Spelling suggestions: "subject:"chemosystematic theology."" "subject:"thesystematic theology.""
61 |
Selfloos en sosiaal? : 'n ontleding van Michael Welker se teologie van die geesVan Der Westhuizen, Henco 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study is undertaken in the wake of an increase in publications on the work of the Holy Spirit, on the one hand, and Analphabetisierung, an inability to think and talk about the Spirit on the other. The study endeavours to find a theologically-responsible way of reflecting on the Spirit by specifically focussing on the German systematic theologian Michael Welker’s theology of the Spirit and by offering an in-depth analysis of this theology.
Chapter I shows that the relationship between the Spirit and the Word functions as the foundation of Welker’s theology of the Spirit. At the same time the relationship between Spirit and Word serves as vital background to Welker’s theology as this realistic theology best typifies Welker’s methodology.
In Chapter II, Welker’s use of the concept of “Selbstlosigkeit” serves a key to understanding his theology of the Spirit: it is argued that the Spirit is selfless. The chapter offers a detailed description and analysis of Welker’s views on the relationship between the Spirit and Chirst.
In Chapter III the theologically-significant concepts “sozial”, “soziale Sphäre”, and “öffentlich” are used to further explain Welker’s theology of the Spirit. It is the Spirit who establishes a social sphere in the world, which Welker also describes as the “public person” of the Spirit.
Chapter IV investigates the unique nature of this selfless and social Spirit. While the interconnectedness between the Spirit and the Son and the Spirit and the Creator has been analysed in the previous chapters, this focus shifts to what Welker attributes to the Holy Spirit in particular. The Spirit is reflected upon in light of the confession of the church of all ages to show that the self in the sphere of the Spirit becomes known by social sensitivity and self- and social criticism. In conclusion the study indicates how Welker intentionally develops his theological frame of thought on the Spirit in the light of the relationship between the respective theological frames of thought of Schleiermacher and Barth. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dié studie word onderneem in die gees van ‘n opbloei in die werke oor die Heilige Gees aan die een kant, en ‘n Analphabetisierung, ‘n gebrekkige vermoë om oor die Gees te dink en praat aan die ander kant, op soek na maniere om wél teologies verantwoordelik oor die Gees na te dink. Die studie fokus spesifiek op die Duitse sistematiese teoloog Michael Welker se Teologie van die Gees en wil die struktuur van dié Teologie ondersoek en in diepte ontleed.
In hoofstuk I word getoon dat die verhouding tussen die Gees en die Woord as die saadbed van Welker se Teologie van die Gees gesien kan word. Hierdie agtergrond is onontbeerlik om Welker se teologie te verstaan, omdat hierdie realistiese teologie as beste tipering van sy metodologie dien.
In hoofstuk II word die begrip van “Selbstlosigkeit” gebruik om hierdie Teologie van die Heilige Gees te ondersoek. Die Gees, volgens Welker, só word geargumenteer, is selfloos. In die hoofstuk word die verhouding tussen die Gees en Christus in diepte bestudeer.
In hoofstuk III word die gelaaide begrippe, “sozial”, “soziale Sphäre”, en “öffentlich” gebruik om die struktuur van sy Teologie van die Heilige Gees verder te beskryf. Die Gees vestig ‘n sosiale sfeer in die wêreld, wat Welker ook beskryf as die “publieke persoon” van die Gees.
In hoofstuk IV word die besondere aard van hierdie selflose en sosiale Gees dan ondersoek. Waar die interkonneksie tussen die Gees en die Seun en die Gees en die Skepper ontleed is, word in hierdie hoofstuk gefokus op dit wat Welker in besonder aan die Heilige Gees toeskryf. In die hoofstuk word die Gees in die lig van die belydenis van die kerk van alle tye en streke ondersoek, en word dit duidelik dat die self in die sfeer van die Gees geken word aan self-kritiek, sosiale sensitiwiteit, en sosiale kritiek. Ten slotte word aangedui dat en hoe Welker sy denkraamwerk oor die Gees doelbewus ontwikkel in die lig van die verhouding tussen die denkraamwerke van Schleiermacher en Barth.
|
62 |
'n Praktiese-teologiese besinning oor die betekenis van Artikel 4 van die belydenis van Belhar as grondslag vir die vestiging van 'n teologie van ontwikkeling in die Vereniging Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika(VGKSA)Beukes, Jacques Walter 04 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: In this study, the researcher studied the Belhar Confession of the Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA), which gained shape following the social injustices that resulted from the policy of apartheid. The researcher argues that the Belhar Confession, especially Article 4 of the said confession, forces URCSA to establish a Theology of Development within their structures.
While URCSA‟s role (Dutch Reformed Mission Church and the Dutch Reformed Church in Africa pre-1994) during the apartheid era was that of resistance, the church‟s role in a post-apartheid South African context was supposed to change to reconstruction and assistance. But was this the case?
The researcher compared the South African socio-economic context before and after apartheid, and judged whether or not the ANC‟s “better life for all” campaign of 1994 made a significant difference in the post-apartheid South Africa. Did the new constitution make a difference in terms of the socio-economic situation of the country? Did the ANC campaign honour their word and did it result in a better life for all? Although the researcher argued that certain areas did change and differences were achieved, the researcher is convinced that poverty in South Africa is still a real problem – in the country and the rest of the world.
Based upon this judgment, the researcher is of the opinion that given the current socio-economic situation of the country, the Belhar Confession is now more than ever relevant and exactly therefore should be the basis and motivation for the church to serve and be involved in the fight against poverty in South Africa.
