder (FASD) is placed in their care. Given the intensive care and various support needs, the question is whether foster parents are equipped to care for these children. This is an exploratory study that also explores the current service delivery relationship between foster parents and social workers.
This study posed two research questions, namely what the challenges are that foster parents of children with FAS face and what their experiences with social support are. The sample population for the qualitative case study was two foster parents with children with FAS. Data was gathered through semi-structured interviews.
The following themes were identified in the study: initiation as foster carers, motives for foster care, recruitment and training of foster care parents and services to foster parents. The findings of the study suggest that, in addition to financial support, foster parents express the need for emotional support, training on how to foster children with FAS as well as knowledge about the disability. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is onderneem om ondersoek in te stel na die uitdagings wat pleegouers ervaar wanneer ʼn kind met Fetale Alkohol Spektrum Versteuring (FASV) in hulle sorg geplaas word. Die vraag is of pleegouers opgewasse is om hierdie kinders te versorg, gegewe die intensiewe versorging en diverse ondersteuningsbehoeftes wat hulle benodig. Die verkennende studie ondersoek ook die huidige diensleweringverhouding tussen pleegouers en maatskaplike werkers.
Die studie is gerig deur twee navorsingsvrae, naamlik watter uitdagings pleegouers met FAS kinders beleef en watter ervaringe pleegouers ten opsigte van maatskaplike ondersteuning beleef. Die steekproef populasie vir die kwalitatiewe gevallestudie was twee pleegouers van kinders met FAS. Data is deurmiddel van semi-gestruktureerde onderhoude versamel.
Die volgende temas is geïdentifiseer: aanvang van pleegsorg, die redes vir pleegsorg, werwing en opleiding van pleegouers en dienslewering aan pleegouers. Die bevindinge van die studie dui daarop dat behalwe finansiële ondersteuning pleegouers ook ʼn behoefte aan emosionele ondersteuning, opleiding oor hoe om kinders met FAS te vesorg en kundigheid oor die gestremdheid benodig.
|
167 |
Understanding the experiences of adolescent girls with ADHD : a case studyJacobs, Lianie 12 1900 (has links)
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Attention-deficit/hyperactivity disorder (ADHD) is one of the most common disorders diagnosed amongst children. Research regarding the experiences of adolescent girls with ADHD is sparse. The symptoms of the disorder seem to manifest differently in girls than in boys. Girls show symptoms of hyper-talkativeness, emotional reactivity, forgetfulness, disorganisation, low self-esteem and anxiety. Failing to identify these symptoms among girls results in many of them going through their primary and secondary school careers not ever being diagnosed. They are often misunderstood and consequently rarely receive the necessary support. Adolescents diagnosed with ADHD find it difficult to manage the pressures of academics and interpersonal relationships. Due to the small number of female participants in previous studies regarding this topic, there is little known about the effects of ADHD on adolescent girls. Gaining a better understanding of the effects on girls with ADHD can lead to improved identification of girls with this disorder and more effective interventions and support can be sought.
The aim of this interpretive study was to explore how the symptoms of ADHD affect the academic performance, as well as peer and family relationships of adolescent girls in order to develop more informed intervention strategies and to train teachers to accommodate their learning needs. Seven adolescent girls with ADHD were purposefully selected to participate in four individual interviews and one focus group interview. The participants designed reality boxes to signify their own understanding and experience of ADHD and the perceived effect on their academic performance, peer relationships and family relationships. The transcribed data were coded and categorised according to six broad themes that framed the study, i.e. explaining the ADHD symptoms, ADHD in school, ADHD in relationships, coping strategies for ADHD, influence of medication on experience of ADHD and people without ADHD. This thesis presents how the participants made meaning of ADHD and constructed their identities, how they coped as well as how they could be supported in schools. Although symptoms like talkativeness, impulsivity and lack of time-management impact their learning and relationships, they feel accommodated and accepted by friends and family. However, teachers often misunderstand their behavior and therefore don’t accommodate their learning needs. Their recommendations for support will be discussed. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Aandag-tekort/hiperaktiwiteit versteuring (ATHV) is een van die mees algemene versteurings wat gediagnoseer word onder kinders. Navorsing met betrekking tot die ervarings van adolessente dogters met ATHV is skaars. Dit blyk asof die simptome van hierdie versteuring verskillend manifesteer in dogters as in seuns. Dogters toon simptome soos oormatige spraaksaamheid, emosionele reaktiwiteit, vergeetagtigheid, wanorde, lae selfkonsep en angstigheid. Deurdat hierdie simptome onder dogters nie altyd diagnoseer word nie, lei dit daartoe dat baie van hierdie dogters regdeur hul laer- en hoërskoolloopbane gaan sonder om ooit gediagnoseer te word. Hulle word dikwels misverstaan wat voorkom dat hulle die nodige ondersteuning ontvang. Adolossente wat met ATHV gediagnoseer word vind dit moeilik om die druk van akademie en interpersoonlike verhoudinge te hanteer. Daar bestaan min kennis omtrent die effek van ATHV op adolossente dogters weens die klein getal vroulike deelnemers aan vorige studies wat op hierdie onderwerp gefokus het. Deur ‘n beter begrip te verkry omtrent die effek van ATHV op adolossente dogters, kan dit lei tot ‘n beter identifisering van dogters met hierdie versteuring wat kan lei tot beter effektiewe intervensie en ondersteuning.
