• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 6
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Multisensoriese liturgie (Afrikaans)

Du Plessis, Izak 06 June 2006 (has links)
Text in AfrikaansMulti-sensory worship is a popular term in postmodern worship. It involves seeing, hearing, tasting, smelling, touching, and experiencing. This approach is an attempt to enhance communication in worship gatherings. According to the latest trends in the science of communication, this is the way to go. Due to the decline of church attendance in the Reformed Churches, some congregations experiment with some of the elements of Multi-sensory Worship as well as other approaches. The danger is that they can lose their reformed identity. Although it is important to keep up with the culture we live in, it is as important to stay in touch with the tradition. This thesis investigates the possibility of incorporating multi-sensory elements in the reformed church service. According to this thesis the answer lies in Multi-sensory Liturgy. / Dissertation (MA (Praktiese Teologie))--University of Pretoria, 2007. / Practical Theology / unrestricted
2

'n Model vir die liturgiese gebruik van simbole en rituele

Viljoen, David Muller 30 June 2003 (has links)
Summaries in English and Afrikaans / This thesis embarked with the problem within the liturgy that tension exists in trying to minister justly according to the current context and trying to minister faithful to Scripture. A departing perspective is that the liturgy is the heartbeat in the congregation whereto and from where every aspect is networking. Also, that the emphasis can be on both proclaiming and celebrating in Protestant liturgies. Dialogical communication was chosen as theoretical approach together with communicative action for the sake of the gospel of Jesus Christ. The first and last chapters illustrate what is meant with the term liturgy. The problem is stated (and investigated) that liturgy is a complicated and central phenomenon, which ought to let Reformed theology as well as a postmodern context come to their own. It is also indicated that liturgical spirituality, liturgical communication and liturgical pastorate can better be used and improved during Sunday liturgies. For the liturgy in order to serve the Reformed tradition and the postmodern context, and to uplift the three liturgical aspects of spirituality, communication and pastorate, liturgical symbols and rituals are posed as timeless agents to better the liturgy. Attention was also given to symbolism in Scripture. This led to a model of application as a theory of praxis for the liturgical use of symbols and rituals. The core of this model or theory of praxis, is: I. The highest priority in liturgical symbolism will always be to promote the holy Trinity and Biblical principles. II. The supplementary use of right-brain components, such as experience, emotion and music. III. A high premium on active participation and repetition. IV. An approach of simplicity and soberness. V. Relevance to the culture and context of the day. VI. Services that take hold of total persons and focus on multiple senses and corporeality (bodily involvement). i VII. Room for transendence, imagination and mystic worship of God. VIII. Actions and services that embrace diversity, pluralism and generative variety. IX. Meetings where pastoral and therapeutic dimensions are included. X. Celebration and positive experiences in meetings. XI. The use of images, stories, metaphors and icons. XII. The use of meta-communicative principles such as attitude, intention and high validation of other people. / Hierdie proefskrif het vertrek met die probleem vanuit die liturgie dat daar binne die huidige konteks en die deurlopende poging tot getrouheid aan die Skrif toenemend spanning groei in die eredienspraktyk. Die proefskrif vertrek ook vanuit die perspektief dat die liturgie die hartklop en voedingsaar van die gemeente is van waaruit en waarheen die totale gemeente netwerk en dat die verkondigingsbenadering en die vierings-benadering altwee 'n legitieme plek in die Protestantse liturgiese tradisie het. As teoretiese vertrekpunt vir die liturgiese handelinge word dialogiese kommunikasie gekies saam met kommunikatiewe handelinge ter wille van die evangelie van Jesus Christus. In die eerste en laaste hoofstukke word verduidelik wat met die begrip liturgie bedoel word. Die probleem word gestel dat die liturgie 'n komplekse handeling en kardinale fenomeen is wat reg moet laat geskied aan die Gereformeerde teologie en aan 'n postmoderne konteks. Verder word uitgewys dat liturgiese spiritualiteit, liturgiese kommunikasie en liturgiese pastoraat in ons huidige tydgleuf meer benut en uitgebou kan word tydens die weeklikse liturgiee. Ten einde die liturgie in haar Gereformeerde tradisie en postmoderne konteks te dien en om die drie liturgiese fasette van spiritualiteit, kommunikasie en pastoraat te bevorder, word liturgiese simbole en rituele aangebied as tydlose en tydige agente om die liturgie mee te verryk. Om die ondersoeke af te rond, is daar ook aan simboliek in die Bybel aandag gegee. 