Spelling suggestions: "subject:"etheses -- bpolitical science"" "subject:"etheses -- bipolitical science""
261 |
Perpetuating hegemony: a critical reflection on social forces shaping Mozambique’s development strategy.Hansen, Mads Uhlin 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Political Science))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: The essence of this study is about structural change and how it is affected by competing social forces. My primary aim is to examine the problems and contradictions in Mozambique‟s development strategy and to gain an understanding of how these problems are influenced by the structure of the contemporary world order. A central focus will be on how social forces at various levels influence the way in which development strategy is formed through superior material capabilities, shaping ideas and establishing institutions. The main argument is that the hegemonic neoliberalist ideology has been perpetuated in Mozambique by external social forces and has become the mainstay of the development approach in the country. By acknowledging that theory is used by different social groups for various purposes, I depart from the common assumption of considering the Mozambican development example as a success, and rather ask „for whom it has been a success‟.
The theoretical approach in this study is based on Coxian Critical Theory (CCT) and a significant proportion is dedicated to evaluate Cox‟s works and how he applies his theoretical framework in the analysis of the changing world order. To get a better appreciation for the strengths and weaknesses of CCT, the study will also examine the works of several scholars that use CCT in their studies of social forces in Southern Africa. The case study will be guided by the findings generated by the theoretical evaluation, particularly with regards to the way CCT allows for various points on entry in the analysis.
The case study of Mozambique generated three main conclusions. Firstly, that Frelimo has failed to create a broad based consensus for its ideology among different social forces in Mozambique and that the historic bloc in Mozambique remains fragile. Secondly, that the economic elite in South Africa and the ANC collaborated with Frelimo in structuring the development strategy in Mozambique, and through this collaboration, perpetuated values consistent with the hegemonic neoliberal consensus. Finally, that the prevailing order in Mozambique is strengthened by the involvement of the international community and that structural
change is unlikely to take place without the development of a stronger civil society. The theoretical contribution of the study has been to further support that the logic provided by CCT remains valid in the African context, and that it is highly compatible with other social theories. Furthermore, the study concludes that CCT is particularly compatible with post-colonial theory and social psychology and can be used to address the shortcomings of each other. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sentrale punt van die studie is strukturele verandering en hoe dit beïnvloed word deur mededingende sosiale kragte. Die primêre doel van die tesis is om die probleme en teenstrydighede in Mosambiek se ontwikkelingstrategie te ondersoek en om te verstaan hoe hierdie probleme verband hou met die struktuur van die teenswoordige wêreld-orde. ‟n Belangrike fokus is ook hoe sosiale kragte op verskeie vlakke die wyse waarop ontwikkelingstrategie gevorm word beïnvloed, via besondere materiële vermoeëns, die vorm van idees en die skep van instellings. Die hoof argument is dat „n hegemoniese neoliberale ideologie perpetueer is in Mosambiek deur eksterne sosiale kragte en dat dit sodoende die bakermat van dié land se benadering tot ontwikkeling geword het. Deur te erken dat teorie deur verskillende sosiale groepe vir uiteenlopende redes gebruik word, beweeg ek weg van die algemene aanname, naamlik dat ontwikkeling in Mosambiek as suksesvol beskou kan word. Die vraag moet eerder gestel word, “vir wie is ontwikkeling in Mosambiek „n sukses?”
Die teoretiese benadering in hierdie studie is gegrond op Coxiaanse Kritiese Teorie (CKT) en „n betekenisvolle proporosie van die studie word gewy aan „n evaluering van Cox se benadering en hoe hy dit toepas in „n analise van die veranderende wêreld-orde. Ten einde „n beter waardering daar te stel vir die voor- en nadele van CKT, ondersoek die studie ook die bydraes van „n aantal ander geleerdes wat die benadering gebruik in hul bestudering van sosiale kragte in Suider-Afrika. Die gevalle-studie word gerig deur die bevindinge wat gegenereer word deur hierdie teoretiese evaluering, in die besonder met betrekking tot die manier waarop CKT die gebruik van verskillende invalshoeke tot die analise fasiliteer.
Die Mosambiekse gevalle-studie lewer drie hoof-gevolgtrekkings op. Eerstens, dat FRELIMO nie daarin geslaag het, om „n breë konsensus vir sy ideologiese uitgangspunte onder die verskillende sosiale kragte in die land te skep nie. Derhalwe, is die „historiese blok‟ in Mosambiek kwesbaar. Tweedens, dat die ekonomiesse elite in Suid-Afrika en binne die African National Congress (ANC)
vi
saamgewerk het met FRELIMO om die ontwikkelingstrategie in Mosambiek te struktureer. In daardie opsig, is waardes perpetueer wat saamhang met die hegemoniese neoliberale konsensus. Laatstens, dat die heersende orde in Mosambiek versterk word deur die betrokkenheid van die internasionale gemeenskap en dat strukturele verandering in dié land onwaarskynlik is sonder die ontwikkeling van „n sterker burgerlike samelewing. Die teoretiese bydrae van die studie ondersteun verder die premis dat CKT geldig bly binne die konteks van Afrika en dat dit versoenbaar is met ander sosiale teorieë. Verder, word die gevolgtrekking gemaak dat CKT ook besonder versoenbaar is met post-koloniale teorie en sosiale sielkunde en dat dit gebruik kan word om die tekortkominge in elkeen aan te spreek.