Die doel van hierdie interpretatiewe studie was om die effek van die simptome van ATHV op akademiese prestasie, asook die portuurgroep en familie verhoudinge van adolossente dogters te verken. So kan intervensiestrategieë beter ingelig word en kan onderwysers opgelei word om hierdie kinders, met hul leerbehoeftes, te akkommodeer. Sewe adolessente dogters met ATHV is doelbewus geselekteer om deel te neem aan vier individuele onderhoude en een fokusgroep onderhoud. Die deelnemers het realiteitsbokse ontwerp wat hul eie begrip en ondervinge van ATHV verteenwoordig. Die bokse het ook aangedui hoe hierdie dogters die effek van ATHV op hul akademiese prestasie, portuurgroep en familie verhoudinge ervaar. Die data is transkribeer, kodeer en gekategoriseer volgens ses breë onderwerpe, nl. verduideliking van ATHV simptome, ATHV op skool, ATHV in verhoudinge, strategieë om ATHV te hanteer, invloed van medikasie op die ervaring van ATHV en mense sonder ATHV. Hierdie navorsingstudie beskryf hoe die deelnemers betekenis gee aan ATHV en hoe hulle hul eie identiteite konstrueer, hoe hulle dit hanteer sowel as hoe hulle ondersteun kan word in die skool. Hulle is van mening dat hulle wel geakkommodeer en aanvaar word deur vriende en familie, ten spyte van die simptome soos oormatige spraaksaamheid, impulsiwiteit en ‘n tekort aan tydsbeplanning. Hulle voel wel dat onderwysers dikwels hul gedrag misverstaan en dus nie hul leerbehoeftes ondersteun nie. Hul aanbevelings ten opsigte van ondersteuning word ook bespreek.
|
168 |
Teachers mediation of metacognition during mathematical problem solvingPieterse, Susan-Mari 12 1900 (has links)
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Recent national and international assessments single problem solving out as an important but problematic factor in the current mathematical capacities of South African learners. It is evident that the problem escalates as learners progress to the Intermediate Phase. Research indicates a significant link between metacognition and successful mathematical problem solving. From a Vygotskian sociocultural perspective which formed the theoretical framework of this study, metacognition can be regarded as a higher-order function developing through interaction within social and cultural contexts known as mediation. This qualitative collective case study, informed by an interpretivist paradigm, was designed to explore and compare how Foundation and Intermediate Phase mathematics teachers mediate metacognition during mathematical problem solving. It aimed to offer a deeper understanding of the process of mediation, the complex interplay between cognition and metacognition, and how teachers differentiate the mediation process to accommodate diversity among their learners. To address this, two cases were identified involving a sample of six mathematics teachers each of an urban primary school in the Western Cape Province. The first case was Foundation Phase teachers and the second Intermediate Phase teachers. Semi-structured individual interviews, non-participant classroom observations, and semi-structured focus group interviews were used as methods to gather and triangulate data. Themes that emerged from constantly comparing the data informed the findings. The findings suggest that there are cognitive, non-cognitive and contextual factors which could influence the quality and outcomes of the mediation of metacognition during mathematical problem solving in diverse classrooms. It emphasized the significance of the active role the teacher as a more knowledgeable other plays in the mediation process. Furthermore, it underlined the importance of giving learners challenging mathematical problems requiring metacognition within their zones of proximal development. It was also found that the teacher as mediator should not only have the necessary professional knowledge and strategies, but should also consider the affective factors, perceptions and reactions of learners, during the mediation process.