This motivation for the church to be involved is also justified according to the Bible. Through this justification and Biblical cry the church is challenged to not only rely on welfare projects in their role as poverty combaters. Here the researcher uses the generation theories of David Korten as support to make it clear that although welfare projects (generation one/two modes of engagement) address the immediate needs of the poor, they do not however address the root of the real poverty problem. The researcher also proposed a third/fourth generation mode of involvement from the church to combat poverty through systemic and asset-based systems and influence policies at various levels of government to address the poverty problem. Yet, even a third/fourth generation approach would not be sufficient on its own. The researcher suggests that the church should simultaneously implement generations 1 to 4 modes of engagement in order to be able to play an active role. Nonetheless, the intriguing questions are, is the church not already doing all of this? What role does Badisa play in all of this? Don‟t local churches, presumably, hide behind Badisa as an answer in their own involvement in the fight against poverty? Even if the church is involved in various modes of engagement, is it Belhar Confession driven?
The researcher is convinced that the church is forced to stay involved in the fight against poverty at all levels. The Belhar Confession is an ecclesial theological response to the poverty and injustice context of South Africa because of the theological content of the confession as well as the context in which it originated. The confession originated in a context of racial segregation, religious apartheid and the theological justification of apartheid as well as large scale socio-political and socio-economical wrongdoing.
Currently, there is still widespread poverty and socio-economic injustice in South Africa that make the Confession of Belhar relevant. Therefore, URCSA cannot help but to be involved because a church that belongs to God and confesses a confession like Belhar is called to stand where God stands, amongst the poor. This means that the church must witness and act against injustice and against all the powerful who selfishly seek only their own interests. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie bestudeer die navorser die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) se Belydenis van Belhar, wat beslag gekry het na aanleiding van die sosiale ongeregtighede wat die gevolg van die beleid van apartheid was. Die navorser argumenteer dat die Belydenis van Belhar, maar veral Artikel 4 van die genoemde belydenis, die VGKSA noop om ‟n Teologie van Ontwikkeling in die betrokke kerk te vestig.
Waar die VGKSA in die apartheidsera (toe die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika, onderskeidelik) se rol tydens die apartheidsera dié van weerstand was, moes die kerk se rol in ‟n post-apartheid Suid-Afrikaanse konteks na een van rekonstruksie en bystand verander. Is dit egter die geval?
Die navorser vergelyk die Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese konteks voor en na die apartheidsbestel en oordeel of daar na aanleiding van die ANC se “better life for all” veldtog van 1994 ʼn wesenlike verskil in post-apartheid Suid-Afrika is. Het die nuwe grondwet ʼn verskil gemaak in terme van die sosio-ekonomiese situasie van die land? Het die ANC-veldtog hulle woord gestand gedoen en ʼn beter lewe vir almal tot gevolg gehad? Alhoewel daar op sekere gebiede veranderinge en verskille bewerkstellig is, is die navorser oortuig dat armoede in Suid-Afrika steeds ʼn wesenlike probleem in die land, maar selfs ook in die wêreld is.
Op grond hiervan oordeel die navorser dat, gegewe die huidige sosio-ekonomiese situasie van die land, die Belydenis van Belhar stééds relevant is en dit juis as grondslag en as beweegrede vir die kerk moet dien vir daadwerklike betrokkenheid in die stryd teen armoede in Suid-Afrika.
Hierdie motivering word ook Bybels geregverdig en die kerk word uitgedaag om nie net op welsynsprojekte staat te maak in hulle rol as armoedebestryders nie. Hier gebruik die navorser die generasieteorieë van David Korten ter ondersteuning en maak dit duidelik dat alhoewel welsynsprojekte (generasie een/twee modusse van betrokkenheid) die onmiddellike nood van armes aanspreek, dit nie die wortel van die kwaad aanspreek nie. Die navorser hou wel voor dat die kerk na die derde/vierde generasie modusse van betrokkenheid moet beweeg wat sistemiese en bategerigte stelsels vir die verligting van armoede tot gevolg het en beleide op verskeie regeringsvlakke moet aanspreek. Tog kan dit ook nie alleen gebeur nie. Die navorser stel voor dat die kerk tegelykertyd op generasie 1 tot 4 modusse van betrokkenheid moet fokus om sodoende ʼn daadwerklike rol te kan speel. Die vrae is egter: Doen die kerk dit nie reeds nie? Watter rol speel Badisa hierin? Skuil plaaslike gemeentes nie dalk agter Badisa as antwoord in hulle eie betrokkenheid tot die stryd teen armoede nie?
Die navorser is oortuig dat die kerk, in alle gestaltes waarin sy haar bevind, genoodsaak word om betrokke te bly in die stryd teen armoede op alle vlakke. Die Belydenis van Belhar is ‟n kerklik-teologiese respons op die armoede en ongeregtigheidsituasie in Suid-Afrika vanweë die teologiese inhoud van die belydenis sowel as die konteks waarin dit ontstaan het. Die belydenis het sy ontstaan gehad in ‟n konteks van rassesegregasie, kerklike apartheid en die teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid asook grootskaalse sosio-politieke/ekonomiese ongeregtigheid.