|
262 |
A legal and ethical analysis of the South African government’s response toward Zimbabwean immigrantsBaumann, Chiara Manina 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Political Science))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis is a study of the South African government‘s response toward Zimbabwean immigration, focusing on the period from 2000 to July 2009. The aim is to shed light on why the government has acted in the manner that it has, using a human security framework. South Africa‘s legal obligations under international, regional, and domestic law are investigated and the ethical debate concerning issues of entrance and borders is explored. Concepts of morality, universality, and human dignity are central to this discussion. Against this backdrop, the Zimbabwean migration is briefly analysed in terms of push and pull factors and numbers; and the legal debate concerning the classification of Zimbabweans is explored. The challenges Zimbabweans face in South Africa and how the government has dealt with the Zimbabwean immigration is covered. Key actors from civil society and government are interviewed in an attempt to engage opinions about the government‘s response. The main opinions as to why the government has responded in the manner it has are then discussed and other factors are considered. Issues of solidarity, land reform, and South Africa‘s involvement in the Zimbabwean mediation process are some of the factors considered. The conclusion of this study is that the South African government has not succeeded in meeting its legal obligations nor acted ethically concerning Zimbabwean immigrants. The particular sentiments of ex-president Thabo Mbeki, the solidarity amongst national liberation movements, regional considerations, and the capitalist interests of some South Africans are factors that carry the most weight in explaining the South African government‘s response to the Zimbabwean crisis and its subsequent migrants. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is 'n studie van die Suid-Afrikaanse regering se reaksie op die immigrasie van Zimbabwiërs na Suid-Afrika, met die klem op die tydperk tussen 2000 en Julie 2009. Die doel is om lig te werp op die regering se optrede in dié tydperk aan die hand van 'n menslike veiligheidsnetwerk. Suid-Afrika se regsverpligtinge onder internasionale, streek- en plaaslike reg, sowel as die etiese debat rakende kwessies soos die binnekoms van immigrante en grense, word ondersoek. Konsepte van moraliteit, universaliteit en menslike waardigheid , staan sentraal tot hierdie bespreking. Teen hierdie agtergrond word die Zimbabwiese migrasie kortliks ontleed in terme van die stukrag-en-trefkrag faktore en getalle; en word die regsdebat oor die klassifisering van Zimbabwiërs onder die loep geneem. Die uitdagings wat Zimbabwiërs in Suid-Afrika in die gesig staar en hoe die regering Zimbabiese immigrasie hanteer het, word bekyk. Onderhoude is gevoer met sleutelspelers in die burgerlike samelewing en die regering in ‗n poging om agter die kap van die byl te kom met betrekking tot die regering se reaksie op Zimbabwiese immigrasie. Die belangrikste standpunte ten opsigte van die regering se optrede word dan bespreek in die lig van faktore soos solidariteit, grondhervorming, en Suid-Afrika se betrokkenheid by die Zimbabwiese mediasieproses. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat die Suid-Afrikaanse regering nie daarin geslaag het om sy regsverpligtinge na te kom nie, en nie eties korrek opgetree het nie met betrekking tot Zimbabwiese immigrante. Die sentimente van oudpres. Thabo Mbeki, die solidariteit onder die nasionale bevrydingsbewegings, en die kapitalistiese belange van sekere Suid-Afrikaners, is van die belangrikste faktore aan die hand waarvan die Suid-Afrikaanse regering se reaksie op die Zimbabwiese immigrasie-krisis verklaar word.
|
263 |
Die rol van gender in die huwelik as sosiale instelling : persepsies van blanke AfrikanerstudenteFreysen, Rouxle 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil (Political Science))--University of Stellenbosch, 2010. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vraag wat in hierdie tesis aangespreek word, is hoe genderrolle in die samelewing geskep
word. Die rol van die huwelik as sosiale instelling word in diepte bespreek en die
funksionaliteit van die instelling word bevraagteken. Genderrolle in die samelewing word
deur sosialiseringsagente gekonstrueer. Die sosialiseringsagente sal in hierdie tesis onder die
loep geneem word en van nader beskou word. Die studie wou die tendens navors dat die
samelewing tans as meer liberaal en nie-tradisioneel gesien word. Dit wil egter voorkom of
hierdie skuif nie werklik in alle instellings plaasgevind het nie. Tradisionele waardes blyk
steeds onderliggend aan sommige instellings in die samelewing te wees en ten grondslag te lê
aan talle instellings.
Die data vir hierdie studie is deur middel van kwantitatiewe asook kwalitatiewe
navorsingsmetodes verkry. Fokusgroepe is gebruik aangesien dit as die basis vir die vraelys
en navorsing sou dien. Die vraelys sou dien om óf navorsing wat reeds bestaan te
bevraagteken, óf om navorsing te bevestig. Vraelyste is of deur middel van ʼn ontmoeting aan
respondente oorhandig of aan respondente wat deur middel van die ‘sneeubal’ effek verkry is,
ge-e-pos. Die kriteria wat gebruik is vir die proefgroep was blanke Afrikaanssprekende
Christelike studente aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie spesifieke groep is gekies
aangesien hulle steeds as tradisioneel gesien kan word in teenstelling met studente wat in die
algemeen as liberaal en vrydenkend gestereotipeer word. Die botsing van waardes is veral
met die fokus op godsdiens ondersoek, en die impak van godsdiens op die huwelik is
bestudeer. Die voltooide vraelyste is statisties verwerk deur gebruik te maak van
STASTISTICA, ʼn elektroniese data-verwerkingsprogram.