Keywords: metacognition, mediation, mathematical problem solving, sociocultural theory, differentiated instruction, Foundation Phase teachers, Intermediate Phase teachers. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Onlangse nasionale en internasionale assesserings lig probleemoplossing uit as 'n belangrike, maar problematiese faktor in die huidige wiskundige prestasie van Suid-Afrikaanse leerders. Dit is duidelik dat die probleem toeneem dermate leerders na die Intermediêre Fase vorder. Navorsing toon 'n beduidende verband tussen metakognisie en suksesvolle wiskundige probleemoplossing. Vanuit 'n Vygotskiaanse sosiokulturele perspektief, wat die teoretiese raamwerk van hierdie studie gevorm het, word metakognisie as 'n hoër-orde funksie gesien wat ontwikkel deur interaksie binne die sosiale en kulturele konteks bekend as mediasie. Hierdie kwalitatiewe kollektiewe gevallestudie, ingelig deur 'n interpretivistiese paradigma, was ontwerp om te verken en te vergelyk hoe Grondslag- en Intermediêre-Fase onderwysers metakognisie tydens wiskundige probleemoplossing medieer. Dit het ten doel gehad om 'n beter begrip te bied van die proses van mediasie, die komplekse wisselwerking tussen kognisie en metakognisie en hoe onderwysers mediasie differensieer om die diversiteit van hul leerders te akkommodeer. Om dit aan te spreek was twee gevalle geïdentifiseer wat elk uit ses wiskunde-onderwysers van 'n stedelike primêre skool in die Wes-Kaap bestaan het. Een geval was Grondslagfase-deelnemers en die ander Intermediêre-Fase- deelnemers. Semi-gestruktureerde individuele onderhoude, nie-deelnemer klaskamer-waarnemings en semi-gestruktureerde fokusgroep-onderhoude was gebruik as metodes om data in te samel en te trianguleer. Temas wat ontluik het na die konstante vergelyking van data het die bevindinge ingelig. Die bevindinge het getoon dat daar kognitiewe, nie-kognitiewe en kontekstuele faktore is wat die kwaliteit en uitkomste van die mediasie van metakognisie tydens wiskundige probleemoplossing in diverse klaskamers kan beïnvloed. Die bevindinge beklemtoon die noodsaaklikheid van die aktiewe rol wat die onderwyser as die meer kundige ander speel in die mediasieproses. Verder word die belangrikheid benadruk van die daarstelling van uitdagende wiskundige probleme, wat metakognisie vereis, binne leerders se sones van proksimale ontwikkeling. Dit is ook gevind dat die onderwyser as mediator nie net oor die nodige professionele kennis en strategieë moet beskik nie, maar ook die affektiewe faktore, persepsies en reaksies van leerders in ag moet neem tydens die mediasieproses.
Sleutelwoorde: metakognisie, mediasie, wiskundige probleemoplossing, sosiokulturele teorie, gedifferensieerde onderrig, Grondslagfase-onderwysers, Intermediêre Fase-onderwysers.
|
169 |
The support needs of students at Sekhukhune College of EducationPhasha, Edna Sophie Tlou 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the support needs of students at Sekhukhune College of
Education. The study assessed the effectiveness and efficiency of available support
services, AND explored the possibilities for new services based on students' needs, as
well as strategies and activities for the delivery of new services.
The questionnaire was administered to 182 (one hundred-and-eighty-two) course three
learners in JPTD, SPTD and STD classes at Sekhukhune College of Education.
Indications from the research findings were as follows:
• Recruitment, admission and registration, orientation, library, residence and
accommodation, health and medical, as well as academic advising were found
to be available student support services at Sekhukhune College.
• Among the available student support services, recruitment, orientation,
admission and registration were found to be effective and efficient.
With regard to the possibilities for new student support services for delivery,
it was found that the college is not resourceful enough to deal with those
services and strategies that are available.