Vandag heers daar steeds grootskaalse armoede en sosio-ekonomiese ongeregtigheid in Suid-Afrika wat die belydenis steeds relevant maak. Daarom kan die VGKSA nie anders nie, want ‟n kerk wat hierdie belydenis bely en ‟n kerk wat aan God behoort, is geroep om te staan waar God staan, saam met die armes. Dit hou in dat die kerk sal getuig teen onreg en teen alle magtiges wat uit selfsug slegs hulle eie belange sou soek al word ander daardeur benadeel.
|
63 |
Corporate governance? : an ethical evaluation of the Second King report in the light of Peter Ulrich's integrative economic ethicsHöver, K. Hendrik W. 04 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2004 / ENGLISH ABSTRACT: This assignment is an ethical evaluation of the Second King Report on Corporate
Governance. I focus on the relationships between the shareowners, the management
and all stakeholders other than shareowners. The instrument used to assess the report
is the concept of Integrative Economic Ethics shaped by Peter Ulrich.
The Second King Report argues that a company should meet besides its economic
needs as well as social and environmental objectives. Therefore, the company has to
take responsibility for creating 'sustainable' value in all these three areas.
Stakeholders have to be approached inclusively and pro-actively. These are new
primary business imperatives due to the increasing social power of companies.
However, the report is based upon a one dimensional approach in which the economic
bottom line is decisive, and social and environmental interests are only considered if
they serve the sustainability of business success. Likewise the inclusive stakeholder
approach is a shortcoming, because stakeholder interests are not regarded as
legitimate claims within a moral discourse in which all those citizens partake that are
affected or involved by the company's activities. Not legitimacy but the stakeholders'
relevance for the 'shareowner value' is the determining argument. Conflicting moral
claims are not solved by good reasons, but are decided on a priori in favour of the
company's overriding goal, which is to make profit. Profit orientation of a company,
however, is not an empirical 'fact' but a normative choice, which is for or against
specific interest groups and as such has to be legitimised in a moral discourse. Since
the report does not subordinate profit orientation under the primacy of ethics, its
whole corporate ethical concept is shaped by 'functionalism' even to the extent, that
'ethics' itself is viewed as an economic 'factor'. Yet, this contradicts the controversial
and un-objective nature of ethics. In conclusion the report's entire argument is based
upon pure strategic economic grounds and, thus, cannot be considered as ethical at all.
Shifting the social and environmental corporate responsibility to the market system is
based upon unfounded belief in the 'metaphysics of the market'. This, however, does
not lie in the enlightened self-interest of a corporate citizen, as the market is merely
ruled by power and counter-power - which is only beneficial for those specific
societal groups with the sufficient monetary power to stay competitive. On the
contrary, the equality of all citizens in a deliberative democracy must be safeguarded.
The liberal idea of a just and well-ordered society implies the understanding of the company as a corporate citizen. As such its corporate ethics has to entail not only
securing a company's integrity through business principles, but also a socio-political
co-responsibility which obliges the company to shape the framework of market
competition to enable life-conducive value creation. The general public of free and
mature citizens is the locus where all claims, including corporate ones, have to be
morally justified. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk evalueer die tweede King Report on Corporate Governance for
South Africa, wat op die verhouding tussen die aandeelhouers (shareowners), die
bestuur (management), en aIle deelhebbers (stakeholders) buiten die aandeelhouers
fokus. Die Integrative Economic Ethics-konsep, ontwikkel deur Peter Ulrich, is die
instrument wat gebruik is om die verslag te beoordeel.
Die tweede King-verslag vereis dat 'n maatskappy nie aIleen aan sy ekonomiese
behoeftes voldoen nie, maar ook dat hy sy sosiale en omgewingsmikpunte haal.
Daarom moet die maatskappy verantwoordelikheid neem om volhoubare waarde in
elk van hierdie drie areas te skep. Deelhebbers moet inklusief en proaktief genader
word. Hierdie is nuwe prirnere sake-imperatiewe, as gevolg van die toenemende
sosiale mag van maatskappye.
Die verslag is egter op 'n eendimensionele benadering gegrond, naamlik dat
ekonomiese kwessies beslissend is (economic bottom line) en sosiale en
omgewingsbelange slegs in ag geneem word wanneer hulle volhoubare sakesukses
bevorder. Die 'inklusiewe deelhebber benadering' (inclusives stakeholder approach)
skiet eweneens te kort, aangesien deelhebbers se belange nie erken word as regmatige
eise binne 'n morele diskoers waaraan alle burgers deelneem wat geraak word deur, of
betrokke is by, die maatskappy se aktiwiteite nie. Die deurslaggewende argument is
nie regmatigheid nie, maar eerder die relevansie van die deelhebber se waarde vir die
aandeelhouer. Strydige morele eise word nie deur goeie redenasie opgelos nie - daar
word eerder a priori ten gunste van die maatskappy se oorheersende doel besluit, wat
is om wins te maak. Winsorientasie van 'n maatskappy is egter nie 'n empiriese feit
nie, maar 'n normatiewe keuse, wat vir of teen gegewe belangegroepe is, en as sodanig
in 'n morele diskoers geregverdig moet word. Aangesien die verslag nie bereid is om
winsorientasie ondergeskik aan etiese voorrang te stel nie, word die hele korporatiewe
etiese konsep gevorm deur "funksionalisrne", selfs tot die mate dat etiek self as 'n
ekonomiese faktor gesien word. Tog is dit strydig met die kontroversiele en nieobjektiewe
aard van etiek. Ten slotte is die verslag se hele argument gebaseer op 'n
suiwer strategies-ekonomiese grondslag, en kan dit dus glad nie as eties beskou word
rue.