In hierdie tesis het sewe breë temas uit die vraelyste na vore gekom. Eerstens word die
huwelik en die nukleêre gesin as belangrike asook noodsaaklike instellings in die samelewing
gesien. Tweedens, word genderrolle in die samelewing gekonstrueer. Derdens, is geloof
fundamenteel in die huwelik. Vierdens is die rol van die vrou in die huwelik om haar man te
ondersteun. Die volgende tema wat beskou word, is dat Afrikaners as kultuurgroep steeds
konserwatief is ten opsigte van hul keuse van ’n huweliksmaat, en dat hulle verkies om slegs
vanuit hul kultuurgroep ’n huweliksmaat te kies. Sesdens beïnvloed die massamedia as
sosialiseringsagent nie werklik persepsies van die huwelik nie, maar eerder seksualiteit.
Laastens is ouers as sosialiseringsagente veral belangrik in terme van die rol van die vrou in
ii
die huwelik. Daar is slegs ten opsigte van persepsies oor seksualiteit, die huwelik asook die
Afrikaner as kultuurgroep, ʼn beduidende statistiese verskil tussen manlike en vroulike
respondente gevind.
Uit die studie blyk dit dus dat genderrolle sosiaal deur die samelewing gekonstrueer word en
dat sekere sosialiseringsagente die raamwerk bied waarin persepsies oor gender gevorm
word. Die huwelik blyk steeds ʼn instelling te wees wat ʼn belangrike rol in die samelewing
vervul. Die verdeling van arbeid in die huwelik blyk problematies te wees aangesien die
toetrede van vroue tot die arbeidsmark, die nukleêre gesin beïnvloed en verander het. Uit die
data wil dit voorkom asof ’n kontras bestaan tussen die nie-tradisonele waardes van die
moderne samelewing en tradisionele idees wat steeds deur godsdiens ondersteun word. / ENGLISH ABSTRACT: The question addressed in this thesis is how gender roles in society are created and
established. The role and function of marriage as a social institution is also discussed. Gender
roles in society are socially constructed, and the socialisation agents responsible for this
construction of values and norms are evaluated. The question, however, was derived from
values in society that seem to adjust to more liberal and non-traditional ideas, especially
regarding marriage and gender roles. However, even if perceptions are favourable toward a
less traditional society, traditional ideas seem to form the basis of many social institutions.
The research was conducted in both a quantitative and a qualitative manner. The reason for
this is that each method fills a specific gap within research. Focus groups acted as the basis
for the questionnaire and further research. The questionnaire acted as a method to either find
support for or contradict existing research. Questionnaires were distributed in meetings with
respondents, and respondents that emerged from the snowball method, were contacted via
email. The sample consisted of white Afrikaans-speaking Christian students on Stellenbosch
University campus who were chosen because of perceptions that students in general are
liberal but Afrikaners as a cultural group are fairly traditional. The conflict between this
group’s norms and perceptions about students in general was researched. The completed
questionnaires were statistically analysed by using an electronic data analysis programme,
STATISTICA.
Seven broad themes emerged as the main findings in this thesis. First, marriage and the role
of the nuclear family in society is a much needed social institution. Second, it became clear
that gender in society is a socially constructed concept. Third, it became apparent that
religion plays a major role as socialisation agent and fulfils a fundamental role within society.
Fourth, the role of women in marriage was clearly seen as that of the supportive wife.
Another theme indicated that that was investigated was that Afrikaners as a cultural group are
still very traditional and conservative, especially with regards to whom they marry. It seems
like Afrikaners still choose marriage partners from within their own cultural group. Sixth, the
mass media also seem to be socialisation agents especially with regards to sexuality. Finally,
parents as socialisation agents play a big role in forming perceptions, especially with regards
to the role of women in society. The study also indicated that there were statistical differences
between male and female respondents, but only with regards to sexuality, marriage and the
Afrikaner as a cultural group.
From the study one could thus argue that gender roles are socially constructed and that
socialising agents provides the framework for perceptions with regards to gender. The role of
marriage in society still seems very important. The division of labour in marriage seems
problematic due to women’s increasing participation in the labour market. It influences the
nuclear family on many levels. There appears to be a contradiction between modern society’s
non-traditional values and the more traditional values regarding marriage and gender roles
still supported by religion.