'n Werkswyse is gevolg waar die Gereformeerde teologie en postmoderniteit ontleed is en in verband gebring is met simbole en rituele. Liturgiese spiritualiteit, liturgiese kommunikasie en liturgiese pastoraat is ook gedissekteer, ten einde dit beter te begryp, en in verband te bring met liturgiese simbole en rituele. Daarna het simboliek aan die beurt gekom en is simbole en rituele gedefinieer, ontleed en na aard, wese en toepassing bestudeer. Simboliek in die Bybel is afgetas om gewig te verleen aan die ondersoeke. Uit al die genoemde ontledings en bevindings wys die proefskrif uit dat simbole en rituele inderdaad uitnemend geskik is om die liturgie eer aan te doen in die eiesoortige soeke na voortreflike vlakke van spiritualiteit, kommunikasie en pastoraat binne Gereformeerde en postmoderne kontekste. Hieruit is 'n toepassingsmodel as omvattende praktykteorie aangebied vir die liturgiese gebruik van simbole en rituele as die bydrae van hierdie proefskrif. (5.4 en 5.5). Die kern van die model of praktykteorie vir die liturgiese toepassing van simboliek is: I. Dat die hoogste doelstelling en swaarwigtigste vergestalting met simboliek in die erediens altyd God Drie-Enig en Bybelse waardes en beginsels is. II. Dat aanvullende gebruikmaking en verrekening van regterbreinkomponente soos ervaring, emosie en musiek noodsaaklik is. Ill. 'n Doelbewuste hoe premie op handelende deelname en herhaling. IV. 'n Benadering van eenvoud en soberheid. V. Handelinge en momente wat spreek tot die kultuur en konteks van die dag. VI. Erediensmomente wat die totale mens betrek en infokus op veelsintuiglikheid en liggaamlikheid. VII. Ruimte vir transendensie, verbeelding en mistiek om God te aanbid. VIII. Handelinge wat diversiteit, pluralisme en generatiewe verskeidenheid omhels en vier. IX. Byeenkomste wat pastorale en terapeutiese roepings insluit. X. Samekomste waar feestelikheid en aangename ervarings beleef word. XI. Kommunikeerders wat beelde, verhale, metafore en ikone gebruik. XII. Handelinge waar ag geslaan word op metakommunikatiewe beginsels soos gesindheid, intensie en hoe waardetoekennings aan die ander persoon. / Practial Theology / D. Th. (Practical Theology)
3

Die belewing van God se teenwoordigheid in die erediens (Afrikaans)

Bekker, Theo Nico 22 September 2008 (has links)
Afrikaans: Dit is nou byna honderd jaar gelede dat A. Kuyper sy waardevolle boek oor die erediens begin met 'n klag. Hy verwoord die gevoelens van vele ander oor die besef van wat die Christelike erediens is of beter gesê behoort te wees: "Jarenlang heerschte op dit punt grenzenlooze verwarring, ... " (Kuyper 1911 :7). Daarmee wil hy geen regverdiging gee vir die pleidooi vir slegs een strakke en onwisselbare vorm van liturgie nie. My sorg is dat die samekomste van die gemeente van die Here nie meer gesien en beleef word binne die raamwerk van God se verbond met sy gemeente nie. In die praktyk kom allerlei liturgiese vraagstukke aan die orde. Dit is egter my oortuiging dat die vraagstukke te veel bespreek word (en 'n plek kry in die erediens) as los- en opsigself staande aspekte van ons aanbidding. 'n Helder insig in dit wat beheersend is vir die erediens, is soek. Vraagstukke oor ons liturgie is geweldig belangrik, aangesien dit nie los staan van ons lewe van elke dag nie. Daar word gesê dat iemand leef soos hy bid. Tereg. Met eweveel goeie reg kan gesê word dat iemand voor die Here leef, soos wat die erediens beleef en ingevul word. Een sprekende voorbeeld behoort duidelik te maak wat hiermee bedoel word. In die Oosters-Ortodokse kerke word die kerkgebou gesien as 'n heiligdom. In hierdie heiligdom word die liturgie afgespeel as 'n heilige drama waarin die lewe van Christus uitgebeeld word. Hierdie drama moet die lidmate help om 'n mistieke ervaring en ontmoeting met God te ervaar. Die manier waarop Christus in so 'n erediens teenwoordig is, is nie deur sy Heilige Gees wat deur geloof in die harte van sy kinders leef en werk nie. Die prediking van die Woord van genade moes grootliks plek maak vir die drama van die goddelike. Geloofsvertroue in die Woord van Christus wat bedien word in die prediking, maak plek vir die belewing van 'n hemelse drama. Die erediens word 'n stuk hemel op aarde. Laasgenoemde word onderstreep deurdat die kerkdeure letterlik gesluit word om 'n ruimte te skep wat afgesluit is van die wêreld. Die lewe en wêreld van elke dag moet verlaat word om gemeenskap met God te kan hê. Vanwee hierdie mistiek in die erediens, kon die kerk in Rusland in die verlede ook heel maklik haar oë toesluit vir 'n daaglikse heilige lewenswandel en sosiale onreg wat die kerk spraakloos gelaat het. In 'n gereformeerde liturgiese besef, is die uitgangspunt nie dat die erediens los staan van die daaglikse lewe nie. Lewe in die erediens en in die lewenspraktyk van elke dag is 'n lewe voor die aangesig van God (coram Deo). Die praktyk van 'n lewe voor die aangesig van God word egter wei gevoed vanuit die erediens en het ook daar sy bron. God se Naam moet weer aangeroep word (Gen 4:26), ons afhanklikheid van die Here se genade vir elke dag en oomblik van ons lewens moet bely word, vanuit die Woord moet ons (geloof) gevoed word sodat ons met lofprysing tot die Here kan sing. In die erediens gaan dit daarom om 'n lewende, aktuele ontmoeting tussen die Lewende Here en sy verbondsgemeente binne 'n spesifieke tyd en konteks. Die liefde tussen die hemelse Bruidegom en sy bruid word gevier en gevoed. Die erediens moet daarom 'n struktuur hê van 'n dialoog - gesprek en reaksie van die een op die ander. Daarmee het ons nie gesê dat die prediking 'n dialoog is nie! In die prediking is dit nou juis die Bruidegom wat tot die hart van sy (sondige) bruid spreek. Die preek is liefdesverklaring van die Bruidegom. Daarin praat die gemeente nie saam nie, maar mag sy deur haar houding laat sien wat dit beteken om uit genade te leef. 