Die keuse om sosiaal- en orngewingsgerigte korporatiewe verantwoordelikheid na die
markstelsel te oor te skuif, is gebaseer op 'n ongegronde geloof in die "rnetafisika van die mark" (metaphysics of the market). Dit is egter nie in die ingeligte selfbelang van
'n korporatiewe burger nie, siende dat die mark deur mag en teen mag regeer word -
wat slegs voordelig is vir die spesifieke groepe in die gemeenskap wat genoegsame
rnonitere mag het om te kompeteer. In teenstelling daarmee, moet die gelykheid van
alle burgers in 'n oorleggende demokrasie beskerm word. Die liberale konsep van 'n
juiste en goedgeordende gemeenskap impliseer 'n begrip van 'n maatskappy as 'n
korporatiewe burger. Korporatiewe etiek as sulks moet nie alleen 'n maatskappy se
integriteit deur maatskappybeginsels verseker nie, maar ook 'n sosio-politiese medeverantwoordelikheid
meebring, wat die maatskappy verplig om die raamwerk van
markmededinging te vorm om sodoende lewensbevorderlike waardeskepping
moontlik te maak. Die algemene publiek van vrye en volwasse burgers is die lokus
waar alle eise, insluitend korporatiewe eise, moreel geregverdig moet word.
|
64 |
Not by might, nor by power : a history of the Igreja Reformada em Moçambique, 1908-2004Gouws, Willem Johannes,1963- 04 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2005 / ENGLISH ABSTRACT: Introduction: The reasons explained for writing a history of the Igreja Reformada em Mocambique, the
point of departure, defining the dates chosen as parameters, the method of presenting this history and about
the title.
Part One: Establishing the ORC Mission in Portuguese East Africa: 1908 -1922
OpeningtheMissioninthePEA: 1902-1909, Expansion: 1909-1915, Problems and closure
of missions: 1915 - 1922, Evaluation
Part Two: Seventy years of Exile: 1922 - 1992
A: Fifty years wlthout formal leadership in congregations: 1922 -1971
Efforts to re-open: 1922 - 1933, Dark ages - trans-border ministry: 1933 - 1962, Changing
Climate and Leadership of the Elders: 1962 - 1972, The beginnings of the fRM in
GazaJMaputo: 1971
B: Twenty years of painful progress: 1972 - 1992
Short time of grace: 1972 - 1975, Political change and Tribulation: 1975 - 1982, 2.1
Encouraging events: 1977 -1982: Mphatso Synod, Moderator visits, Maputo Visits,
Overview of Ecclesiastical Development
New fields: 1983 - 1991: Zambesia: 1983 -, Exterior Support and First Missionary, 1986,
Adjusting to the climate: 1986 - 1990, First Teams, New congregations: Beira, Tete, Ulongue
Medical Co-operation IAcris
New Dawn: More Missionaries, Bibles
Part Three: Rapid expansion, consolidation and healing: 1992-
Expansion and New Frontiers: 1992 -1996
Synod of 1992, Tete congregation, teams, Peace - starting with reconstruction, Maize Seed
1993 -1995: Expanding Orderly (chronological development)
Ecclesiastical Development: Tete (Ulongue Church) & Zambesia Province.
Work in the South, Synodical Meetings and Ecumenism, Dreams coming true: Hefsiba,
Other Ministries, Support.
New Frontiers: 1995 -1996
Yao Outreach, Makua Outreach, Youth Team, Two Synods (reasons and formation of
Joint Com).
Epilogue: Conclusion on main objectives, the IRM as Reformed Church and the uniqueness of its history. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Inleiding: Redes vir die skrywe van 'n geskiedenis vir die Igreja Reformada em Mocarnbique, die
vertrekpunt vir so 'n skrywe, verduideliking vir keuse van datums wat dien as tydperk grense, die metode
van aanbieding en oor die titel.
Deel Een: Vestiging van die NGK Sending in Portugees Oos Afrika: 1908 -1922
Opening van die Sending in die POA: 1902 -1909, Uitbreiding: 1909 - 1915, Probleme en
sluiting van Sending stasies: 1915 - 1922, Evaluering
Deel Twee: Seventig Jaar in 8allingskap: ]922 - 1992
A: Vyftig Jaar sonder Formele Leierskap in Gemeentes: 1922 -1971
Pogings om te heropen: 1922 - 1933, Donker Eeue - trans-grens bedieninge: 1933 - 1962,
Veranderinge en Leierskap van die Ouderlinge: 1962 - 1972, Die begin van die IRM in
GazaJMaputo: 1971
B: Twintig Jaar vall MoeiLike Vooruitgang: 1972 - 1992
Kort tyd van genade: 1972 - 1975, Politieke Verandering en Vervolging: 1975 - 1982,
Bemoedigende Gebeure, 1977 -1982: Mphatso Sinode, Besoeke deur Moderator, Maputo
Besoeke, Oorsig van Ekklesiologiese Ontwikkeling
Nuwe Velde tussen 1983 - 1991: Zambesia: 1983 -; Buitelandse Hulp en die Eerste Sendeling
na 1975; Aanpassing by die Landsomstandighede: 1986 - 19901; Eerste Spanne; Nuwe
Gemeentes: Beira, Tete, Vila Ulongue
Mediese Samewerking IAcris
Nuwe Tydperk: Meer Sendelinge , Bybels
Deel Drie: Vinnige Vooruitgang, Konsolidasie en Heling, 1992-
Voorultgang en Nuwe Grense: 1992 -1996
Sinode van 1992, Tete gemeente, Spanne, Vrede - Begin van herkonstruksie, Mielie Saad.