|
264 |
Transcending the "peace vs. justice" debate: a multidisciplinary approach to transitional justice (sustainable peace) in Northern Uganda after the International Criminal Court’s involvement in 2004Nielsen, Magnus Rynning 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Political Science))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Based on the work of leading theorists within peace and conflict studies, this thesis develops a
theoretical framework in order to analyse the seemingly deadlocked ‘peace vs. justice’ debate
to explore the possibility of expanding the perspectives in a combined approach. It finds that
the debate is based on a narrow perception of both concepts, where they are perceived as
negotiations and punishment respectively. Only through applying such a combined approach
is it thereby possible to move beyond this current situation. This theoretical framework is then
applied on the case of the ongoing conflict in Northern Uganda, where the empirical aspects
of this debate have lasted for the longest period of time since the International Criminal
Court’s involvement in 2004. With basis in the Juba peace agreement from 2008 that would
have balanced retributive and restorative forms of justice, this study finds that the only way to
create sustainable peace is by striking a balance between the transitional justice mechanisms
of the ICC, conditional amnesties and more traditional forms of justice in the affected
communities in Northern Uganda. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Op grond van die werk van voorste teoretici op die gebied van vrede- en konflikstudie,
ontwikkel hierdie tesis teoretiese raamwerk vir die ontleding van die oënskynlik vasgevalle
debat tussen vrede en geregtigheid, ten einde die moontlike verbreding van perspektiewe met
behulp van 'n gekombineerde benadering te ondersoek. Die studie bevind dat die debat tussen
vrede en geregtigheid op 'n baie eng opvatting van dié twee konsepte berus, naamlik dié van
onderhandeling en straf onderskeidelik. Slegs deur 'n gekombineerde benadering toe te pas, is
dit dus moontlik om die huidige toedrag van sake te bowe te kom. Die teoretiese raamwerk
van die studie is vervolgens op die voortslepende konflik in Noord-Uganda toegepas, waar die
empiriese aspekte van dié debat steeds sedert die betrokkenheid van die Internasionale
Strafhof in 2004 voorkom. Met die Juba-vredesooreenkoms van 2008 as uitgangspunt, wat
veronderstel was om 'n balans te vind tussen vergeldende en herstellende vorme van
geregtigheid, bevind dié studie dat volhoubare vrede slegs bereik kan word deur 'n
gebalanseerde kombinasie van die Internasionale Strafhof se
oorgangsgeregtigheidsmeganisme, voorwaardelike amnestie, en meer tradisionele vorme van
geregtigheid in die geaffekteerde Noord-Ugandese gemeenskappe.
|
265 |
Public opinion on land reform in South AfricaSwart, Charl 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Political Science))--Stellenbosch University, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This study explores public opinion on land reform in South Africa using data gathered
by Ipsos-Markinor in nationally representative public opinion surveys conducted in
2004 and 2007, and by an elite survey conducted by Centre for International and
Comparative Politics in 2007.
This study explores whether public opinion on land reform reveals distinct trends that
correlate with the selected socio-demographic variables of race, language, party
affiliation and social status. It is hypothesised that there is an identifiable correlation
between these independent variables and the opinions of respondents on land reform,
with specific groups tending to support land reform whilst other groups tend to reject
it.
The data analyses yielded results that highlight distinct trends in public opinion on
land reform. Responses are clustered around specific characteristics of the
independent variables and point towards distinct groups having specific views on land
reform.
From this set of findings it is inferred that public opinion on land reform illustrates
that certain groups of South Africans have contrasting views of how the rule of law
and transformation should find expression in a democratic society. These
fundamentally differing opinions on key elements of democracy illustrate that South
Africans hold diverging opinions of what constitutes democracy, through adherence
to either the liberal or the liberationist model of democracy. These models were
previously identified as two distinct and diverging interpretations of democracy in
South Africa and were labelled as such. These two models uphold sharply divergent
normative prescriptions of democracy, as well as contrasting prescriptions for various
policies of democratic consolidation, including that of land reform. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Openbare mening oor grondhervorming in Suid-Afrika word in hierdie studie
ondersoek. Die ondersoek maak gebruik van data ingewin deur Ipsos-Markinor in
nasionaal verteenwoordigende openbare meningsopnames uitgevoer in 2004 en 2007,
asook ‘n elite opname wat in 2007 uitgevoer is deur die Sentrum vir Internationale en
Vergelykende Politiek (CICP).
Hierdie studie ondersoek die moontlikheid dat openbare mening ten opsigte van
grondhervorming met geselekteerde sosio-demografiese veranderlikes (ras, taal,
politieke affiliasie en sosiale status) korreleer. Die hipotese is dat daar ‘n
identifiseerbare korrelasie is tussen hierdie onafhanklike veranderlikes en die menings
van die respondente ten opsigte van grondhervorming en dat daar spesifieke groepe is
wat grondhervorming ondersteun en ander nie.
Analise van die data toon duidelike tendense in openbare mening oor die kwessie van
grondhervorming. Menings korreleer wel met die onafhanklike veranderlikes en wys
daarop dat bepaalde sosiale groepe uiteenlopende standpunte het oor
grondhervorming.