•
The focus-group interviews were administered to 13 (thirteen) staff members of
Sekhukhune College of Education. The most important findings were:
• The issue of academic advising as a way of mentoring learners has been left in
the hands of individual subject-lecturers. Hence, the college has not yet
adopted any appropriate method of dealing with the issue of mentoring as a
student support service.
• The library, financial aid and health care centre were found to be the most
needed support services for students.
The summative conclusion the researcher drew from the study was that the available
student support services that are ineffective and inefficient override those that are effective and efficient. The general recommendation was that the college should put more
effort into the. improvement of student support services that were found to be ineffective
and inefficient. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsmg het die ondersteuningsbehoeftes van studente aan die Sekhukhune
Onderwyskollege ondersoek. Die doeltreffendheid en doelmatigheid van beskikbare
ondersteuningsdienste is geassesseer, moontlikhede vir nuwe dienste wat op studente se
behoeftes gegrond is, is ondersoek, en strategieë en aktiwiteite vir die lewering van nuwe
dienste, is verken.
Die vraelys is aan 182 (eenhonderd twee en tagtig) derde jaarstudente in JPOD-, SPODen
SOD-klasse aan die Sekhukhune Onderwyskollege voorgelê. Die
navorsingsbevindingshet die volgende aangedui:
• Werwing, toelating en registrasie, oriëntering, biblioteek,. inwoning en
akkommodasie, gesondheids- en mediese dienste, asook akademiese
raadgewing, was beskikbare ondersteuningsdienste aan die kollege.
• Onder die beskikbare studente-ondersteuningsdienste was werwmg,
oriëntering, toelating en registrasie doeltreffend en doelmatig.
• Met betrekking tot die moontlikhede vir nuwe studente-ondersteuningsdienste
en leweringstrategieë, is bevind dat die kollege nie die vermoë het om die
beskikbare dienste te hanteer nie.
Die fokusgroep-onderhoude is met 13 (dertien) personeellede aan die Sekhukhune
Onderwyskollege gevoer. Die belangrikste bevindinge was:
• Akademiese raadgewing as 'n wyse om leerders te mentor, is in die hande van
individuele vakdosente gelaat. Gevolglik het die kollege nog geen toepaslike
model aanvaar om die kwessie van mentorskap as 'n studenteondersteuningsdiensaan
te pak nie.
Die biblioteek, geldelike bystand en 'n gesondheidsorgsentrum is die
ondersteuningsdienste wat as die heel noodsaaklikste vir die studente beskou
word. Die summatiewe afleidings wat die navorser gemaak het, was dat die beskikbare
studente-ondersteuningsdienste wat ondoeltreffend en ondoelmatig is, dié oorskadu wat
wel doeltreffend en doelmatig is. Die algemene aanbeveling was dat die kollege fnbaie
groot poging moet aanwend om dié studente-ondersteuningsdienste wat as ondoeltreffend
en ondoelmatig bevind is, te verbeter.
|
170 |
An evaluation of the Stellenbosch University Student Mentor ProgrammeLoots, Anna G. J. (Anna Gertruida Johanna) 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: Student success, access to higher education and accountability are concerns of universities and
communities worldwide. Universities are now implementing interventions such as mentor
programmes, Supplemental Instruction and resident advisors in order to keep abreast of a
changing higher education environment, and to provide broader access and support for a wider
range of students. The Stellenbosch University Student Mentor Programme (SMP) was designed
and implemented in 2003 as an intervention to address some of the problems encountered by
first-year students at the institution. The monitoring and realising of the outcomes of the
programme necessitated a comprehensive evaluation.
The discussion of various theoretical paradigms forms a backdrop against which the multiple
meanings of the concept of mentoring and its many practices can be understood. It is
emphasised that there is no meta-narrative or grand structure that fulfils all the purposes and
objectives of mentoring. The most obvious theories in the mentoring process are played out in
the functionalist and the radical humanist paradigms, with the constructivists as an important
catalyst in the realising of certain processes, procedures and actions. No single study has yet
offered a full analysis of mentor programmes in the various paradigms, and the analysis that I
present is likewise not a “final answer”, only a pliable structure to enhance the understanding of
the underlying social theories as they utilise mentoring.
An evaluation study on the SMP was conducted during 2005. Questionnaires and interviews were
used to establish the effectiveness of programme delivery and the resulting levels of satisfaction.