1993 -1995 - Ekklesiologiese Ontwikkeling: Tete (Ulongue Kerk en Binneland); Zambesia
Provinsie, Werk in die Suide, Sinodale Byeenkomkste en Ekumene, Drome Bewaarheid: Hefsiba,
Ander Bedieninge, Ondersteuning
Nuwe Grense: 1995 -1996
Yao Uitreik, Makua Uitreik, Jeug span '95, Twee Sinodes (redes en vorming van die
"Joint Com").
Epiloog: Konklusie n.a.v. hoof doelstellings, die IRM as Gereformeerd Kerk en die uniekheid van haar
geskiedenis
|
65 |
Heiligheid, geregtigheid, heiliging? : 'n kritiese ondersoek na die verbande tussen liturgie, geregtigheid en menseregte in die denke van Nicholas WolterstorffCarelse, David Peter 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study is ‘n research proposal for a possible D.Th degree. The research objective is to explore critically the thought and teachings of Nicholas Wolterstorff, a leading Christian philosopher, that there is an inseparable and fundamental link between the celebration of the Sunday liturgy, the concept of justice we believe in, and human rights. I start by discussing how Wolterstorff writes, lives and defends this thought as a conviction of faith and as a philosophical paradigm. The contents of it can be summarised as follows: the holiness of the believer as an imitation of the holiness of God, is not a mere spiritual trait, it has also social implications; holiness presupposes justice; human rights is based upon the Biblical truths of the equal status of all human beings, mankind as the image of God, and the universal love command. The kingdom of God is established through law and justice. This was already confessed by the early church fathers. Love and justice cannot be separated. The worship of God and man’s responsibility towards one another is grounded in the covenant. Protestantism is a world-formative religion. Worship in the presence of injustices, is not worship; it is false religion. The limitation imposed by the liberal state that its citizens cannot use religious reasons in public for the furthering of justice is then discussed. Religion should be allowed and the State should be impartial in its handling of all religions. Therefore Christians need an adequate cognitive framework for moral judgment. This must also be included in the curriculum of students at Tertiary Institutions. To equip the students for their role in life, the staff must teach and model justice, love, forgiveness, prayer and human rights. Students and the youth in church must also be brought face to face with those who suffer because of injustices, lack of love and economic marginalisation.
I then go on to motivate the reasons for undertaking this research. The motivation includes a description of the immorality, injustices and human rights violations in and outside South Africa. Then I discuss the opinions of various theologians across the world of whether worship and faith can contribute to the conversion, healing and change of people and institutions. The last chapter is a tentative illustration of the value of this research for the Church, the academy and the broader society. This value is estimated within the interdependence of transformative constitutionalism (juridical) and discipleship as transformation (theological). I conclude with a few closing remarks. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie is ‘n navorsingsvoorstel vir ‘n voorgenome D.Th graad. Die doelstelling is ‘n kritiese ondersoek van Nicholas Wolterstorff, ‘n leidende christelike filosoof, se denke en lering dat daar ‘n onskeidbare en fundamentele verband is tussen die viering van die Sondag liturgie, die geregtigheidskonsep waarin ons glo, en menseregte. Ek begin met ‘n bespreking van hoe Wolterstorff hierdie denke skryf, leef en verdedig as ‘n geloofsoortuiging en as ‘n filosofiese paradigma. Die inhoud daarvan kom kortliks hierop neer: die heiligheid van die gelowige as nabootsing van God se heiligheid is nie net ‘n geestelike eienskap nie, dit het ook sosiale implikasies; heiligheid veronderstel geregtigheid; menseregte is gebaseer op die Bybelse waarhede dat alle mense gelyk in status is as beeld van God, en die universele liefdesgebod. God se koninkryk word gevestig ook deur reg en geregtigheid; hierdie insigte was al so bely deur die vroeë kerkvaders; liefde en geregtigheid sluit mekaar nie uit nie. Die mens se aanbidding van God en sy pligte teenoor ander, is gegrond in die verbond. Protestantisme is ‘n wêreld-transformerende godsdiens. Aanbidding in die erediens terwyl ons ongeregtigheid pleeg of toelaat, is nie aanbidding nie; dit is valse godsdiens. Die beperking deur ‘n liberale staat dat godsdienstige redes nie in publieke debatvoering aangewend mag word vir die bevordering van geregtigheid nie, word bespreek. Godsdiens moet toegelaat word en die Staat moet onpartydig wees in sy behandeling van alle godsdienste. Daarom moet christene beskik oor ‘n toereikende kognitiewe raamwerk vir morele oordeelvorming. Hierdie vereiste van ‘n kognitiewe raamwerk moet ook ingesluit word in die kurrikulum van studente aan Tersiêre Inrigtings. Om hierdie studente toe te rus vir hulle rol in die samelewing moet die dosente deur onderrig en modellering die volgende by hulle inskerp: geregtigheid, liefde, vergifnis, gebed, menseregte. Studente moet in kontak gebring word met die mense wat ly as gevolg van ongeregtigheid, liefdeloosheid en ekonomiese marginalisering.
Daarna word gemotiveer waarom hierdie studie onderneem word. Hierdie motivering sluit in ‘n illustrasie van die omvang van immoraliteit, ongeregtighede en skending van menseregte in en buite Suid-Afrika. Ek beweeg dan na ‘n uiteensetting van verskeie teoloë se menings of aanbidding en geloof kan bydra tot bekering, heling en verandering van mense en instellings. Die laaste hoofstuk is ‘n tentatiewe voorstelling van hierdie navorsing se waarde vir die Kerk, die akademie en die breë samelewing. Hierdie waarde word geskat binne die interafhanklikheid van transformerende konstitusionalisme (juridies) en dissipelskap as transformasie (teologies). Ek konkludeer met ‘n paar slotopmerkings.
|
66 |
Why the righteous resist? : towards understanding Dietrich Bonhoeffer's resistanceLak, Marizanne Zoe 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Although Bonhoeffer is hailed by some as a type of Protestant saint, there is certainly also a plea for the realisation of the paradox in his story; Bonhoeffer consciously associated himself with a plot against the life of another man. What lead this young theologian, known for pacifistic ideals and full of promise, to participate in such a violent plot? How did Bonhoeffer, and the scholars who studied his life and work, justify his decision? How should we, as theologians and Christians in the twenty-first century, attempt to understand Bonhoeffer’s resistance and its relevance for us today?
