Spelling suggestions: "subject:"dissipline anda safety"" "subject:"dissipline ando safety""
1 |
Ondersoek na die faktore wat werksbevrediging van opvoeders in voorheen-benadeelde skole in die Worcester-omgewing beinvloed / An investigation into the factors affecting educators work satisfaction at previous disadvantaged schools in the Worcester areaAronse, Patrick Arnold 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Sedert 1994 het drastiese veranderinge in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel plaasgevind, wat ’n direkte invloed het op die vlak van werkstevredenheid wat opvoeders ervaar. Alhoewel die ongelykhede van die verlede in hierdie beleid ondersoek is, word sekere organisatoriese faktore wat die moraal van opvoeders beïnvloed egter nie hierin erken nie.
In hierdie navorsingstudie maak die navorser gebruik van die kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes wat as triangulasie bekend staan. Semigestruktureerde onderhoude (kwalitatief) en vraelyste (kwantitatief) is as data-insamelingstegnieke gebruik om vas te stel wat die aard, omvang en moontlike oplossings vir die navorsingsprobleem is. Faktore wat werksbevrediging by opvoeders beïnvloed, is geïdentifiseer en ondersoek. Aanbevelings is gemaak rakende die rol van die Onderwysdepartement, prinsipaal, kollegas en ouers in opvoeders se werksbevrediging. Die vernaamste hiervan is dat prinsipale werkstevredenheid by opvoeders kan verhoog deur die bou van verhoudings van vertroue, betrokkenheid in die besluitnemingsproses en deur ondersteuningstrukture vir opvoeders in plek te stel. / Since 1994, drastic changes occurred in the education system in South Africa, which had a direct impact on the level of job satisfaction that teachers experienced. Although this policy addressed the inequalities of the past, certain organisational factors influencing the morale of teachers were not recognised herein.
In this research study the researcher made use of a combination of qualitative and quantitative research methods, known as triangulation. Semi-structured interviews (qualitative) and questionnaires (quantitative) were used as data collection techniques to determine the nature, extent and possible solutions to the research problem. Factors affecting job satisfaction among educators were identified and examined. Recommendations were made regarding the role of the Department of Education, principals, colleagues and parents in teachers' job satisfaction. The main recommendation is that principals may maximise teachers’ job satisfaction through building relationships of trust, involvement in the decision-making process and by implementing support structures. / Educational Leadership and Management / M. Ed. (Onderwysbestuur)
|
Page generated in 0.0465 seconds