• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Musiekintegrasie in graad R : 'n teoretiese raamwerk gebaseer op 'n gevallestudie / Mignon van Vreden

Van Vreden, Mignon January 2014 (has links)
Graad R verwys volgens die nuutste Afrikaanse beleidsdokumente na die voorskoolse opleiding wat tans in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel ingefaseer word, alhoewel die Departement van Basiese Onderwys beoog dat alle leerders eers in 2019 toegang sal hê tot formele graad R-programme. Uitdagings vir onderrig in vroeë kinderontwikkeling in Suid-Afrika is onder meer ʼn tekort aan gekwalifiseerde onderwysers, asook leer- en ondersteuningsmateriaal van ʼn hoë gehalte. Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir graad R bestaan uit drie vakke: Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Lewensvaardighede bestaan uit vier studie-areas, naamlik Aanvangskennis, Skeppende kunste, Liggaamsopvoeding, asook Persoonlike en Sosiale Welsyn. Slegs dertig minute per week word as deel van Skeppende kunste toegestaan aan formele musiekonderrig. Wanneer musiek in die dagprogram met ander aspekte van graad R-onderrig en -leer integreer word, word die holistiese ontwikkeling van die leerder bevorder. Graad R-onderwysers het egter selde in musiek gespesialiseer en is onseker oor die implementering daarvan in hul onderrigprogramme. Uitvoerbare moontlikhede word in hierdie proefskrif ondersoek om musiek in die graad R-dagprogram te integreer ten einde ʼn bydrae te lewer tot die sosiale, fisiese, emosionele, intellektuele en geestelike ontwikkeling van graad R-leerders. Die hoofnavorsingsvraag wat hieruit ontstaan, is watter teoretiese raamwerk verduidelik hoe musiek in graad R geïntegreer kan word. Die navorsingsbenadering wat gevolg is om hierdie vraag te ondersoek, is ʼn kwalitatiewe, veelvoudige gevallestudie vanuit ʼn interpretatiewe perspektief. Aanvanklik is ʼn literatuurstudie gedoen om huidige tendense ten opsigte van die integrasie van musiek in graad R te beskryf. Daarna is die onderrig en leer in vyf multikulturele graad R-klasse in die Potchefstroom-omgewing waargeneem met die doel om die maniere waarop musiek in die praktyk geïntegreer word, in te samel. Die data is toe met behulp van Atlas.ti 7.1.6 georganiseer en gekategoriseer, waarna ʼn oorkruis gevalle-analise gedoen is. Die bevindinge is geverifieer deur langtermyn-waarneming en deelnemer-kontrole. ʼn Teoretiese raamwerk is ontwikkel deur die ses temas wat uit die data-analise gegenereer is in verband te bring met ʼn geïntegreerde literatuuroorsig. Hierdie aspekte vir die integrasie van musiek in graad R waardeur onderrig en leer kan plaasvind, is geïdentifiseer as oor musiek, uit musiek, op musiek, met musiek, in musiek en deur musiek. In die raamwerk word elke aspek van integrasie verbind met aktiwiteite wat gebaseer is op die leerbeginsels vir graad R, naamlik spel, ontdekking en praktiese ervarings, ten einde die ontwikkeling van die graad R-leerder te bevorder. Alhoewel die bevindinge spesifiek is tot die Potchefstroom-omgewing, hou die teoretiese raamwerk verskeie moontlikhede in vir nasionale en internasionale toepassing in voorskoolse onderrig. Dit impliseer dat musiek suksesvol in die graad R-dagprogram geïntegreer kan word deur musiekspesialiste sowel as onderwysers wat nie in musiek gespesialiseer het nie. / PhD (Music), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
2

3

Voorwiskundige vaardighede as grondslag vir die bemeestering van wiskunde : 'n opvoedkundige sielkunde perspektief

Fourie, Maria Elizabeth 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel van hierdie navorsing was om vas te stel of leerders in Graad R die nodige wiskundige vaardighede deur gestruktureerde spel bemeester het wat as grondslag vir verdere wiskunde-onderrig kan dien. In die literatuurstudie is die verskillende wiskunde konsepte in diepte ondersoek. Daar is ook gefokus op die oordra van wiskunde konsepte aan jong leerders. Verder is daar in die literatuurstudie ondersoek ingestel na die doel, waardes, tipes, ontwikkeling van spel asook spel in die moderne era. Vir die empiriese ondersoek is 103 Graad R-leerders van ses verskillende skole betrek. Daar is gebruik gemaak van ʼn ewekansige steekproef by die skole wat bereid was om aan die studie deel te neem. Die ondersoek het plaasgevind deur die gebruik van die positivistiese kwantitatiewe navorsingsmetode. Daar is gebruik gemaak van vraelyste om te bepaal wat die bemeestering van wiskundige vaardighede by Graad R-leerders is. Gestruktureerde spel is as hulpmiddel gebruik vir die insameling van die navorsingsmateriaal. Die resultate is bekom deur die vraelyste statisties te verwerk. Daar is ook vraelyste aan die onderwysers gegee om meer agtergrond oor hulle onderrigmetodes asook die onderwysers se eie gevoel teenoor en kennis van wiskunde te bekom. Die navorsingsresultate bevestig dat die meerderheid van die Graad R-leerders oor ʼn goeie wiskundige grondslag beskik. Dus is daar deur die studie gevind dat dit belangrik is dat jong kinders baie moet speel om nuwe vaardighede aan te leer, maar ook die geleentheid moet hê om die vaardighede te beoefen. / The purpose of this research was to determine whether learners in Grade R mastered the necessary math skills through structured play that could serve as a basis for further mathematics training. In the literature various math concepts were studied in depth. The main focus was on the transfer of math concepts to young learners. The literature study further focussed on the purpose, values, and types of play, development of play and play in the modern era. An empirical study using random sampling was done using 103 Grade R learners from six different schools who were willing to participate in the study. The study was done using the positivism quantitative research methodology. Questionnaires were used to determine the mastery of mathematical skills by Grade R learners. Structured play was used as a tool to collect the research material. The results were obtained by processing the questionnaires statistically. Questionnaires were also completed by the teachers to confirm their background knowledge, teaching methods as well as to determine the teachers‟ own feelings towards and their knowledge of mathematics. The research results confirm that the majority of Grade R learners have obtained a good math foundation. The study also confirmed that it is important that young children need to play to learn new skills and must have the opportunity to practise the new skills. / Psychology of Education / D. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
4

Page generated in 0.0557 seconds