According to Bonhoeffer himself:
“Christianity stands or falls with its revolutionary protest against violence, arbitrariness and pride of power and with its apologia for the weak. I feel that Christianity is rather doing too little in showing these points than too much. Christianity has adjusted itself to the worship of power. It should give much more offence, more shock to the world, than it is doing. Christianity should take a much more definite stand for the weak than to consider the potential moral right of the strong.” (Bonhoeffer, DBWE Vol 13, 2007:403) By outlining the life of Bonhoeffer and selectively focusing on his resistance with both theological and sociological lenses, aided by his own writings, as well as the work of Bethge, Mataxas, Schlingensiepen, Rogers and an array of other authors, this thesis attempts to move towards understanding this remarkable man’s steadfast struggle to not sit passively in the midst of the reign of the Third Reich in Germany and be blinded to the inhumane treatment of fellow Germans, regardless of their race or religion. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel Bonhoeffer deur sommige as ‘n soort Protestante heilige beskou word, is daar verseker ook ‘n pleidooi vir die besef van die teenstrydigheid in sy verhaal; Bonhoeffer het homself bewustelik geassosieer met ‘n komplot om die lewe van ‘n ander man te beeïndig. Wat het aanleiding gegee dat hierdie jong teoloog, bekend vir sy pasifistiese ideale en potensiaal, in so ‘n geweldadige komplot betrokke geraak het? Hoe het Bonhoeffer, en die geleerdes wat sy lewe en werk bestudeer het, sy besluit regverdig? Hoe sou ons, as teoloë en Christene in die een-en-twintigste eeu, Bonhoeffer se verset en die relevansie daarvan vir ons lewe vandag verstaan?
Bonhoeffer sê self: “Die Christendom staan of val met die revolusionêre protes teen geweld, willekeur en magstrots, en met sy voorspraak vir die swakkes. Ek voel dat die Christendom eerder te min as te veel doen om hierdie aspekte te weerspieël. Die Christendom het tot die aanbidding van mag aangepas. Dit moet baie meer aanstoot gee, die wêreld meer skok, as wat dit tans doen. Die Christendom moet ‘n baie meer defnitiewe standpunt vir die swakkes inneem, eerder as om die potensiële morele reg van die sterkes te beskerm.” (Bonhoeffer, DBWE Vol 13, 2007:403)
Deur Bonhoeffer se lewe uit te lê en selektief, met beide teologiese en sosiologiese lense, op sy verset te fokus, bygestaan deur sy eie geskrifte, asook die werk van Bethge, Mataxas, Schlingensiepen, Rogers en ‘n verskeidenheid ander outeurs, poog hierdie tesis om tot ‘n verstaan te kom van hierdie merkwaardige man se standvastige stryd om nie slegs passief tydens die strikbewind van die Derde Ryk te bly nie, maar ook om nie blind vir die onmenslike behandeling van mede-Duitsers nie, ongeag hulle ras of godsdiens, te wees nie.
|
67 |
Beyers Naudé : advocate of hope? : a historical theological reading of his public addressesVan der Riet, Ryno Louis 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Beyers Naudé has long been revered as one of South Africa‘s most influential church and civil leaders. He has been acclaimed both nationally and internationally as a symbol of hope. Recent developments at Stellenbosch University, with regards to the HOPE Project and the Beyers Naudé Centre for Public Theology, have given rise to renewed academic interest into the life and witness of Beyers Naudé, and specifically the concept of hope. The focus of this study is the contribution of Beyers Naudé to Christians‘ advocacy of hope in public life.
A theological historical reading of his public speeches from 1960 to 1990 is conducted in an analysis of his advocacy of hope. A heuristic framework is used in order to investigate the nature and method in which Beyers Naudé employed the concept of hope in his public addresses. This framework is constucted by drawing on the concepts of hope, public theology and historiography, resulting in what I have termed a 'historically hopeful citizenship‘.
A chapter is dedicated to a biographical overview of Naudé‘s life and witness in order to understand the influences in his life and to work with hermeneutical sensibility in analysing his addresses. Furthermore, this study is concerned with exploring the possible contours of hope in Naudé‘s addresses and finally asking whether an understanding of the nature and use of these notions of hope could contribute historical and conceptual knowledge about the church‘s public witness and whether this can have implications for the field of public theology. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Beyers Naudé word al vir baie jare as een van Suid-Afrika se mees invloedryke kerk- en samelewingsleiers geag. Hy is al op nasionale, sowel as internasionale vlak beskou as 'n simbool van hoop. Onlangse ontwikkelinge aan die Universiteit Stellenbosch, met betrekking tot die HOOP Projek sowel as die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, dra by tot hernude akademiese belangstelling in die lewe en werk van Naudé, sowel as in die konsep van hoop. Sy bydraes was veral beduidend in die publieke lewe gewees. Die fokus van hierdie studie is dus Beyers Naudé se bydrae tot Christene se voorspraak van hoop in die publieke lewe.