'n Reseptiewe/ontvanklike houding van geloof pas by die gemeente. Natuurlik lok die liefdesverklaring lof op in die harte van die gemeente. Die lof van die gemeente is dan eerder 'n belydenis en dankoffer (Hebr 13:15) as wat dit deel is van dialoog in die prediking. Prediking is per definisie monoloog - eenrigtingsgeskenk van Christus aan sy gemeente. Wie wil en kan daarin saampraat? Sinergisme (medewerking tussen God en mens) in die prediking is net so onvanpas as wat dit in ons wedergeboorte is. Die boek Openbaring maak ons attent op die wesenlike eenheid tussen die erediens in die hemel rondom die troon van die Lam en die erediens van die gemeente hier op aarde (Op 4:6-11). Die diens rondom die hemelse troon is niks anders as 'n voortsetting van die diens hier op aarde nie. Dit het daarom veel te sê vir ons belewing van ons aardse erediens wanneer die gemeente van Christus saamkom. In die hemel is 'n erediens aan die gang waaraan nie alleen mense nie, maar ook engele deel het en waarvan die middelpunt ingeneem word deur die Lam wat geslag is vir ons sondes. Hy is die Een wat werd is om die boek met sy seëIs oop te maak, Hy is die Een wat waardig is om die lof van mense en engele te ontvang. Op die minste kan en moet daarom vanuit die Skrif gesê word dat ons erediens elke Sondag (of ander dae van die week) niks minder behoort te wees as 'n aardse samekoms wat reg laat geskied aan die hemelse samekoms (wat reeds aan die gang is en tot in alle ewigheid sal voortduur) nie. Die middelpunt van die hemelse erediens is die Lam wat in die allerheiligsle van die hemel ingegaan het met sy bloed ter wille van Sy verbondsgemeente. Met sy bloed pleit Hy as Hoëpriesler vir die gemeenle by die Vader. Dit doen Hy nie as bedelaar nie, maar as oorwinnaar en gestuurde van die Vader. Daarom die onstuitbare lof van die wat hulle klere gewas het in die bloed van die Lam wal rondom die troon staan. Wal ook al verder in 'n erediens gebeur, Iyk dit onontwykbaar dat bogenoemde die basis vorm van enige erediens wal Christelik wil wees. Binne so 'n erediens aileen kry die doopsformulier en nagmaalsformulier en bevestiging van ampsdraers 'n waardige plek as gawes van die Here. Sonder die leef vanuit die Lam op sy (genade)troon as middelpunt van ons erediens, word al ons sang slegs 'n klinkende metaal en Iuidende simbaal; ons gebede word mistieke en emosionele gesprekke met onsself of op sy meeste met ons naaste; die prediking word 'n uitroep om hulp van die een mens aan die ander. Dit Iyk vir my nie te veel gesê nie, dat die erediens niks minder mag wees as die viering van God se genadeverbond met sy gemeente nie. Los van hierdie besef word alle liturgiese besinning grepe in die lug waarin die een wat die hardste stem het of die langste sy argument kan volhou, die oorwinnaar gaan wees. Dan het die fees van die oorwinning van die Lam verdwyn. Dan laat die erediens in so baie van ons gemeentes my dink aan die laaste vers van Rigters: " ... elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oe" (21 :25, vgl. ook 17:6). Van 'n "gesonde ontplooiing van die erediens (waarin) ... die liturgiese ordes kerklik vasgestel en eerbiedig word ... " is daar nie altyd 'n getuienis van nie. (Vergelyk: Handboek vir die Erediens:5). Oor die jare heen is reeds baie uitsprake - positief sowel as negatief - oor die erediens gemaak wat tot gevolg gehad het dat daar ook dan reeds verskeie boeke oor die erediens die lig gesien het wat aan die einde van die dag blote pogings was om die erediens óf af te kraak, óf heeltemal te omvorm. Pogings om die erediens te verdedig het ongelukkig gefaal omrede dit meestal sonder 'n diepgaande begronding van die wese, die doel en die inrigting van die erediens was. Hierdie uitsprake kan in twee kategorieë verdeel word. Die eerste kategorie is beskrywend van aard: Die erediens word beskryf as "die lewensaar van die kerk se lewe" (Barnard, 1981:3) en dat dit 'n "eeu-oue barometer" (Barnard, 1981:3) vir die lewe en arbeid van die kerk is. Die tweede kategorie is meer emosioneel van aard wat juis sinspeel op die gevoel en ervaring: "Die stemming van die eredienste is te somber, kleurloos en onbesield" (Barnard, 1981 :4). Voorts word die erediens getipeer as sonder sorg, dood of styf en dat dit vasgevang is in die kleed van gereformeerdheid. Dit is veral hierdie tweede kategorie uitspraak, nl. die emosionele, wat in ons dag die botoon voer. Ongelukkig bly dit nie by woorde nie, want ons verneem telkens van gevalle waar lidmate van ons kerk oorgaan na ander kerke of groepe waar daar 'n "warmer" atmosfeer SOU heers, of waar daar iets sou "gebeur". Wat meer is, diegene wat oorstap kom nie net uit ons lidmate-korps nie, maar ook uit ons regerende en lerende ampte. Nog 'n ontstellende feit is dat sosiologiese berekeninge daarop dui dat die gereformeerde kerke in die jaar 2000 soos eilandjies in 'n see van Charismatiese groepe sal wees! AI die bogenoemde feite is uiters ontstellend, en dit noodsaak beslis nadere besinning. Een van die faktore wat vir die bogenoemde oorstappers verantwoordelik is, is sonder twyfel die gebrek aan emosionele belewenis (ervaring) in die erediens. Daar dan die rede vir die keuse