Uit hierdie stel bevindinge maak die navorser die afleiding dat daar, binne die Suid-
Afrikaanse bevolking, groepe is met uiteenlopende menings oor hoe die oppergesag
van die reg en transformasie binne ‘n demokrasie uitgeleef moet word. Hierdie
fundamenteel kontrasterende menings ten opsigte van hierdie sleutelelemente van
demokrasie, illustreer dat Suid-Afrikaners uiteenlopende menings oor demokrasie het
in die vorm van ondersteuning van hetsy die liberale- of bevrydingsmodelle van
demokrasie. Hierdie modelle is as twee duidelike en afsonderlike interpretasies van
demokrasie voorgestel en beskryf. Hierdie twee modelle verteenwoordig skerp
uiteenlopende normatiewe beskouinge oor demokrasie, en bied daarmee saam,
botsende beleidsvoorskrifte aan vir demokratiese konsolidering, insluitende beleid oor
grondhervorming.
|
266 |
Crime as deterrent to sustainable tourism growth? : perspectives on the impact of crime on tourism in the Western CapeDalhousie, Landi 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This study analyses the impact of crime on sustainable tourism growth in the Western
Cape. It investigates tourists' perceptions of crime in the province and the role of the
media in creating or influencing these perceptions. This study also provides an
overview of the most important government initiatives and policies that have been
undertaken and implemented at local, provincial and national levels. These policies
are discussed and evaluated to determine whether it has in fact brought or encouraged
sustainable tourism growth in the Western Cape.
A survey, with a sample size of 25 respondents was undertaken during the period of
April to June 2005 and comprised 13 tour operators, eight tourism bureaus and four
travel agencies, which are all based in the Western Cape. The aim of the study was to
gain insight into the travel motivations and patterns of the thousands of tourists that
visit the province every year and their perceptions regarding crime, from the
viewpoint of these primary producers (i.e. the travel intermediaries) in the tourism
production system.
Crime does not only affect residents, but also has an impact on tourist behaviour and
deters visitors from visiting a country, as most tourists are risk-aversive and consider
such factors when deciding on a destination. Only a small number of tourists are
disappointed with the crime situation when visiting the Western Cape, but the
majority of tourists still regard it as a serious problem, and possible deterrent, of the
province. These perceptions do have a tendency to change more positively once
tourists have visited the area. Nevertheless, respondents feel obliged to warn tourists
against crime or give them advice about their safety and security.
The various levels of government are committed towards improving safety and
security in South Africa and numerous policies and initiatives have been developed
and implemented. However, most do not specifically focus on crimes against tourists.
Safety and security is considered as a prerequisite for a successful tourism industry,
thus both local residents and tourists should receive equal attention with regards to
safety and security from the government. However, many respondents are unaware of
the existence of the government's initiatives to combat crime, which raises doubts about the effectiveness of these initiatives, their implementation and their intended
benefits. The government should formulate comprehensive and constructive
provincial policies in order to address the potentially detrimental impacts of crime on
sustainable tourism growth in the Western Cape. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie analiseer die impak van misdaad op volhoubare toerisme groei in die
Wes-Kaap. Dit ondersoek toeriste se persepsies van misdaad in die provinsie en die
rol van die media om hierdie persepsies te beinvloed. Die studie gee 'n oorsig oor die
belangrikste regeringsinisiatiewe en -beleide wat geimplimenteer is op plaaslike,
provinsiale and nasionale vlakke. Hierdie beleide word bespreek en geevalueer om
vas te stel of dit daadwerklik volhoubare toerisme groei in die Wes-Kaap
bewerkstellig en aanmoedig.
'n Opname met 'n steekproef van 25 respondente was onderneem gedurende April tot
Junie 2005. Die steekproef sluit in 13 toer operateurs, agt toerismeburo's en vier
reisagentskappe, almal gebasseer in die Wes-Kaap. Die doel van die studie was om
insig te kry oor die motivering en reispatrone van die toeriste wat jaarliks die
provinsie besoek, asook wat hul persepsies oor misdaad is soos waargeneem deur die
primere produsente (d.w. s. reisbemiddelaars) in die toerisme produksiesisteem.
Misdaad affekteer nie net inwoners nie, maar het ook 'n impak op toeriste se gedrag
en kan selfs toeriste weerhou daarvan om die land te besoek, want veiligheid en
sekuriteit is van die belangrikste oorwegingsfaktore wanneer daar besluit word om 'n
land te besoek. Slegs 'n paar toeriste is teleurgesteld met die misdaad situasie wanneer
hulle die Wes-Kaap besoek, maar die meerderheid beskou dit steeds as 'n ernstige
probleem, of selfs afskrikmiddel, in die provinsie. Hierdie persepsies is geneig om te
verander nadat die toeriste die area besoek het. Respondente beskou dit egter steeds as
hul plig om toeriste teen misdaad te waarsku.
Op verskeie vlakke van regering word daar voortdurend gestreef na veiligheid en
sekuriteit in Suid-Afrika te verbeter. Verskeie regeringsbeleide en inisiatiewe is al
ontwikkel en geimplimenteer, maar die meeste fokus nie spesifiek op misdaad teen
toeriste nie. Veiligheid en sekuriteit word beskou as 'n voorvereiste vir 'n suksesvolle
toerisme industrie, daarom moet beide inwoners en toeriste dieselfde aandag met
betrekking tot veiligheid en sekuriteit van die regering ontvang. Dis egter
kommerwekkend dat meeste van die respondente onbewus is van hierdie inisiatiewe
om misdaad te bekamp. Die regering moet fokus daarop om 'n omvattende en konstruktiewe provinsiale beleid te formuleer om sodoende die nadelige impak van
misdaad op volhoubare toerismegroei in die Wes-Kaap aan te spreek.
