• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Maät : die god wat in elkeen is

Ponelis, I. A. (Isabella Annanda) 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The concept of Ma'at is crucial to Ancient Egyptian culture. In Ancient Egypt, Ma'at has two closely related manifestations: the cultural principle and the goddess. Ma'at as general cultural principle relates to the perfect order that was present at the moment when the cosmos came into being. This order eliminated chaos and created perfect balance in every aspect of the cosmos: nature, mankind, the gods, life and death. According to Ancient Egyptian literature, people ordered their lives in terms of the principle to do Ma 'at. This principle amounted to living honestly and justly. In this way, order was maintained and chaos prevented. In religion, which should be considered a subdomain of culture, Ma'at functions as an Ancient Egyptian goddess. As a goddess, Ma'at was considered a being in her own right, with a characteristic appearance, a history, and a cult which was performed by the pharaoh and the priests. Though the conception ofMa'at developed considerably in the long history of Ancient Egypt, the idea was present at the beginning of Egyptian civilization, as is attested by a great variety of inscriptions. The concept played a significant role in this culture from beginning to end. Ma'at was of particular importance to Ancient Egyptian royalty. Royal office included the realization of Ma'at and the consequent destruction ofIsfet. This function was performed by the pharaoh as chief of all cults - by daily sacrifice for Ma'at --, as well as in his role as ruler - by ensuring that public office was performed according to the principle ofMa'at. The Ancient Egyptians maintained that Ma'at functioned not only in life but also in death. In the alternative reality that Ancient Egypt made of death, order obtained, just as in life. Hence Ma' at was present also in death. The essence of Ancient Egypt is not its structures, such as the pyramids, which never cease to fascinate. This essence has to be sought in the way Ma'at gave unity to this remarkable culture. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die begrip Ma'at is rigtinggewend vir die kultuur van Antieke Egipte. In hierdie kultuur het Ma'at twee verskyningsvorme wat ten nouste met mekaar saamhang: die kultuurbeginsel en die godin. Ma'at as algemene kultuurbeginsel het te doen met die volmaakte orde wat tot stand gekom het in die ontstaansoomblik van die kosmos. Hierdie orde hef chaos en wanorde op en skep volkome ewewig in elke aspek van die kosmos: die natuur, die mensdom, die godedom, die lewe en die dood. Die Antieke Egiptiese literatuur bring aan die lig dat mense hulle lewe ingerig het volgens die beginsel om Ma'at te doen. Waarop dit neergekom het om Ma'at te doen, was om eerlik en regverdig te handel. Op hierdie manier is die orde bewaar en die chaos verhoed. Op die terrein van die religie, wat as 'n besondere aspek van die kultuur in die breë beskou moet word, funksioneer Ma'at in Antieke Egipte as 'n godin. Hierdie godin was 'n veronderstelde wese in eie reg, met 'n kenmerkende voorkoms, 'n geskiedenis, en 'n kultus wat deur die farao en die priesters bedien is. Hoewel die siening van Ma'at in die loop van die lang geskiedenis van Antieke Egipte aansienlik ontwikkel het, was die idee van die begin van die Egiptiese beskawing aanwesig, soos 'n groot verskeidenheid inskripsies laat blyk. Die begrip het in hierdie kultuur van begin tot end 'n bepalende rol bly speel. Tussen Ma'at en die koningskap in Antieke Egipte was daar 'n besonder nou band. Ma'at was van wesenlike belang vir die uitvoering van die koninklike amp: dit was die opdrag van die farao om Ma'at te verwesenlik en daarmee Isfet te vernietig. Hierdie taak het die farao uitgevoer as hoof van alle kultusse -- deur die daaglikse offer wat hy in die belang van Ma'at gebring het --, maar ook in die staatsadministrasie -- deur toe te sien dat amptenare hulle werk doen volgens die beginsel van Ma'at. In Antieke Egipte is daarvan uitgegaan dat Ma'at nie net in die lewe nie, maar ook in die dood funksioneer. In die alternatiewe werklikheid wat Antieke Egiptenare van die dood maak, heers daar ook orde. Ma'at is dus ook daar teenwoordig. Die wese van Antieke Egipte is nie die strukture, soos die piramides, wat nou nog die belangstelling gaande maak nie. Dit moet veel eerder gesoek word in die wyse waarop Ma'at eenheid aan hierdie merkwaardige kultuur gegee het.

Page generated in 0.056 seconds