van die tema van hierdie verhandeling: "Die belewing van God se teenwoordigheid in die erediens." In gereformeerde kringe is daar egter 'n groot gereserveerdheid ten opsigte van en selfs vrees vir enige vorm van emosie in die erediens. Voeg daarby die tradisionele houding dat emosie 'n negatiewe of pejoratiewe verskynsel is, en 'n mens kom te staan voor die verwronge mensbeskouing: die mens is 'n rasionele wese wat wel 'n wil van sy eie het, maar geen emosie nie: as hy wel emosie het, moet hy dit liefs onderdruk! Waar mense egter tot geloof in Christus kom, het mense die behoefte - "voel hulle geroepe" (Barnard, 1981:3) - om die erediens by te woon en God se teenwoordigheid emosionele te beleef. Sodoende het Christenwees feitlik sinoniem geword aan erediensbywoning - iets wat ononderbroke gehandhaaf is vir baie eeue - ongeag die omstandighede. "Dikwels was daar die dreiging van die dood en vervolging, maar dit het nie die Christene afgeskrik nie. Baie martelare, soos byvoorbeeld die van Abitina, het verklaar dat hulle eerder bereid is om die marteldood te sterf as om die Nagmaalsdiens na te laat, want het hulle gesê: "Ons kan nie sonder die nagmaal leef nie" (Barnard, 1981 :3). 'n Baie duidelike bewys dat die teenwoordigheid van God in die erediens eens baie intens beleef was. Of dit vandag nog die geval is, is nie so seker nie. Waar mense in die verlede getrou eredienste bygewoon het, is dit vandag die algemene tendens dat lidmate aan die eenkant bloot net wegloop na ander kerke of groepe waar hulle in 'n meer "warmer atmosfeer" God se teenwoordigheid beleef .... of net eenvoudig wegbly van die erediens en hul tyd in die winkels of op die sportveld deurbring. Die moderne mens is van mening dat die erediens nog geklee is in 'n gereformeerde kleed van die verlede wat meebring dat dit nie in pas is met die hede nie. Daarom is die gereformeerde erediens vir hulle verouderd. In 'n postmoderne samelewing hoort die gereformeerde erediens aan die verlede en pas dit nie in by die huidige beweeglikheid. En asof dit nie al erg genoeg is nie, word die gebede in die erediens as irrelevant beskou. So word die erediens afgemaak as 'n passiewe en kragtelose eenrigting verkeer omdat die mens kwansuis nie aktief (met liggaam en siel) daaraan kan deelneem nie. Die middelpunt waarom al die besware teen die gereformeerde erediens draai is die prediking. "Dit word gesien as te monologies, en daar word gesoek na dialoog; dit is abstrak, teoreties, onbegryplik en irrelevant vir die daaglikse lewe" (Barnard, 1981 :5). Die moderne en postmoderne mens voel dat hy homself, sy wêreld, sy stryd, sy vrae, sy probleme en sy toekoms nie in die erediens kan vind nie. Antwoorde op lewensvrae is wetties, moralisties en negatief. Baie kere word onsekere, soms dubbelsinnige, en selfs geen antwoorde, gegee op vrae wat gevra word. Die algemene gevoel is dan ook dat die prediking en erediens nie rekening hou met die mondigheid van die lidmaat nie. Kritiek teen die inhoud en wese van die erediens het vroeër gegaan oor "die foute en misbruike van die erediens, maar die erediens self en die karakter daarvan, is nie bevraagteken nie" (Barnard, 1981 :6). Vroeër is gevra na die wyse van aanbidding en hoe daar saam aanbid moet word. Vandag gaan die nie meer oor wat die regte wyse van aanbidding is nie, maar of die erediens in sy geheel gesien nog enigsins moontlik is. Die erediens as sodanig het vir die postmoderne mens problematies geword. Nie net die vorm nie, maar die erediens self is verouderd. "There is no modern form of public worship because the modern world is secular" (C. Davis, soos aangehaal deur Barnard, 1981 :7). So word die erediens al stadig maar seker as oorbodig beskou. Volgens Barnard (1981 :7) word beweer dat ons God "alleen nog in die ontmoeting met die naaste" ken en dat die erediens dan alleenlik betekenis het deurdat die naaste in sy nood gedien word. "Daar word beweer dat Christus aileen in die dorstiges en hongeriges te vinde is. God staan nie teenoor ons nie, maar ons ontmoet Hom as lemand wat meely met die Iydendes. Die onvermoë van die moderne mens tot gebed en verering, tot meditasie en Bybellees, word nie as 'n gebrek gesien nie, maar juis as 'n bevryding" (Barnard (1981 :7). Die oomblik wanneer die mens God slegs kan vind in die werklikheid waarin hyself lewe, dan kan jy nie anders as om die gevoel te kry dat daar nie meer plek vir God is in die lewe en wêreld van die moderne mens nie. Na my mening Iê die antwoord in die mens se belewing van God se teenwoordigheid in die erediens. Maar dan moet ook onmiddelik gesê word dat indien die mens nie God se teenwoordigheid in sy/haar eie lewe, op 'n daaglikse basis, beleef nie, hy/sy ook nie God in die erediens sal beleef nie. AI word daar nou ook watter liturgiese model gebruik, hetsy van 'n eng konserwatiewe liturgie tot 'n "way out entertainment" liturgie, as jy nie God se teenwoordigheid in jou eie persoonlike lewe ervaar nie, sal jy dit baie beslis ook nie in die erediens ervaar nie. Hoe pragtig Lied 159 ("God is hier teenwoordig, ...... ), wat soms in die erediens gesing word, ookal mag klink, is die vraag egter nie "of God in die erediens teenwoordig is nie", - ons weet dat God in die erediens teenwoordig is, daaroor is daar geen twyfel nie. God belowe immers in sy Woord dat: ...... waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle" (Matt 18:20). Nee, die vraag is