• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 8
  • 8
  • 7
  • Tagged with
  • 32
  • 19
  • 14
  • 10
  • 9
  • 9
  • 8
  • 7
  • 7
  • 7
  • 7
  • 6
  • 6
  • 6
  • 5
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
31

Voorwiskundige vaardighede as grondslag vir die bemeestering van wiskunde : 'n opvoedkundige sielkunde perspektief

Fourie, Maria Elizabeth 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die doel van hierdie navorsing was om vas te stel of leerders in Graad R die nodige wiskundige vaardighede deur gestruktureerde spel bemeester het wat as grondslag vir verdere wiskunde-onderrig kan dien. In die literatuurstudie is die verskillende wiskunde konsepte in diepte ondersoek. Daar is ook gefokus op die oordra van wiskunde konsepte aan jong leerders. Verder is daar in die literatuurstudie ondersoek ingestel na die doel, waardes, tipes, ontwikkeling van spel asook spel in die moderne era. Vir die empiriese ondersoek is 103 Graad R-leerders van ses verskillende skole betrek. Daar is gebruik gemaak van ʼn ewekansige steekproef by die skole wat bereid was om aan die studie deel te neem. Die ondersoek het plaasgevind deur die gebruik van die positivistiese kwantitatiewe navorsingsmetode. Daar is gebruik gemaak van vraelyste om te bepaal wat die bemeestering van wiskundige vaardighede by Graad R-leerders is. Gestruktureerde spel is as hulpmiddel gebruik vir die insameling van die navorsingsmateriaal. Die resultate is bekom deur die vraelyste statisties te verwerk. Daar is ook vraelyste aan die onderwysers gegee om meer agtergrond oor hulle onderrigmetodes asook die onderwysers se eie gevoel teenoor en kennis van wiskunde te bekom. Die navorsingsresultate bevestig dat die meerderheid van die Graad R-leerders oor ʼn goeie wiskundige grondslag beskik. Dus is daar deur die studie gevind dat dit belangrik is dat jong kinders baie moet speel om nuwe vaardighede aan te leer, maar ook die geleentheid moet hê om die vaardighede te beoefen. / The purpose of this research was to determine whether learners in Grade R mastered the necessary math skills through structured play that could serve as a basis for further mathematics training. In the literature various math concepts were studied in depth. The main focus was on the transfer of math concepts to young learners. The literature study further focussed on the purpose, values, and types of play, development of play and play in the modern era. An empirical study using random sampling was done using 103 Grade R learners from six different schools who were willing to participate in the study. The study was done using the positivism quantitative research methodology. Questionnaires were used to determine the mastery of mathematical skills by Grade R learners. Structured play was used as a tool to collect the research material. The results were obtained by processing the questionnaires statistically. Questionnaires were also completed by the teachers to confirm their background knowledge, teaching methods as well as to determine the teachers‟ own feelings towards and their knowledge of mathematics. The research results confirm that the majority of Grade R learners have obtained a good math foundation. The study also confirmed that it is important that young children need to play to learn new skills and must have the opportunity to practise the new skills. / Psychology of Education / D. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)
32

Intervensieprogram vir graad 1-leerders uit 'n lae sosio-ekonomiese omgewing / Intervensieprogram vir graad een leerders uit 'n lae sosio-ekonomiese omgewing / Intervention programme for grade 1 learners from a low socio-economic environment / Intervention programme for grade one learners from a low socio-economic environment

Van Wyk, Maria Magdalena 15 August 2012 (has links)
Abstract in Afrikaans and English / This study was initiated when the researcher became aware of the problem that learners from low socio-economic environments tend to experience barriers to learning in numeracy and literacy. These barriers were identified in a class of Grade 1 learners through extensive literature study, after which the development, teaching and learning of numeracy and literacy in grade 1 were investigated. The researcher then developed intervention programmes for literacy and numeracy, each running for a period of six weeks, in order to overcome learners’ difficulties in these learning areas. Each programme was subdivided into three shorter programmes of two weeks each, which addressed different aspects of literacy and numeracy. Each sub-programme was supplemented by a schedule of daily activities in order to reinforce learning. Learners’ competence in literacy and numeracy was assessed before starting the programme and re-assessed at the end, using the same tests they had done at the beginning. Learners’ marks in both sets of tests were compared, which demonstrated their progress or non-progress after having participated in the intervention programmes. / Inleidend tot die studie word ‘n uiteensetting gegee van hoe die navorser bewus geword het van die navorsingsprobleem, wat as volg gestel word: Die navorser is bewus daarvan dat leerders uit ‘n lae sosio-ekonomiese milieu gewoonlik struikelblokke in leeraktiwiteite in gesyferdheid en geletterdheid ervaar. Deur literatuurstudie is die struikelblokke wat graad 1-leerders in geletterdheid en gesyferdheid ondervind, geïdentifiseer. Vervolgens is die ontwikkeling, onderrig en leer van geletterdheid en gesyferdheid volledig uiteengesit en intervensieprogramme in geletterdheid en gesyferdheid saamgestel om leerders se struikelblokke tydens leeraktiwiteite te bowe te kom. Drie intervensieprogramme in geletterdheid en drie in gesyferdheid is saamgestel, wat elk vir twee weke gevolg is. Volledige skedules van daaglikse aktiwiteite wat by elke program uitgevoer is, is ook ingesluit. Leerders se bedrewenheid in geletterdheid en gesyferdheid is geassesseer voor daar met die programme begin is. Na afloop van die intervensieprogramme het leerders weer dieselfde toetse afgelê waardeur hulle vordering of nie-vordering bepaal kon word. Verskeie tabelle is saamgestel wat leerders se vordering aantoon. / Educational Studies / M. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)

Page generated in 0.0269 seconds