• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Waarde-aktiverende grondwetuitleg : vergestalting van die materiele regstaat

Botha, C. J. (Christo J.) 11 1900 (has links)
af / Suid-Afrika is sedert 27 April 1994 'n materiele regstaat, wat deur beide uitdruklike en 'ongeskrewe' fundamentele waardes onderskraag word. Dit is juis hierdie fundamentele waardes wat 'n blote formele konstitusie (as grondslag van 'n relative democracy) van 'n oppermagtige grondwet (as basis van 'n materiele standard-setting democracy) onderskei. Alhoewel daar 'n lewendige debat oor die toepaslikheid van die talle tradisionele grondwetuitlegmetodes gevoer word, is daar nietemin tans geen oorhoofse waardebaseerde paradigma vir grondwetuitleg nie. Soms wil dit voorkom asof fundamentele grondwetlike waardes net as normatiewe retoriek, in stede van materiele riglyn, by grondwetuitleg gebruik word. Die owerheidsgesag is aan hoer normatiewe regsbeginsels gebonde wat grotendeels in die fundamentele regte-akte (as deel van 'n oppermagtige grondwet) vervat is. Die gewaarborgde fundamentele regte dien derhalwe as konkretisering van beide die regstaat en die demokrasie: die materiele regstaatbegrip is die basis van _die grondwetlike staat. Die materiele regstaat, as geregtigheidstaat, kan dus gesien word as die eindbestemming van die grondwet as lex fundamentalis in die regsorde. 'n Oppermagtige grondwet is egter onlosmaaklik verbind aan die materiele regstaat. Daarom behels grondwetuitleg noodwendig die aktivering van die grondwetlik-gepositiveerde waardes. Hierdie normatiewe regsbeginsels en fundamentele waardes wat in die grondwet as grundnorm van die geregtigheidstaat beliggaam is, moet dan deur 'n onafhanklike regbank gehandhaaf en afgedwing word. In beginsel is grondwetuitleg gemoeid met die identifisering, handhawing en aktivering van die fundamentele waardes wat 'n oppermagtige grondwet onderskraag. Waarde-aktiverende grondwetuitleg is nietemin nie 'n bloudruk waarmee aile praktiese uitlegprobleme opgelos kan word nie, maar 'n oorhoofse waardebaseerde paradigma: 'n dwingende, normatiewe verwysingsraamwerk waarvandaan, waarbinne en waarheen grondwetuitleg op pad is. Die tradisionele grondwetuitlegmetodiek is bloat aanvullende tegnieke wat 'n waarde-aktiverende paradigma van grondwetuitleg ondersteun. Aangesien fundamentele waardes onlosmaaklik deel van die materiele regstaat is, moet grondwetuitleg nie net waardebaseer nie, maar ook waardegerig wees; nie net waardes handhaaf nie, maar ook bevorder en aktiveer; nie net waardes weerspieel nie, maar ook aktief vestig. 86 'n raamwerk vir grondwetuitleg behels die 'animering' en konkretisering van fundamentele waardes, ideale en standaarde wat die materiele regstaat onderle, kortom, waarde-aktiverende grondwetuitleg as vergestalting van die materiele regstaat. / On 27 April1994 South Africa became a constitutional state (Rechtsstaat), underpinned by both express, and 'unwritten' fundamental constitutional values. These values represent the distinction between a formal constitution (ie the basis of a relative democracy), and a supreme constitution (the foundation of a material standard-setting democracy). Although the merits of various methods of constitutional interpretation are hotly debated, no general value-based paradigm for constitutional interpretation has yet been established. At times it seems as if fundamental constitutional values are merely invoked as normative rhetoric during constitutional interpretation, rather than as substantive guidelines. Government institutions are bound by these higher normative legal principles, which in a supreme constitution are articulated primarily in the bill of fundamental rights. The guaranteed fundamental rights are a concretisation of both the constitutional state and democracy: the material law state principle (Rechtsstaatprinzip) as the foundation of the constitutional state. The Rechtsstaat as 'just state' is the ultimate goal of a supreme constitution as lex fundamentalis in the legal order. A supreme constitution is inextricably linked to the Rechtsstaat. As a result, constitutional interpretation inevitably involves animating and activating values positivised within the constitution.These normative legal principles and fundamental values must be maintained and enforced by an independent judiciary. In principle, constitutional interpretation deals with the identification, maintenance and animation of the fundamental values underlying a supreme constitution. Value-activating constitutional interpretation is not a blueprint for resolving all practical interpretive problems, but it is a general value-based paradigm: a peremptory, normative frame of reference from which, within which and towards which all constitutional interpretation should be directed. The traditional methodologies of constitutional interpretation are merely ancillary techniques supporting a value-activating paradigm of constitutional interpretation. Since fundamental values undeniably form part of the Rechtsstaat, constitutional interpretation should not only be value-based, but also values-directed; should not merely uphold the values, but also promote and activate them; should not only reflect the values, but also actively establish them. Such a framework for constitutional interpretation involves the animation and concretisation of the fundamental values, standards and ideals underlying the constitutional state: valueactivating constitutional interpretation as embodiment of the Rechtsstaat. / Law / LL.D. (Law)
2

Page generated in 0.1529 seconds