eerder "of ek as mens God se teenwoordigheid in die erediens ervaar, en walter impak het dit op my persoonlike lewe." Dit is dus duidelik dat daar iewers ernstige fout is. Daarom is dit belangrik om na te gaan waarom mense die eredienste bywoon, of nie bywoon nie. Alhoewel baie dinge in die erediens (Iiturgie) verander (vernuwe) het, blyk dit tog dat die erediens iets van die bekoring van God se teenwoordigheid in die erediens verloor het. Daar dan die moontlike rede dat die erediens die brandpunt van kritiek, aan die een kant, en vernuwing, aan die ander kant, is nie. Die stroom van kritiek word net sterker en radikaler. Mense bly ontevrede oor die erediens. Maak nie saak hoe die erediens ingerig word nie, daar is altyd mense wat van mening is dat die erediens nie hulle behoeftes aanspreek nie. Daar sal dus opnuut gekyk moet word na wat die erediens werklik is, waarom mense dit bywoon, en hoe dit op 'n sinvolle wyse moet plaasvind. Die doel van hierdie studie is drieledig van aard: (a) om vas te stel of mense werklik God se teenwoordigheid in die erediens ervaar, al dan nie; (b) om vas te stel walter impak (invloed) die belewing of nie-belewing van God se teenwoordigheid in die erediens op die daaglikse lewe van die lidmaat het, en (c) om vas te stel of die belewing van die teenwoordigheid van God in die erediens enigsins verband hou met die lidmaat se persoonlike verhouding met God. Die motivering vir hierdie studie is geleë in die baie variasies in die liturgie, asook in die verskillende "modelle" wat deesdae in die erediens gebruik word dat 'n mens soms wonder waaroor dit werklik gaan in die erediens. Gaan dit oor God of gaan die oor die mens? ... Daarom is dit belangrik dat daar gekyk word na die redes hoekom mense die erediens bywoon - is dit omdat hulle God se teenwoordigheid in die erediens ervaar; of omdat dit maar net nog 'n ritueel (tradisie) is? Of moontlik Iê die rede daarin omdat dit alles oor my eie prestasies gaan (bv. die Fariseers) of omdat hulle wan hoop aan hulleself en heil by God soek (bv. die Tollenaar). Om 'n geheelbeeld van bogenoemde te kry, sal daar ook gekyk moet word na die redes waarom mense nie die erediens bywoon nie - het dit dalk iets te doen moet die nie-ervaring van God se teenwoordigheid in die erediens, al dan nie? Kort-kort lees en hoor jy dat die erediens "user-friendly" - die taal van die nuwe millennium? - moet wees. Die kerk wat God se teenwoordigheid simboliseer, word gereduseer tot 'n "showroom" waar die mens ge-"entertain" moet word deur die "entertainer" die liturg. So gesien, blyk dit vir my asof God se teenwoordigheid in die erediens afgewater word na 'n "skouspel" en "entertainment". Die belang van so 'n navorsing is geleë in die soeke na 'n erediens "styl" of "model" wat, aan die een kant, die mens help om werklik God se teenwoordigheid in die erediens te beleef sonder dat dit nodig is om 'n "skouspel" van die erediens te maak; en, aan die ander kant, om weer aan God sy regmatige plek in die erediens te gee waar Hy alleen verheerlik en gedien kan word. Hopelik sal die navorsing daartoe bydra dat mense weer nuut na die erediens sal kyk en God se teenwoordigheid in die erediens as onontbeerlik vir die Christelike lewe sal besef. Daar is van twee navorsingsmetodes gebruik gemaak, nl. (a) 'n Literatuur ondersoek om te poog om die vraag na 'n Gereformeerde erediens te beantwoord, asook om die belang van God se teenwoordigheid in die erediens opnuut weer te beklemtoon; en .... (b) 'n Kwalitatiewe empiriese ondersoek waar persoonlike onderhoude met tussen 10-15 mense gevoer is aan die hand van vooraf opgestelde vrae in 'n poging om antwoorde op genoemde probleemstellings te kry. English: It is nearly a hundred year ago that A. Kuyper started his book on worship with a complaint, addressing many scholars feelings regarding worship, what it is or should be: "Jarenlang heerschte op dit punt grenzenlooze verwarring, ... " (Kuyper 1911 :7). With this he does not plea for a fixed and immovable liturgy. It is my concern that the gathering of the congregation of the Lord are not seen and experienced within the frame of Gods covenant with his congregation. Many positive and negative have been said about worship over the years. Attempts to defend the liturgy have failed because it lack of a deep found definition of the essence, purpose and establishment of worship. These attempts can be divided into two categories. The one category describes the sermon as the lifeline of the church and that it is a barometer for the work and life of the church. The second category is concentrate more on the emotional - the feeling and experiencing - side thereof. Furthermore it is said that the worship is without any concern, it is dead and has been caught up in the old reformed tradition. In a reformed liturgy the starting point is that worship does not stand apart from the daily life. Life in worship and life in the day-to-day living-practice is life in the face of God (coram Deo). In worship it al come down to a life, actual meeting between the Living God and his covenant church in a specific time and context. Therefore the experiencing of God's presence in the worship of the church is vital to the personal everyday life. This brings the whole question on how God's presence in the worship of the church can be experienced on the theological table. The author has looked at the experiencing