The evaluation was conducted with both programme monitoring and programme outcomes in
mind. The programme is highly structured and managed according to the key categories of a
logic model, which also provides the relevant delivery and evaluative steps. The programme has
two target groups, namely the mentors (senior students) and the mentees (mainly first-year
students), organised into small groups, each with a peer mentor.
The monitoring and evaluation of the SMP highlights the benefits of group interaction among
students, and shows the positive academic as well as psychosocial outcomes for students who
attend the mentor sessions regularly. The short-term outcomes give an indication not only of the
positive academic effects of the programme, but also of student experience and performance. As
seen in the current study, the group in a mentoring situation fulfils an important developmental,
synergistic role. Although the main aim of the design, implementation and evaluation of the SMP
was to address the high dropout and failure rates of first-year students, many other advantages
became apparent, and the outcomes of the programme indicate a positive effect on more than
one terrain, such as unexpected growth and development for the mentors. The success of the
programme can be seen as an important value-adding strategy to the university’s teaching and
learning environment, as well as a cost-effective intervention to retain students. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Wêreldwyd het studente-sukses, toegang tot hoër onderrig en aanspreeklikheid van universiteite
in gemeenskappe belangrik geword. Ten einde te voldoen aan die eise van ’n veranderende
opvoedingsomgewing, het universiteite begin om intervensies soos mentorprogramme,
addisionele onderrig en raadgewing te implementeer om oor ’n breë front ondersteuning aan
studente te bied. Die Universiteit van Stellenbosch se Studente-mentorprogram (SMP) is in 2003
ontwerp en geïmplementeer om van die probleme wat eerstejaars ervaar aan te spreek. Die
monitering van die program met die gepaardgaande uitkomste het ’n omvattende evaluering
daarvan genoodsaak.
Die bespreking van verskeie teoretiese paradigmas vorm die agtergrond waarteen die
meervoudige betekenis van die konsep mentorskap en die vele toepassings daarvan verstaan
kan word. Dit word benadruk dat daar nie ’n metanarratief of grootse struktuur bestaan wat al die
doelstellinge en kontekste van mentorskap omvat nie. Die mees ooglopende teorieë waarin
mentorskap pas, is die funksionalistiese en die radikale humanistiese paradigmas, met die
konstruktivisme as belangrike katalis wat die prosesse, prosedures en aksies betref. Die huidige
bepreking daarvan is ook nie ’n poging om ’n finale antwoord oor die “plek” van mentorskap in
sosiale teorie te verskaf nie, maar is bloot die daarstel van ’n plooibare struktuur waarin hierdie
aksies kan plaasvind.
Die evaluering van die Studente-mentorprogram het gedurende 2005 plaasgevind. Vraelyste en
onderhoude is gebruik om die effektiwiteit van die program te bepaal ten opsigte van beide
operasionalisering en uitkomste. Die program is hoogs gestruktureerd, en word bestuur aan die
hand van die stappe uiteengesit in ’n logiese model. Die logiese model dien ook as die
evalueringsraamwerk. Daar is twee teikengroepe in die program, naamlik die mentors (senior
studente) en die mentees (hoofsaaklik eerstejaars), georganiseer in klein groepe elk met ’n
portuurmentor.
Die monitering en evaluering van die SMP toon duidelik die voordele van groep-interaksie tussen
studente, met beduidende positiewe akademiese en psigososiale resultate vir diegene wat die
groepsessies gereeld bywoon. Die korttermyn-uitkomste dui nie slegs op die positiewe
akademiese effek van die program nie, maar ook op positiewe studente-ervaring en –prestasie.
Dit blyk duidelik dat die groep in die mentorsituasie ’n belangrike ontwikkelende en sinergistiese
rol vervul. Hoewel die hoofdoel van die ontwerp, implementering en evaluering van die program
die aanspreek van die hoë druip- en uitvalsyfers onder eerstejaars was, het dit baie ander
positiewe uitkomste op vele vlakke gehad, byvoorbeeld die ontwikkeling van die mentors self.
Die sukses van die program kan gesien word as ’n strategie van waarde-toevoeging tot die
universiteit se leer-en onderrigomgewing, sowel as ’n koste-effektiewe intervensie om studente in
hoër onderrig te behou.
|
Page generated in 0.1383 seconds