• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die invloed van twee onderrigbenaderings op Graad 6 leerders se studieoriëntasie in Wiskunde

Dombai, Annetjie January 2013 (has links)
Hierdie studie handel oor die invloed van twee onderrigbenaderings naamlik tradisioneel en sosiaal-konstruktivisties, op Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskunde. Om die omvang hiervan beter in perspektief te plaas is daar gekyk na wat die moontlike verskille is tussen die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenaderings ten opsigte van Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskundeprestasie. Literatuur dui aan dat leerders swak presteer en noem faktore wat moontlik bydra. Verder dui die literatuur aan dat daar nie genoeg navorsing is ten opsigte van ontoereikende wiskundeprestasie nie. Dit is kommerwekkend dat daar tot dusver redelik min navorsing gedoen is wat Graad 6-leerders se ontoereikende prestasie in Wiskunde aanbetref (Rademeyer, 2009) aangesien dit so ’n belangrike rol speel tot die beroepswêreld (Salman et al, 2010). Maree, Pretorius en Eiselen (2003) meen dat verbetering in Wiskundeprestasie moontlik gefasiliteer kan word deur op die leerders se ontoereikende studieoriëntasie te fokus en dít dan so te probeer verbeter. Die konseptuele raamwerk van hierdie studie rus op Vygotsky se sone van proksimale ontwikkeling (Maimane, 2006) sowel as Bronfenbrenner se ekologiese teorie en die konseptuele raamwerk (Santrock, 2001; Bronfenbrenner,2012) Die navorsingsvrae lui dan as volg: Primêre navorsingsvraag: Wat is die verskil tussen die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering ten opsigte van Graad 6-leerders se studieoriëntasie in Wiskundeprestasie? Eerste sekondêre vraag: Hoe verskil die tradisionele onderrigbenadering ten opsigte van die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering? Tweede sekondêre vraag en hipotese: Wat is die verskil in Wiskundeprestasie voor en na die intervensie ten opsigte van die twee onderrigbenaderings? Derde sekondêre vraag en hipotese: Wat is die verskil in studieoriëntasie voor en na die intervensie ten opsigte van die twee onderrigbenaderings? Hierdie studie word beskou deur pragmatisme as ’n wêreldbeskouing en filosofiese fondasie aangesien pragmatisme die heel beste pas by die gemengde navorsingsmetode. Die konvergente navorsingsontwerp is die ideale navorsings-ontwerp vir hierdie studie aangesien dit die bekendste benadering tot die gemengde navorsingsmetode is. Vir die kwalitatiewe data-insameling is ek gebruik gemaak van fokusgroeponderhoude wat drie maal gehou is met beide die groepe, altesaam ses sessies. Daar was sewe leerders wat elk van die groepe verteenwoordig het, veertien leerders altesaam. Daar is gebruik gemaak van ’n individuele onderhoud met die Wiskundeonderwyseres aan die einde van die intervensie tydperk. Die data was geanaliseer deur inhoudsanalise. Die kwantitatiewe data is ingesamel deur die Studieoriëntasievraelys in Wiskunde (Primêr) (SOW(P)) en ook ’n formele wiskunde toets aan die begin en aan die einde van die intervensie tydperk. Daar was twintig leerders wat deelgeneem het aan die tradisionele groep en twintig leerders wat deelgeneem het aan die sosiaal-konstruktivistiese groep. Daar was altesaam veertig leerders betrokke by die studie. Die kwalitatiewe data-analise het uitgedraai op vier verskillende temas: faktore wat Wiskunde makliker maak vir leerders, faktore van Wiskunde wat vir leerders onaangenaam is, faktore van introspeksie en ook ander interessante faktore. Ek het ook observasies en addisionele data vanaf die Wiskundeonderwyseres verkry deur die individuele onderhoud. Vir die doeleindes van die kwantitatiewe data is gebruik gemaak van beskrywende sowel as inferensiële statistieke om die data te analiseer. Daar is gebruik gemaak van die paar-steekproef studente t-toets. Alles is dan na aanleiding van die data-analise bespreek en na aanleiding van my bevindinge en resultate is daar gevind dat daar wel ’n verskil is tussen die tradisionele onderrigmetode en die sosiaal-konstruktivistiese onderrigbenadering. Dit was ook duidelik dat daar ’n waarskynlike verskil tussen die voor-toets en die na-toets van die tradisionele sowel as die sosiaal-konstruktivistiese groep se Wiskundeprestasie is en dus is beide as statisties beduidend aanvaar. Wat die studieoriëntasie aanbetref het die uitkoms getoon dat daar geen verskil was tussen die voor-toets en die na-toets van die tradisionele groep nie, dus toon dit om nie statisties beduidend te wees nie . Daar was wel ’n waarskynlike verandering tussen die voor-toets en die na-toets van die sosiaal-konstruktivistiese groep se studie-oriëntasie en aanvaar ek dit dus as statisties beduidend. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Educational Psychology / unrestricted
2

Assessment for learning : an approach towards enhancing quality in mathematics teaching and learning in grade 6 / Assessering vir leer : 'n benadering om die kwaliteit van wiskundeonderrig en -leer in graad 6 te verbeter / Ukuhlolwa kohlelo lokufunda : indlela eqonde ukuqinisa izinga lokufundisa nokufunda imethamethiksi kwibanga lesi-6

