101 |
Die ontwikkeling van die skilderkuns in Johannesburg van die begin tot 1920Engel, Ernst Peter January 1962 (has links)
Hierdie studie het sy ontstaan te danke ean die vraag wat ek myself gestel het, waarvandaan tog die groot belangstelling en talentvolle kunsuitinge van die Suid-Afrikaanse kunstenaars in die afgelope veertig jaar gekom het; wie en wat hulle tog nog aangespoor het om die loopbaan te volg.
Omdat ek self in Johannesburg werksaam was en dit myns insiens vandag een van die grootstes so nie die grootste kunssentrum in die land is, het ek my ondersoek bepaal tot die ontwikkeling van die skilderkuns van die stad van die begin tot 1920. Juis tot 1920, omdat dan die nuwe stylontwikkeling, die ekspressionisme, sy intrede doen en 'n heeltemal nuwe tydperk inlui. Dat ek daarmee ‘n onbeperkte terrein betree het, het ek aanvanklik, totdat ek my ondersoek begin het, nie besef nie. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1962. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
102 |
In hoeverre dra die skilderkuns in Suid-Afrika 'n eie stempel? : 'n kritiese studie tot 1964Werth, Albert Johannes January 1952 (has links)
By die kritiese benadering en beoordeling van die werke van 'n land se kunstenaars, onstaan automaties die vraag: In hoeverre noet hierdie kunswerke beskou word as synde verteenwoordigend en tipies van daardie land se kuns in die algemeen? By sommige gaan hierdie poging om om iets eie, iets gemeenskapliks en unieks aan die kunstenaars van 'n sekere land toe te ken. Hulle begin byvoorbeeld praat van 'n nasionale skildertradisie waarby 'n deurgaande kontinuiteit gebaseer op gemeenskaplike lewensonstandighede, in die stylontwikkeling aangeneem word. Hierdie aanvaarding van 'n bepaalde tradisie in die ontwikkeling is in sommige gevalle sowel eensydig as gevaarlik, omdat dit ons kan verblind vir unieke werk van individuele kunstenaars of omdat dit ons maklik kan beweeg tot uitsluiting van waardevolle kunsbydraes tot die landskuns as 'n geheel en veral omdat dit tot 'n valse behoudendheid kan lei deur die poging om in elk geval 'n partikuliere stempel te wil aandui met die oog op erkenning van die werk in die wyer kunswêreld. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1952. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
103 |
Hennie Potgieter, volkskunstenaarVan der Westhuysen, Pieter Jacobus January 1984 (has links)
Hierdie studie bestaan uit ses hoofstukke. Die eerste hoofstuk is ‘n bibliografie en vertel van Potgieter se lewe, skeppingsoomblikke, en belangrikste beelde. Hoofstuk twee vertel van Potgieter se bydrae tot die Suuid-Afrikaanse publiek en om die Afrikaner beeldhoubewus te maak. Hoofstuk drie handel oor sy tegniek en styl, en om dit wat kenmerkend aan Potgieter is te beklemtoon. Hoofstuk vier verduidelik die betekenis van Potgieter se kuns, en hoofstuk vyf ontleed vier beelde krities. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1984. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
104 |
Die lewe en werk van Bettie Cilliers-Barnard met besondere verwysing na haar steendrukke (litografie)Basson, Eunice Lenore January 1985 (has links)
Uiteraard moes 'n studie van hierdie omvang beperk word tot 'n breedvoerige verslag van die kunstenares se lewe waaruit enkele aspekte uitgelig is. Die volgende punte word deur middel van die verhandeling bekendgestel: 'n lewensoorsig tot 1983; die kunstenares se stylontwikkeling aan die hand van sekere invloede en fases waardeur haar skeppende werk ontwikkel het; haar bydrae tot en bevordering van die kunslewe in Suid-Afrika. Dit dien ook om die een enkele aspek van haar oeuvre, naamlik steendruk of litografie, van naderby te bekyk jius omdat dit 'n belangrike rol gespeel het in die totale opbrengs van haar skeppende werk. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1985. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
105 |
Pottebakkerswerk in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die werk wat vanaf 1925 to 1952 by Olifansfontein gedoen isHeymans, Johanna Adriana January 1989 (has links)
Die doel van hierdie studie is tweeledig. Eerstens om 'n historiese samevatting te gee van die aanloop tot en die ontstaan en werksaamhede van die eerste georganiseerde pottebakkerswerke in Suid-Afrika. Tweedens het die studie ten doel om as bewys te dien dat die werke wat by Olifantsfontein gelewer is, uit 'n estetiese oogpunt, meriete het en 'n waardige plek in die kunsgeskiedenis van Suid-Afrika verdien. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1989. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
106 |
Die uitbeelding van die mens aan die hand van skilderwerke in PretoriaLups, Catherina January 1967 (has links)
Sedert vroeë pistoriese tye tot ongeveer die vyftiende eeu N.C. het die mens, as motief, die belangrikste rol in die skilderkuns gespeel. Die menslike gestalte het hoofsaaklik as middel tot uitbeelding van ‘n gebeure gedien. Die kuns het veral in diens van die tempel of kerk gestaan. Die geskrewe woord was deur verhalende skilderye vervang, vmt die bybelse gebeurtenisse uitgebeeld het.