|
267 |
Patents versus patients : global governance and the role of civil society in South Africa's quest for affordable drugsKarlsbakk, A. 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis is an explanatory study into civil society's increased influence in global
governance. More specifically this situation is examined by looking at the generic medicine
debate that came in the wake of the passing of the Medicines and Related Substances Act by
the South African government in 1997. This debate gained worldwide attention and touched
some of the prevailing inequalities between the developed world and the developing world in
our globalised society. The research question that is addressed here is to what extent did civil
society influence the signing of the Doha Declaration of the TRIPS Agreement and Public
Health by the members of the World Trade Organisation (WTO) in 2001? In doing so, this
thesis looks at the role of the US government, the South African government, the
pharmaceutical industry, the WTO's TRIPS Agreement and civil society in the form of nongovernmental
organisations like Treatment Action Campaign (TAC), Oxfam and Medecines
Sans Frontieres (MSF).
The study applies a constructivist approach in order to analyse how civil society used global
advocacy networks to inform and communicate the normative concerns regarding South
Africa and developing countries' lack of access to HIVand AIDS drugs. Moreover, it
examines how civil society's use of moral authority challenged the regulative power of the
WTO.
The study concludes that civil society played a vital role in influencing the WTO member
states' decision to sign the Doha Declaration on the TRIPS Agreement and Public Health.
However, it was not only civil society's ability to set the agenda concerning the HIV/AIDS
pandemic, but also the content of the normative concerns themselves that help explain its
success. Consequently, the study further concludes that civil society's success in this specific
case must be seen in light of its growing influence in challenging global governance. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is 'n verduidelikende studie van die burgerlike samelewing se groeiende invloed
in globale regering. Hierdie situasie word meer spesifiek ondersoek deur te kyk na die
generiese medisyne debat wat gevoer is na die Suid-Afrikaanse Regering die Medisyne en
Verwante Stowwe Wet van 1997 goedgekeur het. Hierdie debat het wêreldwye aandag geniet
en het geraak aan sommige van die bestaande ongelykhede wat daar heers tussen die
ontwikkelde en ontwikkelende wêreld in die geglobaliseerde samelewing.
Die navorsingsvraag wat hier aangespreek word is tot watter mate die burgerlike samelewing
die ondertekening van die Doha Verklaring van die TRIPS Ooreenkoms en Publieke
Gesondheid deur lede van die Wêreld Handelsorganisasie (WHO) in 2001 beïnvloed het.
Deur dit te doen, sal hierdie tesis kyk na die rol van die Amerikaanse regering, die Suid-
Afrikaanse regering, die farmaseutiese bedryf, die WHO se TRIPS Ooreenkoms en die
burgerlike samelewing in die vorm van nie-regerings organisasies soos die Treatment Action
Campaign (TAC), Oxfam en Medecines Sans Frontieres (MSF).
Die studie maak gebruik van 'n konstruktiwistiese benadering om 'n analise te doen van hoe
die burgerlike samelewing globale ondersteunings netwerke gebruik het om die normatiewe
besorgdhede wat heers oor die tekorte in Suid-Afrika en die ontwikkelende lande ten opsigte
van toegang tot MIV en VIGS medisyne, toe te lig en te verkondig. Verder ondersoek die
studie hoe die gebruik deur die burgerlike samelewing van morele gesag die regulerende mag
van die WHO uitgedaag het.
Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die bugerlike samelewing 'n uiters belangrike rol
gespeel het in die WHO lidlande se besluit om die Doha Verklaring van die TRIPS
Ooreenkoms en Publieke Gesondheid te onderteken. Dit was egter nie net die burgerlike
samelewing se vermoë om die agenda daar te stel ten opsigte van die MIV/VIGS pandemie
nie, maar ook die inhoud van die normatiewe besorgdhede self wat bygedra het om hierdie
sukses te verduidelik. Gevolglik kom die studie tot die verdere gevolgtrekking dat die
burgerlike samelewing se sukses in hierdie spesifieke geval gesien kan word in die lig van sy
groeiende invloed in die uitdaging van globale mag en gesag.