Mahlambi, Sizwe Blessing 05 1900 (has links)
Abstracts in English, Afrikaans and Zulu / Assessment is considered as integral to the teaching and learning process of Mathematics where various types of assessment are used to develop feedback for several purposes. Research has highlighted the challenge of the dominance of summative assessment in classroom assessment practices. In recent years, world countries have been acknowledging the use of assessment for learning (AfL) to enhance the learning process and thus improve learner performance. This research explored how Mathematics teachers applied AfL in their classrooms. A theoretical framework to support AfL was presented through an overview of constructivism theory, social justice theory, connectivism theory, TPACK theory and Bloom’s Revised Taxonomy. A qualitative approach and a case study design were applied involving nine Mathematics teachers from nine primary schools. Data, collected through semi-structured interviews, non-participant observation and document analysis, were thematically analysed. The findings show a positive understanding of what AfL is and its importance to the teaching and learning of Mathematics. However, the application of AfL was found to be inconsistent with its purpose of creating an environment conducive to develop feedback that supports the learning process. Challenges that inhibit its application were found to outweigh successes experienced by teachers. Lack of theoretical understanding of the use of AfL, overcrowding, the language of learning and teaching and lack of resources emerged as some of the major challenges. Teachers pleaded for more in-service training opportunities to assist them with managing assessment for learning practices in Mathematics. / Assessering is onlosmaaklik met die onderrig en leer van wiskunde verbind. Wiskunde word op verskeie maniere geassesseer sodat terugvoering om allerlei redes verkry word. Volgens navorsing oorheers summatiewe assessering in klaskamers. In die laaste jare word assessering vir leer (AvL) wêreldwyd aangewend om die leerproses en leerders se prestasie te verbeter. In hierdie studie is nagevors hoe wiskundeonderwysers AvL in die klaskamer toepas. ʼn Teoretiese raamwerk vir AvL is opgestel uit ʼn oorsig van die konstruktivistiese teorie, die sosialegeregtigheidsteorie, die konnektivismeteorie en die TPACK-teorie en Bloom se Hersiene Taksonomie. ʼn Kwalitatiewe benadering en ʼn gevallestudie-ontwerp is gevolg in die verkenning van nege wiskundeonderwysers by nege primêre skole se assessering. Data is deur halfgestruktureerde onderhoude, waarneming sonder deelname en dokumentontledings versamel en tematies geanaliseer. Daar is bevind dat die onderwysers geweet het wat AvL is en die belang daarvan in die onderrig en leer van wiskunde besef het. Die toepassing het egter nie met die oogmerk van AvL gestrook nie. Die oogmerk is om ʼn omgewing tot stand te bring wat assessering bevorder om leer te ondersteun. Die toepassingsprobleme van AvL oorskadu die welslae wat daarmee behaal word. ʼn Gebrekkige teoretiese begrip van hoe AvL gebruik word, oorvol klaskamers, die taal van onderrig en leer, en ʼn gebrek aan hulpbronne is van die grootste uitdagings. Onderwysers bepleit indiensopleiding sodat hulle die assessering van leerpraktyke in wiskunde beter kan bestuur. / Ukuhlola kuthathwa njengento esemqoka ohlelweni lokufundisa nokufunda imethamethiksi lapho izinhlobo ezahlukahlukene zokuhlola zisetshenziswa ukwakha umbiko wakamuva ngesizathu sezinhloso ezimbalwa. Ucwaningo selukhombise inselelo yokuhamba phambili kwenhlobo yokuhlola i-summative assessment lapho kuqhutshwa umsebenzi wokuhlola emagunjini okufunda. Eminyakeni esandakwedlula, amazwe omhlaba kade amukela ukusetshenziswa kohlelo lokuhlola ukufunda (AFL) ukuqinisa uhlelo lokufunda kanti lokhu kuthuthukisa izinga lokufunda lomfundi. Lolu cwaningo beluhlola indlela uthisha wesifundo semethamethiksi ebesebenzisa uhlelo lwe-AFL emagunjini abo okufundisa. Isakhiwo sethiyori esiqonde ukuxhasa uhlelo lwe-AFL lwethuliwe ngamafuphi ngomqondo phecelezi we- -constructivism theory, social justice theory, connectivism theory, TPACK theory kanye ne-Bloom’s Revised Taxonomy. Indlela yocwaningo eyencike kwingxoxo (qualitative approach) kanye nedizayini yocwaningo lotho (case study design) zisetshenziswe kuxutshwa phakathi othisha bemethamethiksi abayisishiyagalolunye abavela ezikoleni zamabanga aphansi. Idatha iqoqwe ngokwenza inhlolovo eyakhiwe kancane, kanti kuye kwabhekisiswa imibono yalabo abangadlalindima kanye nokuhlaziywa kombhalo kuye kwahlaziywa ngokuthi kubhekwe indikimba. . Ulwazi olutholwe wucwaningo lukhombisa ukuthi uhlelo lwe-AFL kanye nokubaluleka kwalo kuzwisiseka kahle kakhulu ohlelweni lokufundisa nokufundwa kwemethamethiksi. . Yize kunjalo, ukusetshenziswa kohlelo lwe-AFL kuye kwatholakala ukuthi akuhambisani nenhloso yalo yokwakha isizinda esifanele sokwakha umbiko wakamuva oxhasa uhlelo lokufunda. Izinselelo eziqukethe ukusetshenziswa kwalo lolu hlelo ziye zatholakala ukuthi zedlula impumelelo eyenziwe ngothisha. Ukwentuleka kokuzwisisa umqondo wokusetshenziswa kohlelo lwe-AFL, inani eliphuphumayo labantwana, ulimi lokufunda nokufundisa kanye nokwentuleka kwemithombo yokufunda kuye kwavela njengezinye izinselelo. Othisha baye bacela ukunikezwa amathuba okuqeqeshwa basebenza ukuze lawo makhono abancede ukuqhuba izinhlelo zokuhlola imisebenzi yokufunda imethamethiksi. / Curriculum and Instructional Studies / D. Phil. (Education (Curriculum Studies))

Page generated in 0.024 seconds