of God's presence in the worship of the church by in an attempt to answering the question regarding Reformed worshiping (chapter 1) and how does member of the church really experience the presence of God in the worship (chapter 3). He did this by means of a quality empirical survey on the one hand, and suggests a way of thinking about the presence of God by comparing the different views, e.g. the traditional, the modernism, the postmodernism and contemporary cultures. The presence of God in worship is something different from the omnipresence of God; that it is perceived in faith and that it interrupts the faithful's everyday life by addressing him or her on the self-sacrificing love of Christ for the world in need. God is then present in worship as He is in everyday life, which is in the face of need, and His presence can be more appropriately depicted as a confrontation reelle than a praesentia realis. / Dissertation (MA(Theology))--University of Pretoria, 2008. / Practical Theology / unrestricted
4

Model vir die liturgiese gebruik van simbole en rituele

Viljoen, David Muller 30 June 2003 (has links)
Summaries in English and Afrikaans / This thesis embarked with the problem within the liturgy that tension exists in trying to minister justly according to the current context and trying to minister faithful to Scripture. A departing perspective is that the liturgy is the heartbeat in the congregation whereto and from where every aspect is networking. Also, that the emphasis can be on both proclaiming and celebrating in Protestant liturgies. Dialogical communication was chosen as theoretical approach together with communicative action for the sake of the gospel of Jesus Christ. The first and last chapters illustrate what is meant with the term liturgy. The problem is stated (and investigated) that liturgy is a complicated and central phenomenon, which ought to let Reformed theology as well as a postmodern context come to their own. It is also indicated that liturgical spirituality, liturgical communication and liturgical pastorate can better be used and improved during Sunday liturgies. For the liturgy in order to serve the Reformed tradition and the postmodern context, and to uplift the three liturgical aspects of spirituality, communication and pastorate, liturgical symbols and rituals are posed as timeless agents to better the liturgy. Attention was also given to symbolism in Scripture. This led to a model of application as a theory of praxis for the liturgical use of symbols and rituals. The core of this model or theory of praxis, is: I. The highest priority in liturgical symbolism will always be to promote the holy Trinity and Biblical principles. II. The supplementary use of right-brain components, such as experience, emotion and music. III. A high premium on active participation and repetition. IV. An approach of simplicity and soberness. V. Relevance to the culture and context of the day. VI. Services that take hold of total persons and focus on multiple senses and corporeality (bodily involvement). i VII. Room for transendence, imagination and mystic worship of God. VIII. Actions and services that embrace diversity, pluralism and generative variety. IX. Meetings where pastoral and therapeutic dimensions are included. X. Celebration and positive experiences in meetings. XI. The use of images, stories, metaphors and icons. XII. The use of meta-communicative principles such as attitude, intention and high validation of other people. / Hierdie proefskrif het vertrek met die probleem vanuit die liturgie dat daar binne die huidige konteks en die deurlopende poging tot getrouheid aan die Skrif toenemend spanning groei in die eredienspraktyk. Die proefskrif vertrek ook vanuit die perspektief dat die liturgie die hartklop en voedingsaar van die gemeente is van waaruit en waarheen die totale gemeente netwerk en dat die verkondigingsbenadering en die vierings-benadering altwee 'n legitieme plek in die Protestantse liturgiese tradisie het. As teoretiese vertrekpunt vir die liturgiese handelinge word dialogiese kommunikasie gekies saam met kommunikatiewe handelinge ter wille van die evangelie van Jesus Christus. In die eerste en laaste hoofstukke word verduidelik wat met die begrip liturgie bedoel word. Die probleem word gestel dat die liturgie 'n komplekse handeling en kardinale fenomeen is wat reg moet laat geskied aan die Gereformeerde teologie en aan 'n postmoderne konteks. Verder word uitgewys dat liturgiese spiritualiteit, liturgiese kommunikasie en liturgiese pastoraat in ons huidige tydgleuf meer benut en uitgebou kan word tydens die weeklikse liturgiee. Ten einde die liturgie in haar Gereformeerde tradisie en postmoderne konteks te dien en om die drie liturgiese fasette van spiritualiteit, kommunikasie en pastoraat te bevorder, word liturgiese simbole en rituele aangebied as tydlose en tydige agente om die liturgie mee te verryk. Om die ondersoeke af te rond, is daar ook aan simboliek in die Bybel aandag gegee. 