'n Historiese, teologiese ondersoek word ingestel op die publieke toesprake van Naudé van 1960 tot 1990. Hiervoor word 'n heuristiese raamwerk gebruik om die metode en aard van Naudé se voorspraak van die konsep van hoop in sy publieke toesprake te bestudeer. Dié raamwerk maak gebruik van die konsepte van hoop, publieke teologie, en historiografie en loop uit op 'n burgerskap ingebed in historiese hoop.
‘n Biografiese oorsig word gegee van Naudé se lewe en werk om die verskillende invloede in sy lewe uit te lig en sodat hermeneutiese verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid verseker word. Hierdie studie werp verder lig op die kontoere van hoop in die toesprake en ondersoek die moontlikheid dat ‘n verstaan van die aard en gebruik van dié opvattings van hoop sal kan bydra tot historiese en konseptuele kennis van die kerk se publieke getuienis en of dit implikasies inhou vir die studieveld van publieke teologie.
|
68 |
The role of the Evangelical Lutheran Church in Namibia (ELCIN) as a pioneer of social development through education in Ovamboland (1870-1970) : a church historical studyNangula, Eino M. 12 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study is a historical investigation of the role of the Evangelical Lutheran Church in
Namibia (ELCIN) regarding social development with special attention to education as an
agency of social change. ELCIN is the largest Lutheran church in Namibia, which was born
out of the Finnish missionary activities after their arrival in the former Ovamboland in 1870.
The Finnish missionaries became the first missionaries to do mission work in Ovamboland.
This qualifies them to be regarded as pioneers of social development and of the
transformation of society through education among the Ovambo people.
ELCIN’s humble beginnings started as a mission field and developed into mission
congregations; thereafter as a mission church and finally as independent church in 1954.
The study shows that since its inception ELCIN has been committed to serve her members
holistically (spiritually and socially). The focus of this study is to contribute to the
understanding of the role ELCIN played to bring about development through education. The
study therefore attempts to answer questions regarding the role the Finnish missionaries
played in education and should be understood within the broader context of the history of
ELCIN, for example, what arrangements were made and what developments took place
during the indigenization process. Further, the study points out the educational challenges
ELCIN encountered during the time of social development through education. In answering
these questions, the study demonstrates how ELCIN played a decisive role in social
development in Ovamboland, especially by way of education and training. The study refers
to both informal (Christian) and formal (general or inclusive secular) education and the role
each of these forms of education played in social change. The study also reflects on the
engagement between ELCIN and the context resulting from the South African mandate in Namibia (then South West Africa). Finally, it is recommended that, in light of the positive
contribution made by ELCIN to the social development of its members and communities by
way of education in the past, it should continue this role in an independent Namibia. This
could be done by way of intensifying Christian education among its members in order to
educate and inspire people to remain faithful to their Christian values. In this way, ELCIN will
continue to play a meaningful role in the life of communities and their members. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingstudie is ‘n historiese ondersoek na die rol van die Evangelical Lutheran
Church in Namibia (ELCIN) ten opsigte van sosiale ontwikkeling met spesiale verwysing na
opvoeding as ‘n agent vir sosiale verandering. ELCIN is een van die grootste Lutherse kerke
in Namibië, wat ontstaan het uit die aktiwiteite van die Finse sendelinge na hulle aankoms in
die eertydse Ovamboland in 1870. Die Finse sendelinge was die eerste sendelinge wat
sendingwerk in Ovamboland onderneem het. As gevolg hiervan word hulle beskou as
pioniers van sosiale ontwikkeling en transformasie in die gemeenskap deur die opvoeding
van die mense van Ovamboland.
ELCIN het sy nederige ontstaan gehad as ‘n sendingveld en het ontwikkel tot
sendinggemeentes; daarna tot ‘n sendingkerk en uiteindelik in 1954 tot ‘n onafhanklike
kerk. Die studie dui aan dat ELCIN sedert sy ontstaan toegewyd was aan die taak om sy lede
op ‘n holistiese vlak (geestelik en sosiaal) te ontwikkel. Die fokus van hierdie studie is om ‘n
bydrae te lewer tot ‘n dieper begrip van die rol wat ELCIN gespeel het ten opsigte van
hierdie ontwikkeling. Die studie het dus gepoog om vrae te beantwoord oor die rol wat die
Finse sendelinge in opvoeding gespeel het en behoort verstaan te word binne die breër
konteks van die geskiendenis van ELCIN. Watter reëlings is getref en watter ontwikkelings
het plaasgevind gedurende die inheemswordingsproses? Die studie dui verder op die
opvoedkundige uitdagings wat ELCIN gedurende die tyd van sosiale ontwikkeling deur
opvoeding ondervind het. Ter beantwoording van hierdie vrae word deur die studie aangedui hoe ELCIN ‘n
deurslaggewende rol in die sosiale ontwikkeling van Ovamboland gespeel het, veral deur
middel van opvoeding en opleiding. Die studie verwys na beide informele (Christelike) en
formele (algemene of inklusiewe) opvoeding en na die rol wat elk van hierdie vorms van
opvoeding gespeel het ten opsigte van sosiale verandering. Die studie kyk ook eers na die
verhouding tussen ELCIN en die Suid‐Afrikaanse regering gedurende Namibië (die destydse
Suidwes‐Afrika) se jare as mandaatgebied en daarna word aanbevelings gemaak. In die lig
van die positiewe bydrae wat ELCIN in die verlede gemaak het tot sosiale ontwikkeling,
word aanbeveel dat hierdie bydrae in ‘n onafhanklike Namibië voortgesit word. Dit behoort
te geskied deur ‘n intensifisering van Christelike onderwys onder lede ten einde die mense
op te voed en te inspireer om getrou te bly aan hulle Christelike waardes. Op hierdie wyse sal ELCIN voortgaan om ‘n betekensivolle rol in die lewe van die gemeenskappe en hul lede
te speel.