Die werke wat die materiaal van hierdie studie uitmaak lewer bewys daarvan dat die inwoners van Pretoria oor die loop van jare ‘n groeiende belangstelling in skilderkuns aan die dag gelê het. By opsporing daarvan, wat hoofsaaklik op persoonlike besigtiging van talryke versamelings berus, is baie werke teengekom buite die engere bestek van hierdie ondersoek. Dit is algemeen bekend dat veral private versamelaars die hoofklem op landskapstukke laat val het tot hiertoe, veel meer as op portret of figuurstukke. Ek meen aanduidings te kan sien dat, net soos vir stillewes, die belangstelling in portret en figuurskildering besig is om gaandeweg toe te neem. So gesien besit Pretoria alreeds ‘n gebalanseerde versameling oor die algemeen. Sy skat van portretwerke en figuurvoorstellinge is op sigself al ‘n ryke kultuurerfenis wat op algemene erkenning aanspraak maak. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1969. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
107 |
Die terapeutiese waarde van humor en satire in die visuele kunsteCombrinck, J.C. January 1997 (has links)
Die ondersoek na die moontlike terapeutiese uitwerking van humor en satire in die visuele kunste is gemotiveer deur die navorser se persoonlike belangstelling in sielkunde en sosiologie, en die verband wat daar bestaan tussen hierdie dissiplines en die visuele kunste. Die moontlikhede wat hierdie navorsingsveld bied, was te omvangryk om in sy geheel in hierdie verhandeling te ondersoek, en die keuse het in die besonder geval op die ondersoek van humor en satire as terapeutiese instrument in die visuele kunste. Intensiewe navorsing deur verskeie deskundiges is op die afsonderlike gebiede van humor, satire en terapie gedoen, asook die menifestasies van humor in die visuele kunste. Dit blyk egter dat daar tot hede toe geen navorsing gedoen is wat die verband tussen die komponente van humor, satire en terapie ondersoek nie. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1997. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
108 |
An examination of the influence of industrial printing technology and imagery on printmakingClarke, John Frederick Casper January 1980 (has links)
A relationship between art and technology has existed since man first
used his hands to make objects and images both functional and aesthetic.
Generally speaking, before the Industrial Revolution that relationship
was accepted as natural and fundamental to progress. But since the
explosion of scientific information and related technology it appears
to have gone awry. The resultant discord and imbalance is clearly
reflected in the history of printmaking. Printing first made its
appearance in 15th century Europe at the beginning of a new era in
Western culture. From humble beginnings it developed and flourished
as an industry to meet the demand for exactly repeatable images both
typographical and pictorial. From the first century of its existence
printing was also used by artists who realised that, in addition to its
economic and informative value and potential, the medium could be used
for creative visual expression. / Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1980. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
109 |
Die waterverfwerke van Maud SumnerGerber, Johanna Maria January 1987 (has links)
Die doel van hierdie verhandeling is ‘n oorsig van die lewe en waterverfkuns van Maud Sumner. Daar is tot dusver relatief min geskryf oor haar werkswyse as waterverf-kunstenares en die omvang van haar skilderkuns. Die kunservaring wat sy in lande soos Engeland en Parys opgedoen het, dra verreikend by tot haar waterverfkuns. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1987. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
110 |
William Kentridge : "Drawings for Projection" - 'n chronologiese oorsigOpperman, Johannes Arnoldus January 1999 (has links)
Die illusie van beweging, oftewel animasie, het die mens oor eeue heen gefassineer. In hoofstuk 1 het
ek die chronologie van film-en animasietegnieke, asook die werking en soorte animasie aan die hand
van voorbeelde bespreek. Kentridge het die bestaande animasieproses geneem en tot sy eie verwerk om by sy individuele behoeftes aan te pas. Hy het sy losstaande houtskool-en-pasteltekeninge kameramatig, opeenvolgend aanmekaargelas. Dele is uitgevee en bygewerk en weer verfilm om sodoende 'n illusie van beweging daar te stel. Hierby het Kentridge byklanke en musiek gevoeg om die visuele te ondersteun. Hierdie tekeninge, wat hy tot film verwerk het, noem Kentridge "Drawings for Projection". In die daaropvolgende ses hoofstukke (hoofstukke 3 tot 8) is die eerste ses films uit hierdie reeks chronologies, elk in 'n aparte hoofstuk, aan die hand van voorbeelde en onderliggende temas, bespreek. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1999. / Visual Arts / MA / Unrestricted
|
Page generated in 0.0324 seconds