|
268 |
The changing nature of conflict in Africa : challenges for the United NationsWeldon, Catherine Leigh 04 1900 (has links)
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 2006. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: The nature of conflict in Africa has changed from the Cold War to the post-cold War
era. This is evident in the internal and external factors and actors involved within the
conflict dynamics. During the Cold War era politics and the quest for control of the
state formed the basis for conflicts in Africa, from anti-colonial wars of independence
and liberation struggles to secessionist attempts. In the post-Cold War era with the
loss of external superpower support, this has changed with the growing significance
of identity politics, and conflicts based on the differences of ethnicity, religion and the
quest for the control of resources and land, characterised by extreme violence and the
rise of actors other than the state, within failed and collapsed states. These conflicts
have thus presented challenges to the United Nations (UN) in relation to its traditional
means of maintaining international peace and security, and the internal dynamics of
the decision-making processes, political will and accompanying resources and
financial factors within the organisation. The challenges faced by the UN in Africa
therefore lie not only within the nature of conflict and the nature of the African state
but also within the internal constraints inherent within the organisation itself. The
conflicts in Mozambique and Rwanda respectively represent how the nature of
conflict has changed in Africa from the Cold War to the post-Cold War era and both
illustrate the challenges the UN has faced in light of the changing nature of African
conflict. While Mozambique offers an example of a typical Cold War conflict, based
on the quest for control of the state and exacerbated by superpower support, Rwanda
represents an example of a typical post-Cold War internal conflict based on identity
politics and extreme violence manifest as genocide. By comparing and contrasting
these two conflicts, and the subsequent involvement of UN peace maintenance
operations in these conflicts, this thesis offers a comparative study of "old" and "new"
wars in Africa in order that a better understanding of the nature of conflict in Africa
can be reached and to illustrate the challenges faced by the UN in light of this
changing nature of conflict. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aard van konflik in Afrika het vanaf die tydperk van die Koue Oorlog tot die na-Koue
Oorlog tydperk aansienlik verander. Dit is in die innerlike en uiterlike faktore
en akteurs wat by die konflik betrokke is waarneembaar. Gedurende die Koue Oorlog
tydperk was interstaatlike konflik 'n hoofkenmerk. Dit was ook die fase van antikoloniale
oorloë wat dikwels met eksterne steun geveg is. In die na-Koue Oorlog
tydperk met die verlies van uiterlike supermoondheid ondersteuning, het interne
konflik binne swak state dikwels oor die beheer van skaars hulpbronne, of oor
identiteit en griewe gegaan. Die konflik het uitdagings aan die Verenigde Nasies (VN)
gestel wie se vredesregime kwalik vir rebelle en kindersoldate voorsiening gemaak
het. Dit het ook eise gestel aan die politieke wilskrag van lede van die Veiligheidsraad
om in dergelike konflikte betrokke te raak. Die uitdaging vir die VN in Afrika lê dus
nie net in die aard van konflik en die aard van die staat in Afrika wat verander het nie,
maar ook in nuwe eise vir vrede. Die twee gevallestudies van die konflik in
Mosambiek en Rwanda demonstreer hoe hierdie aard van konflik verander het, en hoe
moeilik dit is om vrede te maak waar akteurs (rolspelers) kwalik binne konvensionele
raamwerke hanteer kan word. Waar Mosambiek 'n voorbeeld van 'n tipiese Koue
Oorlogse konflik was - stryd vir die beheer oor die staat en aangevuur deur
supermoonhede, is Ruanda weer 'n meer eietydse voorbeeld van 'n tipiese na-Koue
Oorlogse interne konflik, gebaseer op identiteitspolitiek wat met ekstreme geweld en
volksmoord gepaard gegaan het. Hierdie tesis bied 'n vergelykende studie van sulke
"ou" en "nuwe" oorloë in Afrika en bied moontlik 'n beter begrip van die aard en
oplossing van sulke konflikte wat by uitstek nuwe uitdagings aan die tradisionele
opvattings van die VN stel.
|
269 |
Aspekte van die openbare beleidproses in Suid-Afrika met spesiale verwysing na die waterbeleid (1994-1999)Van Wyk, Jo-Ansie Karina 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This dissertation presents aspects of the public policy process in South Africa with
specific reference to water policy between 1994 and 1999. For the purposes of this
research, the definition of water policy coincides with the government's definition
as contained in the Reconstruction and Development Programme (RDP), the
Growth, Employment and Redistribution Programme (GEAR), white papers, bills
and legislation.
Water policy is a broad subject and is approached from a social sciences focus in
this study, in that it uses the fulfilment of human needs as a point of departure.
Water policy that applied before 1994 was based on water legislation of 1956, as
well as some eighty different Acts that were fragmented between a number of
institutions. The focus was on water rights, linked to property rights from which
the majority of South Africans were excluded. In the implementation of policy
attention was mainly paid to engineering achievements.
The acknowledgement that water resources are limited in South Africa, as well as in
the rest of the world, and the increasing demands on these sources, focused the
attention anew on responsible water policy.
Since South Africa's transition to an inclusive political democracy in 1994, a variety
of far-reaching changes took place with regard to political decision-making and the
public policy process. Not only did the policy-making process change, but policy
goals, actors, structures and organisations also changed. It is clear that the policy
agenda differs significantly from that of the period preceding 1994. In this study,
the context within which policy renewal took place in South Africa since 1994, has
been presented, and the policy process that new water legislation was subjected to,
is described. The role of policy actors and communities - in line with the principles
of the Constitution of 1996 that encourage public participation in the democracy - is
considered. The implementation of the new water policy could unfortunately not
be evaluated as it has only been promulgated a year ago.
This study serves as an introduction to a research area which has received little
attention thus far and that has potential for further research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word aspekte van die openbare beleidproses in Suid-Afrika
ondersoek met spesiale verwysing na waterbeleid tussen 1994 en 1999.
Waterbeleid is vir die doeleindes van hierdie studie omskryf soos in die regering se
HOP, GEAR, witskrifte, wetsontwerpe en wetgewing.