|
69 |
'n Kerkhistoriese herlees van The Genadendal Diaries (1792-1796), met as lens die vraag na die verband tussen gender, gesondheid en godsdiensMarais, Anlen Elisabeth 04 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: As a historical document, The Genadendal Diaries should be read against the background of the eighteenth-century scramble by the West to conquer South Africa, among other territories. These conquering ventures gave rise to great political instability as well as the disruption and displacement of indigenous groups in the country. Between 1792 and 1796 – the period represented in The Genadendal Diaries – the authors of this diary, Hendrik Marsveld (from Gouda), Johann Christian Kühnel (from Oberseifersdorf) and Johann Daniel Schwinn (from Odenwald), tried, through their missionary endeavours, to negotiate ways for the inhabitants of Baviaanskloof in the Overberg to deal with these traumatic events. In addition, the three Moravian missionaries embodied a spiritual mindset as a way of life, thereby setting an example to the inhabitants of the Baviaanskloof settlement and trying to empower them at both an individual and collective level. As missionary action it was an endeavour to internalise the norms and values of the eighteenth-century Herrnhut model.
As a church historical document, The Genadendal Diaries also serves as testimony. In this context a discussion of the relationship between gender, health and religion, as is evident from the unique nature of this diary in a predominantly colonial discourse, is of particular value for both current as well as for future theological reflection on related themes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: As historiese dokument moet The Genadendal Diaries gelees word teen die agtergrond van die Westerse wedywering van die agtiende eeu om onder meer Suid-Afrika te verower. Hierdie pogings tot verowering het gelei tot groot politieke onstabiliteit, asook tot die ontwrigting en ontworteling van die inheemse groepe in die land. In hul missie-poging het die outeurs van dié dagboek, Hendrik Marsveld (van Gouda), Johann Christian Kühnel (van Oberseifersdorf) en Johann Daniel Schwinn (van Odenwald), aan die inwoners van Baviaanskloof in die Overberg gedurende die periode vanaf 1792 tot 1796 – die tydperk wat in The Genadendal Diaries ter sprake kom – maniere probeer bemiddel waarop hulle dié traumatiese ervarings kon hanteer. Daarby het die drie Morawiese sendelinge ʼn geestesinstelling as ʼn wyse van wees beliggaam vir die inwoners van die nedersetting te Baviaanskloof. Daardeur het die sendelinge die inwoners op sowel individuele as kollektiewe vlak probeer bemagtig. As missionêre aksie was dit dus ʼn poging tot die internalisering van die norme en waardes van die agtiende-eeuse Herrnhut-model.
As kerkhistoriese dokument dien The Genadendal Diaries daarby as getuienis. In hierdie konteks blyk ʼn bespreking van die verband tussen gender, gesondheid en godsdiens, soos dit uit die unieke aard van dié dagboek binne ʼn oorheersend koloniale diskoers blyk, van besondere waarde te wees vir teologiese besinning oor verbandhoudende temas vandag, asook vir die toekoms. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za
|
70 |
The infinitude of beauty as expression of the beauty of the infinite? : a critical evaluation of the use of the analogia entis in the theological aesthetics of David Bentley HartHavenga, Marnus 04 1900 (has links)
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate if American Orthodox theologian David
Bentley Hart's use of the classical Thomistic principle of the analogia entis (in his
monograph The Beauty of the Infinite: The Aesthetics of Christian Truth), can be
deemed to be a valid, responsible and beneficial manner of affirming a continuity
between the beauty of God and the beauty of creation, and opposing the
seemingly problematic worldview of dualism.
After reviewing a selection of works in the field of theological aesthetics, this study
is conducted both as a historical analysis and a systematic exposition on the
analogia entis, by critically examining the use (and critique) of analogy and the
analogy of being in Greek (Aristotle), Scholastic (Thomas Aquinas) and 20th
century thought (Erich Przywara, Karl Barth and Hans Urs von Balthasar), before
inspecting and ultimately affirming David Bentley Hart’s own use thereof (in
regards to the beauty of God and the beauty of creation). / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel of die Amerikaanse
Ortodokse teoloog David Bentley Hart se gebruik van die klassieke Thomistiese
beginsel van die analogia entis (in sy monografie The Beauty of the Infinite: The
Aesthetics of Christian Truth) as geldige, verantwoordelike en voordelige wyse
geag kan work om 'n kontinuïteit tussen die skoonheid van God en die skoonheid
van die skepping te bevestig, en sodoende die oënskynlike problematiese
wêreldbeskouing van dualisme aan te spreek.
Na die beskouing van 'n reeks werke in die veld van teologiese estetika, fokus
hierdie studie op beide die historiese analise en die sistematiese uiteensetting
van die analogia entis, deur die gebruik (en ook kritiek) van analogie en die
synsanalogie in Griekse (Aristoteles), Skolastiese (Thomas Aquinas) en 20ste
eeuse denke (Erich Przywara, Karl Barth en Hans Urs von Balthasar) onder die
loep te neem, waarna David Bentley Hart se eie gebruik daarvan (in terme van
die skoonheid van God en die skoonheid van die skepping) ondersoek en
uiteindelik bevestig word.
|
Page generated in 0.0894 seconds