'n Werkswyse is gevolg waar die Gereformeerde teologie en postmoderniteit ontleed is en in verband gebring is met simbole en rituele. Liturgiese spiritualiteit, liturgiese kommunikasie en liturgiese pastoraat is ook gedissekteer, ten einde dit beter te begryp, en in verband te bring met liturgiese simbole en rituele. Daarna het simboliek aan die beurt gekom en is simbole en rituele gedefinieer, ontleed en na aard, wese en toepassing bestudeer. Simboliek in die Bybel is afgetas om gewig te verleen aan die ondersoeke. Uit al die genoemde ontledings en bevindings wys die proefskrif uit dat simbole en rituele inderdaad uitnemend geskik is om die liturgie eer aan te doen in die eiesoortige soeke na voortreflike vlakke van spiritualiteit, kommunikasie en pastoraat binne Gereformeerde en postmoderne kontekste. Hieruit is 'n toepassingsmodel as omvattende praktykteorie aangebied vir die liturgiese gebruik van simbole en rituele as die bydrae van hierdie proefskrif. (5.4 en 5.5). Die kern van die model of praktykteorie vir die liturgiese toepassing van simboliek is: I. Dat die hoogste doelstelling en swaarwigtigste vergestalting met simboliek in die erediens altyd God Drie-Enig en Bybelse waardes en beginsels is. II. Dat aanvullende gebruikmaking en verrekening van regterbreinkomponente soos ervaring, emosie en musiek noodsaaklik is. Ill. 'n Doelbewuste hoe premie op handelende deelname en herhaling. IV. 'n Benadering van eenvoud en soberheid. V. Handelinge en momente wat spreek tot die kultuur en konteks van die dag. VI. Erediensmomente wat die totale mens betrek en infokus op veelsintuiglikheid en liggaamlikheid. VII. Ruimte vir transendensie, verbeelding en mistiek om God te aanbid. VIII. Handelinge wat diversiteit, pluralisme en generatiewe verskeidenheid omhels en vier. IX. Byeenkomste wat pastorale en terapeutiese roepings insluit. X. Samekomste waar feestelikheid en aangename ervarings beleef word. XI. Kommunikeerders wat beelde, verhale, metafore en ikone gebruik. XII. Handelinge waar ag geslaan word op metakommunikatiewe beginsels soos gesindheid, intensie en hoe waardetoekennings aan die ander persoon. / Practial Theology / D. Th. (Practical Theology)
5

Rentree van de profetie

Herwijnen, Wouter van 09 1900 (has links)
Dutch text with Dutch and English summaries / The main question is whether prophecy is still possible in our time. Reformed theology taught for centuries that with the closing of the canon prophecy came to an end. Prophecy since then was equated with the proclamation of the Word of God. Is such a viewpoint correct? Is the church not obliged to test any prophecy against given meaningful biblical criteria? In the forties of the 20th century the Reformed minister A.A. Leenhouts had a prophecy which he reckoned would have shone light on the world around him. He repeatedly asked for the prophecy to be tested which in fact did not happen. Leenhouts finally found himself outside the Reformed church. In this study it is firstly investigated whether prophecy is still possible after the conclusion of the biblical canon, secondly, how the prophecies people receive are to be tested, and thirdly what are the criteria we have to employ regarding the phenomenon of prophecy. In this regard the prophecy of Leenhouts is also scrutinised and tested. During this study I encountered within Reformed theology an increasing number of theologians who regard prophecy still possible after the conclusion of the canon. Amongst them is professor E. van Niekerk from South Africa. The Dutch Rev W. Smouter is suprisingly close to his views. In this study it is investigated who Leenhouts was, in which situation he received his prophecy, how these words fitted into his time and what the reaction of others was on his prophecy. Before the prophecy of Leenhouts is tested his prophecy is materially compared to the views of others, especially in regard to the nation of Israel and the return of Christ. His views are also compared with representatives of the Reformed tradition, the Enlightenment and Dispensationalism. Leenhouts prophecy is also tested with the criteria the General Synod of the Reformed Churches in the Netherlands has devised for prophecy. Besides, we add the following criteria: whether the prophecy of Leenhouts throws new light on the Bible and whether in Van Niekerk’s view God’s Spirit is really busy writing a Third Testament in cooperation with us in the present era. / De grote vraag is nu of er nog profetie mogelijk is in onze tijd. De Gereformeerde theologie heeft eeuwen geleerd dat met het sluiten van de Kanon, de gave van profetie ten einde is. Profetie zou nu zijn de verkondiging van Gods Woord. Klopt dit en is de kerk niet verplicht een profetie te toetsen aan de daarvoor gegeven bijbelse criteria? In de veertiger jaren van de 20e eeuw kreeg de Gereformeerde dominee A.A. Leenhouts een profetie over dingen die volgens hem licht wierpen over de wereld en de situatie van zijn dagen. Deze predikant heeft vaak gevraagd om zijn profetie te toetsen. Dat is niet gebeurd en tenslotte is de man buiten het kerkverband geraakt. In deze studie wordt allereerst nagegaan of er na het sluiten van de Kanon nog profetie mogelijk is. In de tweede plaats hoe een ontvangen profetie getoetst kan worden en in de derde plaats wat de criteria zijn om zo'n profetie te toetsen. Tevens wordt de profetie van Leenhouts besproken en getoetst. Tijdens deze studie ontmoette ik binnen de eigen Gereformeerde theologie een groeiend aantal theologen, dat na het sluiten van de Kanon nog w£l profetie mogelijk achten. Tot hen behoort wel heel speciaal Professor E. van Niekerk uit Zuid-Afrika. Verrassend nauw sluit hierbij aan de Nederlandse Ds. W. Smouter. In deze studie bekijken we eerst wie Leenhouts was, in wat voor situatie hij