Waterbeleid is 'n breë onderwerp wat in hierdie studie vanuit 'n sosiaal
wetenskaplike hoek benader is, naamlik dat daar aan basiese menslike behoeftes
voldoen moet word. Die waterbeleid wat voor 1994 gegeld het, was gebaseer op
die Waterwet van 1956, asook wetgewing wat oor tagtig wette versprei was en deur
'n aantal instellings gefragmenteer is. Die klem het geval op waterregte, gekoppel
aan eiendomsregte waarvan die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking
uitgesluit was. Klem is ook gelê op ingenieursprestasies in die uitvoering van
beleid.
Die besef dat waterbronne wêreldwyd en in Suid-Afrika beperk is met toenemende
aansprake wat daarop gemaak word, het opnuut die aandag op verantwoordelike
waterbeleid gevestig.
Sedert Suid-Afrika se oorgang na 'n inklusiewe politieke demokrasie in 1994 is
verskeie verreikende veranderings ten opsigte van politieke besluitneming en die
openbare beleidproses ingestel. Nie alleen het die beleidmakingsproses verander
nie, maar beleidsdoelwitte, -akteurs, -strukture en -organisasies het ook verander.
Kortom, die beleidagenda verskil van die periode voor 1994. In hierdie studie is
die konteks van beleidvernuwing in Suid-Afrika na 1994 geskets, en die
beleidproses waardeur nuwe waterwetgewing gegaan het, is beskryf. Die rol van
beleidakteurs en -gemeenskappe - in lyn met die beginsels van die Grondwet van
1996 wat openbare deelneming aan die demokratiese bestel aanmoedig - is
ondersoek. Die implementering van die nuwe waterbeleid kon egter nie geëvalueer
word nie, aangesien dit skaars 'n jaar gelede gepromulgeer is.
Hierdie studie dien as 'n inleiding tot 'n navorsingsveld wat steeds braak lê met
moontlikhede vir verdere navorsing.
|
270 |
Foreign direct investment through privatisation of state-owned enterprises : a comparative analysis of South Africa and ZambiaMasindi, Ntungufhadzeni Austin 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This assignment seeks to explore the role of privatisation in attracting foreign
direct investment (FDI) to South Africa and Zambia. In doing this, literature
review method based on primary and secondary documentary sources have
been utilised. In order to attract FDI, the study revealed that it is necessary to
get the policy environment right. Creating an investor-friendly environment
which promises good return on investment in line with the international
"regulatory" framework - the World Bank's International Finance Corporation
(IFC) and Multilateral Investment Guarantee Agency (MIGA) and the World
Association of Investment Promotion Agencies (WAIPA) requirements - is
therefore significantly important.
The World Bank regards Zambia's privatisation programme as the model for
Africa. South Africa finds itself in a contradictory position. On the one hand it
is the leading economic power in Africa, while on the other hand it still lags
behind in terms of restructuring its parastatals. Privatisation programme in
South Africa has been very slow. However, the government and other
stakeholders, particularly in 1997, have been trying to get privatisation off the
ground.
The conclusion is that both South Africa and Zambia succeeded in attracting
FDI through their processes of privatisation. In both countries major FDI
inflows have been an outcome of privatisation. FDI is important for creating
employment, debt reduction, empowerment, transfer of technology and
managerial skills. However, these countries follow different approaches to
privatisation. Due to the slow privatisation pace in South Africa, it is
recommended that South Africa learn from Zambia's approach and
experience. This would enable South Africa to fully explore some of the
benefits of privatisation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie opdrag ondersoek die rol van privatisering in die trek van direkte
buitelandse beleggings (DBB) in Suid-Afrika en Zambie. Ten einde hierdie
doelstelling te kon bereik is 'n literere oorsig van primere en sekondere
bronne gedoen. Hierdie studie het bevind dat 'n gunstige beleidsomgewing
DBB sal trek. Die skep van 'n beleggings-vriendelike omgewing wat goeie
dividende beloof en in Iyn is met die internasionale "regulerende" raamwerk -
die Wereldbank se International Finance Corporation (IFC), Multilateral
Investment Guarantee Agency (MIGA) en World Association of Investment
Promotion Agencies (WAIPA) - se vereistes is van kardinale belang.
Die Wereld Bank beskou Zambie se privatiseringsprogram as die model
program vir Afrika. Suid-Afrika bevind haarself in 'n teenstrydige posisie. Aan
die een kant is sy Afrika se voorste ekonomiese moondheid, en aan die
anderkant is die programme om haar staatsondernemings te herstruktureer
nog in hul kinderskoene. Privatiseringsprogramme in Suid Afrika het tot
dusver baie stadig verloop. In 1997 het die regering en ander
belanghebbende partye egter privatisering van die grond af probeer kry.
Die konklusie is dat beide Suid-Afrika en Zambie daarin geslaag het om DBB
te lok met hul privatiseringsprogramme. In beide lande was groot DBB die
uitkoms van privatisering. DBB is belangrik om werk te skep, skuld
vereffening, bemagtiging, en die oordrag van tegnologie en
bestuursvaardighede. Hierdie lande volg egter verskillende benaderings tot
die privatiseringsproses. Vanwee die stadige privatiseringsproses in Suid
Afrika word die voorstel gemaak dat Suid-Afrika by Zambie leer in hul
benadering en ervaring. Dit sal Suid-Afrika toelaat om al die voordele van
privatisering te ontdek.
|
Page generated in 0.1549 seconds