zijn profetie ontving, hoe deze woorden pasten in zijn tijd en hoe de reactie van anderen er op was, Voordat we de profetie van Leenhouts daarop gaan toetsen, vergelijken we zijn profetie inhoudelijk met de zienswijzen van anderen, speciaal met het oog op Israel en de wederkomst. We vergelijken hem verder met vertegenwoordigers van de Gereformeerde traditie, de kring van de Verlichting en de Bedelingenleer. Daarna toetsen we de profetie van Leenhouts aan de hand van de door de Generale Synode van de Gereformeerde Kerken in Nederland hiervoor aangereikte criteria. Tevens voegen we de criteria toe: of de profetie van Leenhouts echt nieuw licht op de Bijbel werpt 6n of Gods Gees in samewerking met ons naar de zienswijze van Van Niekerk op dit moment echt een Derde Testament aan het schrijven is. / Systematic Theology & Theological Ethics / D. Th.(Systematic Theology)
6

Rentree van de profetie

Herwijnen, Wouter van 09 1900 (has links)
Dutch text with Dutch and English summaries / The main question is whether prophecy is still possible in our time. Reformed theology taught for centuries that with the closing of the canon prophecy came to an end. Prophecy since then was equated with the proclamation of the Word of God. Is such a viewpoint correct? Is the church not obliged to test any prophecy against given meaningful biblical criteria? In the forties of the 20th century the Reformed minister A.A. Leenhouts had a prophecy which he reckoned would have shone light on the world around him. He repeatedly asked for the prophecy to be tested which in fact did not happen. Leenhouts finally found himself outside the Reformed church. In this study it is firstly investigated whether prophecy is still possible after the conclusion of the biblical canon, secondly, how the prophecies people receive are to be tested, and thirdly what are the criteria we have to employ regarding the phenomenon of prophecy. In this regard the prophecy of Leenhouts is also scrutinised and tested. During this study I encountered within Reformed theology an increasing number of theologians who regard prophecy still possible after the conclusion of the canon. Amongst them is professor E. van Niekerk from South Africa. The Dutch Rev W. Smouter is suprisingly close to his views. In this study it is investigated who Leenhouts was, in which situation he received his prophecy, how these words fitted into his time and what the reaction of others was on his prophecy. Before the prophecy of Leenhouts is tested his prophecy is materially compared to the views of others, especially in regard to the nation of Israel and the return of Christ. His views are also compared with representatives of the Reformed tradition, the Enlightenment and Dispensationalism. Leenhouts prophecy is also tested with the criteria the General Synod of the Reformed Churches in the Netherlands has devised for prophecy. Besides, we add the following criteria: whether the prophecy of Leenhouts throws new light on the Bible and whether in Van Niekerk’s view God’s Spirit is really busy writing a Third Testament in cooperation with us in the present era. / De grote vraag is nu of er nog profetie mogelijk is in onze tijd. De Gereformeerde theologie heeft eeuwen geleerd dat met het sluiten van de Kanon, de gave van profetie ten einde is. Profetie zou nu zijn de verkondiging van Gods Woord. Klopt dit en is de kerk niet verplicht een profetie te toetsen aan de daarvoor gegeven bijbelse criteria? In de veertiger jaren van de 20e eeuw kreeg de Gereformeerde dominee A.A. Leenhouts een profetie over dingen die volgens hem licht wierpen over de wereld en de situatie van zijn dagen. Deze predikant heeft vaak gevraagd om zijn profetie te toetsen. Dat is niet gebeurd en tenslotte is de man buiten het kerkverband geraakt. In deze studie wordt allereerst nagegaan of er na het sluiten van de Kanon nog profetie mogelijk is. In de tweede plaats hoe een ontvangen profetie getoetst kan worden en in de derde plaats wat de criteria zijn om zo'n profetie te toetsen. Tevens wordt de profetie van Leenhouts besproken en getoetst. Tijdens deze studie ontmoette ik binnen de eigen Gereformeerde theologie een groeiend aantal theologen, dat na het sluiten van de Kanon nog w£l profetie mogelijk achten. Tot hen behoort wel heel speciaal Professor E. van Niekerk uit Zuid-Afrika. Verrassend nauw sluit hierbij aan de Nederlandse Ds. W. Smouter. In deze studie bekijken we eerst wie Leenhouts was, in wat voor situatie hij zijn profetie ontving, hoe deze woorden pasten in zijn tijd en hoe de reactie van anderen er op was, Voordat we de profetie van Leenhouts daarop gaan toetsen, vergelijken we zijn profetie inhoudelijk met de zienswijzen van anderen, speciaal met het oog op Israel en de wederkomst. We vergelijken hem verder met vertegenwoordigers van de Gereformeerde traditie, de kring van de Verlichting en de Bedelingenleer. Daarna toetsen we de profetie van Leenhouts aan de hand van de door de Generale Synode van de Gereformeerde Kerken in Nederland hiervoor aangereikte criteria. Tevens voegen we de criteria toe: of de profetie van Leenhouts echt nieuw licht op de Bijbel werpt 6n of Gods Gees in samewerking met ons naar de zienswijze van Van Niekerk op dit moment echt een Derde Testament aan het schrijven is. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D. Th.(Systematic Theology)

Page generated in 0.0402 seconds